VRAAG: Ek het gelees dat God nie sondaars se gebede sal verhoor nie. Aangesien almal gesondig het en dit hulle aan God se heerlikheid ontbreek, hoe is dit moontlik vir God om iemand se gebede te verhoor?

ANTWOORD: God behou natuurlik vir Homself die reg voor om genade te bewys aan wie Hy wil (Romeine 9:18). Die ontnugterende waarheid is egter dat sonde – die verbreking van God se Wet – ons van God afsny! Die profeet Jesaja skryf: “maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie” (Jesaja 59:2). Wat kan ons dus doen, aangesien almal gesondig het (Romeine 3:23)? Let op die profeet Jesaja se antwoord:

“Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik” (Jesaja 55:6-7).

Om God te laat reageer op ons gebede, moet ons Hom soek deur ons te distansieer van die sonde. Sonde is die verbreking van God se geestelike Wette, die Tien Gebooie (1 Johannes 3:4). Aangesien die vleeslike verstand nie onderworpe is aan God se heilige en regverdige Wette nie, ervaar Christene dikwels ’n innerlike stryd (Romeine 8:7). Die apostel Paulus beskryf hierdie stryd deur die uitroep: “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” (Romeine 7:24). Die antwoord is “deur Jesus Christus, onse Here!” (Vers 25).

Wanneer ons ons bekeer, draai ons 180º en kyk na God. Met bekering kom ’n afkeer aan sonde en ’n hartverskeurende gedagteverandering. Deur God se genade sien berouvolle individue hulle hulpeloosheid en onvermydelike noodsaaklikheid aan geloof in Jesus Christus. Daardie geloof in Christus en Sy gestorte bloed reinig die gewete van dooie werke (Hebreërs 9:11-14) en maak ons oop vir direkte kontak met die Vader.

“Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ’n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water” (Hebreërs 10:19-22).

Egte bekering beteken totale onderwerping aan Jesus Christus – bekering van gedagtes sowel as van dade! Mens moet Jesus Christus waarlik as persoonlike Verlosser, Heer, Meester en toekomstige Koning aanvaar. Mens moet Sy wil, nie ons eie nie, ons prioriteit in die lewe maak. Mens moet Sy weë en Sy gedagtes soek en ander mense dien, eerder as om te probeer om onsself “te dien”.

Het u die regte gesindheid?

God reageer wel op die gebede van diegene wat Hom werklik soek, hulle van hulle sondes bekeer en na Sy weg draai! Diegene wat rebelleer, God ignoreer en nooit verander nie, sal eenvoudig nie verhoor word nie! Hulle sondes is ’n versperring en sny hulle van God af. ’n Ware berouvolle gesindheid sal God egter oorreed om te hoor (Psalm 34:18). God sê: “Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord” (Jesaja 66:2). Indien ons in nederigheid van gemoed en bekering, “Nader tot God”, sal Hy tot ons nader (Jakobus 4:7-8). Wonderwerke van goddelike ingryping sal plaasvind. Ons sál antwoorde op gebede ontvang. Waarom? Let op die geïnspireerde antwoord: “en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Johannes 3:22).

Sondig Christene nog steeds – selfs na bekering? Ja! “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie” (1 Johannes 1:8). Tog kyk God na die hart om die bedoeling te sien. Voor bekering is die hart verhard in misleiding en opstand teen God. Na bekering sondig die meeste Christene uit swakheid of nalatigheid. Sensitiwiteit vir sonde en die gevolglike skuldgevoelens oorreed nogtans die groeiende Christen om na God uit te roep om vergifnis en krag. Baie Skrifgedeeltes verduidelik dat bekering ’n groeiproses is – dat ons moet “toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 3:18).

Sny hierdie sonde bekering ons van God af soos voorheen? Ons gebede kan verhinder word as ons nie ons sondes bely nie (bv. 1 Petrus 3:7). “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:9). Wanneer ons ons van sonde bekeer en ons onderwerp aan God, kan en sal ons gebede verhoor word!