’n Groot deel van die Westerse wêreld word geteister deur gewelddadige optredes. In groot stede en klein dorpies neem sekuriteitskameras, aanrandings en moorde af. Verskille in politieke filosofieë het ontaard in fisiese rusies en doodsdreigemente. Dodelike skietvoorvalle by skole verwoes lewens en gesinne. Beelde van hierdie gewelddadige optredes is algemeen op televisie se nuusprogramme en sosiale mediaplasings. Geweld het só algemeen geraak dat ons grootliks ongevoelig geraak het daarvoor.
Is daar onderliggende redes vir die toename in geweldsmisdaad? Die Bybel openbaar beide die onderliggende oorsake én die oplossings vir hierdie tragiese voorvalle. Gedurende die antieke tyd het die profeet Eségiël ’n ernstige noodsaaklike boodskap aan die mense van sy tyd gebring, al wou hulle dit nie hoor nie. Hy het verkondig: “Maak ’n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld” (Eségiël 7:23). Sy ontleding is steeds deesdae van toepassing. Misdaad en geweld is gekoppel aan ’n reeks dade en optredes wat uiteindelik tot hierdie tragiese probleme lei. Die profeet Jesaja het verklaar: “Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak jul paaie krom, niemand wat daarop loop ken die vrede nie” (Jesaja 59:8).
Die ineenstorting van die tradisionele gesinstruktuur wat lei tot ’n gebrek aan stabiliteit en liefdevolle dissipline in die huis – in ’n groot deel van die Westerse wêreld – is deel van die ketting wat dikwels tot kriminele dade lei. Ander skakels is die gebruik van onwettige dwelmmiddels, die invloed van godslasterlike musiek en die bendekultuur wat dikwels tot geweldsmisdade lei.
Vermaak, literatuur en advertensies het gedrag soos buite-egtelike seks, geslagsverwarring en die bevordering van homoseksualiteit “genormaliseer”. Dit word natuurlik gekoppel aan die epidemie van seksueel-oordraagbare siektes. Onbeplande swangerskappe wat voortspruit uit hierdie morele ineenstorting lei tot die geboorte van ongewenste kinders en tragiese aborsies. Bydraend hiertoe is diegene wie aborsie in plaas van ouerskap kies omdat hulle kindergeboorte as ’n belemmering vir hulle loopbaan-doelwitte beskou.
In regeringkringe is korrupsie ’n skakel in die gebrek aan publieke vertroue in politieke leiers. Misbruik van die wet het vertroue in die regstelsel verswak. Baie mense gee uiting aan hulle frustrasie en woede op maniere wat bydra tot die ketting van geweld.
Die ontbrekende skakel
Hierdie skynbaar balhorige probleme bestaan omdat die meeste mense nie gebonde is aan die voorgeskrewe riglyne, bekend as die Tien Gebooie, wat deur ’n liefdevolle Skepper oorgelewer is nie. ’n Lys van hierdie Wette word gevind in Exodus 20:1-17 en Deuternómium 5:6-21. Die sesde Gebod lui: “Jy mag nie doodslaan nie.” Ander wette en verordenings verduidelik op watter wyse gewelddadige en noodlottige ongelukke hanteer behoort te word.
Die sewende Gebod lui: “Jy mag nie egbreek nie.” Hierdie bevel verbied alle seksuele verhoudings buite die huwelik. Ander statute en verordeninge wat verbode seksuele aktiwiteite verder definieer, word beskryf in Levítikus 18.
Die agtste Gebod lui: “Jy mag nie steel nie.” Hierdie eenvoudige, direkte stelling verbied alle vorms van oneerlikheid ten opsigte van persoonlike eiendom. Ander Skrifgedeeltes beskryf in besonderhede aangaande kontrakte, gewigte, mate, ensovoorts. Die negende Gebod lui: “Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie”, spreek ander tipes misleidings aan. Laastens verklaar die tiende Gebod: “Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie” en gee besonderhede oor die dinge wat ons almal moet vermy om te begeer.
Stel u die positiewe verandering in die samelewing voor indien hierdie Goddelike gedragstandaarde gekoppel was aan mense deur hulle idees, woorde en dade. Die “bloedige misdade” sou tot ’n einde kom! Moses het God se Woorde in verband met hierdie onderwerp aangeteken: “Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan” (Deuteronómium 5:29).
Alhoewel u die samelewing nie kan verander nie, sal die toepassing van hierdie beginsels in u persoonlike lewe tot die seëninge lei wat regverdige gedrag meebring. Ons sien uit na die Wederkoms van Jesus Christus in mag en heerlikheid om God se heerskappy op die aarde te vestig. Dan sal Sy gedragstandaard deur almal gehoorsaam word terwyl die probleme van die mensdom uiteindelik opgelos word (Openbaring 11:15).


