Slegs ’n paar jaar gelede het die Wall Street Journal ’n artikel gepubliseer oor hoe eerstejaars by ons groot universiteite “geleer word”. Die artikel beskryf hoe sommige “eerstejaar oriëntasies” gestruktureer is in ’n aantal van ons Ivy League-kampusse. Sensitiewe lesers, wees gewaarsku! Die volgende is nie my woorde nie, maar dié van die skrywer, soos gepubliseer in een van die mees gerespekteerde koerante in die wêreld: “By Princeton moet die eerstejaarklas, ‘Seks op ’n Saterdagnag’ (SoSN) gedurende die eerste week bywoon. Dit is ’n universiteitsgeorganiseerde, student-opgevoerde toneelstuk wat beplan is om te waarsku teen seksuele aanrandings en alkoholmisbruik. Baie skole het soortgelyke programme. Die edele bedoelings word egter oorskadu deur ’n verderflike boodskap: Kollege is ’n tyd om besig te raak (en nie net in die biblioteek nie)! SoSN draai om Joe, ’n leergierige jong man van die hoër stand, wat deur sy maats aangepor word om ‘baie punte te behaal’ gedurende sy eerste afspraak met Frances, ’n naïewe eerstejaarstudent. Hy vertrek, gewapen met kondome en sleutels, na ’n geïsoleerde liefdesnessie op die kampus. Die toneelstuk se klem verskuif dan na hulle seksmal vriende wat hul Saterdag spandeer om planne te beraam oor hoe om meisies in die hande te kry. Intussen word Joe en Frances smoordronk” (5 September 2007).

Eerlikwaar, ek het  daar gestop om uit bogenoemde artikel aan te haal, want dit word later baie meer beskrywend. Hierdie artikel is egter slegs maar een van verskeie wat ek gelees het wat die uiterste sedeloosheid beskryf in baie van dit wat ons “hoër onderwys” noem.

Wat! 
Indien daar ’n ware God is – en daar is – wat sou Hy dink van ’n samelewing wat hierdie soort gedrag vergewe en dit selfs insluit as ’n deel van kollege-onderrig? Alhoewel baie van ons kolleges en universiteite hul studente op ’n gevorderde vlak onderrig in vakke soos wiskunde, wetenskap en letterkunde, blyk dit dat ons “Westerse” samelewing vinniger as ooit verval!

Met verwysing na hierdie probleem, sê dr. J. Martin Klotsche, kanselier emeritus van die Universiteit van Wisconsin: “Kortliks, die feitlike uitwissing van ongeletterdheid het nie die gevolg dat ons ’n meer intelligente lewenswyse ontdek het nie. Indien daar ’n verband bestaan het tussen geletterdheid en intelligensie, sou ons in ons leeftyd ’n afname in oorlog, nasionale onenigheid, misdaad, jeugmisdadigheid en algemene sosiale wanaanpassing beleef het. Die teenoorgestelde is egter die geval. Desnieteenstaande was hierdie geletterde 20ste eeu van ons ook die bloedigste en mees onstuimigste ... Die twee groot noodlottige gevalle van ons tyd was waarheid en gewete en tensy ons hierdie twee waardes na ’n plek van primêre belang kan herstel, sal ons pogings van onderrig tevergeefs wees” (Vital Speeches of the Day, 1 September 1976).

Soos sommige van u lesers reeds weet, word die Wêreld van Môre se tydskrif geborg deur dieselfde organisasie – die Lewende Kerk van God – wat ook die Living Universityborg, ’n instelling vir afstand-onderrig, wat kollege-kursusse met ’n heel ander benadering tot onderwys aanbied. Studente by die Living University – jonk sowel as oud – verkry begrip van die rede vir die menslike bestaan, die ware doel vir die lewe, en hoe om daardie doel te bereik. Die Universiteit se fakulteitshoofde is sekerlik goed opgelei in hul onderskeie vakgebiede, maar selfs belangriker as dit, is dat hulle ’n ware begrip het van hoekom ons hier is en hoe ware sukses in die lewe bereik kan word.

Oor die afgelope eeu het kolleges en universiteite van die Westerse wêreld ongelooflik sekulêr geword. Met ’n paar uitsonderings, het hulle nie God in erkentenis gehou nie (Romeine 1:28-32). Hul fokus is op die uitbreiding van studente se kennis van die materiële wêreld deur toepassing van die wetenskaplike metode, asook om hulle voor te berei om te leef en te werk in die pluralisme van ’n wêreldwye samelewing. Hierdie instellings vul jong mans en vroue met deeglike wêreldse begrip, doelwitte en ideale. Tog word die grondslag van kennis, die Woord van God, weggelaat. Studente mag leer hoe om ’n inkomste te verdien en om die politieke werklikhede van die wêreld te stuur, maar leer nie hoe om op ’n goddelike manier te lewe nie.

Ons behoort nie verbaas te wees dat al hoe minder mense in ons hedendaagse wêreld bereid is om hul te verbind om dieselfde soort lewe te lei as die outentieke, oorspronklike Christendom nie. Ek hoop u is ’n uitsondering. Deur middel van hierdie tydskrif en die Tomorrow's World se beeldsendings, bemoedig ons miljoene mense om die opwindende Bybelse lewenswyse te ervaar. Om volgens God se woord te lewe beteken natuurlik ons moet presies weet wat dit behels en ’n opregte verbintenis ontwikkel om dit te doen. Die eerste stap is om die regte opleiding te bekom ongeag ons ouderdom, geslag, ekonomiese of sosiale status.

Ek het geleer dat ware onderwys, soos die Skrif dit bied, veel dieper strek as om net kennis te verwerf. Dit moet aan ons die geestelike waardes leer, waarsonder alles wat nagestreef word tot mislukking gedoem sal wees! Ware onderwys moet gebaseer wees op die Waarheid van God. Slegs ’n persoon wat gewillig is om van die Groot Leermeester te leer en Sy voorbeeld te volg, sal ’n behoorlike fondament kan bou om ware kennis te ontvang.

In die vier jaar sedert ek die Living University tot stand gebringhet met die hulp van ’n handjievol fakulteitslede van die voormalige Ambassador University, het honderde studente aan-lyn kursusse in teologie voltooi, wat hul lewens grootliks verryk het. Verlede semester het meer as 200 volwasse leerders ingeskryf. Mens weet nooit hoe studente na die Living University gelei sal word nie. Ek deel graag met u die verhaal van een so ’n geval. In haar eie woorde:

“Tot my grootste verbasing, het ek eendag verlede somer op ’n boekie, getiteld The United States and Great Brittain in Prophecy, op my eie boekrak in my eie kelder afgekom. Ek het gegaan om ’n boek oor die glukemiese indeks op te spoor. Ek het gedink ek weet presies waar die boek is, hoewel die bogenoemde boekie, geskryf deur Herbert W. Armstrong, in daardie boek se plek was. Die inhoud van hierdie boekie het my verras. Net na ek dit klaar gelees het, was ek op die Internet op soek na hierdie mnr. Armstrong. Gevolglik het ek myself nie net op die Living Church of God se webwerf bevind nie, maar het ek ook ingeskryf vir kursus THL 135 ...”.

Ware onderwys – die herinstelling van egte en permanente waardes – is die onderliggende fokus van die Living University. In alles wat ons by die Living University doen, daag ons mekaar uit om ons missie te vervul, om “Egte Waardes weer in te stel”. Die Living University verleen insig en diepte aan die bestudering van God se Woord en help met die ontwikkeling van die hele persoon vir Christelike leierskap en diens. Die studente word geleer om Bybelse waardes toe te pas op elke faset van die lewe – met inbegrip van kuns, literatuur, gesondheid, wetenskap, musiek en menslike verhoudings. Hierdie geleentheid bied persoonlike en geestelike ontwikkeling.

Natuurlik het die universiteit ondersteuning nodig om te kan funksioneer. Die Lewende Kerk van God voorsien elke jaar ’n basiese toelaag om sy bedrywighede te finansier. Om egter effektief te kan funksioneer, het dit die ondersteuning nodig van diegene wat bereid is om by te dra, hetsy deur gebed of skenkings of om in te skryf vir kursusse. Indien u graag meer wil weet aangaande die geleenthede wat die Living University bied, en hoe u deel kan hê aan hierdie belangrike strewe as ’n student of ondersteuner, besoek asseblief die universiteit se webwerf: www.livinguniv.com.

Die geskenk van ware onderwys by die Living University – een van die waardevolste pogings van ons tyd – help om individue voor te berei vir potensiële rolle as toekomstige leiers in God se werk in hierdie laaste dae. Die Living University beoog om, deur die opleiding van Christelike leiers oral in die wêreld, onderrig in God se Weg oor geografiese grense heen te neem na alle mense. Soos die leuse lui: “Die Hele Wêreld is Ons Kampus”.

Stel u belang in die ontwikkeling van u potensiaal as leier? Stel u belang om u werklik voor te berei vir u aandeel in Christus se komende Koninkryk – die naderende Regering van God wat ná Christus se wederkoms oor hierdie hele wêreld sal heers? Tree dan op! Raak betrokke by die Living University deur u toegewyde gebede, oorweeg dit om ten volle betrokke te raak deur in te skryf vir klasse aan die Living University, wat aan u ’n werklike voorskou sal bied van ware onderwys in die Wêreld van Môre!