Die grootste deel van die wêreld gaan nou gebuk onder die grootste finansiële resessie sedert die Groot Depressie van 1929-39. Miljoene mense in Amerika, Kanada en Brittanje [en Suid-Afrika] sit sonder werk. Dit is moeilik om nuwe werk te kry. Die finansiële vooruitsig is voorwaar droewig.

Waarom? 
Waarheen is ons op pad? Wat is die enigste werklike oplossing vir ons mense – vir u, persoonlik – in die jare wat binnekort voorlê? Eerlikwaar, as ons slegs na alles “rondom” ons kyk – die fisiese omstandighede en finansiële aanduidings wat ons omring – sal ons nie die kern begryp nie. Aangesien hierdie finansiële beproewings en toetse deel is van ’n Geheelbeeld – deel van die voortgaande doel wat deur ons Skepper uitgewerk word. Soos Sir Winston Churchill op 26 Desember 1941 aan ’n gesamentlike sitting van die Amerikaanse Kongres gesê het: “Ek moet sê dat dit voorwaar ’n blinde siel moet wees wat nie kan sien dat dit ’n groot doel en plan is wat hier op aarde uitgewerk word en waarvan ons die eer het om die getroue diensknegte te wees nie”. Nogtans, hoewel sy woorde daarop sinspeel dat ’n Oppermag in beheer is van dit wat uitgewerk word, was Sir Winston self nie geroepe om die einste doel waarna hy verwys het, te verstaan nie.

Ons hoop verseker dat u wat hierdie artikel lees, wel verstaan
Indien u aan uself bewys het dat ’n ware God – ’n almagtige persoonlike God met absolute mag en intelligensie – werklik bestaan, dan kan u begin verstaan. Indien u ook aan uself bewys het dat die Heilige Bybel werklik deur daardie grote God geïnspireer is, lees dan verder! Aangesien die God van die Bybel duidelik aantoon dat indien Sy eie mense hulle van Hom af wegkeer, hulle dan fisies sowel as finansieel sal swaarkry. Ons het dit al baie keer in die Wêreld van Môre-tydskrif verduidelik. Die Anglo-Saksiese mense van Amerika en die nasies van Britse afkoms is verseker deel van die “Verlore Tien Stamme” van Israel. Dus voorspel die geïnspireerde woord van God duidelik dat wanneer hierdie nasies “aan die einde van die dae” van God af sal wegdraai, hulle geweldige strawwe sal verduur. Die groot rykdom wat God aan hulle gegee het, sal weggeneem word. Afsonderlik sal hierdie eens-geseënde volke verneder word en grootliks verootmoedig word op so ’n kragtige wyse soos wat hulle nog nooit voorheen ervaar het nie.

In ’n geïnspireerde waarskuwing aan ons voorvaders – wat sekerlik ’n tweeledige toepassing het en dus ook op ons vandag betrekking het – sê God: “Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld. Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee” (Deuteronomium 28:15-18). Hierdie profesie behels ooglopend nasionale en indiwiduele rampe vir die mense wat nalaat om gehoorsaam te wees aan hul Skepper!

Later waarsku God in dieselfde profesie: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak. Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees” (verse 43-44).

Soos u weet indien u die nuus gevolg het, tot omtrent 20 jaar gelede was Amerika die wêreld se rykste nasie en die wêreld se grootste uitlener. Nou is Amerika die wêreld se grootste skuldenaar – met ’n nasionale skuld wat biljoene dollars bedra! Nasies soos China, Japan en Duitsland besit nou die meeste van Amerika se skuld. Indien hulle oormatig uitgedaag word, kan hulle Amerika in ’n baie kort tydjie ekonomies vernietig!

“Luister” na die Bybel!

God se woord is kragtig! Ons het dit ook nodig om daarna te luister. God sê aan ons: “Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ’n slaaf van die man wat uitleen” (Spreuke 22:7). Op meer as een manier sal ons binnekort die “dienaars” wees van die einste nasies aan wie ons tallose miljarde dollars skuld!

Weereens, waarom?
God se geïnspireerde Woord antwoord: “En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie” (Deuteronomium 28:45).

Namate ons Skepper nou meer as ooit tevore begin ingryp in hierdie wêreld se sake, namate ons geliefde nasies grond toe gebring word as gevolg van ons opstand teen God en Sy geïnspireerde Woord, sal ons nasionaal of indiwidueel werklik gewillig wees om te “luister” na ons Skepper en ag te slaan op Sy opdragte?

Luister! Die God van die Bybel wil hê dat ons ’n goeie lewe en redelike voorspoed moet geniet. God se eie Seun het gesê: “Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10). Die geinspireerde Griekse woord wat hier as “oorvloed” vertaal is, beteken eintlik ’n vol en oorvloedige bestaan. Ware Christene sal sekerlik nie almal miljoenêrs word nie! Ons Vader in die hemel het egter oor en oor belowe om oor diegene wat Hom dien en Sy wette gehoorsaam, te waak en hul te “versorg”.

Nadat Hy die meeste mense se natuurlike bekommernis oor die basiese noodsaaklikheid van voedsel en kleding beskryf het, maan Jesus Christus ons: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mattheüs 6:33). Die apostel Paulus skryf onder inspirasie: “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebreërs 13:5). God sal dus nooit diegene wat Hom werklik dien, “verlaat nie”.

Wat is die “gedagte van God” rakende ons finansiële verantwoordelikheid aan die Skepper wat aan ons lewe en asem gee? Wat openbaar God duidelik in Sy geïnspireerde Woord? Nadat hy die gebeure aangaande Israel se uittog uit Egipte en die beproewings en toetse en strawwe wat God oor antieke Israel gebring het, beskryf het, het die apostel Paulus geskryf: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11).

Een van die primêre voorbeelde wat in die hele Ou Testament gegee word, is die voorbeeld van Abraham, want Abraham word “die vader ... van almal wat glo” genoem (Romeine 4:11). By drie verskillende geleenthede word hy ook “’n vriend van God” genoem (Jakobus 2:23; 2 Kronieke 20:7; Jesaja 41:8). Deurdat Abraham gewillig was om sy eie seun te offer, word hy, soos geen ander mens in die Bybel nie, gebruik as ’n voorbeeld van God Self (Genesis 22).

Ons behoort verseker graag Abraham se voorbeeld te wil volg!
Alhoewel Abraham wel ’n baie belangrike man was, word ’n selfs belangriker Persoonlikheid in Genesis 14:18-20 geopenbaar – “Melgisédek”, Koning van Salem. Hierdie belangrike Persoonlikheid word beskryf in die geïnspireerde gedeelte in Hebreërs 7:1-3: “Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook ’n tiende deel van alles gegee het – hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur”.

Wanneer u hierdie gedeelte noukeurig lees, word dit duidelik dat Melgisédek nie ’n mens was nie, maar eintlik die Persoonlikheid wat in die Nuwe Testament, Jesus Christus Self geword het! In vers 9 sê God ook aan ons: “En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee”.

Hierdie kragtige voorbeeld van Abraham – die “vader van almal wat glo” – wat tiendes aan Melgisédek betaal het, behoort te maak dat elke Godvresende persoon graag dievoorbeeld van die vader van die gelowiges wil volg – indien daardie persoon wel graag getrou aan sy Skepper wil wees! Soos ook aangedui in Hebreërs 7:9, is dit nie slegs ’n geval van tiendes “gee” aan God nie – want Levi het tiendes “betaal” deur Abraham. Die oorspronklike voorbeeld sê aan ons dat Abraham geweet het dat God “Skepper [Besitter] is van hemel en aarde”. God is ons Skepper, ons Onderhouer en ons Voorsiener. Hy maak dit vir ons moontlik om die lug wat ons inasem, in te asem, om die water te drink wat ons drink en die kos te eet wat ons eet. Die meeste mense dink eenvoudig net nie daaraan nie! God – deur Sy Woord – maak dit egter duidelik dat ons aan Hom ’n tiende van ons inkomste of aanwas verskuldig is, aangesien Hy per slot van rekening ons “Eienaar” en ons God is.

Abraham se wonderlike voorbeeld kan nie ter syde gestel word deur diegene wat valslik beweer dat die betaling van tiendes maar net deel was van die “Wet van Moses” nie! Moses was egter nog nie eens gebore toe Abraham aan ons die voorbeeld gestel het om tiendes te betaal nie. Later vind ons dat die patriarg Jakob ook onderneem het om ’ntiende aan God te betaal (Genesis 28:22).

Betaal van tiendes was nog altyd deel van God se plan

In Genesis 26:3-5 vind ons die storie van hoe God met Isak gepraat het en aan hom beskryf het hoe Hy aan Abraham ontsaglike seëninge van nasionale voorspoed en miljoene nasate gegee het, “omdat Abraham na my stem geluister enmyordeningmy gebooiemyinsettingeen mywetteonderhou het” (vers 5). Die betaal van tiendes was sekerlik een van hierdie instellings (Levitikus 26:46; 27:30). Abraham het dus eenvoudig net die gebooie en instellings wat God alreeds openbaar gemaak het lank voordat daar ooit van Moses gehoor was, gehoorsaam! Daardeur het Abraham dus “God se vriend geword!”

Byna aan die einde van die Ou Testament, in die boek van Maleagi – ’n soort van “oorbruggingsboek” wat ons in die Nuwe Testament inlei – het God aan ons voorvaders gesê: “Want Ek, die Here, het nie verander nie” (Maleagi 3:6). God het sekere basiese gebooie en instellings wat vir ewig op mense van toepassing is. Betaling van tiendes is verseker een hiervan, want die geïnspireerde opdrag gaan voort: “Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroofIn die tiendes en dieoffergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie” (verse 8-10).

Aangesien ons menslike natuur basies selfsugtig is en omdat God vir die meeste mense nie “werklik” is nie, het die meeste mense en selfs die meeste predikante, metverskonings te voorskyn gekom waarom ons nie veronderstel is om tiendes te betaal nie. Waarom? Die Bybel antwoord: “... omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie” (Romeine 8:7). Dit lyk asof vleeslike mense van nature wrewelrig is teenoor die idee van ’n almagtige God wat ’n “wet” het wat aan hulle sê wat om te doen! Die tipiese argumente teen die betaling van tiendes erken gewoonlik dat betaling van tiendes ’n wet was onder die Ou Testament, maar dat dit nie vereis word in die Nuwe Testament nie. Nogtans het Jesus Christus dit Self duidelik uiteengesit: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele” (Mattheüs 5:19). Derhalwe, soos dit duidelik behoort te wees vir almal met oë om te sien, het Jesus uitdruklik aangedui dat Sy ware volgelinge selfs die “minste” of geringste van God se gebooie moet gehoorsaam!

Het Jesus egter Self duidelik aangetoon dat tiendes nog steeds betaal moet word?

Ja! Hy het. Let op Sy woorde: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat” (Mattheüs 23:23). Hier toon Jesus dat Hy van daardie mense wat liefde, geregtigheid, genade en geloof beoefen verwag om ook tiendes tebetaal! Enige eerlike onderwyser in grammatika sal – indien dit enige ander onderwerp was – saamstem dat Christus aan ons sê om nie na te laat om tiendes te betaal nie! Ons moet nie die betaling van tiendes “nalaat” nie!

Hoe duidelik!
Die hele Bybel toon immers aan ons wat sal gebeur indien ons God vereer met ons besittings: “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos” (Spreuke 3:9-10). Ons behoort almal na te dink oor die geïnspireerde lering van die apostel Paulus: “Maardink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk” (2 Korinthiërs 9:6-8).

Weer, soos in so baie Bybelse gedeeltes, toon ons Vader in die hemel aan ons dat indien ons milddadig aan Hom en Sy Werk gee, dan sal Hy inderdaad, op baie verskillende maniere, seëninge uit die hemel op ons uitstort. Die ware Skepper is in staat om “alle genade oorvloedig oor julle te laat wees” en te bewerkstellig dat ons die geleenthede het om altyd genoeg te hê om te eet en om altyd genoeg te hê om ons gesin te versorg – indien ons werklik die Een wat aan ons lewe en asem skenk, dien en gehoorsaam.

Selfs al lê daar nog verskriklike beproewings en toetse voor vir ons mense – fisies, finansieel en andersins – sal diegene wat werklik “met God wandel” en hul Skeppergehoorsaam, seëvier oor die fisiese beproewings in ander persoonlike sake en sal die goddelike beskerming van God hê in die gevaarlike tye wat gaan kom. Dit hang alles af van hoe “werklik” God vir u is! Sal u gewillig wees om werklik die Geheelbeeld te sien van u Skepper wat in menslike sake ingryp, die opkoms en ondergang van nasies bewerkstellig en diegene wat Hom dien en gehoorsaam werklik bonatuurlik seën? Dit is nie “te moeilik” om tiendes te betaal nie! God se wette bring uiteindelik slegs die goeie voort – aangesien hulle gerugsteun word deur die lewende Skepper!

Dit is die sleutel! Teen die einde van die Nuwe Testament het die geliefde apostel Johannes geskryf: “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie” (1 Johannes 5:3). Eerlikwaar – indien dit reg verstaan en toegepas word – is God se wette en gebooie nie “swaar” nie! Inderdaad trek hulle ons nader aan ’n voortdurende erkenning van die werklikheid van ons Skepper. Hulle bring ons nader aan Hom namate ons in werklikheid met Hom “wandel” deur Sy wette en gebooie as ’nlewenswyse te onderhou. Dan, deur geloof, “sien” ons ook die seëninge wat Hy op so baie verskillende maniere oor ons uitstort. Nee, Hy sal ons nie almal miljoenêrs maak nie, maar Hy sal toesien dat ons “genoeg” het. Hy sal na ons omsien. Hy sal oor ons wag hou gedurende die gevaarlike tye wat voorlê.

Deur Jesus Christus wat in ons leef deur die Heilige Gees (Galasiërs 2:20) sal ons in staat gestel word om al God se wette te gehoorsaam. Deur Christus in ons sal ons die ware karakter van God ontwikkel. Ons sal graag wil gee, help en dien. In hierdie “laaste dae” sal ons ook graag ywerig ons deel wil doen om Christus se boodskap na ’n baie verwarde wêreld uit te dra. Jesus sê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring” (Johannes 4:34).

Dan, deur Christus in ons, sal dit ons passie wees om algeheel betrokke te wees in milddadige ondersteuning van die Werk wat Christus nou vermag deur diegene wat getrou Sy volle Waarheid verkondig. Ons sal in geloof uitsien na Christus se wederkoms en om daardie wonderlike woorde te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Mattheüs 25:21).

Indien ons toelaat dat Christus Sy gehoorsame lewe in ons leef, en indien ons getrou die ware Werk van God ondersteun in hierdie tydvak deur tiendes te betaal en ookofferandes te gee – soos Hy ons beveel – sal ons God se seën ontvang in elke deel van ons lewens. Dit is so eenvoudig soos dit. Moet nooit die onsinnige argumente glo dat u dit “nie kan bekostig” om tiendes te betaal nie! Die Bybelse waarheid is dat u nie kan bekostig om nie tiendes te betaal nie! Hierdie einste handeling om u Skepper te dienbring u nader aan Hom, aan Sy lewenswyse en aan die ontelbare seëninge wat Hy sal begin om oor u uit te stort, nou en vir ewig.