Die Bybel begin met ’n toneel van goddelike mag: God se skepping van die wêreld rondom ons – en Sy aanvanklike uitspraak in daardie skepping is ’n verklaring wat diepgaande in sy eenvoud is en in die mag wat dit verteenwoordig: “Laat daar lig wees”  (Génesis 1:3)! Het u al ooit nagedink oor die wonderlike eienskappe van die vreemde substansie wat ons “lig” noem? Waarlik, dit is ’n wonder van God se skepping! Wat kan hierdie werk van Sy hande ons oor ons Skepper leer?

Hy wil sekerlik dat ons iets moet leer! God en Sy Seun word op baie plekke in Sy Woord geassosieer met lig. Byvoorbeeld, God inspireer die apostel Johannes om te verwys na Jesus Christus as: “Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld” (Johannes 1:9). Jesus sê: “Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê” (Johannes 8:12). Soos lig, verlig die leerstellings en Christus se voorbeeld die wêreld vir die oë van diegene wat daardeur sou leef.

Koning Dawid het dieselfde sentiment op ’n pragtige en digterlike wyse uitgedruk en sing tot God: “Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig” (Psalm 36:10). Wanneer hy die Gesin van God verder beskryf – God die Vader en die verheerlikte Jesus Christus en Hulle hemelse bestaan – beskryf die apostel Paulus Hulle as dat Hulle “’n ontoeganklike lig bewoon” (1 Timótheüs 6:16). Dit is duidelik dat God bedoel dat ons Sy aard, karakter en Homself moet vereenselwig met die lig wat Hy geskep het om ons wêreld te vul en te verlig.

Wat is lig?

Wanneer ons noukeurig let op wat die wetenskap oor die kenmerke en aard van lig ontdek het, sien ons baie unieke en verrassende eienskappe wat ons aan die baie unieke en verrassende eienskappe van God Self laat dink.

Byvoorbeeld, presies wat is lig? Fisici en navorsers het daardie vraag ondersoek en vir baie jare gedebatteer. Die debat behels twee oënskynlik onversoenbare moontlikhede: Lig was óf saamgestel uit golwe, soortgelyk aan klankgolwe of ’n golf van water, óf dit was uit deeltjies saamgestel, klein pakkies energie wat in reguit lyne vlieg soos koeëls uit ’n geweer.

Golwe is nie deeltjies nie en deeltjies is nie golwe nie – dit skyn dus absoluut onmoontlik vir enige voorwerp om beide ’n deeltjie en ’n golf te wees. Die onvermydelike gevolgtrekking na jare van navorsing en eksperimente is nogtans dat lig inderdaad albei is! Somtyds tree lig soos ’n golf op, somtyds soos ’n deeltjie en in baie vreemde oomblikke, as albei op dieselfde tyd.

Hierdie onbegryplike aard van lig, wat teenstrydig as ’n deeltjie en ’n golf bestaan, kan ons laat dink aan die skynbaar onverstaanbare aard van God Self. Soos die apostel Paulus skryf: “O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!” (Romeine 11:33). Inderdaad, “wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig?” (1 Korinthiërs 2:16).

Nog ’n verstommende kwaliteit van lig is sy spoed. Niks in die heelal is vinniger nie! Lig beweeg teen ongeveer 298,000 km per sekonde. Teen daardie spoed, kan ’n ligstraal 40,000 km, die afstand rondom die aarde, in minder as twee-tiendes van ’n sekonde trek – letterlik in ’n oogwink!

Die wette van fisika, soos ons dit tans verstaan, sê dat lig nie net onbegryplik vinnig is nie, dit is ook die vinnigste ding in die fisiese heelal. Ongeag van hoe vinnig ’n mens kan versnel, mens kan nooit in hierdie fisiese wêreld, vinniger as die spoed van lig reis nie. Dit is die uiterste, onoortreflike “spoedgrens”!

In hierdie aspek van lig, is dit nie moeilik om ’n weerspieëling van die volmaakte en onoortreflike geregtigheid en heiligheid van ons Vader in die Hemel te sien nie! Soos Hy Self sê: “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes” (Jesaja 55:9). Dawid sê dan: “Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?” (Psalm 71:19).

Nog ’n vreemder aspek van die spoed van lig is selfs die feit dat dit konstant en onveranderlik vir alle waarnemers is, maak nie saak hoe vinnig hulleself reis nie! Hierdie eienskap van lig, moontlik die vreemdste van alles, lyk dalk nie vreemd nie, totdat mens bietjie daaroor nadink. Wat beteken dit?

Dit is maklik om te verstaan as ons dink aan hoe dit is om in ’n motor te ry.

Stel uself voor dat u teen 70 km per uur in ’n motor op die snelweg ry. Indien ’n motor langs u ook teen 70 km per uur ry, dan lyk dit of die ander motor relatief tot u doodstil staan. Indien ’n ander motor egter teen 75 km per uur by u albei verbyry, lyk dit dan of die vinniger motor relatief tot u, net teen 5 km per uur ry. Vir iemand wat langs die pad staan, lyk dit nogtans of twee motors vinnig beweeg en ’n derde selfs nog vinniger ry!

Met ander woorde, die spoed wat waargeneem word is relatief tot hoe vinnig die waarnemer beweeg.

Nie so met lig nie!

Lig se konstante karakter

Albert Einstein het in sy beroemde relatiwiteitsteorie voorgestel dat die spoed van lig altyd onveranderlik is – altyd dieselfde – vir alle waarnemers oral, maak nie saak hoe vinnig hulle self ook reis nie.

Byvoorbeeld, ongeag of ’n waarnemer doodstil staan of teen 'n baie vinnige spoed van 1,079,252,847 km per uur ry – net een km per uur stadiger as die spoed van lig – sal dit geen verskil maak nie: Dit sal altyd in elke enkele geval, vir elke waarnemer lyk of lig teen presies dieselfde spoed trek! Die spoed van lig is absoluut konstant vir almal, oral, te alle tye!

Hoewel dit mag lyk of dit nie sin maak nie, is hierdie eienskap van lig elke keer in elke eksperiment bevestig.

Hierdie merkwaardige aspek van lig – dat sy spoed onveranderbaar en onveranderlik vir enige en alle waarnemers en in alle situasies is – behoort ons te herinner aan die getrouheid en die konstante karakter van ons Skepper! Soos Jakobus, die half-broer van Jesus, aan ons sê: “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie” (Jakobus 1:17). Selfs die goddelike naam wat aan Moses geopenbaar is: “Ek is wat Ek is” (Exodus 3:14), weerspieël God se standvastigheid regdeur alle tye – altyd betroubaar, altyd getrou en altyd goed.

Dit is maklik om te verstaan waarom sommige mense lig as die merkwaardigste substansie in die hele fisiese heelal beskou – ’n verstommende element van God se wonderbaarlike skepping!

Met sy versameling van uitnemende en verstommende eienskappe, kan lig ons baie wenke gee van die oortreffende en verstommende eienskappe van ons wonderlike God! Waarlik, soos Paulus skryf: “Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid” (Romeine 1:20).