Terwyl die wêreld se aandag op terrorisme, toenemende konflik in die Midde-Ooste en vrese van ’n resessie gefokus is, is profeties belangrike gebeure wat die wêreld sal stomslaan, besig om in die hart van Europa te ontwikkel. Een redaksionele kommentator stel dit: “die Europese ‘projek’ gaan voort teen ’n versnellende pas” (The Sunday Times, 16 Desember 2001). Die Kerk van God voorspel vir dekades al, dít wat nou in Europa gebeur en het gewaarsku dat hierdie gebeure droewige gevolge vir almal van Amerikaanse en Britse afkoms, insluitende Suid-Afrikaners, sal hê.

Eers die euro

Op 1 Januarie 2002 het die 12 lede van die Europese Unie dieselfde geldeenheid begin gebruik @ die euro. Hierdie geskiedkundige mylpaal is ’n belangrike en simboliese stap op die pad na kontinentale integrasie. Hoewel daar baie vertwyfeling is, is die vervanging van die 12 afsonderlike geldeenhede met die euro, ontwerp om Europeërs te laat uitstyg bo nasionale verskille. Dit is betekenisvol dat Brittanje, Denemarke en Swede besluit het om nie daaraan deel te neem nie. Die euro is egter net die ore van die seekoei van meeslepende veranderinge wat in Europa plaasvind. In Desember 2001 het die strydende Europese leiers gewerk om planne vir ’n Europese weermag te finaliseer, wat in 2004 operasioneel sal wees. Omdat Europa die wêreld se grootste voorsiener van buitelandse hulp is, sal hierdie Blits Reaksiemag Europa ware slaankrag in wêreldaangeleenthede gee. In die komende jare sal Europa nie meer tweede viool hoef te speel teenoor Amerikaanse idees waarmee hulle selde saamstem nie.

Onder die masker van ’n stryd teen terrorisme, het EU leiers ’n eenvormige dagvaardiging vir arrestasie goedgekeur wat voorsien vir ongekende samewerking tussen Europese wetstoepassingsagentskappe. Die dagvaardiging vir arrestasie wat in 2004 in werking gestel sal word, sal ’n regter in een land toelaat om die arrestasie, uitlewering en gevangenskap van ’n persoon in ’n ander land te beveel sonder ’n verhoor en sonder noodsaaklike bewyse! Een Britse nuusblad waarsku dat “’n groeiende groep swaargewig regsmeningondersteuners glo dat die gevare [in hierdie prosedure] reusagtig is. Individuele vryheid word op die onverskilligste wyse hanteer. Antieke voorsorgmaatreëls word opgeoffer” (London Daily Mail, 13 Desember 2001). Selfs meer onheilspellend is ’n onlangse besluit deur die Europese Geregshof om die EU mag te gee om kritiek te onderdruk ten einde sy reputasie te beskerm. Dit beteken dat die Hof op enigiemand, insluitend skrywers, koerante, kommentators en politici, wat die EU leiers of beleid kritiseer, kan toeslaan. Hierdie bevinding, wat vergelyk met metodes wat in die 1920’s en 1930’s deur die fascistiese regerings gebruik is om meningsverskille te onderdruk, doen weg met vryheid van spraak! Die terroriste aanval van 11 September in Amerika het die tydsrooster van diegene ten gunste van Europese integrasie en die skep van ’n Europese superstaat versnel!

’n Spesiale konvensie het in Maart 2002 begin om maniere te bespreek om die toekomstige beeld van die EU te beplan en sy instansies te hervorm. Voormalige Franse president Valery Giscard d’Estaing is aan die hoof van dié konvensie, wat in 2004 aanbevelings sal maak. Hy en sy onderhoofde is sterk federaliste wat ten gunste is van ’n altyd-verenigde unie en die voortgesette oorgawe van nasionale magte. Hierdie konvensie sal daartoe werk om ’n Europese Grondwet op te stel en die moontlikheid van ’n direk verkose President van Europa bespreek, wat die deur sal open vir Pan-Europese politieke partye. ’n Skrywer se kommentaar was dat “’n direk verkose president sal die magtigste politieke figuur in Europa wees” (Daily Mail, 16 Desember 2001). Ten spyte van die momentum wat Europa voortstuur in die rigting van ’n superstaat, dring Britse politici daarop aan dat die konvensie Europa nie langs die federale pad sal stuur nie, maar integrasie as soewereine nasie-state sal aanmoedig. Een redaksionele artikel meld egter: “Europa beweeg voorwaarts en nie noodwendig in die rigting wat Brittanje sou wou hê nie” (The Sunday Times, 16 Desember 2001). Presies wat het gebeure in Europa te doen met Bybelprofesie en waarheen lei dit?

Gevaar lê voor

Die profeet Daniël het ’n visioen ontvang van ’n groot beeld, wat vier koninkryke uitbeeld, wat die grootste deel van die Middellandse See area sou oorheers tot en met die wederkoms van Jesus Christus (Daniël 2:31-45). Die vierde ryk word oral herken as Rome. Die voete van die beeld bestaan uit yster en klei en beeld die finale fase uit van ’n ryk met herkenbare verbintenisse met Rome. Hierdie eindtydse mag sal gedeeltelik hard en gedeeltelik bros wees omdat die dele waaruit dit bestaan, nie natuurlik vasklewe nie (Daniël 2:41-43). Dit is ’n akkurate beskrywing van die Europese Unie wat na vore kom, waar die Romeinse en Heilige Romeinse Ryke eens geheers het. EU leiers erken dat hulle op geskiedkundige fondasies bou, tog sal dit nie maklik wees om volke met verskillende tale, tradisies en gebruike en met ’n geskiedenis van oorloë en onderonsies, bymekaar te hou nie. In sy finale vorm sal hierdie unie slegs 3½ jaar hou (Daniël 7:25; Openbaring 11:2).

In ’n ander visioen van Daniël beeld God hierdie vier ryke as wilde diere uit. Die vierde dier (Rome) word uitgebeeld as ’n gulsige, oorlogmakende dier met 10 horings, wat 10 opeenvolgende oplewings verteenwoordig (Daniël 7:19-25). Hierdie dier sal tye en wette verander en ware Christene vervolg (Daniël 7:21-25). Ander profesieë dui aan dat ’n charismatiese individu (ook ’n “dier” genoem), uiteindelik hierdie Europees-gebaseerde mag sal lei en bedrieglik die amp as vredemaker sal kry, om dan ’n tiran te word (Daniël 9:26-27; 11:20-32). Die herlewing van hierdie Satan-geïnspireerde, dieragtige mag, met verbintenisse in Rome, sal die wêreld skok (Openbaring 13:1-7). Dit sal gebeur wanneer 10 konings hul heerskappy vrywillig oorgee aan ’n magtige leier (Openbaring 17:12-13). Hierdie herleefde Romeinse stelsel sal ’n hoofspeler in wêreld ekonomie word, voor sy skielike val met Jesus Christus se wederkoms (Openbaring 18). Die Bybel profeteer in die boeke Amos en Hosea, asook in Jesaja 10 en Jeremia 30, dat hierdie Duits-beheerde, eindtydse reus teen Amerika en ander volke van Britse oorsprong sal draai en hulle in gevangenskap wegvoer as gevolg van hul nasionale sondes. Om meer oor hierdie noodsaaklike onderwerp te wete te kom, versoek gerus ons gratis boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook vir Suid-Afrika?

Al hierdie geprofeteerde gebeure is besig om bymekaar te kom in Europa. Duitsland begin weer na vore kom as ’n natuurlike kandidaat om ’n Verenigde Europa te vorm en volg sodoende in die voetspore van baie wat tevore probeer het om die erfenis van Rome te laat herleef; onder andere Karel die Grote, die Duitse en Oostenrykse konings van die Heilige Romeinse Ryk, Napoleon en Mussolini. Ons sal moet wag en sien watter titel aan ’n leier van ’n hedendaagse Europese superstaat gegee sal word. Die politieke ratte wat vandag opgestel word sal daardie leier in staat stel om algehele magte op te eis wanneer dit “nodig” of moontlik word! Hoewel idealistiese beplanners voorsien dat ’n Europa gebou op gedeelde middele, dieselfde geldeenheid en gemene wette, vrede en stabiliteit na die kontinent (en die wêreld) sal bring, dui Bybelprofesie aan dat dit nie die geval sal wees nie. Die Europa wat vandag byeenkom, wat Amerika bevorder en waartoe Brittanje instem, sal uiteindelik ’n gevaarlike en dodelike teenstander word voor Jesus Christus se wederkoms. Een verslaggewer voer aan dat Europese staatsmanne onwetend deur hul optrede dít “wat kan ontaard in ’n Satanskookpot” ontketen het (The Sunday Times, 16 Desember 2001). Waarskuwingsklokke word gelui! Ons moet wêreldgebeure noukeurig dophou en as Christene groei, want profesie begin leef, veral in Europa!