Wat is werklik besig om in die land “Daar Onder” te gebeur? Suid-oostelike Australië het vroeg in Februarie 2009 een van die ergste natuurrampe wat nog ooit geboekstaaf is in dié land se geskiedenis, beleef. Nie lank nadat die nasie van sy ergste oorstromings in dekades beleef het nie, was dit verwoes deur 400 wegholvure, aangedryf deur 80 kilometer-per-uur winde op dae wat die temperature tot bo 115º F [meer as 44º C] gestyg het. Vure het meer as 1,100 vierkant myl [2,850 vierkante kilometer] horingdroë platteland afgebrand. Dit het verskeie dorpe vernietig, 1,500 huise afgebrand en ook meer as 200 mense en miljoene diere gedood. Inwoners wat voor die voortsnellende vure uitgevlug het, het vlammemure van hoër as dertig meter beskryf, wat ’n dreungeluid soos dié van ’n groot goederetrein gemaak het. Mense wat die vuurstorms aanskou het “sê die inferno was soos ’n kernbom”, na gelang bloekom- en gombome (wat vlambare olies bevat) letterlik “ontplof” het (International Herald Tribune, 9 Februarie 2009). Satellietfoto’s toon groot dele van suid-oostelike Australië toe onder die rook. Die omvang van die ramp het die nasie geskok. Persberigte oor Australië se “week in hel” en reddingswerkers beskryf die tonele as “afskuwelik ... aaklig ... hartverskeurend”.

Daarna, op Vrydagaand, 6 Maart, slegs ongeveer drie weke na die rampspoedige vure, tref drie aardbewings op een dag die gebied rondom Melbourne, Australië se tweede grootste stad. Die aardbewings, wat in sommige gebiede soos ontploffings geklink en geboue geskud het, was die grootste wat die Melbourne streek in 36 jaar getref het (Herald Sun, 8 Maart 2009). Inwoners wat naby die vuurgebiede woon en die aardbewings beleef het, peins oor die vraag: “Wat nou?”

Terwyl Australiërs soek na die oorsake van die skielike vuurstorm-katastrofe en terwyl hulle probeer verstaan waarom hulle geskud word deur aardbewings, is dit nogal insiggewend om te sien wat genoem word en wat geïgnoreer word. Die Bybel bied ’n ontstellende perspektief oor wat aan die gebeur is in Australië. Die Skrif dui aan dat die katastrofiese toestande geskep deur sterk winde, stygende temperature en ’n ernstige droogte wat saamgewerk het om ’n “volmaakte vuurstorm” te veroorsaak in suid-oostelike Australië – en die skielike reeks van aardskuddings – moontlik nie net toeval kon gewees het nie – veral wanneer ander tendense in die Australiese samelewing in aanmerking geneem word. Ongelukkig het ons moderne wêreldlike samelewing vergeet wat vorige geslagte eenmaal geweet het, dus word die werklike betekenis van belangrike tendense nie raakgesien nie. ’n Eeu gelede het 96 persent Australiërs hulle as Christene geïdentifiseer. Vandag beskou slegs ongeveer 62 persent hulself as Christene, meer as 20 persent bely geen godsdiens nie en slegs 7.5 persent doen die moeite om weeklikse kerkdienste by te woon. Die afname van Christelike godsdiens se invloed in Australië is alombekend.

Die Bybel openbaar dat God ’n plan het wat Hy gaan uitvoer (Jesaja 46:8-10). Lank gelede het Moses die Israeliete gewaarsku dat, indien hulle God se wette sou gehoorsaam, hulle geseën sou word, maar indien hulle verkies om Sy instruksies te verwerp en ongehoorsaam te wees, Hy vloeke oor hulle sal bring (Deuteronomium 28:15-68). Daardie vloeke sluit in dat die hemel soos koper en die aarde soos yster sou word en die reën verander sou word tot poeier en stof “totdat jy verdelg is” (Deuteronomium 28:22-24). Jesus voorspel dat “... hongersnode ... en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” deel sal wees van die tekens wat die naderende einde van hierdie tydvak en Sy wederkoms sal aankondig (Mattheüs 24:7). Deur die eeue heen het God profete gestuur om Sy volke te waarsku dat hulle ongehoorsaamheid ernstige gevolge gaan hê. God het deur die profeet Jeremia gewaarsku, “o huis van Israel ... Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink ’n plan uit teen julle ... Nogtans het my volk My vergeet ... hulle ... struikel op al hul weë, op die ou paaie” (Jeremia 18:6-15). Jeremia sê verder: “Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn ... Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie ... maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart” (Jeremia 9:12-14). God het aan die profeet Esegiël gesê om “die opstandige nasies ... die kinders van Israel” te waarsku: “Ek [sal] binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom” en “Onheil op onheil kom ... en hulle sal weet dat Ek die Here is” (Esegiël 2:3; 7:5-8, 25-27).

Vergete wette

Een van die fundamentele wette van seksuele moraliteit wat God aan Sy uitverkore volk gegee het om hulle af te sonder van ander nasies, was die absolute verbod op homoseksuele verhoudings wat, volgens God, ’n gruwel is in Sy oë (Levitikus 18:22; 20:13; Deuteronomium 23:17). Vandag word hierdie goddelike instruksies egter as outyds en onvanpas beskou deur mense wat dink hulle idees is meer rasioneel en verlig – veral in Australië. In die laaste 25 tot 30 jaar het die land “daar onder”, wat eens daarop aanspraak gemaak het om 96 persent Christelik te wees, homoseksualiteit gewettig, dieselfde-geslag huwelike bevorder en die verhoog geword vir die grootste fees om homofiliteit trots te vier in vandag se wêreld, die Sydney Gay and Lesbian Mardi Gras Parade. Die mees onlangse viering het 300,000 toeriste na suid-oostelike Australië gelok en miljoene dollars vir die plaaslike ekonomie gegenereer. In verontagsaming van die Skrifte, het bykans 100 predikante en geestelikes verlede jaar die homofiele omverskoning gevra vir die wyse waarop hulle deur die gemeenskap behandel was (news.bbc.co.uk, 1 Maart 2008). Hierdie optrede deur geestelike leiers verleen geldigheid aan die profeet Jesaja se waarskuwing, “o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak” (Jesaja 3:12).

Ongelukkig faal die wêreldlike media om enige verband te sien tussen die feit dat die stede, Melbourne en Sydney, in suid-oostelike Australië lê – die terrein van die vure en aardbewings. Hierdie twee stede bevat ook die grootste homoseksuele gemeenskappe in Australië. Die media bly ook in gebreke om melding te maak van die feit dat die aardbewings plaasgevind het op die vooraand van die Sydney Gay and Lesbian Mardi Gras Parade wat duisende homofiele en transvestiete nooi om hulle lewenswyse in die openbaar te vier – asook om geleide staptoere, gemerk as “Sodomitiese” en “Homoseksuele” toere, te onderneem. Die media bly ook in gebreke om die feit te noem dat die verskriklike vuurstorms en die ergste droogte in die nasie se geskiedenis op dieselfde tyd plaasgevind het as wat die Australiese regering dieselfde-geslag huwelike erken en probeer het om Australië die mees “gay-vriendelike” land in die wêreld te maak. Soos een fuiwer by die Gay Madi Gras dit stel: “Dit is die eerste jaar dat ek die parade bywoon en ek is absoluut mal daaroor” (Charlotte Observer, 8 Maart 2009). Lank gelede het Jeremia oor ons hedendaagse tyd geprofeteer: “Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie” (Jeremia 8:12).

Kritici mag spot en beweer dit is onverdraagsaamheid en mishandeling, nogtans is hierdie Bybelse instruksies en profesieë historiese feite. Bybelse voorspellings waarsku duidelik daar sal ernstige gevolge wees – veral vir Israelitiese volke wat geroep is om as voorbeelde te dien vir die wêreld – wanneer God se wette geïgnoreer en verbreek word. Australiërs behoort te verstaan dat die werklike redes vir die ergste droogte in die nasie se geskiedenis, die verskriklike vuurstorms en aardbewings, die immorele gedrag, dít is wat God sê, rampspoedige gevolge sal bring vir nasies wat hierdie soort gedrag goedkeur. In die dae wat voorlê sal ons meer geprofeteerde rampe sien gestalte aanneem – indien Israelitiese nasies voortgaan met hulle val na Sodom en Gomorra.