Een van die wysste mense wat ek ooit geken het, het ’n hele paar keer aan my gesê: “Leer om nie enigiets te aanvaar nie!” Hy het voortgegaan en daarop gewys dat ’n groot aantal algemene aannames eenvoudig nie waar is nie.

Baie mense maak egter alle soorte valse aannames wat in werklikheid nie waar is nie! Sulke aannames kan lei tot besonder ernstige oordeelsfoute – en kan ons lewens fisies, verstandelik en geestelik ruïneer indien ons nie versigtig is nie!

Die meeste van ons onthou dat die meerderheid mense vir honderde jare aanvaar het dat die wêreld plat is. Mense lag vandag oor hierdie verspotte aanname. Hoeveel vanvandag se “aannames” gaan ons spoedig as nog verspotter beskou?

’n Paar dekades gelede het die mediese bedryf moeders algemeen aangeraai om nie hulle babas te borsvoed nie. Die dokters het aangeneem dat verskeie formules beter is as ’n moeder se eie borsmelk. Vandag egter, word dit in die hoogste wetenskaplike en mediese kringe duidelik verstaan dat ’n moeder se eie borsmelk “geprogrammeer” is (so sê hulle, om te verhoed dat die krediet die Skepper toekom) om die beste voeding aan haar eie baba te gee. Dit was ook algemeen in mediese kringe aanvaar dat manlike besnydenis “barbaars” en heeltemal onnodig is. Nogtans lees ons vandag dat baie dokters en mediese leiers tot die besef gekom het dat manlike besnydenis uiters voordelig vir gesondheid is in verskeie opsigte.

’n Ander algemene aanname is dat al die belydende Christelike kerke werklik “Christelik” is. Baie van hierdie kerke verkondig egter ’n aantal leerstellings en praktyke wat indirekte teenstelling is met dit wat u Bybel duidelik openbaar. Behoort ons te aanvaar dat predikante “Christelik” is wanneer hulle leerstellings en praktyke lynreg in teenstellingis met wat die Bybel duidelik leer?

Onthou, die Bybel vermaan ons om enige idee te beproef deur seker te maak dat dit reg is. Ons lees: “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thessalonicense 5:21). Die Christene in Beréa is gekomplimenteer want “hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11). Let op dat hulle nie noodwendig probeer het om wat Paulus sê, verkeerd te bewys nie. Hulle was eerder met ’n opregte “oop gemoed” gewillig om regdeur die Bybel te soek of dit wat Paulus gesê het, in ooreenstemming was met die Skrif. Dit, my vriende, is goeie advies vir ons almal! Doen dit?

Dink! Vanwaar kry die leerstellings wat u glo? Waar kry u kerk werklik daardie leerstellings? Uit die BybelIs u seker?

Dink daaraan dat die meeste “hoofstroom” predikante sê God belowe dat gelowige Christene se beloning die ewige lewe in die hemel sal wees. Mense aanvaar dit as vanselfsprekend. Is dit egter wat die Bybel werklik sê? Ek het vir baie jare ’n $1,000 beloning aangebied aan enigeen wat uit die Bybel aan my kon bewys dat God “hemel toe gaan” belowe as die ewige beloning van die Christen. Vir dekades het niemand daarin geslaag om die $1,000 op te eis nie.

Waarom? Omdat die Bybel herhaaldelik duidelik aandui dat die beloning van die Christen is om hier op aarde te heers – nie bo in die hemel nie! In die Bergpredikasie sê Jesus: “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe” (Mattheüs 5:5). Jesus Christus sê ook duidelik: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is” (Johannes 3:13).

Het Jesus Christus geweet waarvan Hy praat? Indien ons hemel toe sou gaan sou Abraham – die “vader van die gelowiges” – verseker daar wees. So ook die profeet Dawid – die “man na God se eie hart”. Wat van Elia, wie soos baie mense aanvaar, “na die hemel opgevaar het” in ’n storm. Hoe kon Jesus dus sê dat niemand na die hemel opgevaar het behalwe Hyself nie?

Hy kon dit sê omdat Hy die mense die Waarheid geleer het! Die Waarheid is dat God se woord duidelik toon dat die patriarge, die profete en die ware heiliges van God vir Christus gaan bystaan in die Koninkryk van God wat Jesus Christus gaan vestig op hierdie aarde, na die komende opstanding van die dooies. Die Bybel stel dit duidelik wat sal gebeur met die laaste basuin: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15). Dus gaan Jesus spoedig heers oor die “koninkryke van hierdie wêreld” – nie bo in die hemel nie! Vroeër, in die boek van Openbaring, word hierdie lof aan Christus toegeskryf: “... want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:9-10). 

Die apostel Paulus vra retories: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?” (1 Korinthiërs 6:2). Hier sien ons duidelik dat die heiliges die “wêreld gaan oordeel” – nie hemel toe gaan met niks om te doen nie! Hierdie hele gedeelte wys duidelik dat God se ware heiliges – lidmate van Sy ware Kerk – nou “in opleiding” moet wees, ter voorbereiding om daardie toekomstige konings en priesters te wees wat Christus gaan bystaan om oor die nasies op hierdie aarde te heers in die Wêreld van Môre.

Terwyl Hy na Sy ware heiliges verwys het, sê Jesus Christus: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openbaring 2:26-27).

Indien God se getroue oorwinnaars met ’n “ysterstaf” oor die nasies gaan heers, is dit duidelik dat hulle nie bo in die hemel sal wees nie. Is daar nasies in die hemel wat dit nodig het dat hulle met ’n ysterstaf regeer moet word? Natuurlik nie!

Hoe is dit dus moontlik dat mense al hierdie goed van “hemel toe gaan” glo, wanneer die Bybel voortdurend anders sê? Die antwoord is vanselfsprekend. Die meeste mense wil net “met die stroom saamgaan”. Dus glo hulle byna outomaties alles wat hulle deur hulle familie en vriende geleer word. Indien hulle in Nazi Duitsland opgegroei het, mag hulle dalk aanvaar het dat Hitler ’n belangrike man was. Indien hulle in ’n Moslemland grootgeword het, mag hulle dalk aanvaar het dat hulle profeet Mohammed selfs groter was as Jesus Christus.

Wat is die ware oplossing vir hierdie penarie?
Die uiteindelike oplossing sal kom wanneer alle mense aan hulself bewys het dat daar ’n werklike God is – die Skepper en Heerser van alle nasies. Dan moet hulle ook aan hulself bewys dat die Heilige Bybel, in sy oorspronklike vorm, in werklikheid die geïnspireerde Openbaring van God is. Hulle moet dan ook gewillig wees om die Bybel te glo – en te doen wat dit sê!

Dit klink baie eenvoudig. Uiters min mense op hierdie aarde het ooit daardie basiese feite aan hulself bewys, of gewillig gewees om daarvolgens te handel! Is u?

Indien u is, sal u vind dat die Bybel verstaanbare verduidelikings verskaf vir die probleme wat die mensdom trotseer op die gebiede van fisiese, verstandelike en – natuurlik die belangrikste van almal – geestelike gesondheid. Alhoewel dit nie ’n tegniese boek oor wiskunde of wetenskap is nie, bied die Bybel die grondliggende benadering tot alleaspekte van menslike kennis en begrip. Dit is die Waarheid – want dit is geïnspireer deur die God wat aan ons lewe en asem gee.

Indien u waarlik wil leer om die Bybel deeglik te bestudeer as die “grondslag van kennis,” sal u baie leer oor die ware oorsprong van nasies. U sal die regte begrip ontwikkel aangaande ons verhoudings as mans en vrouens op hierdie aarde. U sal die regte vorm van regering wat uiteindelik die aarde gaan oorneem, uitken. U sal waardevolle insig verkry oor hoe om u medemense te behandel, hoe om u verstandelike en fisiese gesondheid op te bou en hoe om die ewige lewe in die komende Koninkryk van God te verwerf – die werklike Huisgesin van God wat ek beskryf het in my artikel “Wat is die DOEL van u lewe?” elders in hierdie tydskrif. U sal leer hoe om die uiteindelike doelwaarvoor God u op hierdie aarde geplaas het, te vervul.

Moet dus asseblief nie enigiets sommer net aanvaar nie! Leer om doelgerig en opreg te bewys wat waar is – en vra God vir die verstandelike en geestelike moed om tehandel volgens daardie Waarheid. Indien u dit doen sal u dit nooit berou nie!