Ons by die Wêreld van Môre is “wagters” van die Almagtige God. Met God se leiding is ons bevoeg om u te waarsku oor spesifieke gebeure wat binnekort sal plaasvind betreffende wêreld-aangeleenthede. Die Bybel praat oor en oor van die “laaste dae” – die “tyd van die einde”. Ons bevind ons nou in daardie tyd. Gebeure wat lank terug voorspel is om te gebeur, is opsigtelik besig om te “versnel” terwyl ons Christus se Wederkoms na hierdie aarde as Koning van konings, nader.

Wat is sommige van die spesifieke gebeure waarvoor ons op die uitkyk moet wees namate die einde nader?

Eerstens, indien u verstaan dat die VSA, die Britte en hulle afstammelinge die moderne “Israelitiese” nasies is, behoort u te besef dat daardie nasies verneder gaan word aan die einde van hierdie tydvak. Ons nasies was geseën met ontsagwekkende fisiese seëninge oor die laaste 200 jaar. Ons mense het egter ons rug gekeer op God. Derhalwe, in profesie na profesie, voorspel God se geïnspireerde woord ’n reeks strawwe wat eersdaags oor ons gaan kom as ons nalaat om te bekeer – asons ons nie wend tot die God van die Bybel, die ware God, nie. Indien u dit nie alreeds gedoen het nie, moet u verseker aan ons skryf of ons bel en ’n kopie aanvra van ons uiters belangrike boekie wat handel oor hierdie onderwerp: Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? Dit sal heeltemal gratis aan u gestuur word indien u dit versoek.

In ’n grondliggende profesie wat aan ons voorvaders gegee was, sê God: ”Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle My insettinge verwerp, en as julle siel van My verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al My gebooie doen nie en My verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet” (Levitikus 26:14-16).

Let op dat hierdie nasionale tugtiging sal kom as ons God se gebooie en Sy insettinge “verwerp”. Twyfel enigeen daaraan dat die leiers van die VSA en Brittanje meedoënloos besig is om God se Wet en Sy weg te verwerp as basis vir ons nasionale en persoonlike lewenswyse? God waarsku dat Hy as gevolg hiervan eerstens “verskrikking” oor ons sal “beskik”. Op 11 September 2001 is ons aandag gevestig op ’n reeks terroriste-aanvalle. Sulke dade van terreur sal voortgaan – en vererger – soos wat die jare verloop. Ons moet dus “waak en bid” soos Jesus Christus ons aangesê het (Lukas 21:36).

’n Ander sleutel area om in 2009 en daarna voor “uit te kyk”, sal die afwisselende droogtes en veldbrande in sommige gebiede wees, en verskriklike storms enoorstromings in ander gebiede. Ons het verlede jaar ’n voortsetting gesien van sommige van hierdie “natuur”-rampe, met hewige oorstromings weer in New Orleans, ander dele van Louisiana, en Texas. Ons het ook verskriklike veldbrande gesien wat Suidelike Kalifornia in Oktober 2007 verwoes het asook hoe die ergste droogte in dekades groot gedeeltes van Georgia, Noord en Suid Karolina, Tennessee en Kentucky geaffekteer het.

In ’n tweeledige profesie, wat verseker na ons huidige tydperk verwys, waarsku God: “Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het; en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les – nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here” (Amos 4:7-8). Daar sal dus te veel reën wees in sekere gebiede en verskriklike droogtes in ander gebiede – tensy ons berou tot bekering het.

In ’n ander profesie vir ons tyd, is Joël geïnspireer om te weeklag: “Tot U, o Here, roep ek, want ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ’n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek. Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer” (Joël 1:19-20). Let op dat hierdie tragedies God se mense oorval net voor die geprofeteerde “dag van die Here” (vers 15). Nuusberigte het verlede jaar se rekord-brekende veldbrande in Suidelike Karolina beskryf asof dit na “Armageddon” lyk.

“Maar”, sal baie mense sê, “hierdie versteurings wat met die weer verband hou, kom en gaan in siklusse. Dit sal spoedig eindig, en alles sal weer na normaal terugkeer!”

Nee, vriende!
Soos hierdie storms en veldbrande in intensiteit toeneem – met gepaardgaande massiewe aardbewings en siekte-epidemies (Lukas 21:11) – gaan God dit gebruik om ons te verootmoedig en af te breek tensy ons mense berou tot bekering het! God sal op baie verskillende maniere oor die volgende aantal jare die trots van die Amerikaners en die mense van Britse afkoms “afbreek,” omdat ons God se seëninge ontvang het, maar nou het ons die rug op Hom gekeer.

Die opkomende mag van Islam is ’n derde onheilspellende probleem. Die meeste van u besef ongetwyfeld dat – deur die oorlog teen Irak te begin – die Verenigde State ’n “golf” van haat en wrewel ontketen het regoor die hele Moslem-wêreld wat omtrent 1.2 miljard mense geaffekteer het! Dit maak nie saak hoe President George W. Bush en sy raadgewers dit probeer voorstel nie, dit is besig om ’n “godsdienstige oorlog” te word – en radikale Moslemse imams maak deeglik hiervan gebruik. Dit word alreeds een van die langste, duurste en mees aftakelende oorloë in die Amerikaanse geskiedenis. God laat toe dat hierdie oorlog die VSA “breek” deur die Amerikaanse militêre mag te verswak en te demoraliseer. Dit verdeel die Amerikaners en help om die Amerikaanse nasie letterlik bankrot te maak!

Terwyl die stryd teen militante Islam in die Midde-Ooste voortwoed – en regoor die wêreld – sal ons die opkoms van die geprofeteerde “Koning van die Suide” waarneem (Daniël 11:40). Hierdie Moslemleier wat eersdaags gaan verskyn, sal die “Arabiese nasie” – soos dit somtyds genoem word – verenig en sal die leërs en wapentuig van baie Midde-Oosterse nasies saamvoeg tot ’n “pan-Arabiese ryk”. Hy sal hom dan verstout om die toekomstige Diermag in Europa uit te lok of aan te val. Die Diermag sal dan “op hom afstorm” met selfs meer gevorderde wapentuig.

Hierdie toekomstige “Koning van die Suide” sal ontstaan “suid” van Jerusalem, moontlik iewers in die gebied wat vandag Egipte en Saoedi-Arabië insluit. ’n Ander sleutel wat aandui waar dit sal wees, is God se profesie oor wat sal gebeur wanneer die Dier die Koning van die Suide en sy bondgenote aanval: “En hy [die Dier] sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie. En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg” (Daniël 11:42-43).

Aangesien die Dier se woede hoofsaaklik gemik sal wees teen Egipte, mag dit aandui waar die “Koning van die Suide” hom sal bevind. In elk geval is u en ek op pad na die mees skokkende, skrikwekkende, gruwelike jare in die menslike geskiedenis!

Namate 2009 vorder, is dit nodig dat u absoluut seker is dat u weet waarvoor om op die uitkyk te wees. Nadat Jesus die basiese eindtyd-gebeure beskryf het wat tot Sy Wederkoms lei, het Hy ons aangesê: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:36). Ons hier by die Wêreld van Môre is “bewakers”. God het ons tot hierdie taak geroep om almal wat gewillig is en wat wil verstaan hoekom, te helpverstaan wat eersdaags voorlê. Dit is nie altyd ’n aangename taak nie, omdat die “hoofstroom” kerke werklik die absolute gesag van die Bybel verwerp om sodoende die “tradisionele” idees en praktyke van vandag se belydende Christelikheid te behou. God, in Sy genade, mag egter besig wees om u te roep om Sy woord, Sy profesieë vir ons tyd en Sy opperste doel vir u lewe waarlik te verstaan!

Hou dus aan om elke uitgawe van die Wêreld van Môre te lees – en selfs te bestudeer. Indien u binne ’n gebied is waar dit beskikbaar is, hou aan om na die Wêreld vanMôre se televisie-programme te kyk en volg ons boodskap in u eie Bybel. Indien u toegang tot die Internet het, kan u altyd na ons beeldsendings aanlyn kyk enige tyd van die dag of nag by www.tomorrowsworld.org.

Onthou, soos ek dikwels sê: “Moenie my glo nie, maar glo wat u in die bladsye van u eie Bybel lees!” In elke uitgawe van die Wêreld van Môre-tydskrif gee ons u spesifieke inligting en bewyse van wat in wêreldgebeure plaasvind en hoekom. Ons hoop en bid opreg dat u die moeite sal doen om die waarheid van dit wat ons sê, te beproef. Ook dat u gewillig sal wees om te handel volgens God se kosbare Waarheid, sodat u die ware weg wat Jesus beskryf, mag vind om te kan “ontvlug”.