Vraag: Génesis 5:24 sê dat “En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” en 2 Konings 2:11 sê: “Elía het in die storm na die hemel opgevaar.” Wat presies met hierdie twee mense gebeur het, is nie duidelik nie. Het hulle ooit gesterf? Is hulle nou in die hemel by God?


Antwoord: Die uitdaging van hierdie verse is gedeeltelik dat die taal dubbelsinnig is. Die frases “hy was nie” en “God het hom weggeneem” het baie mense mislei om verkeerdelik te glo dat Henog van planeet Aarde verwyder is en in die hemel opgeneem is. Daarbenewens meld die gedeelte nie sy dood nie en die apostel Paulus skryf dat God “Henog weggeneem [het] om die dood nie te sien nie” (Hebreërs 11:5). Die verhaal van Henog vertel egter nêrens wáárheen hy geneem is nie en daar word nêrens genoem dat hy nie gesterf het nie.

Wat Elía betref, behoort ons te onthou dat die Bybel melding maak van drie hemele: Die lug bokant ons waar voëls vlieg en die wolke beweeg; die ruimte bó dit wat ons as die buitenste ruimte ken; en laastens, wat Paulus “die derde hemel” noem – die geestelike dimensie waarin God woon (2 Korinthiërs 12:2). Wanneer die Bybel ookal “hemel” noem, moet ons hierdie drie verskillende hemele in gedagte hou en die konteks toelaat om te openbaar watter een van die drie hemele van toepassing is. Wanneer 2 Konings 2:11 dus sê dat “Elía het in die storm na die hemel opgevaar” het, is die ligging van sy strydwa-rit nie onmiddellik duidelik nie.

Dit bring ons weer terug by die hoofvraag: Is Henog en Elía in die hemel? Dit wil sê, woon Henog en Elía nou in die derde hemel in die teenwoordigheid van God en Sy engele?

Die besonderhede van wat met Henog en Elía gebeur het na hulle verdwyning is ’n wyer onderwerp as wat ons in hierdie kort ruimte van die artikel kan dek, maar die vraag oor hulle dood is eintlik baie eenvoudig en die antwoord behels ’n fundamentele beginsel wat noodsaaklik is vir enigiemand wat probeer om die Bybel te verstaan: Maak gebruik van eenvoudige skrifte om te help om skrifture te verduidelik wat dubbelsinnig lyk.

 

Die weg van alle vlees

Die verhale van Henog en Elía het sekerlik onduidelikhede wat ons moet oplos. Daar is nogtans baie ander eenvoudige gedeeltes wat baie makliker is om te verstaan – gedeeltes wat by ons geen twyfel laat oor of Henog en Elía in die derde hemel lewe of nie.

Een so ’n gedeelte is deur niemand anders as die Seun van God self gespreek nie. Jesus Christus is baie duidelik en sê: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is” (Johannes 3:13).

Daar het ons dit, uit Jesus se eie mond: Niemand het opgevaar in die derde hemel nie, behalwe Jesus Christus, die Seun van die mens en die Seun van God. Hy is die enigste mens wat die hemel sowel as die aarde deurkruis het. Hy het nie gesê: “Niemand behalwe twee nie” of “niemand behalwe Henog en Elía nie” – Hy het gesê, niemand. Dit laat geen ruimte vir hierdie twee Ou-Testamentiese figure nie.

Ons kan trouens verder gaan. Ons lees van Henog in Hebreërs 11 – dikwels genoem die “geloofshelde” hoofstuk. In vers 13 van daardie einste hoofstuk word duidelik aan ons vertel wat met al hierdie geloofshelde gebeur het: “In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry”.

“Hulle almal” sou Henog insluit, wat net agt verse vroeër genoem is. Natuurlik het Henog en Elía gesterf. Die Skrif maak dit duidelik “almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Romeine 3:23) en dat “die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23; sien ook Eségiël 18:4, 20).

Dit maak nie saak waaroor ons mag spekuleer nie, hierdie eenvoudige verse stel perke oor wat waar moet wees: Henog en Elía is nou dood en wag op hulle beloning. Hulle is nie in die hemel nie. Indien ons anders beweer, sou wees om met Jesus Christus se eie woorde te verskil. Ons het gesien dat hierdie eenvoudige verse van die Bybel verduidelikheid en bydra by dié woorde wat ons andersins verkeerd mag vertolk en verkeerd verstaan. Vir dieper insig in God se plan vir die mensdom ná die dood, kan u gratis eksemplare van Wat gebeur wanneer u sterf? en Wat is die doel van die lewe? Aanvra of besoek wvm.co.za om dit aanlyn te lees.