Vandag staar die wêreld ernstige probleme in die gesig - waaronder terrorisme, etniese onmin, verbrokkelende morele beginsels en omgewingsvernietiging - wat die toekoms van die menslike samelewing bedreig. In die lig van hierdie globale uitdagings, probeer die godsdiensleiers van hierdie wêreld ’n gemeenskaplike terrein vind. Hul onmiddellike doelwit is om saam te werk om te stry teen die duiwels van geweld, oorlog, armoede, honger, maatskaplike ongelykheid, ongeregtigheid, materialisme en ekologiese vernietiging. Die uiteindelike doelwit van hierdie kerklike onderneming is om een wêreldgemeenskap te skep wat alle kerke - en uiteindelik alle godsdienste - tesame sal bring in ’n “samelewing van liefde” wat al God se kinders insluit. Dit is ’n edel doelwit, maar sal dit slaag, of sal hierdie goedbedoelde poging tot ’n vinnige en onverwagte einde kom? Verbasend genoeg is hierdie hedendaagse ekumeniese beweging - en die uiteinde daarvan - lank gelede in die bladsye van u Bybel voorspel. Daardie profesieë word vandag vervul!

Die laaste dekade van die 20ste eeu het getuig van verskeie merkwaardige ontwikkelings op die godsdiensfront. In 1994 het Katolieke en Protestante leiers ’n deurbraakdokument onderteken getiteld Evangelicals and Catholics Together, wat ’n beroep gedoen het vir nouer samewerking in maatskaplike- en kultuuraangeleenthede van gemeenskaplike belang. ’n Jaar later reik pous Johannes Paulus II ’n belangrike omsendbrief uit, That They May Be One, om die beweegrede van “Christen-eenheid” te bevorder. In 1997 kom vier hoof Amerikaanse kerklike organisasies - die Verenigde Kerk van Christus, die Hervormde Kerk van Amerika, die Presbiteriaanse Kerk (VSA) en die Lutherse Kerk - ooreen oor volle gemeenskap en beëindig sodoende eeue se verdeeldheid.

Moontlik het die mees betekenisvolle ontwikkeling, wat deur sommige die “ekumeniese gebeurtenis van die eeu” genoem is, in 1999 plaasgevind toe Lutherane en Rooms-Katolieke ’n geskiedkundige ooreenkoms oor die leerstelling van regverdiging onderteken het, juis die kwessie wat aanleiding tot die Protestante Hervorming gegee het en die “eenheid” van die westerse “Christendom” vernietig het. Hierdie mylpaal-ooreenkoms is op 31 Augustus 1999 in Augsburg, Duitsland, onderteken - Hervormingsdag in die Lutherse kerke - presies 482 jaar nadat Martin Luther sy 95 Leerstellings teen die deur van ’n kerk in Wittenberg, Duitsland, vasgespyker het. Christian Century-tydskrif maak die stelling dat hierdie ooreenkoms “’n dramatiese stap [is] na die oplossing van ’n 16de eeuse dispuut wat sentraal gestaan het tot die Protestante wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk” (27 Oktober 1999, bl. 1,019). Vyftien maande later, in Januarie 2001, beëindig die Lutherse en Anglikaanse kerke eeue van verdeeldheid deur ’n ooreenkoms te onderteken om hul predikante, kerke en sendingwerk te deel. Hierdie geskiedkundige ooreenkomste is deel van ’n breë gebaseerde kerklike beweging wat “buitengewone gesprekvoering geïnspireer en brûe oor antieke kerklike en teologiese diepklowe gebou het” (Denver Post, 1 November 1999). Daardie beweging blyk in krag toe te geneem het namate belydende Christene dít wat hulle as die 2000-jarige viering van die geboorte van Jesus Christus afgewag het.

Pous Johannes Paulus II was ’n hoofdryfkrag in die poging om die “Christenwêreld” te verenig. Onder sy beskerming, is die Rooms-Katolieke Kerk betrokke in gesprekvoering met Jode en verskeie Protestante groepe. ’n Ooreenkoms met die Oos-ortodokse Kerk wat invloed uitoefen oor die meeste van Oos-Europa - wat eens ’n groot deel van Westerse “Christendom” gevorm het, is hoog op die Rooms-Katolieke belangelys. In 1982 was Johannes Paulus II die eerste pous wat sedert die Hervorming Brittanje besoek het. In Oktober 2000 ontvang hy Koningin Elizabeth II in ’n private oudiënsie in Rome. In haar opmerkings sê die Koningin: “Ek vertrou dat ons sal voortgaan langs die weg wat sal lei tot Christen-eenheid” (San Bernardino Sun, 18 Oktober 2000). Die Pous lewer kommentaar dat “daar nou geen omdraaikans is van die kerklike doelwit wat ons vir onsself gestel het in gehoorsaamheid aan die Heer se gebod nie” (BBC News, 17 Oktober 2000).

In Januarie 2002 tree Johannes Paulus II in die Italiaanse dorpie Assisi, geboorteplek van die middeleeuse monnik bekend as Sint Francis, as gasheer op vir ’n geskiedkundige vergadering van leiers wat die hoof-godsdienste van die wêreld verteenwoordig. Soos hulle saam gebid het, moedig die pous die godsdiensleiers aan om geweld en oorlog te veroordeel en saam te werk om vrede te bevorder. Dit is ironies dat aan die einde van ’n merkwaardige kerklike dekade, die Vatikaanse kantoor in beheer van leerstellings ’n amptelike dokument uitgereik het wat verklaar dat die Katolieke geloof die enigste weg na verlossing is, dat nie-Christene “grootliks kortkom” in hul oortuigings, dat Protestante kerke nie “susterkerke” is nie en dat die “een heilige katolieke en apostoliese Kerk [Rome] nie suster nie, maar moeder is van al die onderskeie [Christen] kerke (Los Angeles Times, 6 September 2000).

Wat is aan die gang? Wat is die werklike betekenis van die dramatiese druk na sogenaamde “Christen-eenheid” en die harmonisering van die wêreld se godsdienste? Waarom gebeur dit nou en waarheen lei dit?

In ’n merkwaardige profesie wat meer as 2,700 jaar gelede gegee is, beskryf die profeet Jesaja die oordeel van ’n geheimsinnige vrou genaamd ’n “dogter van die Chaldeërs ... gebiedster van die koninkryke” wat in haar hart sê “Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie” (Jesaja 47:1-11). In Bybelprofesie simboliseer ’n vrou dikwels ’n kerk. In hierdie geval is die geestelike wortels van die vrou gekoppel met die antieke praktyke van heidense Babilonië. Sy gee voor dat sy soos niemand anders is nie (met ander woorde, sy is die een ware kerk) omdat sy ’n poging sal aanwend om haar verlore en verwyderde kinders (dogters) terug te wen. Dit is geen toeval dat die onlangse dokument deur die Vatikaan daardie selfde sentimente weergee nie.

In die boek Openbaring verwys die apostel Johannes na hierdie selfde geheimsinnige vrou wat “haarself verheerlik het en weelderig geleef het” en sê “ek sit as koningin en is geen weduwee nie” (Openbaring 18:7). Johannes onthul egter dat hierdie vrou genoem word “die groot hoer ... die moeder van die hoere ... met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery” (Openbaring 17:1-6). Hierdie sterk taal beskryf ’n groot vals kerk wat dogterkerke voortgebring het wat almal diep betrokke is in die politiek van hierdie wêreld en wat vals godsdiensleringe oor die wêreld versprei het. Daar is net een kerk op Aarde, wat ook op sewe heuwels sit, wat aan die beskrywing van hierdie geheimsinnige vrou voldoen (sien Openbaring 17:9). Bybelprofesie dui aan dat hierdie “moederkerk” net voor die wederkoms van Jesus Christus aktief betrokke sal wees in ’n poging om haar “dogters” na haar familie terug te bring (sien Openbaring 17:5; 19:2).

Wat sal die skeptiese Protestante, die versigtige Oos-ortodokse en lede van die wêreld se ander godsdienste uiteindelik oortuig dat die leier in Rome die enigste ware dienskneg voor God is? Die apostel Johannes teken aan dat ’n individu wat “soos ’n lam voorkom” (’n leier wat valslik Christenskap bely) te voorskyn sal kom wat “... groot tekens [doen], sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde ... en hy verlei [mislei] die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is” (Openbaring 13:13-14). Die apostel Paulus noem hierdie persoon die “mens van sonde” wat krag van Satan ontvang om wonderwerke te doen, wat niksvermoedende mense oortuig om leuens te glo wat tot ’n wegval van Bybelse waarheid sal lei (2 Thessalonicense 2:1-2). Paulus gee die tydsbestek van hierdie gebeure as net voor die Tweede Koms van Jesus Christus.

Baie profesieë onthul dat hierdie groot godsdiensleier en die stelsel waarvan hy hoof is, skielik sal verbrokkel en vernietig word wanneer Christus terugkeer (Openbaring 17:16; 18:8, 16-17; 19:20). Die Bybel onthul dat menslike pogings om belydende Christene te verenig en die godsdienste van die wêreld te harmoniseer, die mensdom in ’n lokval lei wat uiteindelik sal misluk. Ons moet wêreldgebeure dophou en die waarheid in God se woord soek (2 Thessalonicense 2:13-15), want antieke profesieë word vandag bewaarheid!