Is wêreldvrede werklik moontlik? Die soeke na vrede blyk eindeloos te wees. Dit is byna elke dag in die nuus, maar ons wêreld word meer wreedaardig by die minuut. Twee wêreldoorloë geveg in die twintigste eeu het nie vrede gebring nie, nog minder die einde van die Koue Oorlog; dit het net ’n meer verdeelde en verontrustende planeet meegebring. Elke jaar met Kersfees praat godsdiensleiers van die Christus¬kind en vrede op aarde, nogtans duur geweld en oorlog voort en neem toe!

Godsdienstige mense steek kerse op en bid vir vrede. Idealiste teken petisies, reël opmarse en organiseer konferensies in soeke na vrede. Pragmatiste vervaardig groter wapens om vrede af te dwing. Nogtans het al hierdie pogings misluk om vrede teweeg te bring. Is vrede ’n lugspieëling, ’n onbekombare doelwit, ’n onmoontlike droom? Waarom is die vredesproses so frustrerend en moeilik?

Menige in ons moderne samelewing besef nie dat Bybelprofesieë lewend word in vandag se nuus hooftrekke nie. Die Bybel voorspel nie alleen die hoof uitdagings van ons tyd nie, dit openbaar ook waarom menslike pogings nie vrede teweeggebring het nie. Die Skrif verduidelik ook die weg na vrede en hoe vrede op aarde uiteindelik sal kom. Min verstaan vandag wat die Bybel sê omtrent vrede.

Wat Jesus werklik gesê het

Predikers sê dikwels dat die boodskap van Kersfees is: “Vrede op aarde en welwillendheid teenoor mense”. Hierdie is ’n verkeerde vertaling van wat die engel werklik gesê het. Behoorlik vertaal, was die engel se aankondiging tydens Christus se geboorte: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, teenoor mense van welbehae” (Lukas 2:14). Dit kan ook só bewoord word: “Eer aan God, en op aarde, vrede tussen mense wat God behaag”, of “tussen mense met wie God genoeë het” – wat ’n totaal verskillende mening gee aan die stelling (sien The New Testament in 26 Translations). Die Bybel dui nie aan dat vrede sal kom deur goeie bedoelings of deur almal wat saamwerk vir vrede nie. Die feit is dit sê net die teenoorgestelde.

Ons hoor dikwels dat die Evangelie gaan oor Jesus, liefde, vrede en eensgesindheid. Nogtans sê Jesus duidelik: “Moenie dink dat ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard” (Mattheus 10:34). Hy dui aan dat politieke, godsdienstige en filosofiese verskille mense sal verdeel en twis meebring tot die einde van die tyd. Jesus sê ook dat een van die tekens dat Sy Wederkoms naby is sal wees die konstante nuus “van oorloë en gerugte van oorloë – want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander – maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte” (Mattheus 24:6-8). Jesus het nie gesê dat gebede, kersaanstekings, onderhandelings of kernbomme vrede sal bring nie. Hy het voorspel dat wêreldtoestande erger en erger sal word, wat ’n hoogtepunt sal bereik in ’n tydperk van groot verdrukking wat die einde van die tyd sal aandui (sien Mattheus 24:9-23).

Baie godsdienstige leiers verdoesel – of ignoreer – hierdie ontnugterende aspek van Christus se boodskap. Nogtans is die skrifture deurtrek hiervan! Die apostel Paulus skryf: “In die laaste dae swaar tye sal kom”. Hierdie tye sal gekenmerk word deur selfsugtige materialisme, skeptisisme, laster, ongehoorsaamheid, gewelddadigheid en die malle gejaag na plesier. Baie het ’n gedaante van godsaligheid maar ontken dat godsdiens enige werklike gesag in hul lewens het (2 Timotheus 3:1-5). Wat ’n presiese beskrywing van ons leeftyd! Die Hebreeuse profete het voorspel dat ’n tyd kom wanneer goed bedoelende maar misleide burger- en godsdienstige leiers sal uitroep ‘Vrede, Vrede!’ wanneer daar geen vrede is nie (Jeremia 6:14). Hulle sal sê “ons kyk vir vrede maar geen vrede kom nie” (Jeremia 8:15). Jesaja waarsku, in konteks met die eindtyd, dat: “die boodskappers van vrede ween bitterlik” wanneer hulle sien dat hulle planne en pogings op niks uitloop nie (Jesaja 33:7). Eségiël profeteer dat: “hulle soek vrede, maar dit is nie daar nie. Onheil op onheil kom” (Eségiël 7:25-26). Jesus voorspel dat soos ons die einde van hierdie tydperk nader, die menslike beskawing die bedreiging van totale uitwissing in die gesig sal staar, en dat “as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mattheus 24:22). Bybelprofesieë, wat lewend word vandag, openbaar dat menslike pogings om vrede te vind uiteindelik sal misluk. Die skrifture openbaar ook waarom.

Een weg na vrede

Menslike pogings om vrede te vind word beskryf in die Bybel: “Die weg van vrede ken hulle nie” (Jesaja 59:8). Menslike pogings misluk omdat die wêreld grootliks wat die Bybel sê omtrent vrede ignoreer of verwerp. Koning Dawid skrywe: “Die wat u wet lief het, het groot vrede” (Psalm 119:165), tog glo die meeste beleidende Christene vandag dat weggedoen is met die Wet! Dawid skryf ook: “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad” (Psalm 119:105). Die Wette van God dui die weg na vrede aan. Jesus sê aan sy dissipels: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Johannes 14:15). Nogtans glo baie dat dit nie langer nodig is nie! As ons God se gebooie onderhou, sal ons nie doodmaak, steel, begeer, lieg, egbreek of ontug pleeg, of disrespek vir ouers of diegene in gesagsposisies betoon nie. Dit is hoe om werklik jou naaste lief te hê en konflik te vermy! As ons God lief het, sal ons die aanbidding van afgode en fisiese dinge vermy. Ons sal nie godsdienstige gebruike beoefen wat deur die Bybel veroordeel word nie. Ons sal die Sabbatte hou wat deur God aangewys is, eerder as die dae wat ons besluit om te onderhou. Die weg na vrede behels om die Wette van God te leer en te gehoorsaam en daarvolgens te lewe. Om, om die gebooie te redeneer, kerse aan te steek, heiliges te aanbid, aan te sluit by optogte of om verenigde nasies onderhandelings te steun sal nie blywende vrede meebring nie. Jesus Christus word genoem: “Vredevors” (Jesaja 9:5). Hy sê: “Ek is die weg” (Johannes 14:6). Daar is geen ander weg na vrede nie!

Hoe vrede sal kom

Jesus het ’n evangelie van die komende koninkryk van God gepreek (Markus 1:14-15). Die evangelie gaan nie oor ’n baba in ’n wiegie wat geduldig wag vir mense om hul harte aan Hom te gee nie. Die koninkryk is nie ’n warm wasige gevoel in jou hart nie. Dit is nie die kerk nie, ook nie ’n semi-vreedsame algemene samelewing wat die kerk sal vestig op aarde deur skikking of eenstemmigheid nie. Bybelprofesie verklaar dat Jesus Christus sal terugkeer en die koninkryke van die wêreld oorneem, en dat hy met groot mag sal regeer (Openbaring 11:15-18). Hy sal in Jerusalem ’n wêreldregerende regering instel wat vrede op hierdie aarde sal bring (Jesaja 2:2-4; 9:6-7). Die heiliges sal saam met Christus regeer (Openbaring 1:6; 5:10) en sal die mensdom leer om die wette van God na te volg (Jesaja 30:20-21). Soos mense ’n nuwe lewenswyse leer “sal hulle van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse – en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jesaja 2:4). Dit is hoe vrede op aarde vermag sal word! Hierdie profesieë sal lewend word in die onmiddellike toekoms. Hierdie is die ware Bybelse boodskap van vrede en wat die ware evangelie werklik behels!