1 Desember 2009 dui ’n historiese keerpunt vir die Europese Unie en vir die Verenigde Koninkryk aan. Op daardie datum het die Lisbonse Verbeterde Verdrag wet geword nadat dit deur al die EU se lidlande aanvaar is.
Die Lisbonse Verdrag was nie in die volle sin van die woord ’n verdrag nie, maar eerder ’n bykans onverstaanbare sameflansing van wysigings, byvoegings en weglatings uitvorige verdrae wat gekonsolideer is in twee grondliggende dokumente: Die Verdrag oor die Europese Unie en die Verdrag oor die funksionering van die Europese Unie.
Waarom was die verdrag se verordening so ingewikkeld? Wat is die agtergrond en inhoud – en hoe word dit uit Londen bejeën? Die heel belangrikste, wat is die profetiese betekenis daarvan? Die eintlike rede vir die verdrag is gegrond in die wydverspreide bedenkinge en vrese oor die werklike aard van die sogenaamde “EU-plan”. Meningspeilings in die Verenigde Koninkryk het standhoudend getoon dat ’n besliste meerderheid verkies om nie opgeneem te word in ’n hoogs-burokratiese federale superstaat nie. So ’n opkomende mag sal ’n bedreiging wees vir die Verenigde Koninkryk kultuur, antieke geskiedenis en waardes, gemenereg tradisies en die Britse manier van dinge doen.
Die droewige waarheid, wat nou goed gedokumenteer is, is dat opeenvolgende regerings van die Verenigde Koninkryk, wat terugdateer tot die vroeëre 1970s, bygestaan deur gedeeltes van die pers, dít waaroor die EU-plan eintlik gaan, grootskaals verdraai het. Hulle het beweer dat dit slegs maar ’n ekonomiese unie sou wees wat geen verlies aan Britse soewereiniteit sou behels nie. Heeltemal te veel Britte sien ’n geslag leiers wat skuldig is aan ontkenning, wanvoorstellings en blatante leuens in hul pogings om ’n skeptiese en fel onafhanklike wêreldspeler (wat argumentsonthalwe, in baie opsigte, die moderne wêreld gevorm het), na ’n bestemming te lei waar hulle nie wou wees nie.
Verskuilde grondwet vir ’n nuwe EU
Hierdie vrese was geleidelik verhoog deur die aard en bepalings van vorige verdrae wat uitgeloop het op die omstrede 2004 konsep Konstitusionele Verdrag, wat baie Britte teengestaan het omdat hulle besef het dit lei direk na ’n federale superstaat. Frankryk en Holland het, om hul eie redes, die verdrag in hul onderskeie referenda in Junie 2005 verwerp en dit het nooit EU-wet geword nie.
Na ’n gaping van twee jaar het die Duitse Presidentskap van die EU besprekings weer geopen om ’n manier te vind om die inhoud van die Konstitusionele Verdrag te wettig. Die gevolg was die sogenaamde Lisbonse Verdrag wat nie as ’n konstitusionele dokument voorgestel was nie, maar as ’n opruimingsoefening van die vorige verdrae. Dit was opgestel met so ’n verstommende ingewikkeldheid dat die meeste mense, insluitende baie politici, vergewe kan word dat hulle dit nie gelees het nie en dus gefaal het om te verstaan waaroor dit alles gaan.
Daar bestaan egter geen twyfel dat die Lisbonse Verdrag die bepalings van die Konstitusionele Verdrag bevat nie, maar wat opsetlik so verdoesel is dat die inhoud onveranderd deurgesmokkel kon word. Al nege van die wesenlike punte van die vorige verdrag het inderdaad woord vir woord bewaar gebly! Lees hierdie kaalkop taksasie deur Valery Giscard d’Estaing, President van die konvensie wat die bewoording van die Konsep Konstitusie opgestel het: “Indien mens na die inhoud kyk, is die slotsom dat dieinstitusionele voorstelle van die Konstitusionele Verdrag ... volledig in die Lisbonse Verdrag gevind word, slegs in ’n ander volgorde en in die voorafgaande verdrae ingevoeg ... In die Verdrag van Lisbon, wat uitsluitlik opgestel is uit die Konstitusionele Verdrag, is al die gereedskap presies dieselfde. Slegs die volgorde in die gereedskapkas is verander. Die kas self is herversier deur gebruik te maak van ’n ou model wat drie afdelings het waarin jy moet rondsnuffel om te vind waarvoor jy soek” (aangehaal uit ’n ope brief wat op 26 Oktober 2007 in Le Monde gepubliseer is).
Gewaarwording van verraad
Terug in 2005 het die Britse Eerste Minister Tony Blair, onder groot druk van die media en die hele land, heel verrassend ’n referendum oor die EU aan die Britse kieserspubliek beloof. Nadat Gordon Brown hom opgevolg het was die enigste manier, om die Lisbonse Verdrag aanvaar te kry, egter om daardie belofte te verbreek en voor te gee dat die verdrag nie eintlik ’n konstitusionele dokument is nie en dus ’n referendum onnodig maak.
Die gevolg is ’n mees diepgaande gevoel van verraad onder baie Britte; hulle was nie toegelaat om hul demokratiese keuse oor toetrede tot die EU uit te oefen nie, en daarmee saam die hele toekoms van hul land. Na die aanvaarding van die verdrag is daar ’n wydverspreide gevoel dat die Verenigde Koninkryk nie die waarheid vertel was oor die EU en laasgenoemde se ingrypende rol in die Britte se lewe nie. Die gevolg is dat die Verenigde Koninkryk nou verbind is tot hierdie belangrike verdrag sonder algemene goedkeuring.
Is die EU-Plan vervul?
Watter uitwerking sal die Lisbonse Verdrag hê, noudat dit wet geword het? In afwagting op die verdrag se aanvaarding het die Europese Raad op 19 November 2009 tereg een van die sleutelbepalings daarvan vervul deur die voormalige Belgiese Eerste Minister, Herman Van Rompuy, as die eerste President van die Raad aan te stel en voormalige EU Handelskommissaris, Catherine Ashton – lid van die Britse adelstand – as Hoë Verteenwoordiger van Buitelandse Sake. Terwyl die twee dienstermyne van respektiewelik 2½ en 5 jaar uitdien (met een moontlike vernuwing) is hulle nou in werklikheid die EU se nuwe President en Minister van Buitelandse Sake.
Nog ’n belangrike bepaling van die verdrag verleen ondubbelsinnig aan die EU sy eie aparte regspersoonlikheid. Dit beteken dat die EU nou, in eie reg, ’n internasionale speler op die wêreldverhoog kan word, afsonderlik van en verhewe bo die lidstate (soos lande waaruit dit saamgestel is, nou bekend staan).
Die vorige Europese Gemeenskap, met dié se samestelling uit afsonderlike lande wat saam gegroepeer is, het nou opgehou bestaan en is vervang deurdie nuwe Europese Unie. Dit geniet nou wetlike voorrang bo die lidstate en beërf die wetgewende magte wat voorheen aan die Gemeenskap gegee was.
Wat eers ’n gemeenskap was wat deur ’n internasionale ooreenkoms saamgesnoer was, het dus iets geword meer soos ’n enkelstaat. Dit het nuwe magte om sy eie afsonderlike begroting op te stel, wat dit toelaat om finansieel onafhanklik te wees van lidstate. Dit kenmerk ’n radikale nuwe stadium in die proses om die EU se aspirasies van ’n “steeds nouer unie” tussen al die volke van Europa, te verwesenlik. Die EU se doelstellings, wat altyd gemik was op verbetering van die maatskaplike, ekonomiese en omgewingstoestande vir Europa, aanvaar nou baie groter politieke ambisies om die EU se mag en beleid – en veral dit wat hulle beskou as hul kenmerkende waardes – meer beslissend op die wêreldtoneel te laat geld.
Noudat hierdie mylpaalontwikkeling bereik is, kan ons verwag dat die EU meer druk sal uitoefen om sy magte te konsolideer – beide binnelands en buitelands. Meer magte sal na die kern getrek word en die krag van die lidstate sal verder verbrokkel. Die Lisbonse Verdrag laat wysigings toe aan sy twee grondliggende dokumente, waarvolgens verwag kan word dat die EU dan onversetlik sal ontplooi na die bestemming wat in die vooruitsig gestel was deur die stigtingsvaders – ’n magtige federale unie, by magte om met selfvertroue op die wêreldtoneel mee te ding en om sy belange en waardes te laat geld. Dit is betekenisvol dat geen bepaling in die Lisbonse Verdrag die President van die Europese Kommissie verhinder om ook President van die Europese Raad te word nie. Dit skep dan ’n posisie van opperste Europese politieke mag, ongehoord sedert die laaste Heilige Romeinse Keiser!
Profetiese belangrikheid
Wanneer ons terugkyk oor die laaste 40 jaar se gekonkel terwyl die EU tot stand gekom het, het baie min mense die geestelike belangrikheid van hierdie ontwikkelings besef. Dit kenmerk ’n duidelike waterskeiding in die geprofeteerde verval van Brittanje en in die onafwendbare opkoms van ’n verenigde Europa – wat onversetlik ontplooi om eindtydse gebeure te vervul soos in die boek Openbaring voorspel word. Brittanje, eerder as om na God op te sien om die nasie te lei (Hosea 8:14), het “onwettige bondgenootskappe gewerf” (Hosea 8:9; 7:11) en word stadig “verslind” (Hosea 8:8) namate haar voormalige krag “verteer” word (Hosea 7:8-9; 9:11). Die Britte sal die dag berou wat hulle leiers die nasie verbind het tot ’n toekoms waaroor hulle geen beheer het nie. Skryf gerus en vra vir ons gratis boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, om meer uit te vind.