Maak “mag iets reg”? Regeer die meerderheid? Is “kundiges” die mense na wie ons moet opsien vir antwoorde? Ons lewe in ’n wêreld wat uitermate verward is oor gesag. Kom daar ’n einde aan hierdie verwarring? U behoort te weet!

Die Verenigde State van Amerika ondervind eindelose probleme. Sy ekonomie lê aan skerwe. Tegnies is die nasie alreeds bankrot – soos baie ekonome en politici duidelik erken! Wat voorheen “Christelike sedelikheid” genoem was, is feitlik vermink in hierdie verwarde nasie. Amerika se internasionale mag en aansien is die laagste ooit. Daarby is die mense ernstig verdeeld.

Oor ’n hele spektrum van basiese kwessies, stem Amerikaners nie met mekaar saam nie – dikwels ook nie met hul eie regering nie. Oor kwessies van homoseksualiteit en huwelike tussen lede van dieselfde geslag, aborsie, immigrasie en “grensbeheer”, die onheilspellende opkoms van Islamitiese ekstremiste reg in ons midde, die virtuele regering wat groot seksies van die ekonomie, gesondheidsdiens en onderwys oorneem – nou selfs belangrike aspekte van die media en “vryheid van spraak” ook – is die federale regering toenemend besig om die V.S.A. op maniere “oor te neem” en te bedryf wat vir baie mense meer lyk na ’n sosialistiese of kommunistiese staat as na die “land van vry mense” waarin hulle grootgeword het. Bekommernisse oor die regering se inmenging in die private godsdienstige en morele lewens van Amerikaners veroorsaak toenemende onrus en selfs vrees onder baie gemiddelde Amerikaners.

Wat gaan aan? Wie is in beheer? In die laaste instansie, wie se opinie tel?

Selfs terwyl ek hier skryf, woed die debat in die media oor die manier waarop een aktivis-regter in Kalifornië die wense van ’n meerderheid kiesers in Kalifornië omvergegooi het oor die kwessie van huwelike tussen lede van dieselfde geslag! Hierdie aktivis-regter, en baie ander soos hy, probeer om die waardes waaraan lank reeds vasgehou word, te ondermyn deur die instelling van die huwelik te definieer – ’n instelling wat oor die laaste 6,000 jaar die ware grondslag van elke ordentlike samelewing was.

My plaaslike koerant definieer die huwelik só: “Die huwelik is ’n band tussen twee persone wat belowe om mekaar lief te hê en lewensmaats te wees” (Charlotte Observer, 8 Augustus 2010). Is dit die werklike definisie van die huwelik?

Wie het inderdaad die gesag om so iets te definieer? Eerlikwaar, dit is waarop die hele saak neerkom. Presies wie het die gesag om te bepaal wat goed en kwaad, reg en verkeerd, asook wat die regte manier is waarvolgens mense moet lewe en onderling moet verkeer?

 

Wie is die werklike gesag?

Vir meer as 200 jaar het die meeste Amerikaners aan hul land gedink as ’n “Christelike nasie”. Nogtans, soos honderde waarnemers en talle artikels deur gerespekteerde skrywers op die gebied van godsdiens uitgewys het, stem ons woorde nie ooreen met ons dade nie. Ons mag  dat die God van die Bybel die ware God is. Nogtans “gooi” ons herhaaldelik hele gedeeltes van die Bybel uit indien die leringe daarin nie ooreenstem met ons eie persoonlike opinies nie. Of u dit besef of nie, hierdie algehele distansiëringvan die God van die Bybel as die gesag ten opsigte van ordentlike gedrag – beide in die openbaar en privaat – sal binne die volgende paar jaar ’n diepgaande uitwerking op ons almal hê. In werklikheid het dit alreeds ’n verskriklike uitwerking.

Amerika is in die moeilikheid – nie net as gevolg van verskille tussen politieke partye nie. Nie net as gevolg van botsende filosofiese idees aangaande homoseksualiteit, aborsie, of die feit dat die regering inbreuk maak in meer en meer aspekte van ons daaglikse lewens nie. Aan die einde van die dag kom dit daarop neer of mense se persoonlike opinies – of daardie mense nou ookal regters, wetgewers of predikante is – die uiteindelike owerheid is om oor die grondslag van ’n lewensvatbare samelewing te besluit.

Die geskiedenis, gesonde verstand en praktiese ondervinding – sowel as die duidelike woorde van u Bybel – sê almal: “Nee!” Hierdie menslike owerhede behoort nie arrogant aan te neem dat hulle die laaste sê het nie. Daar is ’n hoër, absolute gesag van wie ons ons definisies van sedelikheid en die regte lewenswyse moet verkry – of dit nou indiwidueel of gesamentlik is – indien ons graag vrede en vooruitgang in ons nasies wil hê!

Die Skepper wat aan ons lewe en asem skenk, het aan die mensdom ongeveer 6,000 jaar gegee om die lewenslesse te leer wat volg wanneer die mensdom sy eie weg volg en die gevolge daarvan ly. Die meeste mense sal hierdie lesse nie werklik leer tot baie later nie – maar dit is ’n ander storie. Binnekort, nadat daardie 6,000 jaar verstreke is, sal God Jesus Christus terugstuur na hierdie aarde om die arme, verwarde mense te red, wat as enkelinge of gesamentlik van die God van die skepping verwyderd is en hul eie idees uitgetoets het – bykans altyd lynreg teen dit wat die Skepper so duidelik openbaar het. Soos die geïnspireerde Skrif dit stel: “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spreuke 14:12).

Neem as voorbeeld, wat is die ware definisie van ’n huwelik? Is dit slegs – soos my plaaslike koerantartikel dit stel – ’n “band tussen twee persone wat belowe om mekaar lief te hê en lewensmaats te wees”? Dit is sekerlik deel van die definisie. Indien u egter die hele Bybel lees, is dit duidelik dat die Skepper Self die huwelik ingestel het en dat Hy – die grote God – mense saambind in ’n verhouding wat Hy bepaal het om twee belangrike doelwitte te verwesentlik:

1. God het gesê dat dit nie goed is dat die man alleen is nie. Die huwelik tussen ’n man en ’n vrou – volgens hulle fisiese en psigologiese samestelling geskape om mekaar op talle maniere aan te vul – is vir hulle sowel as die hele gemeenskap onmeetbaar voordelig en verskaf aan hulle meer vreugde.

2. God het dit ook duidelik gemaak dat ’n tweede groot doelwit van die huwelik voortplanting is. Let op hierdie geïnspireerde woorde van God se opdrag oor hierdie faset van die huwelik: “Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ’n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie” (Maleagi 2:15).

Ons einste Skepper het die man dus volgens Sy ewebeeld gemaak en toe gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas” (Genesis 2:18). Om die “hulp” vir Adam te maak wat hom fisies, geestelik en emosioneel sou aanvul, het God ’n pragtige vrou geskape. Hy het haar na Adam geneem en gesê: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees” (Genesis 2:24).

Wanneer mense eers hierdie eenvoudige maar basiese begrip van waarom ons manlik en vroulik geskape is en waarom die huwelik in die eerste instansie bestaan, uit die oog verloor, raak ons betrokke in allerhande soorte verwarring, verdriet en selfs siektes. ’n Bespreking oor die opwelling van die VIGS-epidemie onder die homoseksuele gemeenskap mag sekere mense ongemaklik laat voel. Hierdie gevreesde siekte hou tog toenemend aan om te versprei, onder die Amerikaanse homoseksuele gemeenskap wat meer “onbeskermde seks” beoefen as in vorige jare omdat hulle sien dat hul mede-homofiele nog baie jare leef deur “mengeldrankies” van duur medikasie te gebruik wat baie van die simptome van hul VIGS afweer. Aangemoedig deur inname van klein hoeveelhede medisyne, waag hulle groter en groter kanse om hul bloot te stel aan hierdie verskriklike siekte, eenvoudig uit ’n verwronge begeerte om “pret te hê”.

Natuurlik, wanneer mense hul distansieer van God se basiese wette, wat die regte soort seksuele verhoudings beskerm, sal hulle uiteindelik nie “pret hê” nie. Hulle sal eerder ’n toenemende gevoel van leegheid, frustrasie, woede en selfs fisiese siektes ontwikkel. Dit is die gevolg van hul verwerping van die einste wette van God wat seksuele verhoudings reguleer, die verhoudings wat die korrekte basis van die huwelik omskryf, asook die hele basis van enige samelewing wat werklik sal standhou.

 

Ons Skepper bepaal reg en verkeerd

Van die een tot die ander kant is die Bybel baie duidelik aangaande God se algehele verbod op homoseksuele bedrywighede. In ’n statuut wat die Ewige God aan antieke Israel gegee het, sê Hy: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Levitikus 18:22).

God het die apostel Paulus geïnspireer om in die Nuwe Testament die verdraaide redenasies van die “geleerde dwase” baie duidelik te maak met hierdie besadigde woorde: “Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer – hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang” (Romeine 1:24-27).

Wanneer mans en vrouens nalaat om die Skepper vir Sy leiding te vra en begin om menslike redenasies as die basis van hul oortuigings en dade te gebruik, sal geweldige lyding uiteindelik intree. Soos Paulus geskryf het, hulle sal “die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang”. In net die volgende vers het God gewaarsku: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (vers 28).

Dink! 
Hoe kan ’n belydende “Christelike” nasie soos die Verenigde State van Amerika die moord op byna 50 miljoen ongebore kinders toelaat? Hoe kan so ’n nasie selfs die idee in oorweging neem van “mans wat met mans trou” – dit wat die Skepper ’n “gruwel” noem, en wat die meeste van ons wat reeds vir dekades leef, herken as die produk vanbaie verwarde verstande. Hoe kan ’n belydende Christelike nasie oorheers word deur regters, wetgewers en opvoeders wat so “vol van hulself is” dat hulle hovaardig die blote idee van ’n ware God wat aan hulle sê wat om te doen, verwerp?

Die antwoord is dat ’n baie werklike Satan die duiwel die hedendaagse Amerikaners, Britte, Kanadese, Australiërs – asook miljoene ander mense regdeur die sogenaamde “Westerse” wêreld, in ’n kragtige wurggreep het. Ons – wat meer Bybels gepubliseer het, meer sendelinge, onderwysers en dokters uitgestuur het en vir baie lank, dikwels met groot welslae, probeer het om andere te help – het hul gedistansieer van ’n opregte geloof in en ontsag vir die God van die Bybel.

Nee, ons moet ons nie wend na sommer enige “god” nie. Die hoop van ons nasie en van ons wêreld is in die God van die Bybel. Afgesien van Hom, kan dit slegs “elke man vir homself” wees. Sonder Hom sal ons samelewing toenemend ’n spieëlbeeld word van wat met antieke Israel gebeur het toe die bevolking hul gedistansieer het van God en staat gemaak het op hul eie menslike opinies.

Die boek Rigters beskryf die gruwelike situasie waar ’n man se byvrou herhaaldelik deur ’n perverte bende homoseksuele verkrag en gemolesteer was. Hulle wou oorspronklik die man se manlike gas verkrag, maar die eienaar van die huis was in staat om hulle te oorreed om eerder sy gas se byvrou te verkrag. Sy was gruwelik mishandel en het die hele nag buite deurgebring – hy het haar die volgende oggend dood gekry. Oënskynlik het die man, om sy medeburgers tot die verskriklikheid van die gebeure te skok, “haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur” (Rigters 19:29).

Hierdie “skreiende” voorbeeld van waarheen hul verwarring gelei het, het uiteindelik die mense van Israel aangehits om tot die daad oor te gaan. ’n Burgeroorlog teen die stam van Benjamin het gevolg. Teen die tyd toe dit uiteindelik besleg was, was die meeste manlike lede van Benjamin dood. Die Bybel sê van daardie tyd: “In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë” (Rigters 21:25).

Geagte leser, dit is presies waarheen ons Westerse nasies op pad is indien ons op ons huidige koers voortgaan! Dit is presies hierdie soort sonde en verdorwe gedrag waarvan ons meer en meer regdeur ons samelewing sal lees. Indien ons ons nie werklik bekeer en terugkeer na wat die ware God in die Bybel sê nie, mag God ons dan help!
Maar, sal ons?

 

’n Werklike nasionale bekering?

Eerlikwaar, ons volke sal nie na God terugkeer tensy daar ’n radikale ommekeer en nasionale bekering plaasvind soos wat ons nog nooit voorheen in Amerika, of enige ander plek in die Westerse wêreld, beleef het nie. Soos ’n onlangse artikel in die Charlotte Observer uitgewys het: “Dit gaan nie goed met Amerikaanse Christelikheid nie en daar is bewyse dat die toestand meer sorgwekkend is as wat die meeste mense besef – of wat hulle ten minste wil erken. Meningpeilers – veral die belangrike evangeliese George Barna – het herhaaldelik berig dat hulle weinig meetbare verskil kan vind tussen die sedelike gedrag van kerkgangers en die res van die Amerikaanse gemeenskap. Barna het bevind dat [self-geïdentifiseerde] wedergebore Christene meer geneig is om te skei (’n handeling wat ten sterkste veroordeel word deur Jesus) as ateïste en agnostici, en meer geneig is om rassisties te wees as ander Amerikaners ... ‘Die kerk word daagliks meer gelykvormig aan die wêreld wat dít na bewering probeer verander’, het Barna gesê” (“Christianity is losing believers”, 11 Augustus 2010).

Dus, weereens, ons as ’n volk moet terugkeer na die ware God – die God wat Homself in die Bybel openbaar! ’n Fundamentele element in die definisie van ware Christelikheid word geopenbaar in Jesus se direkte opdrag: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Wanneer mense begin om dit met hul eie opinies te vervang – of hul nou regters, wetgewers of leke is – dan is ons in groot moeilikheid. Die God van die Bybel waarsku nou ons nasies,deur middel van hierdie einste Werk, oor wat voorlê. Dit sal binnekort gebeur!

Deur hulle openbare optrede, en selfs deur hulle eie woorde, verag baie van ons erkende “leiers” in die politiek en in die regstelsel, verseker die God van die Bybel! Dit is daardie ware God – wat “gister en vandag dieselfde [is] en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8) – wat aan ons voorsate gesê het: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking [terreur] oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet” (Levitikus 26:14-16).

Selfs nou word ons toenemend gewoond aan die gevare van “terreur” – of terrorisme – regdeur ons Westerse samelewing. Dit gaan nog baie erger word, tensy ons tot bekering kom en ons na God wend. Binnekort, soos God se Woord dit stel, sal verskriklike “tering en koors wat die oë verteer” – siektes soos die vreeslike VIGS-epidemie – met toenemende felheid oor ons mense kom. Dan, soos die bogenoemde aanhaling dit stel, sal ons ons saad tevergeefs saai, want ons vyande sal dit eet. Ons sal sonder kos raak – soos baie Amerikaners nie ten volle besef nie – nogtans is baie van ons kos alreeds aan ander nasies toegesê in ruilhandelooreenkomste waarvolgens die goedere in die toekoms nog gelewer moet word. Nasies soos China, Indië en ander lande het alreeds, en sal nog baie van ons voedsel ter waarde van miljarde dollars koop – wat dan nie beskikbaar sal wees vir Amerikaners ten tye van ’n krisis nie.

Soos God sê: “En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper” (vers 19). Ons weerpatrone sal voortgaan om ontwrig te word – meer nog as ooit tevore in die menslike geskiedenis! Uiteindelik sal baie regdenkende mense begin wakker word en besef – werklik, na alles – die Skepper beginingryp!

Sal u wakker word en u wend tot die ware God – die God van die Bybel? Individueel en gesamentlik is dit al wat ons kan doen. Ongeag van die gemeenskap om ons, kan onsGod se seëninge geniet indien ons gewillig is om onsself te verootmoedig en uit te roep tot ons Skepper.

Soos die grote God, wat basies alle nasies op dieselfde manier behandel, aan antieke koning Salomo gesê het: “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” (2 Kronieke 7:13-14).

Waar u ook al is – wie u ook al is – ek moedig u aan om waarlik die Heilige Bybel te bestudeer, die geïnspireerde openbaring wat God aan elke en iedere mens gegee het. Omu eie ontwil, asseblief, moet nie slegs die Bybel lees om sentimentele redes of om wat u alreeds glo te versterk nie. Leer om die Bybel intens en opreg te bestudeer om te sien wat dit duidelik en herhaaldelik sê oor die werklike aard van die Skepper-God, van die ewige lewe en van die ware weg na die ewige lewe.

Indien u werklik geïnteresseerd en gewillig is om hierdie dinge te bewys, kontak asseblief die Streekskantoor naaste aan u (gelys op bl. 2 van hierdie tydskrif) en bestel een van ons mees behulpsame en fundamentele boekies: Hervestig die Christenskap van die Apostels. U kan dit ook bestel by ons webtuiste, www.wvm.co.za. Moet nie versuim om hierdie belangrike kennis te bekom nie.

Mag God aan elkeen van u die nodige begrip en ootmoed skenk om gewillig te wees om u op hierdie manier na die God van die hemel te wend! Mag God, wanneer dit binne Sy tyd geleë is, al die mense van Amerika en die nasies van die wêreld wakker skud om hulle weer na die ware God – die Skepper van hemel en aarde – te wend. Op die ou end kan slegs die Skepper aan ons ewige lewe skenk. Aan die einde is dit slegs Sy opinie wat regtig tel!