Wat wou die Duiwel doen?” Hoe wou hy die agteruitgang en val van nasies wat eens grootliks deur God geseënd was, teweegbring?


Dit lyk asof die Verenigde State van Amerika besig is om uitmekaar te val. Selfs al woon u in Brittanje, Kanada, Australië, of elders, word hierdie feit reg oor die wêreld al meer opsigtelik. Verskeie internasionale koerante en tydskrifte maak daarvan melding. Mense is opreg dronkgeslaan oor hoe en waarom dit gebeur.

Die geïnspireerde woord van God maak dit baie duidelik dat Satan die duiwel eintlik die “god” van hierdie tydperk is – van hierdie huidige menslike samelewing. Indien u werklik die Bybel glo en dit pligsgetrou bestudeer, sal u dit sekerlik verstaan. Die apostel Paulus het tipiese, vleeslike mense beskryf: “... naamlik die ongelowiges in wie die godvan hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korinthiërs 4:4).

Later het die apostel Paulus geskryf dat sodanige mense “... volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” leef (Efesiërs 2:2). Satan is dus die een wat in werklikheid baie van die gedagtes en impulse wat mense ondervind beheer. In die meeste gevalle beheer Satan die media indirek, want hy is die onsigbare “owerste van die mag van die lug”. In die boek Openbaring was die apostel Johannes geïnspireer om Satan te beskryf as “... die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei [mislei]” (Openbaring 12:9).

Baie skrywers en gesaghebbendes het die Verenigde State van Amerika beskryf as die “laaste groot bastion” van vryheid en Christelikheid. Indien ek Satan was, hoe sou ek te werk gaan om die nasie te vernietig wat – in die verlede – die meeste van sy wette en gebruike op die Bybel gebaseer het, wat Christelikheid in naam reg oor die wêreld bevorder het en wat op sy muntstukke aandui: “In God We Trust (Ons vertrou op God)”?

Satan mag op baie maniere te werk gaan, maar ek voorsien vyf fundamentele metodes waardeur Satan die Verenigde State van Amerika ten gronde kan laat gaan – en hy is besig daarmee.

1. Vernietig die morele wese van Amerika

Satan verrig ’n meesterlike werk deur predikante, intellektuele leiers en opvoeders van ons nasie te verwar aangaande ware godsdiens. Hy kry dit baie bedrewe reg om moraliteit as oudtyds uit te beeld. Hy kan veroorsaak dat die duidelike onderskeid tussen reg en verkeerd baie “vaag” is, sodat sedelikheid en diep respek vir wet en gesag stadig uitgewis word.

Satan maak dat ware godsdiens vir ons mense na “outyds” en selfs uitgedien lyk! Honderde boeke en artikels wat God en die Bybel aanval, het die laaste paar jaar die lig gesien! Ons politieke en selfs geestelike leiers skram toenemend weg van ’n duidelike beskrywing van geloof in ’n persoonlike God – veral ’n God wat wette en ’n lewenswyse daargestel het. Indien daar enigsins van “God” melding gemaak word, is dit ’n vae begrip, ver verwyderd van die ware God van die Bybel.

Die meeste van u ouer lesers kan dit duidelik insien. Baie van ons onthou nog hoe, toe Amerika in 1941 by Pearl Harbour aangeval was, President Franklin Roosevelt sy hartroerende toespraak aan die Kongres van die Verenigde State afgesluit het met dié woorde: “Ons sal die onvermydelike oorwinning behaal, so help ons God!” Die begrip van ’n ware God was baie meer oorwegend in daardie tyd en was ingeboesem in die morele wese van die hele nasie – deur die skole, huisgesinne en ander instellings van die samelewing. Dit alles is vinnig besig om te verdwyn.

2. Ondermyning van die huisgesin

Die meeste mense besef dat hegte huisgesinne die grondslag is van enige ordentlike samelewing wat nog ooit bestaan het. ’n Baie werklike Satan die duiwel sal baie daarvan hou om ontslae te raak van sterk vaders – die regte soort manlike leiers in die huisgesin – asook om die liefdevolle vrouens en moeders te ondermyn wat die tuistebouers moet wees en so baie te doen het met die sedelike vorming van ’n kind se karakter. Enige samelewing wat vernietig kan word deur respek teenoor ouers te ondermyn, is in die moeilikheid. Enige samelewing wat deur Satan verontreinig kan word deur “radikale feminisme” en die “geveg van die geslagte” te bevorder, is in die moeilikheid. Dit veroorsaak nie net groot verwarring vir die huidige geslag nie, maar ook vir toekomstige geslagte. Deur die idee dat “homoseksualiteit aanvaarbaar is” in te bring, word ’n nasie grootliks ondermyn. Dit vernietig die regte grondslag van ’n huisgesin – en verbloem die eintlike basiese grondslag dat ’n ware huisgesin bestaan uit ’n man en ’n vrou wat ’n nageslag voortbring – kinders wat direk uit hul eie liggame voortkom, wat soos hulle lyk en hul erfenis deel.  

Satan werk dus oortyd, soos die meeste van u besef, om die huisgesin op ’n duisend verskillende maniere te ondermyn. Vir ’n hele paar dekades skeer die media die gek met sterk vaders – dit het lank terug met Blondie en Neels [Dagwood] begin maar kom nou voor in baie meer spotprente, televisieprogramme en ander aanbiedings. Die vader word gewoonlik uitgebeeld as of té streng – uit voeling en ontoegewend – of anders as ’n onbeholpe idioot wat oor sy eie voete struikel en probleme veroorsaak, totdat hy vergewe word deur sy skerpsinnige, bekwame vrou, wat uitgebeeld word as die werklike leier van die huisgesin. Alhoewel dit na ligte vermaak mag lyk as u in die begin daaraan dink, is dit werklik ’n gruwel in God se oë, omdat dit die spot dryf met God se ware doel vir ’n gesin.

Ja, Satan gebruik die hedendaagse media om verwronge begrippe van die huisgesin te propageer, tot in so ’n mate dat baie van ons jong mense vandag – wat nooit die ander sy gesien het nie – aanvaar dat hierdie verwronge begrippe maar reg is! Die toenemende druk om homoseksualiteit as “normaal” te beskou is ook ’n gruwel in God se oë. Dit sal die huisgesin en die nasie sekerlik verder verdeel – en die begrip van ’n ware God wat die Bybelse leerstellings oor homoseksuele gedrag geïnspireer het, geweldigondermyn. Verlede jaar het ons plaaslike koerant ’n hoofartikel onder die opskrif “A Church Divided”, gepubliseer. Die ondertitel vertel die hele storie: “Nadat stemming hierdie week meer regte aan homofiele [gays] verleen het, staar ’n groter skeuring lede van die Episkopaalse Kerk in die gesig” (Charlotte Observer, 18 Julie 2009). Die artikel toon hoe mense in daardie denominasie – mense wat dikwels vriende was – werklik verskeurd is as gevolg van hulle besorgdheid oor die kwessie van homoseksualiteit. Omdat die meeste mense nie werklik die Bybel bestudeer of dit ernstig opneem nie, gaan seksueel-verdorwenes voort om hul agenda kragtiger te bevorder en wen hulle steun namate elke jaar verbygaan. Een leier in hierdie beweging het gesê: “Ek is oortuig dat die huidige begrip van homoseksualiteit, hoe dit gebeur en hoe verhoudings bestaan, nie beskrywend is van wat die begrip was in Jesus se tyd nie” (ibid.).

Dink! Indien daardie selfde idee – om wat ’n “begrip” in Jesus se tyd was, te verander, of om te aanvaar dat Hy nie die waarheid oor “hoe verhoudings bestaan” verkondig het nie – ook toegepas word op ander Bybelse leerstellings, wat sal dan gebeur? God se duidelike opdragte oor owerspel, hoerery, diefstal, leuens – en enige ander Bybelse leerstellings – kan dan in amper enige moontlike rigting verdraai en verdorwe word, net waarheen hierdie “vooruitstrewendes” graag wil gaan. Dit behoort ooglopend te wees. So het dit dus gekom dat belydende dienaars van Jesus Christus, wat afgesny is van God as gevolg van hulle gebrek aan gehoorsaamheid aan Sy Gebooie (1 Johannes 2:4), die Bybel nou verdraai en verwring, net soos God Self gesê het hulle sal doen. Hulle verkondig nou ’n heeltemal vals vorm van Christelikheid en sedelikheid wat bykansenigiets vergewe. Soos God waarsku: “Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak” (Jesaja 3:12).

’n Bietjie verder aan in Jesaja waarsku God ons ook: “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter” (Jesaja 5:20).

Met so ’n verwarde en vleeslike benadering selfs in sogenaamde “Christelikheid”, is dit geen wonder dat toenemende getalle mense ontnugter is deur godsdiens nie – en maklike prooi word vir Satan se plan om die huisgesin te vernietig.

3. Vernietig die ekonomie en die waarde van die dollar

Satan besef sekerlik dat een manier om ’n nasie te vernietig is om sy ekonomiese welvaart te ondermyn. So is dit dat Satan die duiwel – deur die begrippe van werklike eerlikheid en harde werk te vernietig, asook die korrekte grondslag van Christelikheid gebaseer op gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie – in staat is om ons nasies op hierdie manier ten gronde te laat gaan. Amerika word nou gekonfronteer met die vooruitsig om sy kinders se toekoms vir toekomstige geslagte te “verpand” as gevolg van verkwistende uitgawes. Toenemende getalle bedagsame ekonome begin dit besef. Toenemende getalle artikels verskyn nou in ons belangrikste publikasies wat dit erken.

Die aanduiding is dat toenemend biljoene dollars wat aan so baie regeringsprogramme spandeer word, begin veroorsaak dat selfs Amerika se buitelandse krediteure soos China, Japan, Rusland en ander nasies, begin terugsny op hul Amerikaanse beleggings. Aangesien daardie beleggings die dollar en die Amerikaanse lewenstandaard ondersteun, is dit werklik vreesaanjaend vir alle ekonome wat verstaan. Dit is ’n gewisse pad na die vernietiging van die dollar – wat baie mense erken onafwendbaar is –tensy ons terugkeer na fiskale verstandigheid!

God het aan ons voorvaders gesê, indien hulle wegdraai van gehoorsaamheid aan Sy Gebooie, “... [sal] Ek ... julle trotse mag verbreek” (Levitikus 26:19).

Nadat God Sy volk gewaarsku het om terug te keer na gehoorsaamheid aan Sy Gebooie, voorspel Hy: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak. Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees. En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie” (Deuteronomium 28:43-45).

As gevolg van haar nasionale sondes is Amerika inderdaad “laer en laer” afgebring en – in plaas van om die wêreld se grootste uitlener te wees soos wat dit voorheen was – is dit nou die wêreld se grootste skuldenaar! Soos God gesê het, hierdie is ’n “vloek” wat sal voortduur totdat Amerika “verdelg” is, omdat dit as nasie in gebreke gebly het omGod se Gebooie en Sy lewensweg te gehoorsaam!

Dit is tyd vir die Amerikaanse volk en ander volke van die wêreld, wat van die Britte afstam, om wakker te skrik!

4. Beswadder patriotisme en ’n nasionale begrip van doelgerigtheid

Toe ek nog ’n jong man op hoërskool was, het ons “The Star Spangled Banner” hoor speel by bykans alle openbare geleenthede – of dit in die skool of in die gemeenskap was. Ons het op aandag gestaan en lustig ons nasionale volkslied gesing! Toe die Tweede Wêreldoorlog begin het, het selfs diegene wat nie van President Franklin Delano Roosevelt gehou het nie, verenig in ’n sterk sin van eenheid. Hy was mos ons President en ons het geweet ons moet saamstaan, ons nasie liefhê en tot God bid dat Hy ons sal verlos van die verskriklike bedreiging wat die Spilmoondhede ingehou het.

Miljoene Amerikaners het besef dat hul nasie ’n tipe van “Israel” was. Die Verenigde State was ’n geseënde nasie. Amerikaners het hul koppe hoog gehou. Die mense was gretig om hul leiers te ondersteun, om die nasie sterk en verenigd te hou. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog en vir jare daarna, het nuuslesers oor die nasionale radio en later televisie, altyd ’n lojale tema laat hoor. Hulle het nie altyd saamgestem met alles wat gedoen was nie, maar mens kon aanvoel dat hulle almal vir Amerika was.

Deesdae is Amerika se politieke leiers – en baie leidende opvoeders en persone in die media – geneig om hier en daar twak te praat oor enigiets wat patrioties is. President Barack Obama het selfs – oor en oor – verskoning gevra vir wat Amerika in die verlede gedoen het! Dit lyk of Amerika se leiers skaam is oor die seëninge wat God aan hul nasie gegee het en oor die oorwinnings wat Hy in die Eerste en die Tweede Wêreldoorloë, asook in baie ander verskriklike beproewings, aan hul verleen het. Baie Amerikaners het hul nasionale insig van doelgerigtheid verloor, hulle diepgewortelde patriotisme – en hulle diepgaande respek vir die God wat dit alles moontlik gemaak het.

Ek kan honderde artikels aanhaal wat aantoon hoe Amerika as ’n nasie “die pad bystergeraak het” en hoe die sin van patriotisme eenvoudig nie meer dieselfde is as wat dit voorheen was nie. Almal van u, lesers, behoort egter te verstaan – soos baie van u doen – dat die Amerikaanse en Brits-afstammende volke inderdaad baie “spesiaal” is. Nee, hulle is nie “beter” as ander nasies nie. Die Almagtge God het egter in die Skrif voorspel dat die Amerikaanse en Brits-afstammende volke, in die eindtyd, die “grootste enkel nasie” en die grootste “gemenebes” van nasies sou wees. God het aan hierdie nasies seëninge verleen wat hulle nou verkwis as gevolg van opstand teen Hom!

Ons wil graag aan u ’n opwindende en kragtige boekie gee wat hierdie lewensbelangrike waarheid sal bewys vir enige persoon wat gewillig is om te verstaan. Indien u dit nie alreeds gedoen het nie, skakel ons asseblief of skryf aan die Streekkantoor die naaste aan u (soos gelys op bladsy 2 van hierdie tydskrif), of gaan aanlyn na ons webtuistewww.wvm.co.za en vra vir u gratis kopie van ons insiggewende en leersame boekie, “Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?” Wanneer u dit gelees het, sal u verstaan waarom Amerikaners kon sing oor “the land of the free and the home of the brave [die land van die bevryde en die tuiste van die dapperes]”. Dit sal u help om deur en deur te verstaan waarom die lied “God bless America” praat van die nasie wat strek van “sea to shining sea”. Waarlikwaar, die Amerikaners en al die volke wat van die Britte afstam, behoort baie dankbaar te wees teenoor die grote God wat hulle al hierdie seëninge gegee het – en die mense van hierdie eertydse groot nasies behoort baie nederig,met hulle hele hart, te bekeer van selfsugtigheid en opstand en terug te keer na die ware God!

5. Beheer oor die media om bogenoemde te bevorder

Honderde artikels en selfs boeke in geheel kan opgenoem word om aan te toon hoe die hedendaagse media gebruik was en steeds gebruik word, om die begrippe van vaderlandsliefde, ware godsdiens, die huisgesin – en bykans elke aspek van ’n ordentlike lewe, te ondermyn! Onthou, God se woord noem Satan “die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Efesiërs 2:2).

Satan is inderdaad in beheer van hierdie aarde se atmosfeer en hy maak sekerlik gebruik van die “luggolwe” (soos ons gewoonlik radio-uitsendings en nou televisie noem), om voortdurend met anti-God, anti-Christus en anti-Bybelse konsepte mense se verstande te infiltreer. Die meeste van ons het nie besef hoe vindingryk dit gedoen word nie, want dit is ’n geleidelike proses wat ons bekruip het. Dit is soos die voorbeeld van die padda in die pot wat so stadig warmer word dat dit nie betyds uitspring nie! My vriende,ons is daardie padda! Ons laat toe dat ons denke “geprogrammeer” word deur die moderne media sodat dit stadig maar seker teen die God van die Bybel draai, teen Sy wette en Sy lewenswyse, teen die ware begrip van die huisgesin self, teen opregte vaderlandsliefde – inderdaad, teen alles wat ons nasies in die eerste instansie groot gemaak het!

Klink dit slegs na skrikaanjaende praatjies van my kant af? Nee! Oorweeg die voorbeeld van die Nasionale Openbare Radio. Soos die meeste van u weet, word die NOR gedeeltelik deur die regering geborg en is veronderstel om ’n “hoofstroom” middel te wees om nuus en inligting aan die Amerikaanse publiek uit te saai. Nogtans het die NOR Raad in Mei 2009 die bewoording van sy mediabeleid verander om te lees: “NOR Lidstasies sal slegs [eie beklemtoning] nie-sektariese, nie-politiese, nie-kommersiële opvoedingsinhoud op al die uitsendingskanale en verbandhoudende media verspreidingsplatvorms voorsien soos mede-vennote wat die NOR lede se handelsmerke gebruik”. Dit beteken dat NOR stasies wat godsdienstige programme uitgesaai het, al sodanige programme vanaf 1 Mei moes staak.

Wat van ander openbare afsetgebiede? Die Stasiedienskomitee van die Openbare Uitsaaidiens [PBS in Amerika] – nog ’n federaal-befondsde media afsetgebied – het geskryf hulle “plaas hoë waarde op die aanbieding van ’n verskeidenheid perspektiewe, as teenvoeter vir streng aanhanging aan enige enkele politieke of godsdienstige standpunt” en dat selfs, as toegelaat word dat ’n paar verskillende godsdienstige standpunte uitgesaai word, sal party bo ander bevoordeel word en “veroorsaak dat die publiek se vertroue in die PBS afneem, tesame met die waarde van die handelsmerk”.

Sedert hierdie verandering van krag geword het, is baie godsdienstige programme wat deur NOR lidstasies aangebied was, “besnoei”! Satan is stadig maar seker besig om alle verwysing na die God van die Bybel te verwyder, tensy God uitgebeeld word op ’n wêreldse en gewoonlik op ’n direkte negatiewe manier. Die groot nasie van Amerika – wat hulself voorheen ’n “Christelike” nasie genoem het – het God die rug toegekeer in hardkoppige, opsetlike ongehoorsaamheid. Intussen laat Amerikaners toe dat “heidene” floreer in hul verskillende uitdrukkings van godsdiens en filosofie, selfs terwyl hulle dikwels opregte Christene vervolg.

Ons nasies het die Tien Gebooie versaak – God se Wet wat lei tot werklike vryheid en vrede (Jakobus 2:12). Ons stuur dus nou af op algehele ondergang – tensy daar ’n werklike nasionale bekering en terugkeer na die God van die Bybel is! Mag God ons almal help om dit steeds meer te besef na gelang die maande verbygaan – en namate die droewige storie van nasionale agteruitgang voortgaan. Die meeste van ons is lief vir ons nasies, maar ons behoort God meer lief te hê en te bid dat Hy sal help dat onswakker skrik – as enkelinge, indien nie nasionaal nie – voor dit te laat is!