Is die wydverspreide konsensus oor ”aardverwarming” nou besig om weg te smelt?


Wonderlike, wonderlike Kopenhagen ...” klink die populêre refrein wat eers deur Danny Kaye gesing was in sy film, Hans Christian Andersen.

Verlede Desember was die stemming in die Deense hoofstad nogtans alles behalwe wonderlik. Dreigende stormwolke van onenigheid, frustrasie en chaos het daarenteen die Verenigde Nasies geborgde Klimaatveranderingskonferensie omhul, waarvan so baie verwag was.

Terwyl hulle in vriesende temperature vergader het, met sneeu wat oral rondlê, het die teenwoordige afgevaardigdes geswoeg, geargumenteer en van mekaar verskil tot diep in die nag. Die konferensie was wyd verkondig as die “twaalf dae om die wêreld te red” van die veronderstelde gevare van mens-veroorsaakte klimaatsverandering – ook genoem antropogeniese aardverwarming (AAV). Hierdie veelgeroemde opvolging van die 1997 Kyoto konferensie het egter in bitterheid en teleurstelling geëindig. Dit het geheel en al gefaal om enige bindende, wettige, ooreenkoms aangaande die uitlating van koolsuurgas (CO2) te bereik, waarvoor so baie mense gehoop het.

In plaas daarvan het die leiers vanuit Amerika, Brazilië, Suid-Afrika, Indië en China ’n soort van ooreenkoms uitgewerk om die skyn te red, wat toe teensinnig deur die meeste ander nasies aanvaar is. Die ooreenkoms erken die belangrikheid om temperatuurstygings tot 2° Celsius te beperk, maar het geen doelwitte of sperdatums gestel nie. Lande het ingestem om vrywillig hul doelwitte bekend te maak om CO2-uitlatings teen 2020 terug te sny, en het beloof om oor die komende jare finansiële steun aan ontwikkelende lande te verleen.

’n Gevestigde wetenskap – of nie?

Vir jare het hoofstroommedia en baie regeringsinstellings aangegaan asof die gevaar van antropogeniese aardverwarming (AAV), soos sommiges dit genoem het, ’n “gevestigde wetenskap” is. Meer skeptiese stemme word egter in die afgelope paar maande gehoor. Dus, wat is die gemiddelde aardbewoner veronderstel om te glo? Is ons almal gedoem? Sal ons braai, kook en onsself verbrand in ’n dikkerwordende kombers van CO2 wat deur onsself veroorsaak word? Nader ons ’n CO2-veroorsaakte einde van beskawing soos ons dit ken? Of kan die mensdom maar veilig voortgaan met ons huidige manier van hulpbronbenutting, sonder vrees dat ons ons planeet daardeur beskadig?

Voorstanders van beide kante van die kwessie is gou om hul gunsteling bewyse te bevorder, terwyl hul die teenstellende data minimaliseer. Diegene wat AAV betwyfel, wys op onlangse temperatuurdata wat volgens hulle ’n verkoelingsperiode aandui, en betwis die vroeëre syfers wat ’n verwarmende neiging voorstel – hul betwyfel selfs die eerlikheid van die voormalige data-insameling. Terwyl hulle besig is om hul eie interpretasies van die data te hersien, gaan sommige van die mees-uitgesproke voorstanders van AAV nogtans voort om alle skeptici te demoniseer as onnosel of kwaadwillige mense wie se dwarstrekkery sal lei tot die planeet se selfmoord.

Wat is die feite? Selfs terwyl die CO2-vlakke in die atmosfeer bly styg het, stel baie verslae voor dat die aarde se temperatuur opgehou het om te styg, soos verwag was. Brittanje se Hadley-sentrum vir Klimaatsvoorspelling en Navorsing het vroeër ’n verhoging van 0.2ºC in die temperatuur vir 1999 tot 2008 voorspel, maar sê nou dat die temperatuurneiging “stilgestaan” het – ’n neiging van 0.0°C – gedurende daardie jare. Dit is nie wat wetenskaplikes se noukeurig opgestelde rekenaarmodelle voorspel het nie. Party wetenskaplikes kom tot die gevolgtrekking dat faktore anders as CO2 – of moontlik bykomend totCO2– die klimaat bestuur. Tot onlangs het die wetenskap van aardverwarming temperatuurstygings stewig verbind aan die meetbare toename in atmosferiese CO2. Weerlê onlangse data hierdie skakel, of beteken dit net eenvoudig dat ou modelle verfyn moet word?

Dit alles laat ’n sleutelvraag onstaan: Hoe “gevestig” is die wetenskap van klimaatsverandering? Dit lyk of meer en meer waarnemers tot die gevolgtrekking kom: “Dit is nie so gevestig as wat ons gedink het nie!” Alle geloofwaardige wetenskaplikes stem saam dat daar oor siklusse van duisende jare natuurlike variasies in ons planeet se klimaat was. Daar is nogtans baie verskillende maniere om daardie variasies te meet.

Slegs in die laaste 300 jaar of so was daar genoeg mense betrokke in genoeg besoedelende aktiwiteite, om enige noemenswaardige uitwerking op die wêreldwye omgewing te hê. Alle voormalige siklusse van verwarming of afkoeling het plaasgevind sonder enige noemenswaardige menslike invloed. Watter “besoedelaar” identifiseer voorstanders van AAV dus as die hoofoorsaak van aardverwarming? Koolsuurgas – die natuurlike produk van menslike asemhaling!

Op watter basis het wetenskaplikes dan beslis dat onlangse temperatuurverhogings deur menslike aktiwiteite veroorsaak is – en dat dit sal lei tot ’n omgewingsramp?

In 1988 het die Verenigde Nasies (VN) sy Tussenregeringspaneel oor Klimaatsverandering (TK) ingestel, wat gepoog het om die uitwerking van menslike aktiwiteite op die omgewing te kwantifiseer. Vir meer as 20 jaar het wetenskaplikes verbind aan die TK in relatief onbekendheid geswoeg, gemeet en klimaatsveranderings se data gerapporteer. Hierdie multi-nasionale groep het hul data en rekenaarmodel-skemas geheim gehou. Dit het daartoe gelei dat skeptici oor aardverwarming die agentskap daarvan beskuldig dat hulle probeer het om gesonde debat oor hul gevolgtrekkings te verhinder en dus toegelaat het dat openbare beleidsdoelwitte voorkeur geniet bo goeie wetenskap.

Soortgelyk aan ander agentskappe van die VN wat oor die jare gevind het dat hul gekritiseer word omdat hulle agenda voor feite stel, het die TK onlangs hul beurt gekry vir skeptiese openbare ondersoek. In November 2009, toe interne eposse van die Klimatoriese Navorsingseenheid aan die Universiteit van Oos-Anglia aan die publiek uitgelek het, het baie mense die vrystelling as “Climategate” gedoop, te midde van wydverspreide aanklagte van arrogansie, agtelosige wetenskap en selfs openlike oneerlikheid in die manier waarop party van die TK-wetenskaplikes die kwessie van aardverwarming benader het.

Nogtans, selfs nog voor die uitlekking van die eposse, het party mediabronne wat voorheen die TK se gevolgtrekkings soos ’n papegaai nagepraat het, begin om die TK-gedrewe konsensus te bevraagteken. ’n BBC aanlyn artikel op 9 Oktover 2009, het die vraag gevra: “Wat het van aardverwarming geword?” Met inagneming van onlangse bewyse vanafkoeling van die aarde en die rol wat die oseane speel as “hitte pakhuise”, het die artikel die wetenskaplike teorie bespreek wat voorstel dat invloede van die son ’n groter rol kan speel as wat voorheen vermoed is. Indien dit waar is, is dit ’n mees ongerieflike weerspreking van Al Gore se ikoniese hokkiestok-grafiek wat aangetoon het dat die wêreld se temperature steeds hoër styg as gevolg van menslike aktiwiteite, namate hulle die toename in vlakke van industriële CO2 weerspieël. In die werklike lewe vind daardie eens-opgehemelde teorie eenvoudig net nie plaas soos voorspel nie!

Nogtans sien die TK geen konflik tussen bewyse van afkoeling van die aarde en verdere verfyning van hul aardverwarmingsteorië nie! Tydens Leibniz se Instituut vir Mariene Wetenskappe navorser, Mojib Latif, een van die wêreld se vooraanstaande klimaat-modelleerders, se erkenning dat ons in ’n periode mag wees van afkoeling van wêreldwye temperature wat nog vir ’n verdere 10 tot 20 jaar kan voortduur, het hy ook volgehou dat as die neiging tot afkoeling eers oor is, ons planeet weereens drastiese verwarming as gevolg van menslike aktiwiteite sal ervaar – wat volgens hom rampspoedige gevolge mag hê, tensy ons nou optree.

Verandering aan die kom vir klimaatsverandering?

Kan iemand wat nie ’n wetenskaplike is, ooit hoop om enigsins sin te maak uit al die teenstrydighede? Wanneer selfs ’n groterwordende getal wetenskaplikes buite die eng geledere van TK-lede hul bedenkinge uitspreek oor die regsinnighede van aardverwarming, is dit geen wonder dat die gewone burger verward mag wees nie. Baie van hulle onthou nog steeds die 1970s, toe wetenskaplikes, net so driftig soos vandag s’n, na die data gekyk het en volgehou het dat ’n “nuwe Ystydperk” spoedig op ons sou wees.

Dit is maklik om te wonder of die “ortodoksie” van klimaatveranderingswetenskap moontlik ’n verrykende paradigma-verskuiwing mag nader. Daar is sekerlik onbeantwoorde vrae aan beide kante van die debat. Waarom is temperatuurneigings uit harmonie met stygende CO2 vlakke? Het ander faktore wat misgekyk word, ’n meer kragtige uitwerking as CO2? Is koolsuurgas werklik die skurk in die verhaal – by uitstek die dryfveer van aardverwarming? Kan modelle vir klimaatveranderinge meer akkuraat gemaak word? Kan die AAV-paradigma, gegrond rondom die CO2-veroorsaakte temperatuurstygings, werklik omvergegooi word deur iets anders? Indien wel, wat sou daardie “iets anders” kon wees?

Groter getalle wetenskaplikes stel voor dat modelle vir gerekenariseerde klimaatsvoorspellings meer ag moet slaan op faktore soos die magnetiese interaksie van die son, verskuiwings van seestrome en hul temperatuursiklusse asook die terugvoering meganismes ten opsigte van dit wat by verre die mees volop en belangrikste kweekhuisgas in ons atmosfeer is – waterdamp, soos dit in wolke voorkom. Hierdie faktore werk saam om die uitwerking van stygende vlakke van CO2 teen te werk. Al hierdie interaksies is besonder gekompliseerd en behoort meer volledig verstaan te word.

Die uitwerking van die son as die veroorsakende faktor van die huidige klimaatverandering is amptelik verwerp. ’n Oorweldigende magtige, polities-korrekte, omgewings en (veronderstelde) wetenskaplike konsensus kyk nie eens in daardie rigting nie. Hulle wil glo die mensdom is verantwoordelik! Dit maak vir hulle sin. By nadere betragting lyk dit meer en meer waarskynlik dat hierdie uitgangspunt net nie by al die feite inpas nie.

Selfs die hoogaangeskrewe nuustydskrif, Economist, in sy World in 2010 uitgawe, voorspel dat die son wetenskaplikes mag verras (bl. 153); dit het alles te doen met ons taamlik onvoldoende begrip van aktiwiteite van sonvlekke. Vanaf 1645 tot 1715, lank voor die industriële tydperk, was daar byvoorbeeld ’n periode van 70 jaar met besonder lae sonvlek-aktiwiteite, wat nou die Maunder Minimum genoem word, vernoem na die sonvlek-deskundige, Edward Maunder. Daardie periode het toevallig saamgeval met ’n tyd van besondere koue winters in die Noordelike Halfrond. Grafieke wat die aktiwiteite van sonvlekke met die aarde se temperature vergelyk, laat dit lyk of die twee nou verbonde is – baie meer so as wanneer CO2 met temperature vergelyk word. Toevallig was onlangse sonvlek-aktiwiteite ook minimaal, aanduidend van sonverkoeling. Soos dieEconomist vooruitwetend waarsku: “Wat gebeur wanneer aardverwarming sonverkoeling ontmoet? Verwag ’n warm debat”.

Baie op die spel vir die mensdom

Waarom is hierdie vurige debat so belangrik? Wel, oorweeg dat, volgens die Internasionale Energie Agentskap, die koste vir die mensdom om teen 2050 die CO2-uitskeiding te halveer, in die omgewing van $45 biljoen sal bedra, gelykstaande aan twee-derdes van die wêreld se algehele jaarlikse ekonomiese opbrengs die afgelope jare. Wie gaan betaal vir hierdie ontsaglike groot poging om die wêreld en sy komplekse netwerk van lewe te red van verbranding as gevolg van sy eie CO2-uitskeidings? U en ek, en elke ander persoon. Ons sal almal swaarkry, met die armste lande wat potensieel die swaarste sal kry.

Indien CO2 nie die probleem agter die huidige klimaatverandering is nie, sou ’n wêreld wat rasend word oor AAV, ’n ondenkbare groot bedrag geld spandeer het op iets wat moontlik voordelig sal inwerk op verskeie ander kwessies, maar geen noemenswaardige impak sal hê op die klimaat nie. Party mense sal dit beskryf as ’n kolossale dwaasheid!

Dit alles lei ons egter na iets baie meer diepgaande en selfs meer wisselend in die mengsel van faktore wat die veranderings in die klimaat en die weer affekteer. Daar is ’n ander sleutelrede om te glo dat die toekoms opvallend anders sal ontwikkel as wat dit deur die media uitgebeeld word.

Persone wat die Wêreld van Môre al vir ’n lang tyd lees, sal die Bybelse perspektief agter alles wat ons publiseer, besef. Ons volg ’n heeltemal ander paradigma en wêreldbeskouing wat nie goeie wetenskap verwerp nie, maar wat God altyd in die middelpunt van die prentjie hou. Hierdie perspektief het ook ’n verrykende inpak op hoe ons die weer verstaan, heeltemal onafhanklik van die gekonkel en vaaghede van klimaatwetenskap.

Die Bybel verklaar dat dit God is wat die hemele en die aarde geskape het. Die heelal, met al sy astrale liggame en die wette wat hul bewegings in stand hou en beheer, was deur God Self in plek geplaas (Jesaja 40:25-26, 42:5). God het die aarde geskape en uiteindelik ook die ontsaglike onderling-verbinde netwerk van lewe wat dit onderhou (Genesis 1).

God het die mensdom geskape na Sy beeld en gelykenis vir ’n groot, voortreflike doel (Genesis 1:26-28; 2 Petrus 1:3-4). Baie belangrik, God het die aarde gevorm as ’n geskikte habitat om Sy doel in uit te werk en het ook belowe om dit in stand te hou, sodat daardie doel volvoer kan word (Jeremia 31:35-36, 33:20-21, 25-26; Genesis 1:14-18, 8:21-22, 9:9-17). Die verrassende werklikheid (omdat ons vergeet het of verkeerd ingelig was) is dat God in beheer is van die son en al die ander magte wat inbreuk kan maak op die aarde se klimaat.

Dit is God wat in beheer is van die weer (Jesaja 41:17-20)! Vir die regverdiges sal Sy seëninge gunstige weer insluit (Levitikus 26:3-5; Deuteronomium 28:12; Jesaja 43:19-21, 44:2-4). Vir die onregverdiges sal God verskeie middele, insluitende die weer, aanwend om hulle tot inkeer te bring en die mense terug te bring na Hom toe (Levitikus 26:19-20; Deuteronomium 28:22-24). Een van die groot uitbeeldings van Christus se duisendjarige heerskappy oor die aarde behels die mees verrykende veranderinge in die topografie en klimaat, waar die woestyn sal “bloei soos ’n narsing” en “in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis” (Jesaja 35:1-2, 6). Dit alles impliseer verrykende veranderinge aan die weer.

God se mees fundamentele opdrag aan mense is om die aarde “te bewerk en te bewaak” (Genesis 2:15); om daarna om te sien, dit op te pas en nie daarvan misbruik te maak nie. Die mensdom het egter op verskeie maniere van God se doelwit afgedwaal. So besoedel, oor-ontgin en misbruik ons ons planeet met sy oorvloedige, maar nogtans beperkte hulpbronne. Ons leef op sedelose en vernietigende maniere, versplinter menslike verhoudings, maak oorlog, veg met mekaar en vertrap die lewensweg wat God wil hê ons moet bewandel.

Indien menslike handelinge nou die oorsaak is van toenemende aardverwarming al dan nie, is daar eenvoudig geen verskoning vir al die besoedeling en die roekelose en onbeteuelde vernietiging van woude en natuurlike habitat wat die ryke biodiversiteit van lewe op ons planeet ernstig bedreig nie. Die vraag moet dus gevra word: Gegewe die realiteite van beperkte hulpbronne en die beperkings van menslike regerings, kan ’n wêreldbevolking wat binnekort 7 miljard mense sal oorskrei, dit ooit verwag om vir elkeen te kan sorg met die opsigtelike verbruikerskultuur wat honderde miljoene mense in die Westerse nasies nou as vanselfsprekend aanvaar? Is onregverdigheid onvermydelik? Moet die Weste se standaarde moontlik verlaag word ten einde die lewenstandaard reg oor die aarde te laat styg?

Inderdaad, sal daar ooit genoeg energie, voldoende water, genoeg kos en genoeg van alles wees om die onversadigde aanspraak op hierdie hulpbronne te versadig? Sal wedywering om die skaars hulpbronne onafwendbaar lei tot meer botsings tussen en binne nasies (Mattheüs 24:7)?

Wat ’n mens se gevolgtrekking oor mens-veroorsaakte aardverwarming ook al mag wees, kan ons nie ontken dat, as geheel, ons samelewing die lewenswyse wat God vir ons gestel het, ignoreer en selfs verwerp het nie. Ons het God se Wet toenemend verwerp en het verkies om liewer die wette van die wetenskap te eer as die enigste oplossing vir ons probleme. God noem daardie verwerping sonde (1 Johannes 3:4). Hy beveel ons almal om ons te bekeer, om ons te distansieer van ons sondige weë en om die regte weë wat Hy vir ons in Sy woord – die Bybel – uitstippel, aan te gryp. In plaas van om toegespits te wees op twyfelagtige “profesieë” van onvoldoende rekenaarmodelle, behoort ons meer aandag te gee aan die gewisse profesieë wat God in die Bybel openbaar het.

“Theogeniese” klimaatsverandering

Slegs ’n klein groepie mense wat Bybelprofesieë verstaan, erken die mees wesenlike faktor in ons planeet se onvoorspelbare weer en klimaatveranderings. Ten einde mense te tug en te verootmoedig gebruik God Self soms die weer om hulle hul verkeerde weë te laat insien. Nee, dit beteken nie dat elke ongunstige weergebeurtenis of verskuiwing van die tektoniese plate God se straf op sondaars is nie. Daar is geen twyfel dat God die weer kan gebruik, en dit soms wel doen, om Sy regverdige mikpunt te bereik. Wanneer Hy dit wel doen, sal selfs ons beste rekenaargebaseerde klimaatmodelle dit kan eien? Nee, glad nie! Dit IS heeltemal buite hul bestek. Nogtans is sonde en wat God verkies om daaromtrent te doen, in werklikheid ’n noodsaaklike sleutel om die weer en die uitwerking daarvan op die mensdom te verstaan.

U Bybel openbaar dat die menslike samelewing binnekort ’n tyd van allesverterende krisis sal bereik, waarin God sal moet ingryp om die toestand te red – om te verhoed dat die mensdom hulself vernietig. Alhoewel die mensdom sal voortgaan om te faal in hul pogings om ons grondliggende probleme sonder God op te los, openbaar die Skrif die wonderlike nuus dat Jesus Christus na die aarde sal terugkeer om die wêreldregerende Koninkryk van God te vestig (Mattheüs 24:3-13, 21-24, 29-31)! Die gebeure wat tot daardie tyd sal lei, sal die mees omvangryke en verrykende weersveranderings behels wat mens jou kan indink, wat die rebelse mensdom sal verootmoedig en voorberei vir die vestiging van ’n nuwe tydperk van vrede en voorspoed onder die liefdevolle heerskappy van Jesus Christus, waar almal sal leer om volgens God se weg te lewe (Openbaring 6; 8). Die apostel Johannes beskryf een dramatiese stap in God se ingryping: “En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie” (Openbaring 16:8-9).

Mense se powere invloed op hul omgewing sal na niks lyk in vergeleke met God se ontsaglike ingryping. Wat ook al die omvang van antropogeniese aardverwarming is, is dit hierdie invloed – mens kan dit theogeniese aardverwarming noem – wat die mensdom tot ’n amper ondenkbare graad gaan skud. Ons hoef nogtans nie te vrees nie – God belowe dat getroue Christene wat hul na Hom wend, beskerm sal word teen hierdie gebeure wat die mens se verstand te bowe gaan (Openbaring 7). U mag dalk nie in staat wees om deur u eie pogings die wêreld se temperatuur laer te stel nie, maar u kan u na God wend en u lewe ten beste verander – in hierdie lewe en vir alle ewigheid!