Op 6 Junie 1944 het die wêreld die grootste see-aanval in die mens se geskiedenis beleef. Dit is egter onbeduidend in vergelyking met ’n inval wat nog voorlê.
Tagtig jaar gelede het die Geallieerdes die grootste see-aanval in die menslike geskiedenis uitgevoer. Sou hulle dit vandag kon doen? Sou dit ooit nodig wees? Profesie verskaf die antwoorde.
Op 6 Junie 1944 het die son opgekom op wat die grootste militêre see-aanval in menseheugenis sou word. Meer as 130 oorlogskepe, kleiner swaar gewapende skepe en torpedo-draers het die Franse kus gebombardeer terwyl die pad deur byna 300 mynveërs toeganklik gemaak is om die vaartuie wat die Engelse Kanaal oorsteek te beskerm. Sowat 7,000 vaartuie het byna 200,000 soldate van agt Geallieerde nasies na die kus van Europa – wat deur die Nazis oorheers was – vervoer, selfs al het meer as 1,200 vliegtuie valskermsoldate agter vyandelike linies uit die vliegtuie laat spring.
Meer as 2 miljoen Geallieerde personeellede het altesaam aan Operasie Overlord deelgeneem, van soldate wat die strand bestorm of uit die lug neerdaal tot vlieëniers en matrose wat mans en voorrade vervoer het, tot mediese personeel wat die groot getalle van die gewondes gehelp het. Laat ons nie vergeet, vir menige soldaat wat sy drywende vervoer verlaat het om die strand te bestorm, sy lewe geëindig het in ’n hael van masjiengeweervuur voordat hy nog eers sy voet aan Europese wal gesit het.
Die Slag van Normandië wat gevolg het – met die doel om ’n Geallieerde teenwoordigheid op die vasteland te verseker en die bevryding van Frankryk en die res van Europa uit die greep van Adolf Hitler te begin – sou nie eindig totdat meer as 70,000 Geallieerde magte gedood en meer as 150,000 gewond was nie. Die gety van die oorlog het egter gedraai. Minder as ’n jaar later, op 8 Mei 1945, het Duitsland onvoorwaardelik oorgegee aan die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, die Sowjetunie en die ander nasies van die Geallieerde Magte, by die hoofkwartier van die V.S. se generaal Dwight D. Eisenhower. Vier maande later het die Tweede Wêreldoorlog geëindig toe Japan formeel en onvoorwaardelik aan die V.S. se generaal Douglas MacArthur oorgegee het.
In die hele aangetekende geskiedenis was daar nog nooit ’n militêre inval van die grootte en omvang van D-Day en Operation Overlord nie. In die 80 jaar wat gevolg het, bly die aanval uniek in menslike ervaring. Niks soos dit het voorheen gebeur nie en niks soos dit het sedertdien plaasgevind nie.
Verslegtende wêreldtoestande laat tog deesdae die vraag ontstaan: Indien daardie nasies dit weer moes doen, kon hulle? Kan die V.S. en die V.K. weer die militêre hulpbronne versamel wat nodig is om die wêreld te red?
Tagtig jaar ná D-dag is die bewyse ver van bemoedigend.
’n Anglosfeer in verval
Daar bestaan blykbaar min twyfel dat die V.S. steeds die magtigste weermag in die wêreld regeer, alles in ag genome – vir ’n goeie doel. Geen ander nasie het getoon dat hy in staat is om magte op soveel verskillende plekke in die wêreld gelyktydig te land nie, ondersteun deur die mees gevorderde tegnologie en vuurkrag wat bestaan.
Niks hou egter vir ewig nie. Die Amerikaanse wil om hierdie voordeel te behou, is besig om te verkrummel.
Die opskrif van ’n Wall Street Journal hoofartikel van Maart het die huidige toestand beklemtoon: “Biden krimp die V.S. se weermag”, gevolg deur die verklaring, “Die President se Pentagon-begroting openbaar dat die gewapende magte in ’n toestand van bestuurde agteruitgang is”. Die WSJ-redakteurs het ’n kommerwekkende vermindering in militêre belegging uiteengesit: ’n Vermindering van die V.S. se vloot, ’n vermindering in werwing, ’n vermindering in – wel, feitlik elke beduidende militêre element, selfs terwyl die nasie meer bedreigings in die gesig staar as wat dit in dekades ervaar het. Wat nie verminder het nie, is politieke dooie punte, aangesien V.S. politici baie besiger is om hulle oorloë teen mekaar te wen as om oorloë teen ander nasies te wen.
Die Verenigde Koninkryk is selfs nog in groter gevaar. Die beleidsontleder Andrew Dorman, het vir “UK in a Changing Europe” – ’n groep akademiese kundiges wat geborg word deur King’s College London geskryf en die toestand van Brittanje se weermag opgesom met hierdie woorde: “Dit is nou tyd om paniekerig te raak”. Tydens sy ontleding van Februarie 2024 kom hy tot die gevolgtrekking van die V.K. se dienshoofde aangaande “die toestand van Brittanje se gewapende magte en hulle onvermoë om ’n oorlog vir enige tydperk vol te hou”. In ’n tyd wanneer die bedreigings van oorlog uiters hoog is, sien Dorman die V.K. in ’n toestand wat lyk soos dié van die 1930’s, toe die nasie desperaat moes skarrel om voor te berei vir die groeiende bedreiging op die vasteland. Of so ’n geskarrel vandag kan slaag, lyk op sy beste onseker.
Duitsland en Europa ontdek oorlogsingesteldheid
In skrille kontras met die V.S. en die V.K. aanvaar Duitsland weer die behoefte aan militêre mag.
Duitsers het vir dekades lank ná die Tweede Wêreldoorlog die idee dat Duitsland weer sy voormalige vermoë in oorlogvoering kan herwin as onsmaaklik beskou en vermy. As die “amptelike skurk” van twee wêreldoorloë, het die nasie gemaklik gelyk om deur middel van vreedsame maniere alleen te lei – ekonomies, staatsmanskap en die onderhandelings en van die politieke ryk – wat ander nasies, veral die V.S., toegelaat het om die leiding te neem in die gewapende ondersteuning en verdediging van Europa.
Daardie dae is egter nou verby. Oorlogvoering word in die gesig gestaar op hulle vasteland asook onsekerheid oor die V.S. se leierskap in die buiteland, Duitsland se leiers dink baie anders as wat hulle selfs ’n paar jaar gelede gedoen het. In 2022 het die Duitse regering hulle daartoe verbind om ’n bykomende 100 miljard euro beskikbaar te stel om sy nasie se gewapende magte te versterk en het ’n behoefte gesien om “omvattende stappe te neem in die rigting van ’n militarisering van die Duitse samelewing as ’n geheel” (German-Foreign-Policy.com). Met Duitsland se gewapende magte op ’n historiese laagtepunt van 180,000, vra ’n paar selfs vir die herinstelling van diensplig, terwyl ander ’n vinnige metode voorstel om Duitse burgerskap aan te bied vir immigrante wat inskryf. Boris Pistorius, Duitsland se minister van verdediging, wil sien dat sy land se militêre besteding dramaties toeneem. Pistorius was nie tevrede met die onlangse verhogings wat Duitse militêre besteding tot byna 2 persent van die land se BBP gebring het nie. Hy het in Februarie 2024 aan die deelnemers by die jaarlikse Munich veiligheidskonferensie gesê: “Ons kan 3 persent of miskien selfs 3,5 persent bereik, dit hang af van wat in die wêreld gebeur”.
Pistorius se erkenning van die behoefte aan groter militêre besteding word oor die hele Europese Unie verkondig. Charles Michel, president van die Europese Raad, noem die huidige situasie “die grootste veiligheidsuitdaging sedert die Tweede Wêreldoorlog”, in ’n “op-ed piece” van 18 Maart 2024, gepubliseer in koerante regoor Europa, gewaarsku: “Indien ons vrede wil hê, moet ons voorberei vir oorlog”. Michel het EU-lande aangemoedig om na ’n “oorlog-ekonomie” oor te skakel en om verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid te aanvaar in plaas daarvan om op onsekere V.S. steun staat te maak.
’n Geprofeteerde omkering van mag
Die jare wat kom kan baie veranderings oplewer. Miskien sal die V.S. deur die illusie van veiligheid en sekuriteit sien wat sy eeu van wêreldoorheersing gegenereer het en die werklik gevaarlike aard van die wolke wat op sy horison saampak, erken. Miskien sal die V.K. weer ingryp, al is dit net kortstondig, vir die gevoel van bestemming en doelstelling wat sy mense eens bemagtig het om ’n magtige vloot te bou wat die oseane regeer het en ’n gedissiplineerde militêre mag wat gevrees was in lande regoor die wêreld. Miskien sal Duitsland vind dat sy vrese ongegrond is – dat die na-oorlogse bande en ooreenkomste wat dit toegelaat het om militêre ambisies tersyde te stel ten gunste van vreedsame invloed, nog ’n bietjie lewe in hulle kan hê.
Die pad na die toekoms is selde ’n reguit pad. Veranderings kom en gaan. Onwaarskynlike kinkels en draaie – hoogtepunte en laagtepunte – sal voorkom. Die onvermydelike bestemming is tog voorspel in die bladsye van u Bybel en dit is verseker. Daardie bestemming sluit ’n verwoeste V.S. en V.K. in – hulle weermagte verpletter en kragteloos om die totale vernietiging te voorkom wat bestem is om hulle mense te tref – terwyl Duitsland weer opstyg tot die hoogte van wêreldwye mag, met oorlogvoerende krag wat veroorsaak dat die hele wêreld hulle bewonder.
Die God van die Bybel verklaar: “... wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag” (Jesaja 46:10). Sy woord aangaande die eindtyd openbaar dat hierdie nasies ’n algehele ommekeer van hulle toestande ná die Tweede Wêreldoorlog sal ervaar. Voordat Jesus Christus terugkeer, sal ons sien hoe die V.S. en die V.K. verootmoedig, gebroke en afhanklik word van die genade van ’n Duitsland wat veg vir beheer van die hele wêreld.
Hoe dan? Waarom? Dit is heel moontlik om politiek te blameer. Waar is die gesonde stemme in die sale van die Britse of Amerikaanse regering wat alarm maak, soos wat Winston Churchill gedoen het in die dae voor die Tweede Wêreldoorlog? Politiek en beleidmaking is egter nie die ware skuldiges nie. Hulle is bloot simptome. Geen president of eerste minister – geen kongres of parlement – was bereid om die ware probleem aan te spreek wat fundamenteel daardie simptome veroorsaak nie.
Daardie probleem is natuurlik nasionale sonde – die enigste genesing is nasionale bekering.
Verbreek die trots van hulle mag
Baie mense kyk vandag na oorvereenvoudigde verklarings vir die opkoms van die Amerikaanse en Britse volke tot hulle vorige hoogtes van globale mag en invloed. Sommiges bied chauvinistiese slagspreuke oor “Amerikaanse uitsondering” of Anglo-Saksiese vindingrykheid. Ander mense wys ’n beskuldigende vinger na “kolonialisme” of “wit oppergesag” as die dryfveer.
U Bybel is egter baie duidelik oor hoe en hoekom hulle opkoms plaasgevind het. God het die Britse en Amerikaanse volke nie op grond van hulle eie spesiale eienskappe of vermoëns geseën nie, maar omdat Hy aan Abraham die onvoorwaardelike belofte gegee het dat sy nageslag na die hoogste plekke met mag in die wêreld sou uitstyg. Deur die Skrif noukeurig te lees sal daar in die lig van die geskiedenis aangedui word dat die Amerikaanse en Britse afstammelinge die hedendaagse ontvangers van daardie belofte geword het as afstammelinge van die antieke Israelitiese stam van Josef, net soos die moderne Joodse volke primêr afstam van die antieke stam van Juda.
Daardie onvoorwaardelike beloftes – wat vir eeue vertraag is weens die sondes van Abraham se nageslag – was gegrond op God se getrouheid aan Abraham as gevolg van sy gehoorsaamheid, nie as gevolg van een of ander veronderstelde inherente “grootheid” wat sy nageslag nie besit het nie (Deuteronómium 7:6-8; 9:4-6). Dieselfde beloftes het uiteindelik sy hedendaagse nageslag geseën.
Hierdie is miskien ’n verstommende bewering en dit is een wat ons gereeld in die bladsye van die Wêreld van Môre maak. U behoort dit nie te glo sonder om dit vir uself in die bladsye van u eie Bybel te bewys nie. Indien u nog nie het nie, versoek asseblief ons gratis boekie Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? Die begrip van wat u Bybel sê oor die voorvaders van vandag se Britse en Amerikaanse volke, is die sleutel om te verstaan wat vir hierdie nasies in die eindtyd voorlê.
Bybelprofesie openbaar die ontnugterende waarheid dat, as gevolg van die sondes van die Anglo-Saksiese nasies – nie bloot net hulle politieke of ekonomiese beleid nie – hulle militêre mag uiteindelik verpletter en heeltemal ondoeltreffend sal wees. God se geïnspireerde Woord maak dit duidelik dat Hy – nie militêre mag nie – altyd die Bron van Israel se oorwinnings was. Soos koning Dawid ons deur die tyd vermaan: “Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand” (Psalm 20:7). In Levitikus 26 het die God van Israel duidelik gemaak wat Sy volk in die geveg behoort te verwag wanneer hulle weier om Sy Wette te gehoorsaam en na Sy geregtigheid te soek. Wat ook al hulle versamelde krag of fisiese krag, hulle vooruitsigte op oorwinning verdwyn:
“Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie” (verse 14-15, 17).
Dink aan die wanhopige onttrekking van die V.S. uit Afghanistan in 2021, met vreesbevange mense wat aan die landingsonderstel van vertrekkende V.S. vliegtuie vasklou. Wat is dit, indien dit nie ’n treffende voorbeeld is van hoe dit lyk om te “vlug terwyl niemand julle agtervolg nie”?
God beloof dat Hy, as gevolg van die sondes van Abraham se nageslag, “julle trots mag verbreek” (vers 19). Hoeveel van die trots van die mees belangrike Engelssprekende nasies van die wêreld is verbonde aan hulle weermagte? Miskien is daardie trots besig om weg te kwyn, maar God belowe nie ’n blote wegkwyning nie. Hy beloof ’n totale en algehele verbreking. God beskryf die stede van die hedendaagse afstammelinge van die stamme van Israel wat hulle Skepper vergeet het – dit sluit die V.S. en V.K. in – wat heeltemal verwoes word deur hulle vyande.
“In al julle woonplekke” sê Hy vir hierdie volke, “sal die stede verwoes en die hoogtes ’n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word. En die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die Here is” (Eségiël 6:6-7).
Baie profesieë openbaar dieselfde uitkoms: Stede lê verwoes en is verlate gelaat, hulle volke oor die aarde verstrooi as dienaars en slawe. ’n Tyd kom waarin hierdie eens magtige nasies verpletter sal word in armoede, magteloosheid en volkome afhanklikheid van die barmhartighede van hulle oorwinnaars – ’n tyd wat genoem word “die tyd van benoudheid van Jakob” in Jeremia 30:7 en die tyd van “groot verdrukking” deur Jesus Christus in Matthéüs 24:21.
Opkoms van die dier
Die Skrif beklemtoon die eindtydbestemming van die V.S. en die V.K., maar wat sê dit van die belangrike Duitse nasie? Wat sal die uiteindelike uitkoms van sy nuwe militêre aspirasies wees?
Duitsland word soos die V.S. en die V.K. bespreek in die bladsye van u Bybel. Duitsland word gevind in sy antieke vorm as die beroemde nasie van Assirië. Dit is ook iets wat u aan uself moet bewys. Ons gratis boekie Duitsland in profesie is saamgestel om u te help om hierdie groot hedendaagse nasie – beide sy antieke verlede, sowel as sy vinnig naderende toekoms – binne God se geïnspireerde Woord te vind.
Wanneer u Duitsland herken in die woorde van die profete, sien ’n mens dat sy bestemming inderdaad baie anders is as dié van die Engelssprekende mense. Trouens, namate die Engelssprekende nasies tot ’n val kom, sal Duitsland opstaan en ’n oorlog-bekwame Europa lei soos wat die wêreld nog nooit gesien het nie. Die apostel Johannes beskryf hierdie toekomstige oorlogvoerende mag, soos aan hom geopenbaar in ’n visioen deur Christus:
“Toe staan ek op die sand van die see. En ek het ’n dier uit die see sien opkom, met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone, en op sy koppe ’n lasterlike naam. En die dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd, sy pote was soos die pote van ’n beer, en sy bek soos die bek van ’n leeu. Die draak het aan hom sy mag, sy troon en groot gesag gegee” (Openbaring 13:1-2).
Ja, hierdie eindtydse herlewing van die Romeinse Ryk, bemagtig deur Satan, sal die hoogtepunt van wêreldryke deur die geskiedenis verteenwoordig – dit sal mag uitoefen soos geen ander tevore nie.
Dit sal die mag insluit om oorlog te voer: “En hulle het die draak aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (vers 4). Konflik tussen hierdie groot industriële, ekonomiese en militêre kragreus en ander – soos gekombineerde nasies van die Midde-Ooste en Noord-Afrika, sowel as massiewe leërs van Oosterse moondhede oorkant die Eufraat – sal miljarde mense doodmaak (vergelyk Daniël 11:40-44) Openbaring 9:17-18). Dit sal egter nie gebeur voordat hierdie dier die V.S. en die V.K. onder sy kloue verpletter het nie.
Die volgende D-dag?
Sal die V.S. en die V.K ooit nog ’n militêre oorwinning sien op die skaal van wat D-dag teweeggebring het? Die ontwyfelbare woord van Bybelprofesie sê vir ons dat die toekoms vir hierdie nasies teen die einde angswekkend sal wees. Alhoewel daar kinkels en draaie kan wees, namate ons die einde van hierdie huidige tydperk bereik en die Wederkoms van Jesus Christus sien kom om Sy Koninkryk op die aarde te vestig, openbaar die Skrif dat ons binnekort ’n onstuitbare mag sal sien opkom in Europa, gelei deur ’n nuut bemagtigde Duitsland wat daarop uit is om die wêreld te verower – met die Britse en Amerikaanse volke totaal verower en onderworpe.
’n Feit waaroor min bekend is oor die D-dag 80 jaar gelede in Junie 2024, is dat daar gedebatteer word oor waarvoor die “D” staan. Sommige mense beweer dat dit afgelei is van die militêre terme wat die einde van ’n aftelling na ’n gebeurtenis aandui, soortgelyk aan “H-Hour”. Brigadier-generaal Robert Schultz het namens generaal Eisenhower self geskryf dat dit verwys na die “vertrekdatum” van ’n amfibiese operasie.
Profesie maak nogtans tragies duidelik dat die D-dag wat voorlê vir die Geallieerdes wat eens gehelp het om die wêreld te red, een van nederlaag, verwoesting en verlatenheid is. Daardie omstandighede sal egter tydelik wees. Jesus Christus sal kort ná daardie verootmoedigende gebeure terugkeer en aan die hele wêreld – Amerikaners, Brittanje en Duitsers – die D-Dag wat die mensdom werklik nodig het bring: ’n Dag van verlossing.