Die Verenigde State en baie ander Westerse lande staan voor ’n kruispad. Vrye spraak is besig om uit te sterf en wanneer dit gebeur, sal baie ander dinge ook uitsterf.

Kirsten Powers is ’n selfverklaarde liberalis. Sy het onrustig begin geraak oor wat sy gesien het en reageer deur The Silencing: How the Left Is Killing Free Speech, te skryf. Nog ’n liberalis, Juan Williams, beskryf die boek só: “Kirsten Powers ontplof en loods ’n kwaai aanval op ‘The Silencing’ en noem dit die demonetisering en onderdrukking van verskillende, maar veral konserwatiewe beskouings. Hier is ’n liberalis wat die aandag vestig op ander sogenaamde liberaalgesinde mense wat op vryheid van spraak aanspraak maak, terwyl hulle almal wat nie met hulle saamstem nie, vertel om stil te bly”. Powers noem hierdie spraaksensors eng om hulle van ware liberaalgesinde mense te onderskei.

In 2018 het Dennis Prager aan die deelnemers by die National Religious Broadcasters-konvensie in Nashville, Tennessee, die verskil tussen liberaal en linksgesind verduidelik – hy het daarop gewys dat liberaalgesinde mense onpartydigheid en deernis bevorder, terwyl die linksgesindes slegs verdraagsaamheid vir hulle eie doelwitte propageer. Links en regs is dikwels politieke terme, maar uiterste linkses wat baie universiteite oorgeneem het, is totalitariste wat die opposisie met enigiets tot hulle beskikking onderdruk. Dit is belangrik dat ons almal hierdie verskille verstaan. Ongeag of ons van linksgesindes of kleingeestiges praat, val ons hulle nie aan of bevorder konserwatief-gesindes nie. Linksgesindes, Marxiste en anargiste is tot ’n groot mate besig om ons kultuur binne te dring. Hierdie is ’n gevaarlike wending vir Westerse nasies en ’n skrikwekkende poging tot totalitaristiese beheer oor denke.

’n Professor in Sielkunde aan die Universiteit van Toronto, Jordan Peterson, het in die openbaar losgebars deur te weier om van sogenaamde “alternatiewe voornaamwoorde” gebruik te maak of om te verwys na ’n enkele individu as hulle, soos wat sommige geslag-verwarde individue daarop aandring. “‘Ek het die opkoms van politieke korrektheid op kampusse sedert die vroeë 1990’s dopgehou ... Dit het vir ’n rukkie gelyk asof dit besig was om te verdwyn’, het hy gesê, ‘maar toe het dit oor die afgelope vyf jaar met mening teruggekeer’” (Tom Spears. “How controversial U of T prof Jordan Peterson became a lightning rod”. Ottawa Citizen, 10 Maart 2017).

Natasha Devon, Brittanje se voormalige raadgewer vir geestesgesondheid, het aan die hoof van die land se voorste meisieskole gesê dat hulle nie meer na studente moet verwys as meisies of dames nie, maar hulle met geslagsneutrale terme moet aanspreek. Dit het die liberaalgesinde Piers Morgan woedend gemaak. Hy het op Good Morning Britain sy mening gelug: “Dit is verregaande. Heeltemal verregaande. Dis verby. Nie meer seuns nie, nie meer meisies nie. Nie meer mans nie, nie meer vrouens nie. Dit is verby met die wêreld”. Hy het dit duidelik gemaak dat mense ‘wat met hierdie snert saamstem, werklik opmerklik narre’ is. (Luke Kinsella, “UK teachers told to use gender-neutral pronouns”. News.com.au, 23 November 2017).

Ben Shapiro is ’n konserwatiewe stem wat die outoritêre beheer oor denke verkleineer. Die titels van drie van sy sewe boeke verduidelik waarom die meeste linksgesinde universiteite probeer om hom stil te maak: Brainwashed: How Universities Indoctrinate America’s Youth; Bullies: How the Left’s Culture of Fear and Intimidation Silences Americans; en Primetime Propaganda: The True Hollywood Story of How the Left Took Over Your TV.

Liberaal- sowel as konserwatief-gesindes spreek duidelik hulle opinies uit en bied weerstand, maar bevooroordeelde media en howe lyk op hierdie tydstip asof hulle aan die kant van bevordering van gedrag en lewenstyle is wat teenstrydig met Bybelse waardes is en wat vryheid van spraak onderdruk.

’n Gevaarlike impak

Sommige mense maak ’n fout om te dink dat ons hier by die Wêreld van Môre te veel tyd daaraan bestee om oor politieke korrektheid, LGBT-kwessies, badkamer-kwessies en dies meer te praat en dat ons liewer, soos hulle dit sien, op die Evangelie behoort te fokus. Hulle is naïef. Die Evangelie van die Koninkryk van God doen ’n beroep op mense om hulle te bekeer van gedrag wat in stryd met God se weë is.

Hierdie kwessies behoort elke sedelik-gesonde mens na aan die hart te lê want hulle beïnvloed ons vermoë om die waarheid van die Bybel aan ’n chaotiese wêreld te verkondig. Sonder vryheid van spraak kan ons nie ’n waarskuwing aan die mense rig en ’n beroep op hulle doen om hulle te bekeer nie. Hoe reg en verkeerd gedefinieer word, is die kern van bekering.

Die profeet Jesaja is beveel: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes” (Jesaja 58:1). God het aan Eségiël gesê: “Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe. En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here Here! Maar of hulle nou al luister of nie – want hulle is ’n wederstrewige huis – hulle sal moet erken dat daar ’n profeet in hulle midde gewees het” (Eségiël 2:3-5).

Jona het aan Ninevé gesê dat vernietiging binne 40 dae sal begin. Hulle koning het ’n vas vir die hele stad uitgeroep en beveel “elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef” (Jona 3:8). God het reageer op so ’n opregte bekering.

Die Evangelie van Markus openbaar die begin van Jesus se boodskap. “En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Markus 1:14-15). Ja, Jesus vereis bekering en mense moet weet wat sonde is om hulle daarvan te kan bekeer. Matthéüs 23 het die godsdienstige leiers van Sy tyd vurig tereggewys op hulle skynheiligheid. In Matthéüs 5 het Hy die Wet van God beklemtoon en die geestelike bedoeling daarvan uitgewys: Haat is die gees van moord en om wellustig na ’n vrou te kyk, is die gees van egbreuk.

Die waarheid is nie polities korrek nie

Die apostel Paulus het aan die Korinthiërs gesê dat baie van die seksuele sondes en verdorwenheid wat vandag deur ons Westerse wêreld aanvaar word, hierdie mense uit die Koninkryk van God sal hou: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie” (1 Korinthiërs 6:10). Sien ook Galásiërs 5:19-21 sowel as Openbaring 21:8 vir nog twee van baie voorbeelde in God se Woord waarin gedrag baie duidelik genoem word wat u uit God se Koninkryk sal hou.

Die feit van die saak is dat gedrag wat God gruwels noem, bevorder word en linkse aktiviste poog om enigeen wat nie met hulle agenda saamstem nie, die swye op te lê. Dr. James Dobson het hulle plan in sy 2002 boek, Bringing Up Boys, bekendgemaak en daarop gewys dat “feministe en homoseksuele aktiviste met die tradisionele rolle van moeders en vaders wil wegdoen en om mettertyd terme soos vrou, man, seun, dogter, suster, broer, manlikheid, vroulikheid, seun, meisie, manlik en vroulik uit te skakel. Hierdie verwysings na seksuele identiteit word met geslagsneutrale termes vervang, soos byvoorbeeld beduidend anders, gade, ouer, kind en sibbe” (bl. 17). Dr. Miriam Grossman verduidelik hulle agenda soos volg: “Hulle doelwit is ’n androgene [tweeslagtige] kultuur waar die verskille tussen man en vrou buite rekening gelaat of ontken word en die band van uitsonderlikheid tussen hulle beroof word” (Unprotected, bl. xxi).

Hulle uiteindelike doel is om die gesin te vernietig! Enige ingeligte en regdenkende persoon behoort dit te kan sien. Hulle is daarop uit om die doel waarvoor God die mens geskape het tot niet te maak – ’n vergeefse poging om God te oorwin!

Ons is nie die gevolg van blinde toeval nie. Ons is deel van ’n plan wat deur ’n Wese ontwerp is wie se intelligensie, mag en liefde ons eie verreweg oortref. Die verskil is letterlik soos dag en nag.

Ek is verbaas oor hoe mense glad nie daarin geïnteresseerd is om te ontdek wat die ware doel van die lewe is en die rede waarom hulle gebore is nie. Indien u belangstel, skakel ons gerus of skryf aan die streekkantoor naaste aan u, wat op bladsy 2 gevind kan word, om ’n gratis eksemplaar van die boekie U uiteindelike Lotsbestemming, te ontvang. Dit verduidelik u direk uit die bladsye van die Bybel wat daardie doel is en dit is waarskynlik nié wat u tot dusver aanvaar het nie.