Die kragtige emosies wat op 11 September 2001 uitgelok was, affekteer steeds miljoene Amerikaners. Een algemene vraag wat gevra word, is: “Waar was God op 11 September?” ’n Paar weke gelede het ek en my vrou na ’n spesiale program op TV gekyk genaamd “Geloof en Twyfel by die trefpunt”, wat dieselfde vraag gevra het.

Dit het die “Bybel-ongeletterde” Amerikaanse publiek getoon wat God “veroordeel”, deur elke deurmekaar redenasie moontlik te gebruik. Baie vra: “Waarom het God nie ingegryp en dit stopgesit nie?” Van dié wat geliefdes verloor het, het gewonder: “Waarom het God my geliefde gekies om te sterf en nie iemand anders nie?” Een man het gesê: “God is ’n barbaar” omdat Hy dit toegelaat het!

Waar kom hierdie mense aan hul vals konsepte van God en Sy opperdoel? Die meeste was duidelik “godsdienstig”, hulle het bloot die deurmekaar idees van God se Plan, wat hulle van hul godsdiensleraars geleer het, weerspieël. Tog blyk dit dat nie een van hulle enige werklike begrip het van hoe God met hierdie wêreld handel en hoe Hy sal voortgaan om met die ses biljoen mense wat op hierdie planeet woon, te handel nie!

Ek sê “gaan voort” omdat daar nog terroriste-aanvalle sal wees, tesame met onkeerbare oorloë, droogtes, vloede, woeste veldbrande, hongersnood, siekte-epidemies en kragtige aardbewings (verg. Mattheus 24:3-8; Lukas 21:7-11)! Wie gaan die mense vir al hierdie dinge “blameer”?

Sekerlik nie hulself nie!

Die ware God van die Bybel gun almal die reg om vir hulself te kies. Hy forseer niemand en geen nasie om die regte ding te doen nie, want miljoene leef voort in egbreuk, ontug, seksuele perversie, diefstal, bedrog, leuens en Godslastering. Tog voel baie van hierdie miljoene, “geaffronteer” as enigiemand die diepte of geldigheid van hul godsdienstoewyding in twyfel trek. Hulle sal die “kerk van hulle keuse” kragdadig verdedig, ongeag hoe onbybels hul leerstellings mag wees. Hulle sal voortgaan om hul opinie te lug en in praktyk weier om die geïnspireerde Woord van God werklik te bestudeer en sy leringe te aanvaar as die absolute gesag in hul lewens. Sommige, soos die man wat hierbo aangehaal is, mag God selfs as “barbaars” beskou omdat Hy toelaat dat mense hul eie gang gaan, gedurende hierdie 6,000 jaar tydperk. Soos ons ons lesers al keer op keer vertel het, die Ewige God het 6,000 jaar eenkant gesit vir die mens om sy eie idees oor godsdiens, opvoeding en vermaak onder die invloed van Satan, die duiwel te ervaar.

Satan is die “god” van die huidige samelewing. Hy is die een wat die verdraaide temas en verhale wat op televisie, in rolprente en literatuur uitgebeeld word, grootliks beïnvloed. Die apostel Paulus is geïnspireer om te skryf dat Satan die “owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Efesiërs 2:2). Satan beheer die gesindhede en oortuigings van die mense in hierdie wêreld se atmosfeer. Hy is die “opperste” van die atmosfeer van ons samelewing.

Paulus onthul dat Satan hierdie wêreld “verblind” het vir die kennis van die ware God en Sy weë: “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korintiërs 4:3-4). Die apostel Johannes is geïnspireer om Satan te beskryf as “die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei [mislei]” (Openbaring 12:9).

Mense, met hul eie vrye wil, kan met hul eie idees van wat reg en wat verkeerd is, eksperimenteer. Ons eerste ouers, Adam en Eva, het in direkte teenstelling met God se opdrag opgetree en Satan eerder gehoorsaam (Genesis 3:1-19). Die mensdom het sedertdien daardie rigting ingeslaan! God beskryf die “groot denkers” van die verlede op hierdie wyse: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword” (Romeine 1:22). Toe inspireer God Paulus om daarop uit te brei: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid” (verse 28-29).

Sien u dat ’n “slegte gesindheid” aan die werk is, in hierdie wêreld se samelewing? Sien u hoekom die mens se wysheid “dwaas” genoem word, in God se oë? (1 Korintiërs 1:20).

God roep baie min individue om Hom te ken en te dien gedurende hierdie tyd. Jesus noem Sy mense die “klein kuddetjie” (Lukas 12:32), en maak die onomwonde stelling: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag” (Johannes 6:44). Om hierdie punt duidelik te stel, herhaal Jesus dieselfde fundamentele waarheid in vers 65: “En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie”.

Behalwe vir daardie “uitverkorenes”, het God die mensdom toegelaat om hul eie weg te volg, sedert Adam en Eva. Hy gryp in met die belangrikste wêreldgebeure, indien nodig, om Sy algehele doel teweeg te bring. Hy gryp ook in om diegene wat Hy nou uit hierdie wêreld geroep het, te help en te lei. Op die keper beskou, laat God mense toe om hul eie besluite te neem in hierdie wêreldse samelewing, wat van Hom afgesny is. Dit is hoekom God se Woord ons vertel: “Die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal” (Prediker 9:11).

Nee, die ware God sonder niemand uit nie of “kies” nie enigiemand se seun of dogter om in ’n algemene tragedie soos die Groot Slagting van die Tweede Wêreldoorlog, die Anglo-Boere Oorlog of die 11de September se aanvalle, te sterf nie! Jesus Christus onthul God se “gedagtes” oor sodanige tragedies: “En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het @ dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom” (Lukas 13:1-5).

Sedert die begin van die mensdom op hierdie aarde, het God mense toegelaat om hul eie vrye wil uit te oefen en die pad wat hulle wil loop, te kies. As geheel het die mensdom nog altyd gekies om God en Sy gebooie nie te gehoorsaam nie, daarom vertel God se Woord ons: “Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie” (Jesaja 59:1-2).

Misleide individue en leraars kan met God stry. Hulle kan hul eie “soort” godsdiens uitdink, maar op die ou einde sal hulle swaarkry totdat hulle werklik verootmoedig is en gewillig na God soek en begin om eerlik en opreg te doen wat Hy sê. Anders, vertel God ons: “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spreuke 14:12). Van die een kant van die Bybel tot die ander kant word “sonde” beskryf as verbreking van God se geestelike wet, die Tien Gebooie. God se woord vertel ons spesifiek: “Sonde is wetteloosheid” (1 Johannes 3:4).

So lank as wat die mensdom aanhou om God se geestelike wet te verbreek, sal ons die verwarring, “sinnelose swaarkry” en voortdurende tragedies en dood sien voortgaan. Individueel kan u egter hierdie swaarkry vermy, mits u met u hele hart na die God van die Bybel sal keer en sal doen wat God ons duidelik in Sy Woord vertel. Soos Jesus aan die jong man sê wat die weg tot die ewige lewe wou weet: “Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie” (Mattheus 19:17).

Paulus skryf: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God” (1 Korintiërs 7:19). En Johannes beskryf die ware heiliges van die Almagtige God: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openbaring 14:12). Om selfs net in staat te wees om die Tien Gebooie te onderhou, moet u u lewe waarlik aan God oorgee, en Jesus Christus as u Verlosser en u Heer en Meester aanneem. Dan sal Christus deur die Heilige Gees Sy gehoorsame lewe in u leef. Soos Paulus skryf: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Galasiërs 2:20).

God sal u nie “dwing” om Sy gebooie te onderhou nie, net soos wat Hy nie die gebeure van 11 September 2001 “laat” plaasvind het nie. Elkeen moet die lewenspad kies wat hy wil volg. God vertel Sy volk Israel: “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag” (Deuteronomium 30:19).