Voltooi u die take wat Christus aan u opgedra het?

Wie het hy nog nie ’n te-doen-lys van een of ander aard gesien nie – aan die muur, op ’n lessenaar of yskas of in ’n lawwe spotprent met karakters wat rondskarrel om dinge gedoen te kry? Baie mense het gevind dat hulle daaglikse lewe of werk voorgeskryf word deur ’n groeiende lys van klein afgemerkte blokkies in hulle koppe of op papier of ’n werkblad. Dikwels lyk dit of die “afgehandel” nie die “te doen” lysies so vinnig of doeltreffend genoeg inhaal as wat ons daarvan mag hou nie.

Die meeste van ons maak lysies van dinge wat ons in ons besige lewens wil bereik. Ons het afsprake om na te kom, projekte om af te handel, take om te doen en oproepe om te maak. Ons het allerhande klasse, opdragte, vergaderings, seminare, take en projekte van alle soorte. Ons mag dalk papierkalenders en -organiseerders gebruik of ons mag elektroniese hulpmiddels gebruik om ons te help om ons pogings te organiseer en te prioritiseer om meer gedoen te kry in minder tyd.

Die meeste van ons geniet die gevoel van prestasie en bevrediging om ’n voltooide item van ’n lys af te merk. Groot projekte met veelvuldige take is veral lonend wanneer dit afgehandel is. Ons kan dan sê: “Ai! Dit is klaar”. Dit laat ons goed voel – ten minste vir ’n rukkie – totdat ons weer kyk na ons langer wordende lys van nuwe take wat gedoen moet word. Ons mag dalk sug en vir onsself sê: “So baie om te doen – so min tyd”!

Dit is wonderlik en inspirerend om te sien wat God afgehandel het – Sy lys van uiteindelike “afgehandelde” take. Sy projekte en planne is letterlik universeel in omvang. God het byvoorbeeld die hemel en die aarde in die begin geskep. Hy het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis” (Génesis 1:26). In Génesis 2 sien ons dat God daardie take op die sesde dag voltooi het en op die sewende dag gerus het. “En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al Sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak” (Génesis 2:1-3).

God het ook ’n magtige werk gedoen toe Hy die Israeliete uit Egipte gelei het (Exodus 14:31). Nog ’n uiters belangrike taak wat deur Jesus Christus voltooi is, was Sy daad om ons van ons sondes te red. Die Messías is gekruisig en toe Hy besig was om te sterf, het Hy gesê: “Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee” (Johannes 19:30). Daardie enorme taak is vir ons verlossing voltooi.

 

God se lys – en óns s’n

Daar is soveel ander dinge wat God gedoen het wat genoem kan word, maar die Bybel wys ook vir ons wat God nog sál doen. Dit is inspirerend om na te dink oor wat op God se “te doen”-lys oorbly. Anders as ons brose mense wat geneig is om uit te stel, waarborg God dit wat Hy sal doen. Hy sê: “ ... soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen” (Jesaja 46:11).

Ons kan lees oor die ontsagwekkende dinge wat God nog in die eindtyd sal doen, veral wanneer Jesus Christus terugkeer om die Koninkryk van God op aarde te vestig en ’n einde te maak aan oorlog, misdaad, verhongering, siekte, haweloosheid, dwelmverslawing en katastrofes van alle soorte. Satan, die bose heerser van hierdie huidige wêreld, sal onttroon en gevange geneem word (2 Korinthiërs 4:4; Openbaring 20:2-3). Onkunde en valse kennis sal vervang word deur waarheid. God sal die aarde vul met kennis van Sy weg. Hierdie “te doen” sal dan “afgehandel” wees!

’n Belangrike oorweging vir ons is wat op ons “te doen” en “afgehandel”-lyste verskyn. Volg ons Jesus Christus in gehoorsaamheid? Sal Hy vir ons kan sê: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal Ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Matthéüs 25:21, 23)?

Die vervulling van baie profesieë aangaande die “laaste dae” en die eindtye lê binnekort voor. God sal Sy genoemde take uitvoer en dit by Sy “afgehandel” lys voeg.

Meer oor hierdie onderwerp is beskikbaar in ons gratis studiegidse, soos Vervulde Profesie: God se Hand in Wêreldsake, Verstaan Bybelse profesie en Die Dier van Openbaring: Mite, beeldspraak of werklikheid? – wat alles beskikbaar is by wvm.co.za en kan ook aangevra word by die streekkantoor naaste aan u soos op bladsy 2 van hierdie tydskrif.