Ateïste, agnostici en sommer eenvoudig spotters, is sekerlik volop. Die Bybel bedoel egter wat dit sê!

As ’n jong man aan Ambassador College, het ek in 1949 gehoor hoe mnr. Herbert W. Armstrong – oor en oor – in die openbaar verkondig het dat, tensy Brittanje en Amerika tot ware inkeer kom voor die aangesig van die God van die Bybel, sal ’n hele aantal spesifieke gebeure begin om plaas te vind:

  • Die Britse Ryk sal tot ’n einde kom.
  • Die groot “see-poorte” – soos die Suezkanaal, die Straat van Hormuz, die Straat van Malakka, Singapoer en die Panamakanaal – sal weggeneem word onder die beheer van die Verenigde State en die nasies van Britse afkoms.
  • Russiese beheer oor die Oos-Europese nasies sal tot ’n einde kom. Mnr. Armstrong het spesifiek die val van die Berlynse Muur voorsien en die eenwording van Oos- en Wes-Duitsland.
  • Britse en Amerikaanse oorheersing oor wêreldgebeure sal tot ’n einde kom, want die Ewige God sal hul trotse mag “verbreek”, tensy hulle in ware berou terugkeer na God en Sy weë.
  • ’n Kragtige Europese Unie sal tot stand kom – uiteindelik saamsmelt in ’n werklike Europese Ryk – die finale geprofeteerde herlewing van die Heilige Romeinse Ryk wat vir eeue die grootste deel van Europa beheer het.

My vriende, dit is almal groot verwikkelinge wat min, indien enige, “sekulêre” voorspellers 50 (of selfs 30) jaar gelede sou verwag het. Hulle raak die lewens van honderde miljoene mense. Nogtans, net soos mnr. Armstrong voorsien het, is hulle almal reeds vervul, of in die proses om vervul te word! Daar is tog ’n ware God! Daardie grote God – wat direk die Bybelse profesieë geïnspireer het van waar mnr. Armstrong sy begrip verkry het – is nou meer kragtig besig om in te gryp in wêreldsake, as in duisende jare – veral sedert die tyd dat Jesus Christus hier op die aarde was!

Hoekom? Omdat ons werklik die einde van die eerste 6,000 jaar van menslike geskiedenis, die geprofeteerde Millennium, nader – Jesus Christus se duisendjarige heerskappy as Koning van konings oor fisiese mense hier op planeet aarde (Openbaring 11:15; 20:4).

Ongelukkig het die einste nasies vir wie God geseën en gebruik het in die moderne tyd om totale wêreld-chaos te voorkom – die nasies wat meer Bybels en sendelinge uitgestuur het as al die ander nasies op aarde saam – deesdae vir alle praktiese doeleindes die ware God verwerp! Deur middel van ons politieke en godsdienstige onderwysers, en ons invloedryke en alomteenwoordige media – soos televisie en die Internet – is die meeste mense, aktief of passief, besig om “saam te gaan” met die grootste anti-God beweging in eeue! Miljoene mense begin nou om “huwelike” van mans met ander mans, en van vroue met ander vroue, te aanvaar! Ons is geneig om “weg te kyk” wanneer ons sien dat toenemende miljoene van ons medeburgers openlik in verhoudings buite die huwelik leef, iets wat God duidelik verdoem as hoerery. Ons sien die verheerliking van dwelmverslawing as ’n “leefstyl”.

Trouens, ons het ons nasies se politici, opvoeders en media-leiers passief toegelaat om die Engelse taal te “herskep”. Dus is hoerery nie meer hoerery nie. Inteendeel, dit is nou eerder net “saambly”. Nuwe maniere om af te wyk van die natuurlike gebruik van die menslike liggaam en emosies, word voortdurend bygevoeg tot die verskeidenheid van praktyke wat opgehemel word as “alternatiewe leefstyle”.

Intussen word die voortgesette slagting van miljoene ongebore kinders nie meer “moord” genoem nie. In plaas daarvan noem die advokate dit nou “die uitoefening van die vrou se reg om te kies”. Feitlik niks word gesê oor die reg van die ander liggaampie binne die swanger moeder nie – omtrent die helfte van die tyd ’n ander vroutjie, ’n klein mensie wat na die beeld van God geskape is – wat van haar eie “reg om te kies” om te bly lewe, ontneem word!

Namate hierdie sogenaamde “vooruitgang” in menslike sake meer algemeen word, sal die grote God – die Skepper van hemel en aarde – op ’n sekere punt sê: “Genoeg!” Dan sal die ysingwekkende oorloë, storms, droogtes, hongersnood, siekte-epidemies en massiewe aardbewings wat Jesus Christus spesifiek voorspel het (Lukas 21:22-27; Mattheüs 24:6-7) begin toeslaan met ’n intensiteit soos nog nooit voorheen gesien nie!

Soos hierdie Werk van die lewende God vir baie dekades al gewaarsku het, sal die Skepper wat aan ons lewe en asem gee, binnekort ingryp in menslike aangeleenthede om die verrotting te stop! Hy is nie ’n “gemene” God om dit te doen nie. Inteendeel, ons Skepper sal ingryp om die mens letterlik te red van selfvernietiging. Soos Jesus voorspel het, sal die vinnig naderende tydperk van groot oorloë en ontwrigtende weerpatrone so verskriklik wees dat “as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vleesgered word nie, maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mattheüs 24:22).

Wat lê binnekort voor?

My vriende, ek weet dat die meeste van u – veral van ons ouer lesers – verwag dat Amerika en Brittanje deur elke toets en beproewing wat opduik, sal “ploeter”. Op gesag van die Skrif moet ek u egter waarsku dat dit binnekort beslis anders sal wees! Ons is naby die einde van ’n tydperk. God se profesieë sal vervul word! Verstaan asseblief: Jesus het spesifiek aan ware Christene gesê: “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat” (Mattheüs 24:9-10).

Ons is nou op die punt om ’n tyd van verskriklike verdrukking te nader, ’n tyd wat enigiets wat die wêreld al ooit tevore ervaar het, sal oortref (Mattheüs 24:21). Selfs terwyl ek hier skryf, het ek voor my ’n skokkende artikel uit die tydskrif Newsweek, wat in detail die veragtelike vervolging en geweld teen belydende Christene dwarsdeur die Islamitiese wêreld beskryf. Hierdie sekulêre publikasie skryf: “Dit is ’n stygende groepsmoord wat wêreldwye protes behoort uit te lok”. Die artikel gaan voort om talle gevalle van verskriklike geweld te beskryf: “In Januarie 2012 alleen was Boko Haram verantwoordelik vir 54 sterftes. In 2011 het sy lede minstens 510 mense vermoor en meer as 350 kerke in 10 noordelike state afgebrand of vernietig. Hulle gebruik gewere, petrol, bomme en selfs pangas en skree ‘Allahu akbar’ (‘God is groot’), terwyl hulle aanvalle loods op niksvermoedende burgers. Hulle het kerke, ’n Kersdag byeenkoms (waar 42 Katolieke gedood is), biersale, ’n stadsaal, skoonheidsallonne en banke aangeval. Hulle het tot dusver gefokus op die uitmoor van Christelike geestelikes, politici, studente, polisiemanne en soldate, sowel as Moslem geestelikes wat hulle oproer veroordeel” (13 Februarie 2012).

Intussen is God besig om Sy beskermende hand weg te neem van die Amerikaners en die Britse afstammelinge, namate hulle hul verder distansieer van die Tien Gebooie. Indien u dit nog nie gedoen het nie, bestel u gratis eksemplaar van ons boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, om meer te leer aangaande hierdie lewensbelangrike profetiese konneksie. In ’n profesie wat direk van toepassing is vir die Amerikaners en hedendaagse nasies van Britse afkoms, verduidelik God: “Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos ’n vyand slaan, met ’n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes. Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen” (Jeremia 30:14-15).

As gevolg van “skandelike” gebruike en anti-God gesindhede wat dwarsdeur die hele gemeenskap uitgebeeld word, sal die Amerikaanse en Britse volke inderdaad afgetakel word, tensy daar ’n nasionale terugkeer na God is, soos wat dit nog nooit voorheen gedoen is in die moderne tyd nie! Wanneer u wat hier lees begin om die voortdurende vervulling van hierdie spesifieke Bybelse profesieë oral rondom u te sien, dan is dit nodig dat u verstaan dat die werklike Jesus Christus van die Bybel binnekort moetterugkeer of die wêreld sal vernietig word.

Ja, die spesifieke profesieë wat ons vir dekades verkondig of van geskryf het, is besig om nou vervul te word. Selfs wêreldlikes sien die toenemende gevare. Die Bulletin of the Atomic Scientists het vroeër vanjaar sy “Oordeelsdag-horlosie” aangeskuif na “vyf minute voor middernag” nadat hulle daarin aangehaal het dat “onvoldoende vordering” met kern- en klimaatkwessies die rede daarvoor is.

Die tyd raak dus min vir God se ware leraars om ’n werklik kragtige waarskuwing aan ons mense te rig – asook aan die hele wêreld – oor wat binnekort voorlê. Ons het ’ngroot werk om te doen! Die Almagtige God verwag beslis van Sy getroue dienaars om al ons medemense te “waarsku” aangaande die komende Groot Verdrukking. God vertel ons in Sy Woord aangaande hierdie einste saak, asook die gevoel van dringendheid wat ons behoort te hê in die lewering van hierdie boodskap: “Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug! As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! – sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk” (Spreuke 24:11-12).

Weereens, soos Jesus verklaar het aangaande die komende verdrukking, “as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word” nie. Die ware Jesus Christus van die Bybel moet terugkeer, anders sal die vegtende, vleeslike, God-verwerpende nasies alle menslike lewe van hierdie planeet vernietig!

Dink daaraan dat, afgesien van die groot nasies wat atoomwapens in die verlede gehad het, drie ander lande – Israel, Pakistan en Indië – aansienlike voorrade atoombomme versamel het, en in staat is om van hierdie bomme te werp op die finansiële, nywerheids- en politieke hoofstede van hulle vermeende vyande. Nou sien ons die skouspel van ’n vierde land, Iran, wat voort stoomroller met sy ontwikkeling van kernwapens – selfs ten koste van die risiko van die vernietiging van sy wêreldwye handel en die keldering van sy binnelandse ekonomie. Daardie nasie skyn heeltemal vasbeslote te wees om kernwapens te verkry. In reaksie hierop het baie nuusontleders onlangs geskryf oor die veronderstelde “onafwendbaarheid” van ’n Israeli aanval op Iran se kernfasiliteite. Soos sommige Israeli leiers herhaaldelik gesê het: “Dit is nie net ’n politieke opsie vir ons nie, dit is ’n kwessie van ons werklike oorlewing”,

Indien Israel Iran aanval binne die volgende paar maande – miskien selfs voordat u hierdie artikel ontvang – mag dit inderdaad ’n “vuurstorm” regdeur die Midde-Ooste ontketen. Dit sal sekerlik die proses van die Europese nasies om saam te snoer in die finale herlewing van die Heilige Romeinse Ryk, bespoedig. Dit sal die samesnoering van die Arabiese nasies in wat die “koning van die Suide” genoem word, bespoedig (Daniël 11:40). Dit sal ook die einde van hierdie huidige samelewing bespoedig.

Die EINDE van demokrasie?

In November 1947 toe Sir Winston Churchill voor Brittanje se Laerhuis gepraat het, het hy gesê: “Niemand gee voor dat demokrasie volmaak of alle wysheid in pag het nie. Daar is inteendeel al gesê dat demokrasie die slegste vorm van regering is, behalwe al daardie ander vorms wat van tyd tot tyd probeer is”. Baie van Amerika se vroeëre leiers het deeglik verstaan dat nie enige volk op enige plek, demokrasie suksesvol kan beoefen nie. Trouens, hulle tweede President, John Adams, het in Oktober 1798 aan Massachusetts se militêre offisiere geskryf: “Ons het nie ’n regering wat toegerus is met die krag wat geskik is vir die stryd teen menslike hartstogte, ongebreideld deur moraliteit en godsdiens, nie. Ons Grondwet is slegs gemaak vir ’n morele en godsdienstige volk. Dit is heeltemal ontoereikend vir die regering van enige ander”.

Oor die algemeen vrees die Amerikaanse en nasies van Britse afkoms God vandag nie, nog minder streef hulle “moraliteit en ware godsdiens na”. Baie min mense gee selfsvoor dat hulle die Heilige Bybel bestudeer om te sien wat dit eintlik sê. Ons nasies is vinnig besig om selfs die nominaalste Christelike verwysings en praktyke uit die openbaar te verwyder. Om die waarheid te sê, die meeste media-leiers en opvoeders tree op asof hulle die God van die Bybel en Sy leerstellings verag!

God het ons voorvaders gewaarsku: “... as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet” (Levitikus 26:15-16). Ons behoort dus nie verbaas te wees as ons “verskiklike” terroriste-aanvalle en baie ander beroeringe ervaar nie. Verskriklike “verterende siektes” soos kanker en VIGS neem toenemend die gesondheid, vitaliteit en die werklike lewens van miljoene van ons mense weg.

Die kragtige profetiese waarskuwing in Levitikus 26 gaan voort: “En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper” (verse 18-19). Dus lê nasionale aftakeling en vernedering, gepaard met droogte, hongersnood en voedseltekorte in ons toekoms – saam met siekte-epidemies (Mattheüs 24:7). Dit is derhalwe noodsaaklik dat ons na God keer en bid dat ’n ware Christelike regering, gelei deur Jesus Christus self, binnekort op die aarde gevestig sal word om aan die hele wêreld so ’n mate van vrede, voorspoed en vreugde te bring soos nog nooit ervaar is nie.

Hoe kan dit plaasvind?
Vir dié van u wat nog nooit die Bybel verstaan het nie, mag dit simplisties klink. Om egter die korrekte regering op hierdie aarde te vestig, is waaroor die ware evangelie van Jesus Christus alles gaan! Die apostel Petrus het dit duidelik aan die vroeë Christene verkondig: “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word entye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete” (Handelinge 3:19-21).

’n Tyd van “wederoprigting” sal binnekort op hierdie aarde plaasvind! Vanaf die profesieë van Daniël – wat die vier wêreldregerende koninkryke en dan die Koninkryk van God wat “in ewigheid nie vernietig sal word nie” beskryf (Daniël 2:36-44) – tot die profesieë van Openbaring, word God se Koninkryk in detail voorspel regdeur die Bybel.

Die profeet Jesaja is geïnspireer om te skryf: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge [groot nasies] en verhewe wees bo die heuwels [kleiner nasies], en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jesaja 2:2-4).

God sal regeer!

Dus, ’n werklike “Koninkryk” – of regering – sal op hierdie aarde gevestig word in die “laaste dae”. Dit sal gebaseer wees op die wet van God, wat sal uitgaan vanuit Jerusalem. Dit sal as Heerser hê, die Koning van konings – Jesus Christus.

Die Skrif beskryf wat sal gebeur aan die einde van die geprofeteerde “basuin”-plae: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Diekoninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15). Jesus Christus – die Koning van die konings – sal bygestaan word deur baie ander konings, die ware heiliges van God wat as getroue Christene gedurende hierdie tyd, bereid was om werklik te glo en te reageer op wat God sê!

Soos God belowe: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openbaring 2:26-27). Diegene van ons wat dus bereid is om ons God en ons Skepper te glo – werklik te doenwat Hy sê – het ’n ongelooflike toekoms voor ons, om Jesus Christus by te staan om te regeer en om vrede na hierdie oorloggeteisterde wêreld te bring!

Die geïnspireerde Lied van die Heiliges in Openbaring 5:10, onthul dat God – in Sy ontsagwekkende Plan – “... het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en onssal as konings op die aarde heers”. Let daarop dat God se Koninkryk op hierdie aarde sal wees – nie in die hemel nie! Let ook daarop dat dit baie moeilik gaan wees vir liberale predikers om voort te gaan met hul verkondigings om al hierdie spesifieke profesieë weg te praat as “poëties” of as “metafore” en dus nie bedoel wat hulle eintlik sê oor ’n komende wêreldregering nie!

Word wakker!
Die “ware gelowiges” – diegene aan wie dit werklik gegun sal word om te heers in Jesus Christus se vinnig naderende regering – word herhaaldelik in u Bybel duidelik op hierdie manier beskryf: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openbaring 14:12). Die Tien Gebooie van God is nie “aan die kruis gespyker” nie. Inteendeel, die rekord van ons sondes is deur Jesus Christus, ons Verlosser, aan die kruis vasgespyker. Onderwerping aan Hom om Sy lewe in ons te leef (Galasiërs 2:20) deur die inwoning van die Heilige Gees – om sodoende die krag te hê om werklik gehoorsaam te wees aan Sy gebooie – sal kenmerkend wees van die Christelike karakter van diegene wat kwalifiseer om Christus by te staan om hierdie hele weg van lewe na die aarde te bring in God se komende Koninkryk!

Waar dit Jesus Christus se toekomstige heerskappy op hierdie aarde beskryf, sê Psalm 72 aan ons: “Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg. Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid. Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel” (Psalm 72:2-4).

God se toekomstige regering sal dus baie ware begrip en genade insluit vir diegene in nood. Soos verse 12-14 verduidelik: “Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie. Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red. Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë”.

Nadat Christus op die Olyfberg neergedaal het in glorieryke heerlikheid, sal die nasies geleer word om hulle Skepper te gehoorsaam: “Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien” (vers 11). As gevolg van opregte gehoorsaamheid aan die Skepper: “Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!” (vers 16).

Diegene van ons wat werklik besig is om voor te berei om deel te wees van die komende wêreldregering, behoort selfs nou al te leer hoe om “regverdig te oordeel” en om ons besluite in elke faset van ons lewens te deurdink. Die apostel Paulus was geïnspireer om aan die Christene van sy tyd te sê: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?” (1 Korinthiërs 6:2-3).

Baie van Jesus se gelykenisse dui duidelik daarop dat ware Christene hulself behoort voor te berei om oor stede en nasies te regeer onder Jesus Christus. In Lukas 19:11-27, toe die “edelman” van Jesus se gelykenis terugkeer, het hierdie persoon, wie die terugkerende Jesus Christus voorstel, aan sy getroue dienskneg gesê: “Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede” (vers 17). Weereens, die “beloning” van die ware Christen is nie om rond te sweef in die hemel om die hele dag niks te doen nie! Die ware Christen sien eerder daarna uit om Christus by te staan om oor stede en nasies op hierdie aarde te regeer.

Dit is vir daardie soort regering waarvoor hierdie wêreld letterlik “uitroep”! Dit sal vrede en vreugde bring, baie meer as wat die planeet Aarde nog ooit beleef het. Onthou, as dit nie was vir die ingryping van die ware God van die Bybel nie, sou vernietiging inderdaad die mense van die aarde uitgewis het.

Diegene van ons wat dus bereid is om te glo wat die Bybel werklik sê, behoort te leer om onsself juis nou voor te berei vir die komende wêreldregering. Ons moet onsselfheeltemal oorgee aan die lewende Christus van die Bybel en Hom toelaat om waaragtig Sy lewe binne-in ons te leef deur die Heilige Gees. Ons behoort die profesieë en nog baie meer waarna ek verwys het, te bestudeer. Ek dring aan by almal van u wat begin verstaan om in te skryf vir ons Wêreld van Môre Bybelstudiekursus, om regtig die besonderhede te leer van God se wonderbaarlike plan. U inskrywing en deelname is absoluut gratis en sonder enige verpligting. Mag God ons almal help om uit te sien na die vervulling van die ware Goeie Nuus waarvan Jesus Christus en Sy dienaars gepraat het – die toekomstige wêreldregering onder Jesus Christus as Koning van die konings.