Waarom sou mense ’n brug bou wat na nêrens lei? Hulle besef dalk nie waarheen hulle op pad is nie óf hulle is net nie die skerpste potlood in die pakkie nie. Ongelukkig het die meeste van ons dit egter op een of ander tyd onwetend gedoen – baie moeite bestee aan iets wat ons nooit na ’n beter bestemming sal neem nie.
Hoe het ons dit gedoen? Die kans is groot dat die meeste van ons al voorheen ’n wrok gekoester het – wat in wese brûe na nêrens is.
Die menslike natuur kan daartoe lei dat ons nogal skynheilig is op die wyse hoe ons seergemaakte gevoelens aanspreek. Ons kan dalk erken dat wanneer ander mense wrokke koester, hulle wegdwaal van die genesingsproses. Wanneer ons egter self ’n geskil het om op te los, hou ons vas aan ons wrok. Ons mislei onsself om te dink dat vir ons, die resultate op een of ander manier anders sal wees.
Wrokke is verskriklike aandete gaste; hulle het ’n eindelose eetlus, maar die enigste ding wat hulle verorber is die een wat hulle vir ete genooi het. Die lys van gesondheidsrisiko’s verbonde aan die koestering van ’n wrok is lank en kommerwekkend. Dit kan enige of al die komplikasies insluit wat lei tot depressie, soos chroniese moegheid, angs en ’n verswakte immuunstelsel. Boonop kan die voortdurende koestering van ’n wrok selfs lei tot ’n verhoogde risiko vir kardiovaskulêre siektes, aangesien die konstante spanning en negatiewe emosies hulle tol eis op ons harte en algehele welstand. Terwyl ons intellektueel die duidelike newe-effekte van ons wrok kan verstaan, kan ons dit in die praktyk nog steeds moeilik vind om ou wonde te laat genees.
Waarom klou ons so styf vas aan gevoelens wat ons wéét ons net seermaak? Dalk doen ons dit omdat dit ons pyn is – daardie gevoelens behoort aan óns en om dit te laat gaan beteken om te besef dat ons verkeerd was om dit te vertroetel. Dit kan moeilik wees om te erken dat ons dalk verkeerd was of dat dit ten minste dalk beter sou wees dat ons liewer verontreg was en ons vrede kon hê deur te vergewe in plaas daarvan dat ons aanhou om verontreg te voel of wraak te soek.
Die koste van ons brûe
Soms kan gekrenkte gevoelens verstaanbaar wees – maar selfs dan is dit in stryd met twee basiese Christelike beginsels: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag” (Deuteronómium 6:5) en “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matthéüs 22:39).
Wanneer ons versuim om hierdie beginsels te handhaaf, nader ons tot God en bid: “Ek het regtig hierdie keer verbrou – U beter my regtig hierdie keer ’n les leer”? of vra ons Hom dan om ons genadig te wees? Indien ons God met ons hele hart liefhet, dan sal ons hart Sy hart weerspieël, wat gevul is met vergifnis en geduld. Indien ons ons naaste liefhet soos onsself, sal ons dieselfde mate van genade aan hulle bewys as wat ons van God verlang. Indien ons nie werklik uit ons harte vergewe nie, sal God ook nie ons skulde vergewe nie (Matthéüs 18:21-35).
Daar is ’n proses wat opmeting genoem word wanneer ’n brug gebou word. Landmeters gaan na ’n potensiële konstruksieterrein om vas te stel hoe om die beste pad uit te lê en om te besluit watter roete die brug moet volg om by die verlangde bestemming uit te kom. Die landmeter se werk skakel enige roetes uit wat gevaarlike oorgange op die terrein tot gevolg kan hê. Ons kan dit in ons eie lewens toepas op daardie tye wanneer iemand se gedrag ons ontstel. God sê vir ons dat diegene wat Hom wil sien, eers vrede met alle mense moet nastreef – indien ons dit nie doen nie, kan ons die ewigheid verloor (Hebreërs 12:14-17).
Bereken ons wat die koste is om ’n wrok te koester? Elkeen van ons moet onsself afvra: “Watter roete sal my na God se Koninkryk lei?” ’n Verandering van koers mag veroorsaak dat ons ’n brug na nêrens laat bou, veral wanneer ons ’n berg van ’n molshoop maak.
Indien u meer wil leer besoek TomorrowsWorld.org om na die uitsending “What Is the Greatest Love?” te kyk? Terwyl u daar is, kan u ook nuttige, verwante artikels lees soos “Overcoming Stress” en “Are You Willing to Change?”


