Dit lyk asof miljoene mense – insluitend baie gereelde kerkgangers – “in ontkenning” verkeer oor die werklikheid van die God van die Bybel. Daardie God – die ware God – stel dit duidelik in Sy geïnspireerde woord dat Hy in beheer is van die weer, dat Hy die Een is wat “groot aardbewings” laat plaasvind (Lukas 21:11) en dat Hy in beheer is van die opkoms en ondergang van nasies!

Glo u dit?
Miljoene mense glo dit nie, want hulle kerke praat eenvoudig net oor godsdienstige gevoelens, oor “liewe Jesus”, en skep die duidelike indruk dat die “god” wat hulle aanbid nie ’n werklikheid is nie – dat Hy nie ’n dinamiese Geestelike Persoonlikheid is wat aktief in beheer van die hele heelal is en dat Hy nou begin het om op ’n besondere wyse in menslike sake in te gryp nie.

Waarom faal hulle om dit in te sien?
Waarom faal hierdie kerkgangers om die baie werklikeGod van die Bybel te erken en ook om te verstaan hoe Hy op hierdie oomblik besig is om spesifieke Bybelprofesieë in vervulling te bring, wat ons nasies en ons lewens op ’n omvangryke wyse gaan raak? Omdat hulle nie bekend is met daardie God nie! Hulle is – die grootste gedeelte – nognooit ingelig aangaande die spesifieke eindtydse profesieë wat nou begin om die Verenigde State van Amerika en die nasies wat van die Britte afstam, op ’n besondere wyse te raak nie.

Hierdie miljoene opregte mense is verblind. God maak dit baie duidelik in Sy geïnspireerde Woord. Let op hoe Hy Satan beskryf: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satanwat die hele wêreld verlei [mislei], hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp” (Openbaring 12:9).

Die apostel Paulus het aan die Korinthiërs vertel waarom die meeste mense so maklik mislei word: “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korinthiërs 4:3-4).

U is waarskynlik, net soos ek, in die Sondagskool geleer dat Jesus deur gelykenisse gepraat het sodat die gewone mense Hom beter kon verstaan. Die waarheid is egter presies die teenoorgestelde! Let op wat Jesus in werklikheid gesê het: “En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie ... Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie” (Mattheüs 13:10-11, 13-14).

Die eenvoudige waarheid is dat God nie gedurende hierdie tydvak probeer om die wêreld te red nie. Hy het egter nie “weggegaan nie”! Inteendeel, Hy het wêreldse mense op hierdie aarde toegelaat om hulle eie weg te volg – om te eksperimenteer met hulle idees oor godsdiens, politiek, opvoedkunde en kultuur, om hulle eie idees te vorm oor wat reg en wat verkeerd is. Indien God dit nie gedoen het voordat Hy Sy Koninkryk op die aarde vestig nie, sou baie rebelse mense geprotesteer het dat hulle nooit ’n geleentheid gegun was om al hulle idees uit te toets oor hoe om ’n beskawing te bou nie. Indien God die mensdom forseer het om die regte dinge van die begin af te doen, sou hulle, eerder as om Sy Koninkryk te verwelkom, dan voel dat God hulle ingeperk het, hulle teruggehou en hulle nie “’n vrye morele keuse” gegun het nie.

As gevolg hiervan, het Hy die mensdom toegelaat om hulle eie weg te volg. Wat was die gevolg? Menslike natuur en menslike idees – onder die invloed van Satan, die onsigbare “god van hierdie wêreld” – het enorme lyding, foltering en dood tot gevolg gehad. Soos God se woord aan ons sê: “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spreuke 14:12).

Waarlik, geskiedenis bewys dat dit regtig nie ’n goeie idee is om Frank Sinatra se raad in sy beroemde opname, “I Did it My Way”, te volg nie! Ons idees kom dikwels prettig voor as ons daaraan dink, en mag selfs tydelike plesier verskaf indien daarvolgens gehandel word. Uiteindelik lei die meeste menslike redenerings en filosofieë egter tot dooden vernietiging as dit in die praktyk toegepas word.

Dus, waar is God?
Hy het vir bykans die laaste 6 000 jaar die wêreld as ’n geheel “sy eie gang laat gaan”, behalwe wanneer Hy direk met Sy mense gewerk het en spesifieke besonderhede van profesie vervul het. Hy het byvoorbeeld ingegryp om antieke Babilon en Egipte tot ’n val te bring, op dieselfde manier as wat Hy spesifiek baie jare voor daardie tyd voorspel het. Hy het omstandighede en selfs persoonlikhede gelei sodat Alexander die Grote kon verrys en oor vastelande reik. Hy het, geslagte vooruit, die opkoms van die Romeinse Ryk voorspel – en het verder voorspel dat daar sewe herlewings van hierdie Ryk sou wees, wat sal lei tot die finale herlewing, wat die “Dier” in Openbaring 17 genoem word. Indien u enige van hierdie feite betwyfel, skryf asseblief aan ons en vra vir ons insiggewende boekie genaamd: Die Bybel: Feit of fiksie? Dit sal heeltemal gratis, posgeld ingesluit, op versoek, aan u gestuur word.

Oor die volgende paar jaar – en dit het alreeds begin – gaan die groot God Sy ingryping in menslike sake laat toeneem, soos nooit tevore nie! Hy gaan die nasies skud totdat hulle tande klap! God sê aan ons: “Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe” (Hebreërs 12:25-26).

Die geweldige groot finansiële krisis wat die V.S. en baie ander nasies tans ervaar is slegs die begin! Voortdurende terrorisme gaan ons nasie se moraal skok. Die ontsaglikste aardbewings, storms, oorstromings en siekte-epidemies in die geskiedenis gaan eersdaags begin voorkom – nie in ver weg suidelike Asië of een of ander afgeleë plek nie – maar reg in die middel van die Westerse nasies, in die Verenigde State van Amerika, Kanada en Brittanje! Dan sal die geleerde “wysneuse”, wat skryf oor “The God Delusion” en ander sodanige snert, hewig geskok word deur die besef dat daar miskien, na alles, tog ’n “ware” God is! Uiteindelik sal hierdie groot God hulle monde snoer!

Indien u u Bybel verstaan sal u besef dat daar nou op hierdie aarde, ’n ware Werk van die groot God is om Sy mense aan die einde van hierdie tydvak te waarsku. Deur God se genade is u nou in aanraking gebring met daardie Werk! Indien u die wysheid, eerlikheid en ootmoedigheid het om hierdie tydskrif en die gratis boekies wat ons uitstuur (onthou alons literatuur is gratis!) werklik te bestudeer, sal u begin om die werklike doelvan menslike bestaan en die spesifieke profesieë wat nou begin om op merkwaardige wyse vervul te word, te verstaan. Dit sal u lewe verander. Dit sal u lei – indien u gewillig is om te handel volgens die Waarheid – om in kontak te kom met die ware God van die Bybel, en om Sy goddelike beskerming en seën te geniet in die jare wat vlak voor ons lê.

God is nie “weg nie”! Op grond van die skepping is Hy ’n Vader vir elkeen van ons. U, persoonlik, is na Sy ewebeeld geskape, sodat u uiteindelik ’n ware seun in die einste Gesin van God kan word. Indien God u nou roep sal u tot die besef kom dat u gemaak en op die aarde geplaas is om lesse te leer, om die ware karakter van Christus te ontwikkel, en om uiteindelik een van die “konings en priesters” te word om onder Jesus Christus op hierdie aarde te heers, slegs ’n paar jaar van nou af (Openbaring 5:9-10).

Daar is ’n ontsagwekkende doel met u lewe! Mag God u help om die wysheid en geestelike moed aan die dag te lê om te handelvolgens die Waarheid wat u van hierdie Werk af ontvang, en om daardie werklike doel te verwesenlik. Ons is hier om u te dien. Namate die maande en jare verbygaan, sal u tot hierdie besef kom – indien u werklik studeer en leer om u Skepper te gehoorsaam. Indien u aan ons wil skryf of ons wil skakel vir persoonlike geestelike berading, of om enige vrae oor die Bybel te vra, oor profesie, of oor enige ander saak, skakel ons by die Streekkantoor naaste aan u of stuur u versoek aan ons Webwerf www.wvm.co.za. Nee, ons beweer nie dat ons volmaak is nie. Ons isegter die oorblyfsel van die ware Kerk van God op hierdie aarde. Ons verstaan die Waarheid, die werklike betekenis van die eindtydse profesieë – en die wyse waarop die verskriklike tye wat voorlê, ontduik kan word. Mag God u help om te verstaan en daarvolgens te handel!