Kan ’n surplus brandstof net so skadelik wees as as ’n tekort?

Vind u dit baie minder pynlik – miskien selfs aangenaam – om brandstof in u motor te gooi met die ru-olie pryse wat nou onlangs lae vlakke bereik het, dieselfde brandstof wat vroeër as baie skaars beskou is en wat waarskynlik binne enkele jare kan opraak?

Ons het nou so baie brandstof in Amerika dat meer vragmotors as motors verkoop word sedert 2005. Stygende voorrade en dalende aanvraag in Asië en Europa, tesame met ’n sterker dollar, het die prys van ru-olie onder $50 per vat gedwing, ’n 48% daling sedert 2014. Sommige kenners voorspel dat indien die prys tot onder $39 per vat sal val, dit naderhand tot $30 sal daal. Hierdie dramatiese prysverlaging het veroorsaak dat die oliereus BP (British Petroleum) gedurende 2015 werkafleggings by die maatskappy se Noordsee-aanleg aankondiging het.

Selfs al ry die gemiddelde persoon per motor werk toe en terug en trek hy voordeel uit die laer brandstofprys by die pomp, het dalende oliepryse werklik die potensiaal om chaos van wêreldwye afmetings te veroorsaak. Volgens Bloomberg en Citigroup Inc., kan goedkoper brandstof “politieke spanning vererger deur druk op staatsinkomste en maatskaplike voordele uit te oefen, sê Citigroup Inc. se ontleders in ’n verslag van 5 Januarie” (“How $50 Oil Changes Almost Everything”, Bloomberg.com, 7 Januarie 2015).

Indien hierdie tendense voortduur sal die Russiese ekonomie met 5% daal as 2015 se oliepryse gemiddeld $60 per vat bly. Die helfte van Rusland se staatsinkomste kom uit energie-uitvoere. Verdere daling sal die uitverkoop van die Russiese roebel, wat alreeds die vorige jaar met sowat 46% geval het, tot gevolg hê. Dit is die roebel se swakste vertoning sedert 1998, toe Rusland versuim het om plaaslike skuld te betaal. Namate die waarde van die roebel gedaal het, het die Sentrale Bank van die Russiese Federasie geen tyd gemors om ’n ekonomie-wurgende rentekoersverhoging van 17% in te stel nie, wat gevolglik groot toenames in verbruikerspryse laat ontstaan het. So ’n terugslag in die ekonomie, indien ongehinderd gelaat, kan daartoe lei dat Rusland die eienskappe van ’n gewonde beer aanneem.

Die huidige President Hassan Rouhani van Iran is na aanleiding van sy belofte van nasionale welvaart verkies. Hierdie belofte is egter gebaseer op ’n prys van $72 per vat ru-olie, nie die $46,25 per vat toe die mark op Donderdag 15 Januarie 2015 gesluit het nie.

Dalende oliepryse het regdeur 2014 ’n inkrimping van Venezuela se ekonomie veroorsaak en bekommernisse laat ontstaan dat die regering nie sy buitelandse obligasies sal kan betaal nie. President Nicolas Maduro het sy regering gevra om die begroting selfs verder te verlaag, wat slegs sal bydra tot die huidige maatskaplike onrus namate regeringsprogramme opdroog en verdwyn. Intussen hou Saoedi-Arabië hulle op doeltreffende wyse doof vir die noodkrete van armer lede van die OPEC olie-uitvoerders om produksie te verminder en die vrye val in internasionale pryse te stop.

Die Islamitiese staat sal sonder kontant-reserwes moontlik ekonomies en militêr meer nadelig geraak word as gevestigde olie-afhanklike lande. Dit mag neerkom op ’n waarskynlike verandering in die fokus en die aard van IS se terroriste bedrywighede. Die Islamitiese Staat sal hulle waarskynlik na ander lank-gebruikte kontantgenererende metodes, soos afpersing en georganiseerde misdaad wend, om finansieel deur te kom. Dit is interessant om daarop te let dat, omdat sy olie uit verowerde streke van Sirië en Irak afkomstig is, hulle olie geen wetlike titel het nie. Sonder ’n wetlike titel kan IS-olie slegs op die swart mark teen baie verlaagde pryse verkoop word.

Daar sal waarskynlik meer negatiewe gevolge wees indien die daling in die prys van ru-olie voortgaan soos dit voorspel is. Die negatiewe gevolge sal in die vorm van toenemende maatskaplike spanning en onrus wees, sê kenners, veral in lande waar olie die ekonomieë aan die gang hou.

Die goeie nuus is dat die gewone man op straat wat elke dag van en na sy werk ry, ’n mark geniet wat oorvoorsien is met ’n miljoen vate olie per dag. Die Bank van Amerika beraam dat oliepryse met ’n bykomende 30% sal daal tot ’n ongelooflike $35 per vat, met voorkeur handel-voorspellings tot ’n moontlike laagtepunt in die omgewing van $20.

Hou aan om die Wêreld van Môre te lees om meer te leer, nie net van wêreldwye tendense in godsdiens, politiek, wetenskap en gesondheid nie, maar ook oor hoe daardie tendense saamwerk om die vervulling van eindtydse profesieë te vorm wat u en u geliefdes sal beïnvloed.