Verlede somer het hewige veldbrande oor groot gedeeltes van die Amerikaanse Weste gewoed. Amerika beleef tans een van die ergste droogtes in dekades. Volgens ’n onlangse verslag in die Time: “Vervloek met ’n droogte erger as enigiets wat die Okies, selfs met die hoogte punt van die Groot Depressie beleef het, verkoop die Weste se boere nou hul vee en laat hul grond na die Rotsgebergte wegwaai. Namate die oesseisoen aanbreek, sal kruidenierswinkels hul pryse verhoog en die nasie se voedselprodusente sal weer eens verligting soek by ’n Kongres met sy eie begrotingsprobleme” (16 September 2002).

Ja, voedselpryse in die Verenigde State en Kanada is bestem om te verhoog as gevolg van die ernstige droogte wat hulle beleef en in Suid-Afrika beleef ons dieselfde tedens. Die Wall Street Journal van 10 September 2002 berig: “Koring se termynprys het met tot 30 (Amerikaanse) sent per mate van die daaglikse handelslimiet verhoog, by al drie VSA koringmarkte en nuwe kontrakhoogtepunte aangeteken in al die belangrikste maande as gevolg van paniek oor kwynende wêreldvoorrade van gemaalde koring ... Hierdie seisoen het ’n groot afname van lewerings in vier van die wêreld se grootste koring uitvoerlande, naamlik die VSA, Kanada, Australië en Argentinië getoon. Beide die VSA en Kanada se volkoring oeste is op hul laagste sedert die vroeë 1970’s en hierdie syfers kan verder daal namate besondere nat toestande die lande wat geoes moet word, bedreig”.

Hoofsaaklik as gevolg van die maklik vlambare, droeë toestande het geweldige veldbrande letterlik miljoene hektaar woude en landbougrond deur die Weste vernietig en die droogte is so erg in die Midde-Atlantiese state dat voltallige kerkgemeentes spesiale gebedsdienste hou om tot God te bid vir verligting.

Is al hierdie uiterste weerstoestande net ’n produk van “moeder natuur”? Die meeste van die klimaat “deskundiges” sal rustig verduidelik dat daar dwarsdeur die wêreld nog altyd verskuiwende weerspatrone was. Hulle sal in effek sê dat dit “ook verby sal gaan”.

Maar sal dit?

Is hierdie huidige weer rampe, die veldbrande van enorme omvang, die huidige “wêreldverhitting” episode en die “ergste droogte in mense heugenis” in baie areas, toestande wat net weg sal gaan en oor ’n paar jaar vergete sal wees? Sal verskriklike tornados, orkane, geweldige aardbewings en ander sulke verskynsels net die “normale” patroon van die verlede volg?

Hier is ’n uitdaging aan al ons lesers: Indien sulke “normale” weer en ander rampspoedige gebeure soos hewige veldbrande en aardbewings vir die volgende tien jaar in hul “normale” patrone voortgaan, moet u die Wêreld van Môre tydskrifte weggooi, u inskrywing kanselleer en aanneem dat Jesus Christus nie enige tyd binnekort sal terugkeer nie, maar indien hierdie “ongewone” weer en verbandhoudende toestande erger en erger word, dan beter u gehoor gee! U beter gewillig wees om te erken dat daar ’n ware God is en dat dit die Skeppergod is wat uiteindelik die weer beheer!

Hoe so?

Wanneer u eers vir uself bewys het (u kan en moet) dat die Bybel werklik deur God geïnspireer is, dan moet u hierdie “Handleiding vir oorlewing” bestudeer en u vertroud maak met die feit dat die ware God nog altyd die weer as instrument gebruik het om rebelse nasies en soms selfs individue, te tug. U moet gewillig wees om uself te vra: “Waar het ons die spoor byster geraak? Is daar ’n “les” wat ons uit die erge weerstoestande moet leer wat God voorspel het sal volg, net voor Christus se wederkoms?”

Wat Jesus Christus voorspel het

Toe Jesus Christus gevra is: “wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” (Mattheus 24:3), begin Hy Sy dissipels waarsku dat “baie” vals profete (of leraars) sal kom en “baie” mislei sal word. Dan voorspel Jesus oorloë en wêreldoorloë en laastens maak Jesus die stelling: “Daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” (vers 7). Die Bybel en die geskiedenis teken aan dat daar selfs in Jesus se tyd tallose hongersnode en aardbewings was. Jesus toon dus duidelik veel erger weerstoestande aan, as in die verlede.

Hierdie toestande begin nou voorkom! Die Associated Press berig op 11 September 2002: “Die Senaat het gister oorweldigend gestem om bykans $6 biljoen aan veeboere en landbouers, wat deur die droogte geknel word, beskikbaar te stel; president Bush se besware was geïgnoreer en die druk beklemtoon wat die wetgewers in die gesig staar, namate verkiesings vir beheer in die Kongres nader kom. Met oeste en weivelde wat dwarsoor die Weste, Midde-Weste en Suid-Ooste verdor, het hierdie maatreël ’n 79 teenoor 16 tweeparty goedkeuring geniet. Een-en-dertig Republikeine het saam met 47 Demokrate en een Onafhanklike gestem, om die voorstel te ondersteun, toe senators min teenstand getoon het teen ’n nuwe inspuiting vir hulp, aan plaasboere tydens die hoogtepunt van die stemwerwingseisoen. “‘Help ons met die droogte’ was die pleidooi van die landboustate, het die hoof ondersteuner en Senaat se Meerderheidsleier Tom Daschle (D-S.D.), gesê. ‘Voorsien ons van bystand. Doen wat reg is.’”

Die meeste van u het ongetwyfeld gelees van verskillende weerstoestande wat as die “ergste vloed in eeue” bestempel was en wat verskeie lande in Europa die afgelope somer getref het. Soos ons sal sien, voorspel die Bybel beide hongersnood en vloede om ons nasies te tref, tog het die oorgrote meerderheid van die belydende Christendom nie ’n idee hiervan nie! Ook nie hul leraars nie! Die meeste van hulle lees selde en verstaan verseker nie Bybelprofesie nie. Hulle bly totaal onkundig oor die kwart van die Bybel wat profeties is en hulle bly onkundig oor ons nasionale identiteit. Hulle bly onkundig oor God se magtige geprofeteerde ingryping aan die einde van hierdie tyd.

In Lukas se weergawe van Jesus se Olyfbergprofesie, sê Jesus: “En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom” (Lukas 21:11). En later: “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun” (vers 25). In Lukas se vertelling verduidelik Jesus dus dat “groot” aardbewings die aarde sal skud! Met die seë en golwe wat “bulder” sal ons ongetwyfeld enorme storms sien wat selfs die kragtigste skepe wat die mens kon bou, oorweldig @ plus enorme vloedgolwe wat vir kilometers binneland toe dy en hele stede verwoes. Gepraat van goddelike ingryping!

Ons vergeet dikwels dat die boek Openbaring ’n direkte boodskap van Jesus Christus bevat: “Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het” (Openbaring 1:1). In Openbaring 11:6 sê God hoe Hy twee mense wat Hy as “twee getuies” beskryf, sal gebruik om die weer te beheer: “Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil”. Die Almagtige God het nog altyd Sy beheer oor die weer as manier gebruik waarop rebelse nasies getugtig is en waarmee die uitkoms van oorloë en selfs die noodlot van volke bestuur is.

God se ingryping in die weer

In die Nuwe Testamentiese boek Jakobus word ons herinner hoe die profeet van ouds, Elia, God gevra het om met die weer in te gryp: “Elia was ’n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit” (Jakobus 5:17-18).

Een van die belangrikste gebede in die Bybel is die gebed van koning Salomo toe hy die tempel van God in Jerusalem ingewy het. Deel van hierdie geïnspireerde gebed lui: “As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig, wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe @ want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel @ en gee reën op u land wat U aan u volk as ’n erfenis gegee het. As daar hongersnood is in die land, as daar pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand hom in die land, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook al, enige gebed, enige smeking wat enigeen van u hele volk Israel sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei @ wil U dan hoor in die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken @ want U alleen ken die hart van al die mensekinders @ sodat hulle U kan vrees al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het” (1 Konings 8:35-40).

Op daardie stadium van sy lewe was Salomo baie na aan God. Die Almagtige God het direk met Salomo gespreek en hom wysheid en verstand gegee bo alle mense op die aarde (1 Konings 3:10-12). As Salomo dus in die bogenoemde gebed beskryf hoe “die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het” moet ons luister!

Ons moet almal besef dat die ware God absolute beheer oor die weer het! In ’n tweeledige profesie, met ander woorde ’n profesie wat van toepassing is op beide antieke Israel en ook op ons vandag, sê God: “As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon” (Levitikus 26:3-5). Later in hierdie profesie waarsku God: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek ... En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie” (verse 14-15, 18-20).

Tot onlangs het God die volke van Amerikaanse en Britse afkoms, asook Suid-Afrikaners, ryklik geseën, meer as enige nasie op die aarde. Op een stadium het ons driekwart van die wêreld se ontwikkelde hulpbronne beheer. Ons het al die belangrikste oorloë gewen en het ’n hoër lewenstandaard gehandhaaf as enige ander mense, maar nou begin God ingryp om ons te verootmoedig @ om ons tot ons sinne te ruk voordat dit te laat is! Hy begin om die weer te gebruik as deel van hierdie verootmoedigingsproses.

Tensy ons onsself werklik bekeer, ons na die ware God keer en begin om Sy gebooie te onderhou (Mattheus 19:17), is ons dae van nasionale grootsheid getel! Ons sal massiewe aardbewings en vulkaniese uitbarstings soos wat ons nog nooit ervaar het nie beleef. Ons sal deur voortslepende droogtes, hongersnood en verskriklike siekte-epidemies gaan, op ’n skaal wat ons mense nog nooit beleef het nie. ’n Noodsaaklike “sleutel” tot begrip van presies hoe en waarom hierdie tragedies sal toeslaan, word in ons kragtige boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? onthul. U moet hierdie ten volle gedokumenteerde boekie bekom om omtrent 90 persent van die eindtyd profesie te verstaan. Ons sal dit graag op versoek absoluut gratis aan u stuur. Skakel ons gerus of skryf aan die streekskantoor naaste aan u, wat op bladsy 2 van hierdie tydskrif gelys is.

God praat met ons volke

As ons eers besef dat die mense van Amerikaanse en Britse afkoms werklik die afstammelinge van die sogenaamde “Verlore Tien Stamme van Israel” is, kan ons die feit erken dat God direk met ons volke praat in baie van die Ou Testamentiese profesieë. In ’n profesie wat vir ons vandag geskryf is, verklaar die Grote God: “Hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die HERE onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou. Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou” (Jeremia 5:24-25).

Al wat ons net moet besef, is dat God nie ’n wreedaard is nie. Hy is ’n God van liefde en genade wat begeer om ons almal, individueel en gesamentlik, die lesse te leer wat ons moet leer om ons voor te berei op die ewige lewe in Sy Koninkryk. As gevolg van Sy belofte aan Abraham, het God ons volke oor die algemeen geseën met goeie weer @ “reëns op die regte tyd” @ en uitstekende natuurlike hulpbronne. Keer op keer het die ware God met die weer ingegryp om die volke van Amerikaanse en Britse afkoms te red. Hierdie suksesvolle ingrypings het die godsdiensvryheid, voorspoed en mag wat die Anglo-Saksies-Keltiese magte van die VSA, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Verenigde Koninkryk en die ou Suid-Afrika geniet het, moontlik gemaak.

In 1586-87 is Katolieke oorheersing van die Engelse troon onmoontlik gemaak deur die teregstelling van Mary, koningin van Skotland. Die volgende jaar het Spanje se koning Philip II sy “onoorwinlike” armada van 124 skepe teen Engeland geloods in ’n poging om Katolieke beheer te herstel. Alhoewel die Engelse vlootmag hardnekkig baklei het, het hulle uiteindelik hul buskruit uitgeput! Op daardie kritieke tydstip, het ’n ongekende stormsterk wind opgesteek en baie van die sterk gewapende, dreunende Spaanse galjoene na hul ondergang gestuur. Die windverweerde skepe wat na Spanje huis toe gesukkel het, was so erg beskadig dat dit nooit weer gebruik kon word nie. Ter herinnering aan die oorwinning oor die Spanjaarde het Koningin Elisabeth ’n silwer medalje uitgereik met die inskrywing: “God het geblaas en hulle is uiteengedryf”. Sy het geweet wie beheer geneem het van die winde op daardie kritieke tydstip, in die geskiedenis van haar mense!

In 1940 het Hitler se magte Frankryk en die laaglande vinnig ingeneem. Hulle het 330,000 uithaler Britse troepe afgesny en hulle forseer om met hul rûe na die Engelse kanaal by die hawe Dunkirk, terug te val. Indien die Britte hierdie weermag sou verloor, kon hulle skaars verwag om van die Nazi-hordes wat daarop uit was om hulle te oorwin, terug te jaag. Die woord het oor die hele Brittanje versprei: “Winnie [Churchill] het bote nodig.” Hoewel die Engelse kanaal normaalweg gedurende daardie tyd van die jaar rof en gevaarlik was, is honderde bote, jagte en klein bootjies, enigiets wat kon beweeg terwyl dit dryf, gestuur om ten minste ’n deel van daardie weermag te red, maar die situasie was somber.

Verbasend, het slegte weer op die kontinent die meeste van die Duitse lugmag op die grond gehou en pleks daarvan dat die kanaal rof, met kort golfslae soos gewoonlik en baie gevaarlik vir klein vaartuie was @ was dit so kalm soos badwater! Mans en vroue wat hul lewe langs die kanaal gewoon het, het dit nog nooit so rustig gesien nie. Winnie se saamgeflansde armada van dryfgoed en uitskot, het bykans ’n derde van ’n miljoen Britse troepe gered @ die ruggraat van hul hele weermag! Hitler was uit die veld geslaan. Die Nazi-generaals het bitter gemompel omdat hulle so ’n maklike doodskoot gemis het. Die Britte was diep dankbaar en het dit die “wonderwerk van die kalm seë” genoem.

Ek het vier jaar van my volwasse lewe in Brittanje deurgebring en het met verskeie ouer mans gepraat wat persoonlik bekend was met die Dunkirk reddingsoperasie. Almal het trane in hul oë gekry wanneer hulle daaroor praat en almal het die diepe waardering van die Britse volk teenoor God na daardie gebeurtenis onthou. Sondag, 9 Junie 1940, was as “Dag van Nasionale Danksegging” uitgevaardig vir God se redding by Dunkirk en baie Engelse leraars sal kan sê dat hulle kerke daardie dag stampvol was en nog nooit sedertdien so vol was nie. Op die voorafgaande dag het ’n Britse koerant ’n artikel daaroor, wat dit die “wonderbaarlike redding” by Dunkirk genoem het, geplaas. ’n Britse offisier wat self by Dunkirk gered is, het gesê: “Een ding kan seker wees van môre se Danksegging in ons kerke. Van geen een sal die dank met groter opregtheid of met meer ywer opgaan as van die offisiere en manne wat die magtige Reddingshand van God gesien het, wat hulle uit die hande van ’n magtige vyand gered het, aan wie se genade hulle, menslik gesproke, oorgelaat was” (London Daily Telegraph, 8 Junie 1940). Ja, God beheer die lotsbestemming van nasies en individue deur dikwels met die weer in te gryp.

Sal ons ons werklik BEKEER?

In ’n tweeledige profesie vir Israel wat verseker vandag op ons van toepassing is, vertel God ons mense: “Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke @ nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE. Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het; en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les @ nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE. Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind @ nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:6-9).

Let daarop dat God dikwels met die tugtiging van Sy eie mense, droogte op een area sal bring en vloede op ’n ander! Sy doel is egter altyd dieselfde. Dit is om Sy mense tot opregte bekering van hul toenemende sondes te bring!

In nog so ’n profesie wat ongetwyfeld op die eindtyd dui, beskryf Joël God se komende ingryping in die weer: “Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind? Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan húlle kinders, en hulle kinders aan die volgende geslag: Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind ... Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn. Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is” (Joël 1:2-4, 10-11).

Dan beveel God Sy leraars: “Heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE. Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ’n verwoesting van die Almagtige” (verse 14-15).

Soos die meeste van ons lesers weet, word die “Dag van die Here” ongeveer 30 keer in die Bybel genoem. Dit sal geskied teen die “einde van die tyd”, in die tyd net voor en gedurende Christus se tweede koms. Ons Skepper waarsku dus almal wat sal luister om tot Hom “uit te roep” en te vra om vergifnis!

In die vroeër vervulling van hierdie tweeledige profesie sê Joël: “Tot U, o HERE, roep ek, want ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ’n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek. Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer” (verse 19-20). Dan beveel God: “Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil” (Joël 2:12-13).

Selfs al gaan ons volke as geheel voort om hulself vrye teuels te gee met ongeoorloofde seks en hulself vol te stop met brutale, geweldadige en seksueel prikkelende rolprente en televisieprogramme; selfs al neem die gebruik van onwettige dwelms, veral onder ons jongmense toe; selfs al oorheers die wêreldse liberale ons media, politiek en selfs die meeste van ons kerke, kan u persoonlik begin om die “skrif aan die muur” te sien, namate God se ingryping in die weer toenemend duideliker raak. U kan persoonlik begin om God met u hele hart te soek. U kan tot Hom keer in opregte bekering en geloof deur die ware Jesus Christus van die Bybel en God toe te laat om u lewe te regeer.

U sal dan God se beloofde goddelike beskerming geniet in die jare wat voorlê. U sal Sy seën en leiding hê deur die traumatiese situasies wat die ganse mensdom binnekort in die gesig sal staar. Soos God aan antieke Juda vertel: “Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart” (Jeremia 29:12-13).

Nadat Hy die verskriklike gebeure wat voor ons lê beskryf het, gee Jesus opdrag: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:36). Mag God u help om presies dít te doen en mag Hy u lei om te reageer op die kennis wat u pas ontvang het!