Nuusverslae van regoor die wêreld berig dat rekord hittegolwe, geweldige droogtes, oorstromings en voortgesette geweld toeneem wat oeste drasties laat verminder het in normaalweg produktiewe gebiede van Amerika, Australië, Suid-Afrika en Rusland. As gevolg hiervan, staar miljoene mense gevaarlike voedseltekorte in die gesig. Duisende mense wat afhanklik is van hierdie gewasse, het van honger en wanvoeding gesterf. Tog, in ons toenemend sekulêre wêreld, besef min mense dat Bybelprofesieë lank gelede reeds voorspel het dat hierdie toestande die nuus sal oorheers net voor Jesus Christus se wederkoms na hierdie aarde. Hierdie antieke profesieë is vandag besig omgestalte aan te neem –reg voor onsoë!

Hongersnood geprofeteer

Jesus is deur Sy dissipels gevra, “... wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” Hy het toe ’n aantal spesifieke gebeure gelys wat duidelik sou word op die wêreldtoneel, met inbegrip van “oorloë en gerugte van oorloë ... hongersnode ... pessiektes [siekte-epidemies] en aardbewings op verskillende plekke” (Mattheüs 24:3-7; kyk ook na Markus 13:8). In sy bekende profesie oor die vier perderuiters, skryf die apostel Johannes dat die tye net voor Christus se wederkoms gekenmerk sal word deur oorloë (’n rooi perd) en wydverspreide voedseltekorte (’n swart perd), bykomend geweld, hongersnood en siektes wat die lewens van ’n kwart van die wêreld se bevolking sal eis (Openbaring 6:1-8). Jesus verwys na hierdie toenemende ernstige wêreldwye rampe as “die begin van die smarte” wat die voorganger sal wees van selfs nog groter rampe wat die sondige en opstandige nasies van die aarde sal tref (Mattheüs 24:8). Die Bybel openbaar die ontstellende profetiese betekenis van dramatiese weer-verwante gebeure wat sal aankondig dat die wederkoms van Jesus Christus naby is.

Wêreldwye nuusopskrifte

Die Verenigde Nasies het onlangs gewaarsku oor ’n “dreigende wêreldwye voedselkrisis in 2012” en beweer dat “die wêreld se voedselvoorsieningstelsel in duie kan stort” omdat die wêreld se voedselreserwes gedaal het tot die laagste vlakke in dekades. Die wêreld se bevolking verbruik meer voedsel elke jaar as wat geproduseer word (The Observer, 13 Oktober 2012). Rekord droogtes en oorstromings, tesame met uitgeputte voedselreserwes, laat “geen ruimte vir onverwagse gebeure” in die jare wat voorlê nie. Landboukundiges besef dat nog ’n ernstige droogte in voedselproduserende streke van die VSA ernstige voedseltekorte sal veroorsaak en dat ’n ernstige wêreldwye droogte wydverspreide hongersnood sal meebring omdat surplusse waarop lank reeds staatgemaak word, nie meer bestaan nie. Eenvoudig gestel, ons kan een swak oes vêr weg wees van ’n ontsettende ramp!

Kroniese honger is egter reeds ’n lewensfeit in groot dele van die wêreld. In ’n onlangse verslag deur die Stockholm International Water Institute lees ons: “Nege-honderd-miljoen mense ly reeds honger en 2 miljard is ondervoed” (“Food shortages could force world into vegetarianism, warn scientists”, The Guardian UK, 26 Augustus 2012) – hoofsaaklik in ontwikkelende lande in Afrika, die Midde-Ooste, Asië en die Stille Oseaan, sowel as die Karibiese Eilande en Latyns-Amerika. Elke jaar sterf meer mense van honger as aan VIGS, malaria en tuberkulose saam – waarby 5 miljoen kinders ingesluit is. Wanvoeding belemmer die ontwikkeling van die brein by kinders en verminder grootliks die vermoë van die immuun-slsteem om individue teen aansteeklike siektes te beskerm.

Bydraende faktore

Waarom is die wêreld dan op pad na ernstige voedseltekorte en wydverspreide hongersnood? Hoe kon Bybelse profesieë voorspel het dat hierdie spesifieke rampspoedigegebeure sal plaasvind teen die einde van hierdie tydperk? Omdat die God van die Bybel die fisiese wette van die Skepping en die menslike natuur verstaan. Hongersnood ontstaan deur natuurlike, mensgemaakte en bonatuurlike oorsake. Die onophoudelike druk van bevolkingsaanwas, kwynende hoeveelhede bewerkbare grond en die fisiese beperkings van voedselproduksie is voorspelbaar. Uiterste weersomstandighede kan die gevolg wees van natuurlike oorsake, maar kan ook veroorsaak word deur God se direkte ingryping (sien Eksodus 9:18-26; Josua 10:8-11; Rigters 4:15, 5:21). Die mens se neiging tot geweld teenoor ander mense is ook ’n faktor wanneer strydende faksies binne nasies die oes van gewasse ontwrig en vernietig. Dit veroorsaak verskuiwing en hongersnood vir honderde duisende mense wat in oorloggeteisterde gebiede van die wêreld woon.

Swak beplanning – gebrek aan visie en ’n slegte regering – kan ook lei tot ernstige voedseltekorte en hongersnood wat miljoene mense raak (sien Spreuke 29:18). Die druk op ontwikkelende lande om surplus voedsel van ontwikkelde lande te aanvaar, het baie plaaslike boere uit die bedryf gedwing. Lande wat afhanklik is van voedsel-invoere het te doen met ernstige begrotingskwessies wanneer die koste van ingevoerde voedsel styg. Terwyl die meeste Amerikaners minder as 10% van hul inkomste aan voedsel bestee, kan mense in ontwikkelende lande 50 tot 60% van hul inkomste spandeer aan kos. Wanneer voedselpryse styg, word die armes die hardste getref en is hulle die meeste kwesbaar vir hongersnood.

Stelsels van voedselproduksie wat gebou word op winsbejag en gierigheid kan lei tot ernstige ongelykhede in die beskikbaarheid van voedsel. Regerings se gewettigde bio-brandstof programme – wat mielies gebruik om etanol te vervaardig om motors mee aan te dryf en sojabone asook palmolie wat gebruik word om bio-diesel brandstof te maak – kan ook bydra tot voedseltekorte. Die Verenigde State gebruik tans sowat 40% van hul mielie-oes vir die produksie van etanol – wat die prys van mielies meer as 20% opgeskuif het. Nogtans is mielies vir baie mense in die wêreld ’n belangrike bron van voedsel. Namate die vraag en prys van mielies toeneem – aangedryf deur die aanvraag na etanol – sal lande wat mielies invoer, hard getref word.

Profetiese betekenis

Wetenskaplikes het talle menslike en fisiese faktore geïdentifiseer wat ’n bedreiging inhou vir wydverspreide hongersnood in die wêreld, maar slegs die Bybel gee ’nbelangrike perspektief wat heeltemal ontbreek in wêreldse nuusontleding. Die Skrif openbaar dat ’n tyd van oordeel oor die aarde aan die kom is – veral oor nasies wat hulle rug op God gedraai het. Die Bybel verduidelik dat ernstige gevolge plaasvind wanneer fisiese en geestelike wette wat deur die Skepper ontwerp is, geskend word (sien 1 Johannes 3:4; Levitikus 26 en Deuteronomium 28). Die God van die Bybel veroordeel gierigheid en die uitbuiting van die armes (1 Timótheüs 6:10; Efesiërs 4:17-19; Amos 2:6-7; Sagaria 7:7-11) – faktore wat veroorsaak dat miljoene mense vandag honger ly. Die Bybel veroordeel hoerery, owerspel en homoseksualiteit (1 Korinthiërs 6:18; Eksodus 20:14, 17; Levitikus 18:22), maar nogtans is die sogenaamde “Christelike” nasies van die Weste, wat so ryklik deur God geseën is, nou aktief besig met die bevordering van hierdie bose gedrag. Die Skrif stel dit duidelik dat God egskeiding haat (Maleági 2:16), nogtans is hierdie selfde nasies die wêreld se leiers vandag in die getal egskeidings en verwekking van kinders buite die huwelik.

Dit is tragies dat miljoene mense mislei is om te glo dat daar geen God is nie en dat die wette van God ’n “vreemde ding” is – verouderd, mee weggedoen en nie meer van toepassing nie (Hosea 8:11-14). God sal nogtans dramaties ingryp in menslike sake om orde te skep in die haglike omstandighede wat so baie menslike lyding veroorsaak het. Hy sal uiterste weerstoestande oor sondige nasies bring wat Sy wette verwerp en die armes verdruk. Hy waarsku: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp ... Ek sal ... julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.... julle land sal sy opbrings nie gee nie ... Ek sal julle stede puinhope maak ... Ek self sal die land verwoes ... en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word” (Levitikus 26:14-33). Die profeet Joël voorspel dat, net voor Christus se wederkoms, voedselvoorrade afgesny sal word en skure sal verwoes wees as gevolg van uiterste weerstoestande en ander rampe (Joël 1:8-20).

Wanneer God begin om in te gryp in wêreldsake en om die nasies te oordeel (Jesaja 24:1-6), sal mense begin besef dat die God van die Bybel werklik is, dat Sy weg die waarheid is en dat Hy besorg is oor die welsyn van Sy kinders (2 Petrus 3:9; Hebreërs 12:6).