Vraag: Die Bybel noem op ’n paar plekke “reuse”, soos Goliat. Wie of wat was hulle? Was hulle menslike wesens of was hulle gewone mense? Bestaan hulle nog?
Antwoord: Die Bybel sê vir ons dat mense van reuse fisiese gestalte voor en ná die groot vloed van Noag se tyd geleef het (Génesis 6:4; Deuteronómium 2:10-12, 20-23). Na die vloed verskyn reuse in die Bybel as afstammelinge van Gam se seun Kanaän; hulle het in die land Kanaän gewoon toe Moses spioene gestuur het om die land te verken (Génesis 10:6; Númeri 13:1-2, 32-33).
Og, die koning van Basan, was die laaste opgetekende reus oos van die Jordaanrivier (Josua 12:4; 13:12). Ná Josua se verowering van Kanaän (Josua 11:21-22), het ’n paar reuse in die Filistynse stede Gasa, Gat en Asdod bly woon. Hierdie reuse het die Israeliete geterroriseer vandat hulle Kanaän binnegegaan het tot laat in die regering van koning Dawid. Een van daardie reuse was Góliat, wie deur Dawid doodgemaak is (1 Samuel 17). Koning Dawid en sy “magtige manne” het ook ander reuse teëgekom (2 Samuel 21:16-22; 1 Kronieke 20:4-8).
Sommige mense verwys na ’n gedeelte in Génesis en beweer dat hierdie reuse die nageslag van engele was wat deur normale vrouens voortgebring is: “Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het” (Génesis 6:1-2).
Dit is egter belangrik om te erken dat, alhoewel God die engele soms Sy seuns noem (Job 38:7), die Génesis 6 beskrywing van “seuns van God” nie na engele kán verwys nie, want engele is as geestelike wesens geskape. Elke engel is volkome en individueel geskape, sonder die nodigheid of die vermoë om voort te plant.
Engele kan nie as geestelike wesens met mense voortplant nie. Ons weet dit uit Jesus Christus se eie woorde, soos Hy beskryf wat gebeur wanneer sterflike mense by die opstanding as geestelike wesens weer gebore word: “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee; maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie. Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is” (Lukas 20:34-36; vergelyk Matthéüs 22:30; Markus 12:25).
Menslike wesens – net groter
Slegs God die Seun, wie alle skeppende krag het, het ooit die gaping tussen gees en vlees oorgesteek, wat Hy gedoen het toe Hy as Jesus Christus gebore is (Filippense 2:7). Trouens, om te sê dat ’n engel ’n kind in die wêreld kan verwek, is potensieel godslasterlik, aangesien die Bybel beskryf dat net God die enigste Een is wie ’n Seun kon verwek deur die bonatuurlike swangerskap van Maria, sowel as ’n toekomstige gesin van seuns deur die Werk wat Hy en Sy Seun doen in die Kerk wat Christus gestig het (Lukas 1:35; Romeine 8:16-17).
Wie wás die seuns van God wat in Génesis 6 genoem word? Hulle was sterk en bekende manne wie se nageslag voor die Sondvloed gedurende hulle tyd bekend geraak het. Baie Bybel geleerdes glo dat hulle onder die nageslag van Set kon gewees het, maar die Skrif noem dit nie spesifiek nie. ’n Ander belangrike detail waarvan ons kennis behoort te neem, is dat die Skrif nie sê dat die reuse afkomstig is van die verhoudings wat in Génesis 6 beskryf word nie maar eerder dat die reuse toe alreeds bestaan het teen daardie tyd. “In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het” (Génesis 6:4).
Hierdie reuse het nie die Sondvloed oorleef nie. Die bestaan van ander reuse is opgemerk na die Vloed, maar selfs hulle verdwyn uit die Bybelse verslae na die tyd van koning Dawid. Die Skrif gee in elk geval geen aanduiding dat hierdie reuse enigiets anders was as baie groot mense wat in dieselfde eindelike einddoel as alle ander mense sal deel nie.


