Wanneer u die lewe se teleurstellings in U glorieryke bestemming na die dooddie gesig staar, moet u nooit die wonderlike toekoms vergeet wat God beplan het vir getroue en gehoorsame Christene wie volhard tot die einde toe nie!

Wanneer ons opkyk na die hemel, kan ons nie anders as om verstom te staan deur wat ons miljoene en selfs miljarde ligjare ver weg sien nie. Nogtans sal die meeste van ons nooit in ons leeftyd meer as ’n paar kilometer bo die oppervlak van die planeet Aarde reis nie. Kan dit wees dat daar ’n verhewe doel vir die groot heelal is – ’n doel wat u dalk insluit?


Sou u graag na die verste uithoeke van die heelal wou reis? Die Hubble-teleskoop het asemrowende mooi beelde van verre sterrestelsels en newels wat ver weg is onthul. Baie van hulle het romantiese name: Die Cartwheel sterrestelsel en die Tadpole sterrestelsel, die Cone, Crab, Eagle, Lagoon en Swan newels. Ons sien hierdie wonderlike skouspel en ons is vervul met verwondering, maar ons weet dit is buite ons bereik – of is dit werklik?

In ons leeftyd het slegs ’n paar mense dit na die verste uithoeke van ons planeet tot in die lae aardse wentelbaan gewaag. Nog minder het die aarde verlaat en na die maan gereis. Niemand het nog ooit na Mars, ons naaste planeet gereis nie. Daar is egter verskeie nasies wat reeds in die vroeë stadium van beplanning is om dit in die toekoms te doen.

Sal u dus verder as planeet Aarde kan reis in u kort menslike leeftyd? Indien nie, sal u ooit die geleentheid kry om van “naderby” te sien wat “daar buite” aan die verste uithoeke van ons planeet is? Dit is wonderlik dat, hoewel min mense hierdie verstommende waarheid verstaan, u Bybel nie slegs openbaar dat die mens anderkant die dood sal lewe nie, maar ook wat God vir getroue Christene, diegene wat Sy lewenswyse bo die wêreld se weg van sonde en die dood kies, beplan naamlik ’n glorieryke toekoms wat nie net die planeet Aarde insluit nie, maar ook die ganse heelal!

Ons sal regeer

Sal Christene wat uit die dood opgewek is “heeldag in die hemel rondrol” soos ’n ou bekende liedjie ons wysmaak? Of sal hulle iets belangriks hê om te doen in hulle diens aan God? Wat sê die Skrif oor wat ons gaan doen en waar ons dit gaan doen? “Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:9-10).

U behoort te weet wat u uiteindelike glorieryke bestemming is! U behoort te weet wat u wonderbaarlike toekoms anderkant die dood is. Kyk: “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as koningsregeer duisend jaar lank” (Openbaring 20:6).

Die meeste Engelssprekendes is vertroud met Händel se oratorium, Die Messias! Dit sluit hierdie woorde van die stemme in die hemel in: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring11:15). Ja, ware Christene wat met Christus se wederkoms deel sal wees van die eerste opstanding uit die dood sal saam met Hom regeer vir duisend jaar – wat bekend staan as die “Millennium” – daarna ook verder tot in alle ewigheid.

God belowe aan getroue Christene werklike verantwoordelikhede in Sy Koninkryk, soos uitgebeeld in die gelykenis van die ponde (Lukas 19). Aan die getroue dienaar wat sy pond tienvoudig laat vermeerder het sê Hy: “Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede” (vers 17). Nog ’n dienaar het sy pond vyfvoudig laat toeneem: “En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien. En Hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede” (verse 18-19). God is besig om ons voor te berei vir posisies van diens tot in alle ewigheid!

Die Godsgesin

Een van die wonderlikste en bemoedigendste waarhede van die Bybel is dat God ’n gesin skep! God is die Vader “van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang” (Efesiërs 3:14-15). God wil hê dat elke mens vrywillig moet kies om Sy seun of Sy dogter te word! God wil hê dat ons moet wegkom uit die vleeslike, sondige weë van die wêreld. “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige” (2 Korinthiërs 6:17-18).

Hoe word u egter ’n geestelike seun of dogter van u Vader wat in die hemel is? Dit is belangrik! Eerstens moet ons die Almagtige God as die Skepper van hemel en aarde erken. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag, want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is, en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

Daar is nog ’n belangrike stap. Let op: “En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle, en glo die evangelie” (Markus 1:14-15).

Ja, Jesus het almal wat hom gehoor het tot bekering geroep. Wat beteken dit egter? Ons moet berou hê oor ons sonde, wat die oortreding van God se wet is – die skending van Sy Tien Gebooie! “Bekeer” beteken om ons denke en ons verstand te verander – om waarlik so berou oor ons sondes te hê dat ons ons lewens radikaal veranderen eerder God se lewensweg volg.

Die Nuwe-Testamentiese Kerk het op Pinksterdag begin en die apostel Petrus het aan sy toehoorders gesê: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep” (Handelinge 2:38-39).

Ná ware bekering, geloof en doop, gee God die gawe van die Heilige Gees. Sodra u die gawe van die Heilige Gees ontvang word u ’n verwekte kind van God! Ons word die ware erfgename van God – mede-erfgename met Christus. Lees dit self: “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam hom verheerlik kan word” (Romeine 8:14-17).

Ons Erfenis

Ons het alreeds ’n vlugtige blik op ons erfenis gehad: Ons sal die aarde beërwe (Mattheüs 5:5). Ons sal die Koninkryk beërwe (Daniel 7:18 en Mattheüs 25:34). Ons sal die ewige lewe beërwe (Mattheüs 19:29). Let op dat ons nou erfgename van God is, nog nie erfbesitters nie. Ons sal ons erfenis met die opstanding ontvang! Wanneer ons eers God se verwekte kinders is, moet ons groei in die genade en kennis van Christus (2 Petrus 3:18)! Namate ons leer en God se lewenswyse toepas, groei ons in goddelike karakter. Dit neem ’n leeftyd.

Wat gebeur wanneer u sterf? Baie denominasies leer dat wanneer u sterf u siel na ’n geluksalige hemel gaan, of na ’n vurige hel of vagevuur. Wat leer die Bybel ons egter? Die Bybel leer ons dat daar ’n menslike gees en nie ’n onsterflike siel in die mens is nie (1 Korinthiërs 2:11; Job 32:8). Die Bybel leer ons duidelik dat die siel kan sterf: “... die siel wat sondig, dié moet sterwe” (Esegiël 18:4, 20).

Jesus sê: “... maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel [Gehenna vuur]” (Mattheüs 10:28). Die Bybel leer ons dat siele sterflik is, nie onsterflik nie en dat siele heeltemal vernietig kan word in vuur. Jesus het so gesê. Die verharde goddelose mense sal inderdaad gepynig word en dan in ’n poel van vuur verbrand word. Dit word die tweede dood genoem (Openbaring 20:14). Die tweede dood is finaal – ’n dood waaruit daar geen opstanding is nie. U wil beslis nie in ’n poel van vuur gegooi word nie!

Ons sal verander word

Paulus skryf: “Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie, ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ’n oomblik, in ’n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is, en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning” (1 Korinthiërs 15:50-54).

Met die opstanding sal die getroue Christene in God se glorieryke gesin gebore word as verheerlikte, onsterflike kinders van God! Ons sal vir ’n duisend jaar lank saam met Christus as konings en priesters op aarde heers terwyl ons nasies en volke sal help om die weg na vrede, geluk, harmonie en voorspoed te leer.

Na ’n leeftyd van geestelike groei, sal ’n getroue Christen in die geloof sterf. Lees hierdie aanmoediging vir die getroue dienaars: “In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ’n vaderland soek. En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. Maar nou verlang hulle na ’n beter een, dit is ’n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad berei” (Hebreërs 11:13-16).

Diegene wat in die geloof gesterf het, rus nou in hulle grafte, terwyl hulle wag op die opstanding. Alle Christene sien uit na die opstanding, want hulle weet dat Christus Self opgewek is uit die dood na drie dae en drie nagte in die graf, of die “hart van die aarde” (Mattheus 12:40). Let op hierdie belangrike punt: Dat Christus “na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode” (Romeine 1:4).

Die Skrif verseker ons dat Christus “die eersgeborene kan wees onder baie broeders” (Romeine 8:29). Ja, getroue Christene sal weer gebore word tydens die opstanding uit die dood! Ons sal God se verheerlikte kinders wees! Ons sal heerlikheid en onsterflikheid beërwe. Ons sal nie meer erfgename wees nie, maar erfbesitters van die Koninkryk, die aarde en die ewige lewe. Daar is egter nog meer. Uiteindelik sal die Nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal na die aarde. Wat sal daarna gebeur? “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan” (Openbaring 21:4).

Wat van die “wat nie gered is nie”?

Ja, ons sal almal sterf, maar daar sal later ’n oordeel wees vir diegene wat nooit voorheen die geleentheid gehad het om gered te word nie! Dit staan bekend as die Wit Troon Oordeel. Wat gebeur met die biljoene mense wat geleef en gesterf het sonder dat hulle ooit Christus se offer aanvaar het? Is hulle vir ewig verlore? Nee! God is billik en regverdig. Hy sal nie mense wat geestelik blind is na ’n poel van vuur stuur sonder dat Hy ooit aan hulle ’n geleentheid gebied het om gered te word nie.

Die apostel Johannes skryf: “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hul werke” (Openbaring 20:12).

In die Wit Troon Oordeel sal biljoene mense wat voorheen geestelik blind was, uiteindelik uit die pyn van die verlede leer. Hulle sal die geleentheid gegee word om werklik berou te toon, die evangelie te glo en uiteindelik die koninkryk van God te beërf. Petrus het geskryf: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Petrus 3:9).

Die heerlikheid wat voorlê!

Daar lê ’n heerlike toekoms voor vir almal wat op God se roeping reageer! Die dood is ’n vyand. Daardie vyand sal egter oorwin word. God sal aan Sy verheerlikte kinders die ontsagwekkende erfenis van die ewige lewe gee en daarna die ganse heelal! “Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees” (Openbaring 21:7).

Ons bestemming is glorieryk. As geestelike wesens sal ons nie beperk word deur tyd en ruimte nie. Ons sal in staat wees om na die mees afgeleë sterrestelsels te reis. Die ganse heelal sal ons s’n wees om oor te heers. “Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie” (Hebreërs 2:8). God sal aan Sy kinders “alle dinge” gee. Ons sal die heelal beërwe! Soos die psalmdigter sê: “Die hemele vertel die eer van God” (Psalm 19:2).

Dank God vir die glorieryke bestemming wat Hy na u dood vir u beplan het! Bid dat God se Koninkryk na die planeet Aarde toe sal kom en verheug u in God se persoonlike liefde vir u!