Tieners se lewens kan tot oorlopens toe vol wees van aktiwiteite – skool, atletiek, verhoudings, deeltydse werk, kerkbywoning, gesinsverpligtinge en persoonlike stokperdjies. Met meer onafhanklikheid en geleenthede vir buitemuurse aktiwiteite kan die tienerjare opwindend wees, maar baie besig. Dit is egter gedurende hierdie jare dat ons die grondslag lê vir baie gesondheidsgewoontes wat ons as volwassenes sal beïnvloed.

Te midde van die druk en versoeking om deel te neem aan so baie aktiwiteite, met so min beskikbare tyd, is een van die eerste dinge wat baie tieners opoffer, hulle slaap. Nogtans is slaap – tesame met ’n gesonde dieet en gereelde oefening – een van die mees belangrikste, maar oor die hoof gesiene faktore vir die handhawing van goeie algemene gesondheid. Wanneer tieners slaap opoffer om tyd te maak vir hul baie ander verpligtings, loop hulle die risiko om ’n hoë prys te betaal met swak gesondheid. Die Bybel is gevul met vermanings om geestelike sluimering te vermy, maar dit beteken nie dat Christene hulself die gereelde fisiese rus wat hul liggame nodig het, moet ontneem nie.

Dus, terwyl nog ’n skooljaar begin vir miljoene tieners regoor die wêreld, is dit goed om die belangrike rol wat slaap in die gesondheid van jong manne en vroue terwyl hulle groei speel, in ag te neem en om bewus te wees van die gevare wanneer hierdie belangrike aspek van gesondheid verwaarloos word.

’n Tyd van verandering

Die tienerjare is ’n tyd van verandering – in bykans elke opsig. Nie net is die jeugjare ’n tyd van fisiese groei en hormonale veranderings as gevolg van puberteit nie, dit is ook ’n tyd wanneer die liggaam se behoefte aan slaap eintlik verhoog. Dit is geen wonder dat so baie tieners dit moeilik vind om in die oggend wakker te word nie!

’n Verslag van die Mayo Clinic lui: “Elke mens het ’n interne horlosie wat liggaamstemperatuur, slaapsiklusse, eetlus en hormonale veranderings beïnvloed. Die biologiese en sielkundige prosesse wat volg op die siklus van hierdie 24-uur interne horlosie word sirkadiese ritmes genoem. [Sirkadiese ritmes is fisieke, psigiese en gedragsveranderings wat in ’n siklus van 24 uur voorkom en hoofsaaklik deur lig en donker veroorsaak word]. Voor adolessensie maak hierdie sirkadiese ritmes dat die meeste kinders natuurlik aan die slaap raak so ongeveer 8 of 9 uur in die aand. Puberteit verander egter die tiener se interne horlosie en vertraag die tyd wanneer hy of sy lomerig begin voel – dikwels tot 11 uur in die aand of later” (Teen sleep: Why is your teen so tired?, Mayo Foundation for Medical Education and Research).

Hierdie tendens om later te gaan slaap bots dikwels met ’n tiener se vroeë-oggend skedule om ’n slaap-tekort toestand te skep. Kundiges in verband met slaap glo tieners benodig elke nag 8.5 tot 9 of meer ure slaap. Nogtans het een studie bevind dat net 15% tieners rapporteer hulle slaap 8.5 uur gedurende nagte wanneer dit skool is (Teens and SleepNational Sleep Foundation). Baie tieners sal probeer om “in te haal” vir die verlies aan benodigde weekdag-slaap deur veel later oor naweke “in te lê”, maar hierdie wisselvallige patroon is eintlik nadelig vir die gehalte van ’n tiener se slaap want dit werk teen die natuurlike menslike biologiese horlosie, wat die beste werk wanneer slaap bestendig is (“How Much Sleep Do I Need?”, TeensHealth.org).

Ons almal weet hoe dit voel om slaap te verloor. Lomerigheid, prikkelbaarheid en gebrek aan konsentrasie is net ’n paar van die mees voor die hand liggende simptome. Baie mense sal verbaas wees om te verneem dat slaapprobleme ook kan lei tot aknee en gewigstoename, dit kan bydra tot siekte en depressie. Dink hieroor na: “73% van daardie adolessente wat erken het dat hulle ongelukkig, hartseer of depressief voel, het ook aangedui dat hulle snags nie genoeg slaap kry nie en oormatig slaperig voel gedurende die dag” (Teens and Sleep, National Sleep Foundation). Verlies aan slaap kan veral gevaarlik wees vir diegene wat ’n motor bestuur of met elektriese gereedskap werk – selfs lewensgevaarlik.

In sommige gevalle kan probleme met slaap bespeur word in bekende afwykings soos vaaksug of slaap-apnee, waarvoor effektiewe behandeling beskikbaar is. Vir ander egter is ’n gebrek aan slaap ’n kwessie van leefstyl. Hoe dit ookal sy, eerder as om ’n slegte slaapgewoonte aan te leer wat dekades van gevolge sal meebring, is die tienerjare die regte tyd om gewoontes en prioriteite te vestig wat ’n grondslag sal lê vir ’n leeftyd van voldoende slaap.

Goeie slaapgewoontes

Slaap is ’n noodsaaklike deel van elkeen se dag. Eerder as om te wag dat dit “net gebeur”, kan ons gewoontes kweek wat kan lei tot gesonde en effektiewe slaap. Hier is ’n paar wenke vir meer rustiger slaap (oorgeneem uit “Common Sleep Disorders in Teens”, WebMD.com).

  • Stel ’n gereelde slaaptyd roetine vas en hou daarby, selfs oor naweke.
  • Eet minder suiker. Om suiker voor slaaptyd te eet kan veroorsaak dat u wakker word in die middel van die nag wanneer u bloedsuiker daal.
  • Vermy oefening net voor slaaptyd. ’n Goed-geoefende liggaam sal rustiger slaap, maar inspanning net voor slapenstyd kan die liggaam se gereedheid om te slaap vertraag.
  • Verminder slaapkamer geraas. Oorpluisies help vir sommige mense. Ander vind dat “eentonige geraas” (bv. van ’n waaier, radiosteurnis, of ’n wit-geraas masjien) kan help.
  • Eet kalmerende kos. Dit is bevind dat hoë-koolhidraat kosse (bv. brood, graan, pasta) die brein se serotonien-vlak verhoog wat ’n kalmerende uitwerking het, wat lei tot beter slaap.
  • Neem ’n warm bad voor slapenstyd, hou u kamertemperatuur daarna koel. Slaap volg gewoonlik die afkoelingsfase in jou liggaam se temperatuur-siklus.
  • Wees bewus daarvan dat sommige medikasie slapeloosheid kan veroorsaak. Indien u enige medikasie neem, raadpleeg ’n opgeleide mediese praktisyn vir raad oor hoe dit u slaap-wakkerwees siklus mag beïnvloed.
  • Draai harde musiek of helder lig sagter (bv. rekenaarskerms) wanneer u gereedmaak vir die bed.
  • Wanneer u in die oggend wakker word, stel uself so gou as moontlik aan helder lig bloot. Lig sein “wakkerword-tyd” na die brein.
  • Handhaaf gemoedsvrede. Sorge en bekommernisse kan inmeng met gesonde slaap. Meditasie, gebed en ontspanningstegnieke voor slaaptyd kan nuttig wees.

Die sleutel tot die ontwikkeling van goeie slaapgewoontes is om slaap ’n prioriteit te maak. Dit is noodsaaklik om die druk te weerstaan om te veel gemoeid te wees met ander aktiwiteite ten einde hierdie noodsaaklike hulpbron vir gesondheid in die jong dae en latere lewe te beskerm. Gewoontes wat gevestig word in die besige tienerjare sal makliker wees om vol te hou in latere jare vir baie komende dekades.

Moet God nie oor die hoof sien nie!

Ons behoort dus te besluit om geestelik wakker en waaksaam te bly. Ons moet God heel eerste stel – heel voor die baie aktiwiteite wat ons in die versoeking mag stel om terug te sny op ons slaap. Eintlik is goeie fisiese slaap ’n noodsaaklike hulpmiddel om geestelik wakker te bly! Wanneer ons goed uitgerus is, kan ons meer effektief fokus op ons Bybelstudie asook sinvol op God se insettinge mediteer. Dit is ’n feit dat om God se woord die heel laaste ding in ons denke te maak voordat ons kop die kussing raak, een van die heel beste slaapgewoontes van almal kan wees. Watter beter manier kan daar wees om die dag mee af te sluit, ook om te begin voorberei vir die volgende dag, as om God se Woord in ons gedagtes op te neem?

Tieners wat na God opsien vir leiding weet dat Hy die beste vir ons almal wil hê. Hy wil hê dat ons in goeie gesondheid moet verkeer, Hy het slaap tot ons voordeel geskep! “Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here ... hulle slaap” (Psalm 127:2). Ons behoort te leer om slaap te waardeer as ’n positiewe deel van elke dag, nie as ’n las wat ons verhinder om meer te doen nie.