Terwyl miljoene mense probeer om dit “op my eie manier” te doen, is daar ’n manier wat die toets van die tyd deurstaan het, naamlik “God se manier”, wat ongekende seëninge bring.

Hoe kan u seker wees dat die God van die skepping “aan u kant” sal wees in die traumatiese tye wat voorlê? Hoe kan u seker wees dat Hy u finansiële situasie en u gesin sal seën namate die einde van hierdie samelewing naderkom? U behoort te weet!

Oral om ons kan ons sien dat ons samelewing op dramatiese wyse verander! Nooit was daar so baie veranderinge wat so vinnig plaasgevind het as in die afgelope jare nie. Dieselfde-geslag huwelike – ’n paar jaar gelede nog ondenkbaar in ordentlike gesprekke – word toenemend aanvaar as die “wet van die land”. Geweld in ons stede word as vanselfsprekend aanvaar en baie mense blameer selfs die wetstoepassingsowerhede eerder as die misdadigers. Baie jong mense voel dat daar geen werkgeleenthede vir hulle is nie, al het hulle duisende rande se studieskuld opgehoop.

Ons samelewing is ongetwyfeld in ’n warboel. Baie van ons voorvaders hier in Amerika, Kanada en Brittanje [asook Suid-Afrika] sou “in hulle grafte omdraai” indien hulle skielik lewendig sou word en sien wat ons politieke en godsdienstige leiers toelaat en selfs “druk uitoefen”, om dit te laat gebeur.

Ons het die konstante refrein van die sogenaamde “Christelike” predikante wat op die homoseksuele trein spring en probeer om ’n skuldlas op diegene te plaas wat van die veragtelikste gedrag wat in die hele Bybel beskryf word, teenstaan of veroordeel. Ons sien dat miljoene jong mense tussen ons, sonder enige huweliksvoordele, “saamwoon”. Dit lyk of Hollywood dit geniet om hierdie sienswyse te bevorder – terwyl die instelling van die huwelik verbrokkel en ons samelewing begin uitmekaarval as gevolg van hierdie en ander gevaarlike veranderinge. Intussen is die Ebola-virus besig om te versprei. Rusland stuur straalvliegtuie wat NAVO se lugruim skend en help skynbaar om ’n “inval” in dele van die Oekraïne te implementeer, terwyl die Verenigde State en NAVO in der waarheid niks doen nie. Regoor die wêreld sien ons politieke en militêre “onrus” teen ’n ongewone tempo plaasvind.

God moet ingryp

Indien u die Bybel glo of selfs net gedeeltelik verstaan, sal u begryp dat die ewige God sal moet ingryp en begin om dit stop te sit indien Hy volgens die stellings in Sy eie geïnspireerde Woord, die Bybel, optree. Die ewige God is beslis “in beheer” van die wêreldgebeure. Die geïnspireerde Woord van God sê aan ons: “Die Here vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag. Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het” (Psalm 33:10-12).

Ja, die raad van die Here “bestaan vir ewig”, want God is werklik. Hy sal die dinge wat Hy gesê het, laat plaasvind. Hy sal diegene seën wat Hom werklik vertrou en Hom gehoorsaam!

Weereens, die God wat aan ons lewe en asem gee, sê aan ons: “Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie. Ek sweer by Myself, geregtigheid gaan uit my mond, ’n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer” (Jesaja 45:22-23).

Kyk ons werklik na God vir antwoorde?

Waarlik, daar is “geen ander” God wat die mag en die wil het om wêreldgebeure te lei en om diegene te seën wat Hom werklik dien nie. Eerlikwaar, my vriende, hierdie is die beginpunt van enige bespreking oor die belangrike kwessies van die lewe. Ons almal behoort dit deeglik te besef wanneer ons na die toekomstige veiligheid van onsself, ons gesinne en geliefdes kyk – fisies sowel as finansieel.

Ons weet dat ons God se seëninge, so mildelik as wat Hy dit wil gee, wil ontvang. Verwag Hy dan enigiets van ons? Wanneer die nodigheid vir ware Christene om “mildelik te gee”, bespreek word, sê die Almagtige God: “Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai” (2 Korinthiërs 9:6). God sê aan ons dat Hy “in beheer” is en in staat is om diegene wat mildelik gee, te seën. Hy sê ter afsluiting van hierdie Skrifgedeelte: “En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk” (vers 8). God is dus “in staat” om aan ons die “geleenthede” te gee en Hy gee aan ons alles wat ons nodig het, selfs in tye van benoudheid of nasionale onrus, onbestendige weer, siekte-epidemies of wat ook al. Omdat Hy God is!

Ons grote God, die God van die skepping, vertel herhaaldelik in die Bybel aan ons dat Hy alles “besit”. Indien ons aan Hom ’n “tiende” van ons inkomste gee, gee ons net aan Hom terug wat Syne is. Ons wys dat ons Hom werklik “vrees”, Hom eer en Hom liefhet en dat ons gewillig is om te doen wat Hy sê. Die meeste van u, intekenaars op die Wêreld van Môre, weet dat God aan ons ’n insig van profetiese gebeure gegee het, veel meer as wat die gemiddelde persoon of selfs ’n predikant kan hoop om te verstaan. God gebruik ons in hierdie Werk om Sy boodskap jaarliks kragtiger uit te dra aan die wêreld. Ons sal dus onverskillig wees indien ons u nie soms herinner aan God se direkte opdrag wat betref betaling van tiendes nie en die seëninge wat u sal ontvang indien u bereid is om u Skepper te gehoorsaam en bowenal, om “eers” die Koninkryk van God te “soek”, selfs in u finansiële sake!

Wat God se Woord openbaar

Wat “is God se gedagtegang” wat betref ons finansiële verantwoordelikheid teenoor die Skepper wat aan ons lewe en asem gee? Wat openbaar God duidelik in Sy geïnspireerde Woord? Na die beskrywing van die gebeure wat betrekking het op Israel se uittog uit Egipte en die beproewings en toetse en straf wat God oor antieke Israel laat kom het, skryf die apostel Paulus: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11).

Een van die belangrikste voorbeelde wat in die hele Ou Testament gegee word, is die voorbeeld van Abraham. Want Abraham word “die vader ... van almal wat glo” genoem (Romeine 4:11). Hy word ook by drie verskillende geleenthede “’n vriend van God” genoem (Jakobus 2:23; 2 Kronieke 20:7; Jesaja 41:8). Deur Abraham se volgehoue gehoorsaamheid aan God (Genesis 26:5), word Abraham as ’n voorbeeld gebruik van God se eie karakter, op ’n manier soos wat geen ander man in die Bybel nog ooit gebruik is nie (Genesis 22).

Ons sal dus sekerlik Abraham se voorbeeld wil volg!
Hoewel Abraham werklik ’n belangrike man was, word selfs ’n belangriker Persoonlikheid in Genesis 14:18-20 bekendgestel: “Melgisédek”, Koning van Salem. Hierdie groot Persoonlikheid word in Hebreërs 7:1-3 beskryf: “Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook ’n tiende deel van alles gegee het – hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur”.

Indien u hierdie hoofstuk noukeurig lees, word dit duidelik dat Melgisédek nie ’n man was nie, maar in werklikheid die Persoonlikheid was wat in die Nuwe Testament Jesus Christus Self geword het! God sê aan ons in Hebreërs 7:9: “En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee”.

Hierdie kragtige voorbeeld van Abraham, die “vader van die gelowiges”, wat tiendes aan Melgisédek betaal het behoort deurslaggewend te wees vir alle Godvresende persone om die voorbeeld van die vader van die gelowiges te wil volg, indien daardie persoon waarlik getrou aan sy Skepper wil wees! Soos aangedui in Hebreërs 7:9, is dit nie net ’n kwessie van ’n tiende aan God “gee” nie, want Levi het tiendes deur Abraham “gegee”. Die oorspronklike voorbeeld vertel aan ons dat Abraham daarvan bewus was dat God “die besitter van hemel en aarde” was. God is ons Skepper, ons Onderhouer en ons Voorsiener. Hy maak dit vir ons moontlik om die lug wat ons inasem, in te asem, om die water wat ons drink, te drink en die kos wat ons eet, te eet. Die meeste mense dink eenvoudig nie daaraan nie! God maak dit in Sy geïnspireerde Woord duidelik dat ons aan Hom ’n tiende van ons verdienste verskuldig is, aangesien Hy ons opperste “Landheer” en ons God is.

Abraham se wonderlike voorbeeld kan nie deur diegene wat valslik beweer dat die gee van tiendes maar net deel was van die “wet van Moses” weerlê word nie! Moses wasnog nie eers gebore toe Abraham aan ons die voorbeeld van tiendes gestel het nie! Later vind ons dat die aartsvader Jakob ook aangedui het dat hy tiendes aan God gee (Genesis 28:22).

Tiendes was nog altyd deel van God se plan

In Genesis 26:3-5 vind ons die verhaal van hoe God met Isak gepraat en beskryf het hoe Hy ongelooflike seëninge van nasionale voorspoed en miljoene nasate aan Abraham gegee het. Waarom? “[O]mdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het”. Betaling van tiendes was sekerlik een van hierdie insettinge (Levitikus 26:46; 27:30). Abraham was dus eenvoudig gehoorsaam aan gebooie en insettinge wat God reeds bekend gemaak het lank voordat daar ooit van Moses gehoor is! So het Abraham die “vriend van God” geword!

Teen die einde van die Ou Testament, in Maleagi, ’n soort “oorbruggingsboek” wat oorloop tot in die Nuwe Testament, sê God aan ons voorvaders: “Want Ek, die Herehet nie verander nie” (Maleagi 3:6). God het sekere basiese gebooie en insettinge vasgelê, wat vir die mens vir ewig duur. Om tiendes te betaal is beslis een van hierdie insettinge. Die geïnspireerde opdrag gaan voort: “Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie” (verse 8-10).

Omdat ons menslike natuur basies selfsugtig is en omdat God nie vir die meeste mense ’n “werklikheid” is nie, kom hulle en selfs die meeste predikante met verskonings waarom ons kwansuis nie nodig het om tiendes te betaal nie. Waarom nie? Die Bybel antwoord: “... omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie” (Romeine 8:7). Dit lyk of ons vleeslike mense van nature ’n weersin het in die idee van ’n magtige God wat ’n “Wet” het wat aan hulle vertel wat om te doen!

Die tipiese argumente teen tiendes erken gewoonlik dat tiendes ’n Wet in die Ou Testament was, maar dat dit nie in die Nuwe Testament vereis word nie. Jesus Christus het nogtans Self duidelik verklaar: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele” (Mattheus 5:19). Daarom, soos dit vir almal wat oë het om te sien duidelik behoort te wees, het Jesus spesifiek aangedui dat Sy ware dissipels selfs die “minste” van God se Gebooie behoort te gehoorsaam!

Het Jesus egter Self duidelik aangedui dat die betaling van tiendes nog van krag is?
Ja! Hy het. Let op na Sy woorde: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat” (Mattheus 23:23). Hier dui Jesus aan dat Hy van diegene wat liefde, geregtigheid, barmhartigheid en trou beoefen, verwag om ook tiendes te betaal! Enige eerlike grammatika-onderwyser – indien dit enige ander onderwerp was – sou saamstem dat Christus vir ons sê om nie die betaling van tiendes na te laat nie! Ons moet nie betaling van tiendes “ongedaan” laat nie!
Hoe duidelik is dit nie!

Nie van brood alleen nie

My vriende, Jesus Christus het gesê: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Dit behoort dus vir enige ware Christen baie duidelik te wees dat ons regtig behoort te luister na wat God so duidelik in Sy geïnspireerde Woord sê! Indien u die hele strekking van dosyne anderuitsprake in die Bybel verstaan, kan u verstaan dat God nie mense waardeer wat altyd probeer om wat Hy ons vra om te doen, “te omseil” nie! Hy sal ons seën, onsbeskerm en ons lewens vir altyd ten goede rig, indien ons opreg na Sy wil soek en probeer om Christus in ons te laat leef deur die Heilige Gees. Trouens, dit is die besteenkelvers-definisie van ’n ware Christen in die Bybel. Die apostel Paulus is geïnspireer om te skryf: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Galasiërs 2:20).

Indien Christus werklik deur die Heilige Gees in ons leef, sal ons vanselfsprekend na maniere soek om God te eer, God te gehoorsaam en om alles wat ons kan te doen ter bevordering van die Werk van God, om voor te berei vir die toekomstige glorieryke Koninkryk van God wat binnekort op hierdie aarde gevestig sal word. Ons sal betrokke “wil” wees in dit wat Christus doen. Ons sal innig begeer dat Christus Sy lewe in ons leef. Ons sal God en Christus op elke moontlike manier “soek”, sodat ons in elke opsig die “gedagtes van God” kan hê om met Hom te wandel, nou en vir ewig.

Soos op baie gebiede van die ware Christelike lewe, behels die betaal van tiendes ons bereidwilligheid om werklik te vertrou in die God wat ons lewe en asem gee. God dui gereeld in die Bybel aan dat Hy diegene wat Hom werklik liefhet en op Hom vertrouryklik sal seën. Let op wat God vir koning Dawid, die man na God se hart, tussen talle soortgelyke skrifgedeeltes geïnspireer het om in Psalm 37:3-5 aan ons te sê: “Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom en Hý sal dit uitvoer”.

God let op die “hart” van Sy volk

My vriende, ons is beslis aan die einde van ’n era. Soos gebeure wat rondom ons plaasvind aandui, is God nou besig om toenemend op kragtige maniere in wêreldsake in te gryp. Hy is deur Sy dienaars en Sy ware Kerk besig om die weg voor te berei vir die Wederkoms van Jesus Christus as Koning van die konings!

God wil hê dat ons almal in Sy Koninkryk sal wees, elkeen op die regte tyd. Hy moet egter eers weet waar ons “hart” is. Jesus Christus sê aan ons: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openbaring 2:26-27).

Dit is die oorwinnaars wat in die Millennium by Christus sal aansluit om te heers oor die nasies van hierdie aarde en so ’n einde sal bring aan eeue van verwarring en oorlog. God sal hierdie voorreg aan diegene gee wat ywerig is in die bediening van hulle Maker, nie aan diegene wat “louwarm” is nie. In der waarheid, toe Hy die mense in die laaste dae voor Sy Wederkoms beskryf, sê Jesus: “Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug” (Openbaring 3:16). God wil hê dat elkeen van ons, diegene wat deel is van Sy toekomstige “span” heiliges, wat opgewek sal word om oor die aarde te regeer, nou “aan die brand” sal wees vir Sy Koninkryk, vir Sy doel en vir Sy groot opdrag om Sy boodskap kragtig aan ’n sterwende wêreld te verkondig, terwyl ons die geleentheid het!

Dus, aan diegene wat na ’n verskoning soek en enige moontlike rede probeer aanvoer om die noodsaaklikheid om tiendes te betaal te ontken, toon God se Woord duidelik aan dat hulle ’n verlore saak najaag! Sulke mense is nie werklik aan God onderworpe nie. Hulle het nie die vurige begeerte om Sy wil te doen nie, ook wil hulle nie met hulle hele wese Christus se boodskap aan die wêreld verkondig nie.

Eenkeer toe Jesus bevraagteken is omdat Hy nie middagete geëet het nie, het Hy geantwoord: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sywerk te volbring” (Johannes 4:34). Jesus gaan voort deur te sê dat ons almal ons deel behoort te doen om die “oes in te samel” van diegene wat in hierdie tyd deur God geroep word. Hy sê: “En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees” (vers 36).

Inderdaad, u sal nie “slegter daaraan toe wees” omdat u ’n volle tiende van u inkomste en enige ander “toevoeging” wat u mag ontvang aan u Skepper te gee nie (Spreuke 3:9)! U sal eerder “loon ontvang” wat lei tot die ewige lewe! U sal ’n groter posisie van eer en geleentheid ontvang indien u “hart” werklik daarin is om God se wil te doen en op elke moontlike manier te help met die verkondiging van Sy boodskap.

U behoort nou te handel!

Dit is in daardie gees dat ek u almal aanspoor om God se Wet van tiendeheffing te beoefen. Dit is in daardie gees dat ek u almal aanmoedig om vas te stel waar Christusbesig is om te werk, om seker te maak dat u u tiende betaal aan die ware verteenwoordigers van Christus wat Sy boodskap huidiglik aan die wêreld verkondig, wat Sy geïnspireerde profesieë verduidelik en waarlik in hierdie tyd Sy Werk doen.

God openbaar dat diegene wat hulle Skepper in hierdie belangrike finansiële saak getrou gehoorsaam, op baie maniere geseën sal word. Hy belowe dat Hy “vir julle ... die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort” (Maleagi 3:10). Alhoewel God aan niemand beloof om ’n miljoenêr te word nie, sal Godnooit diegene verlaat wat werklik getrou aan Hom is nie (Hebreërs 13:5). Hy sal oor hulle waak, hulle finansieel seën, hulle beskerm en hulle lei namate hulle leer om in opregtheid en waarheid “met Hom te wandel”. Mag God ons help om te verstaan en om te doen wat Sy Woord so duidelik openbaar. Mag God elkeen van ons help om ons deel ywerig te doen ter uitvoering van Sy werk aan die einde van hierdie tydperk! Mag God u help om te verstaan en te leer om u Skepper werklik te vertrou. Dan, wanneer u werklik met Christus “wandel” in elke area van u lewe, sal u spoedig hand aan hand met Hom loop, reguit oor na die ewige lewe in die Koninkryk van God!