Die openingseremonie van die Olimpiese Spele van 2024 in Parys is wyd gekritiseer deur baie mense wat steeds hou by hoë standaarde van waardigheid, ordentlikheid, beskeidenheid en ander Bybelse waardes. Hier is hoe een resensie dit beskryf het:
Parys het nie net die grense van ordentlikheid oorskry nie. Dit het heeltemal daarmee weggedoen en op die boodskap aangedring dat vryheid géén perke moet ken nie. ’n Feitlik naakte sanger wat blou geverf is, het met skaars bedekte verwysings na sy liggaamsdele verwys. ’n Blondebaard drag queen Piche het hande-viervoet gekruip op die bonsende maat van “Freed from Desire” deur die sanger-liedjieskrywer Gala, wat lank ’n kragtige stem teen homofobie was. Daar was die begin van ’n menage à trois (’n seksuele deelname tussen drie mense) ... en die laaste gedeelte van ’n intieme omhelsing tussen twee mans wat weg gedans het, omhels en hande vasgehou het (AP News, 29 Julie 2024).
Daardie kort opsomming dek nie ander besonderhede nie, soos die vele ander drag queens wat ten toon gestel is, die groteske uitbeelding van Marie Antoinette wat sing terwyl sy haar eie afgekapte kop vashou en die vertonings wat gelewer is deur Celine Dion en Lady Gaga, wat as “koninklike ikone” voorgehou word. Let op hoe die resensent die seremonie se viering van “vryheid” bewonder – om ’n kosbare Westerse waarde te verdraai in ’n verwerping van jarelange Bybelse waardes van reinheid, kuisheid, onskuld, selfbeheersing, familie, huwelik, beskeidenheid en ordentlikheid.
Terloops, die belangrikste gebeurtenis wat gevier is, was die Olimpiese Spele. Nie waar nie? Was dit dan nie moontlik om seksuele perversie uit te laat en net op die atlete en die sport te fokus nie?
’n God wat sonde uitsluit
Die direkteur van die seremonie, ’n self-erkende homoseksuele man, het sommige van sy doelwitte beskryf: “Die idee was eerder om ’n groot heidense fees te hê wat aan die gode van Olympus verbind word”, het hy gesê. “Die meeste van alles is dat ek graag ’n boodskap van liefde wou stuur, ’n boodskap van aanvaarding en glad nie van verdeling nie”.
Die seremonie van die Parys se Olimpiese Spele – bied ’n gruwelike voorbeeld van hoe maklik die Westerse samelewing deesdae waardes voorhou wat hulle liefde, aanvaarding, diversiteit, verdraagsaamheid en vryheid noem. Hulle oorkoepelende gedagtes kan opgesom word as: “Elkeen kan doen wat hy ook al wil. Die enigste grens is dat géén grense gestel moet word nie”. Hierdie houding is niks nuuts nie – om die waarheid te sê, dit was redelik algemeen deur die geskiedenis heen. Antieke Israel is byvoorbeeld op ’n stadium gekenmerk deur hierdie stelling: “... elkeen het gedoen wat reg was in sy oë” (Rigters 21:25) – in teenstelling met wat reg is in God se oë. God onderskei reg van verkeerd, spesifiek deur grense te stel wat die Bybel in groot besonderhede beskryf, soos ons dit dikwels in hierdie tydskrif verduidelik (sien die artikel “The War Against Normal” in ons Tomorrow’s World Januarie 2023 uitgawe).
Wat sonde betref, is die ware God ’n God van uitsluiting. Die Bybel maak dit herhaaldelik duidelik dat God in Sy ewige Koninkryk, elke vorm van sonde kategories sal uitsluit, waarvan baie vorms daarvan tydens Parys se openingseremonie gevier is. God sal nie net sondige gedrag uit Sy Koninkryk uitsluit nie – Hy sal mense uitsluit wat nie bereid is om hulleself te bekeer van sulke gedrag nie: “Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie” (1 Korinthiërs 6:9-10).
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie verse nie net op homoseksualiteit, “drag queens” of ander gedrag in die “LGBTQIA+” beweging fokus nie. Dit veroordeel ook sondes wat heteroseksuele net so maklik kan pleeg, soos egbreuk en hoerery, asook nie-seksuele sondes soos afgodery, hebsug, diefstal en dronkenskap.
Die boek Openbaring gee baie besonderhede oor die toorn van die Almagtige God, wat eendag oor die mensdom uitgestort sal word (Openbaring 6:16; 11:18; 14:10, 19; 15:1). Tot dan moet opregte Christene “sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word” (Eségiël 9:4), terwyl hulle daarna streef om een van die Bybel se sentrale boodskappe oor te dra: Distansieer uself van goddeloosheid en draai na geregtigheid.


