Vir honderde en selfs duisende jare het byna al die Westerse waardestelsels verstaan homoseksuele gedrag is teen die natuurlike orde en die wil van God. In die afgelope dekades egter het die beweging om die beoefening van homoseksualiteit te verdra, dit daarna te aanvaar en dit dan te “normaliseer”, ’n groot dryfkrag geword in Westerse politieke en kulturele lewe.

Waarom en hoe het dit gebeur? Het die menslike natuur verander, en ons waardes gevorder tot ’n meer “volwasse” en “hoër” vlak van insig? Of mag daar ’n meer sinister en onheilspellende aspek verbonde wees aan hierdie ontluikende aspek wat gesinne, kerke en nasies verdeel? Min mense besef vandag dat in hierdie aanslag om homoseksualiteit gewettig te kry, antieke Bybelse profesieë gestalte begin aanneem!

Die homoseksuele agenda

Deur homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike in die Westerse nasies toenemend na die voorgrond te bring, het nie maar sommer net “gebeur” omdat die “tyd daarvoor reg is” nie. Inteendeel, ’n deeglike ontleding wys dat ’n klein minderheid aktiviste die saak gedryf het. Betroubare studies bevestig dat nie meer as 2 persent van die bevolking hulle op enige manier identifiseer as homoseksueel nie. Hulle invloed is egter uitgebrei deur ’n meedoënlose veldtog om die denke van “meningvormers” in die Westerse samelewing te verander.

Ongeveer 20 jaar gelede het Marshall Kirk en Hunter Madsen – twee homoseksuele aktiviste wat by Harvard Universiteit opgelei is – ’n plan ontwikkel om die invloed van maatskaplike bemarking en openbare oortuigingsmetodes te gebruik om fundamentele Westerse sienswyses en waardes uit te daag en dit te verander. Die strategie wat hulle uiteengesit het – in ’n artikel getiteld “The Overhauling of Straight America”, en in ’n boek, After the Ball; How America Will Conquer Its Fear and Hatred of Gays in the 90s – staan nou algemeen bekend as “die homoseksuele agenda”. Die kern van daardie agenda is om homoseksuele persone uit te beeld as slagoffers, om diegene wat homoseksualiteit teenstaan uit te beeld as skurke, om homoseksuele gedrag te herdefineer as “normaal” en selfs “wenslik” – om politieke en finansiële steun te werf om wette te verander wat homoseksuele gedrag aan bande lê.

Kirk en Madsen beskryf hulle agenda as volg: “Die veldtog wat ons in hierdie boek omskryf, hoewel ingewikkeld, berus hoofsaaklik op ’n program van onbeskaamde propaganda, stewig gegrond op gevestigde beginsels van sielkunde en reklame” (After the Ball, bl. xxviii). Gedurende die tyd toe openbare gesondheidsamptenare begin bekommerd raak het oor die toenemende verspreiding van VIGS, het Kirk en Madsen VIGS gesien as ’n ongelooflike geleentheid vir publieke voorligting. “Hoe kan ons die simpatie maksimaliseer en die vrees minimaliseer? Hoe kan ons, in aggenome die swak kaarte wat VIGS aan ons uitgedeel het, dit die beste speel?” (ibid., bl. xxvii).

Wat ons in Amerika en ander Westerse nasies sien, is die gevolg van ’n doelgerigte poging om die perspektief en waardes van “Christene” in naam te verander – deur die krag van reklame en oorredingstegnieke. Soos Kirk en Madsen skryf: “Ons bedoel omkering van die gemiddelde Amerikaner se emosies, denke en wil, deur ’n beplande sielkundige aanval, in die vorm van propaganda wat ons deur die media aan die nasie opdis” (ibid. bl. 153). Hierdie strategie het toegelaat dat hierdie radikale idees gedurende die afgelope dekades, aanvaarding verkry het in skole, universiteite, kerke, howe en politieke partye.

Feite geïgnoreer

Dus, is homoseksuele gedrag werklik net ’n normale en skadelose alternatiewe leefstyl? Is homoseksuele persone net ’n vervolgde minderheid wie se verdiende regte ontsê word? Is hulle “so gebore” – maak dit saak? Tragies genoeg, te midde van die aanslag van openbare skakelwerk, word feite doelbewus geïgnoreer in die stryd om homoseksualiteit gewettig te kry. Daar is geen beslissende wetenskaplike bewys dat homoseksualiteit ’n aangebore eienskap is nie – ten spyte van 20 jaar se navorsing, is daar nog geen “gay gene” ontdek nie. Algemeen erkende faktore wat bydra tot homoseksuele identifikasie sluit in (maar is nie beperk nie tot) ondervindings gedurende die kinderjare in gebroke huise, veral met terughoudende of onbekwame vaders en dominerende moeders. Verder is homoseksualiteit ’n hoë-risiko lewensstyl wat gekies word – wat nie oorerflik is nie. Homoseksuele persone beoefen ’n uiters hoë mate van vrye geslagtelike omgang (sommige het honderde seksuele maats in ’n leeftyd), ervaar ’n hoër voorkoms van seksueel-oordraagbare siektes (veral VIGS en hepatitis) en staar ’n laer lewensverwagting in die gesig. Hulle toon meer tekens van geestelike ongesteldheid en die misbruik van dwelms. Daar is ook gevind dat amper dubbeld die gevalle gesinsgeweld onder hulle plaasvind as onder getroude heteroseksuele paartjies.

Studies het ook bevind dat mans wat in dieselfde-geslag verhoudings betrokke is, baie meer kere “ontrou” is en meer gereeld opbreek as heteroseksuele huwelike. Kinders wat in homoseksuele “gesinne” grootgemaak word, ondervind meer geslagsverwarring, is meer seksueel aktief en meer geneig om in homoseksuele gedrag betrokke te raak, as kinders wat in stabiele, Godvresende gesinne opgevoed word (“Homosexuality: Some Neglected Concerns”, Journal of American Physicians & Surgeons, Herfs 2005, bll. 80-82). Vandag egter, vanweë die misleidende poging om homoseksuele gedrag gewettig te kry, word hierdie ontstellende feite doelbewus geïgnoreer deur die voorstaanders van “genormaliseerde” homoseksualiteit. Pogings om hierdie ontstellende feite aan te bied, word tipies met bespotting begroet en diegene wat dit doen word uitgekryt as “homofobies” en godsdienstige fanatici.

Antieke profesieë neem gestalte aan

Die Bybel leer ons duidelik dat homoseksuele gedrag nie vir God aanvaarbaar is nie – dit word geklassifiseer as afskuwelik, “’n gruwel” en sondige gedrag (sien Levitikus 18:22; 1 Timotheus 1:9-10). Die apostel Paulus waarsku die Korinthiërs – wat losse sedes gehad het: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie” (1 Korinthiërs 6:10). Die Skrif kon dit nie duideliker stel nie! Dus, waarom doen leiers in sogenaamde “Christelike” nasies voorspraak vir gedrag wat eens op ’n tyd as bose perversie gesien is, asof dit normaal is?

Die eenvoudige antwoord is dat miljoene mense mislei is! Ons hedendaagse wêreldse samelewing het die feit uit die oog verloor dat daar sataniese magte besig is in die wêreld. Die Bybel openbaar dat Satan “’n leuenaar is en die vader daarvan”, en dat hy ’n misleier is wat “die hele wêreld verlei [mislei]” (Johannes 8:44; Openbaring 12:9). Satan het leuens gebruik om Adam en Eva te mislei (Genesis 3:1-13) net soos radikale aktiviste vandag leuens gebruik om homoseksualiteit te bevorder as ’n normale, gesonde alternatiewe lewensstyl. Die apostel Petrus waarsku Christene om op hulle hoede te wees vir vals leraars wat “verdigte [bedrieglike] woorde” gebruik om mense weg te lei van ware Bybelse waardes (2 Petrus 2:3). Paulus skryf dat wanneer mense hul distansieer van God af en Sy goddelike aanwysings verwerp, hulle maklik mislei word en hul dan wend na praktyke wat lei tot hulle ondergang (sien Romeine 1:18-32). Dit het gebeur met die Grieke en Romeine toe hulle Ryke tot niet gegaan het en dit gebeur ook in die sogenaamde “Christelike” nasies van die Westerse wêreld vandag! Een ingeligte geleerde het opgemerk: “Wie ookal ’n nasie tot ’n val wil bring, moet net hierdie euwel [homoseksualiteit] inbring; want dit is uiters moeilik om dit uit te roei waar dit eers posgevat het” (The Homosexual Agenda, Sears and Osten, bl. 16).

Moses het lank gelede hierdie tragiese stand van sake voorsien toe hy die antieke Israeliete gewaarsku het: “Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel ...sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom deur die werk van julle hande te terg” (Deuteronomium 31:29). Die profeet Jesaja waarsku, “o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak. Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg” (Jesaja 3:12; 5:20) – net soos ons vandag sien! Die profeet Hosea voorsien ’n tyd wanneer die afvallige afstammelinge van die Israeliete God se wette sal beskou as “iets vreemds” (Hosea 8:12) en Petrus het geprofeteer, “dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom” wat God se woord belaglik sal maak (2 Petrus 3:3-4). Terwyl ons vandag hierdie antieke profesieë sien gestalte aanneem, moet ons nie mislei word nie, sodat daar nie ernstige nagevolge sal wees vir gesinne, nasies asook individuele verwoeste lewens nie!