Die Verenigde State, Brittanje, Australië, Suid-Afrika en die klein Joodse staatjie van Israel, ervaar almal dieselfde soort probleme in hierdie eindtyd! Die VSA, wat eenmaal die mees gerespekteerde nasie op aarde was, het in die afgelope jare gevind dat sy invloed vinnig besig is om skerp te daal. Groot Brittanje bevind haar al hoe meer “uitgelaat” uit die opkomende Europese superstaat. Israel het baie min vriende of bondgenote, behalwe vir bogenoemde Engelssprekende nasies. Ernstige droogtes teister Suid-Afrika, asook Australië, dele van die VSA en Groot Brittanje. Gewapende Moslem-ekstremiste, wat lank reeds deel is van die alledaagse lewe in moderne Israel, het hulle geweld na die VSA en Groot Brittanje uitgebrei.

Waarom ervaar hierdie nasies almal dieselfde soort probleme op dieselfde tyd? Antieke Bybelprofesieë verskaf noodsaaklike en insiggewende antwoorde – en daardie profesieëneem vandag gestalte aan!

Profetiese waarskuwings

Baie mense wat vandag die Bybel lees, beskou hulself as té “modern” en “gesofistikeerd” om wat in die Bybel staan, ernstig op te neem. Vir hulle is die Skrif slegs maar ’n versameling van mites en allegorieë, meestal oor denkbeeldige mense en gebeure uit ’n duister en verre verlede.

Nogtans maak die God van die Bybel die onomwonde aanspraak – dat Hy die toekoms kan voorspel en dit wel doen! “... Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat My behaag, sal Ek doen” (Jesaja 46:9-10).

Die Bybel vermeld dat God ’n geruime tyd voor 720 v.C., die profeet Hosea aangesê het om die waarskuwings wat Hy aan verskeie verwante nasies rig, neer te skryf, om aan hulle te voorspel wat die gevolge sal wees, wat hulle mense die hoof sal moet bied as gevolg van hulle sondes. Hosea was geïnspireer om te skryf, “En die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en Israel en Efraim sal struikel deur hulle ongeregtigheid, ook Juda sal saam met hulle struikel. Efraim sal ’n woesteny word op die dag van straf; onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat seker is” (Hosea 5:5, 9).

Baie onbedagsame Bybelstudente aanvaar verkeerdelik dat Israel en Juda een en dieselfde nasie is wat hulle vandag op ’n klein stukkie grond in die Midde-Ooste bevind. Hierdie algemeen maar verkeerde aanname verberg die ware betekenis van Hosea se profesie. Toe Hosea geskryf het, was Israel ’n koninkryk bestaande uit tien stamme in die noordelike deel van wat later Palestina genoem is, Juda was ’n koninkryk suid van Israel en was hoofsaaklik uit twee stamme saamgestel: Juda en Benjamin. Hierdie twaalf stamme saam verteenwoordig die “hele huis van Israel” – met elke stam wat afstam van een van Jakob se twaalf seuns. Genesis 49 bevat spesifieke profesieë wat die toekomstige kenmerke skets van die nasies wat uit elkeen van hierdie twaalf stamme sou ontwikkel.

Na Hosea se tyd is die tien noordelike stamme, wat Israel uitgemaak het, na Assirië in ballingskap weggevoer. Hulle het later daarvandaan migreer na noordwestelike Europa en die Britse eilande. Vanaf Brittanje het hulle versprei na die VSA, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Amper aan die einde van die sewende eeu v.C. – ongeveer 120 jaar nadat Israel deur Assirië oorwin is – is die suidelike koninkryk van Juda deur Babilonië verower. Maar, anders as met die inwoners van die noordelike koninkryk, wie se nasate meestal versprei het na die noordweste toe, het ’n gedeelte van die volk van die suidelike koninkryk teruggekeer na die gebied rondom Jerusalem, nadat hulle ballingskap beëindig was. Daardie teruggekeerde ballinge het die Tweede Tempel in Jerusalem gebou en voortgegaan om hulle Joodse geloof te beoefen, totdat daardie tempel in 70 n.C. deur die Romeine vernietig is en die Jode weereens begin versprei het. Vir meer inligting aangaande hierdie antieke stamme, hulle migrasies en belangrikheid in Bybelprofesieë, vra asseblief ’n gratis kopie aan van ons boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?

Vandag is die identiteit van die Jode welbekend, maar slegs ’n klein minderheid mense wat geskiedenis en Bybelprofesieë verstaan, is bewus van die moderne identiteit van die antieke Israelitiese stamme. Aangesien baie Bybelprofesieë tweeledig is – aanvanklik gedeeltelik van toepassing op ’n antieke nasie, dan meer volledig van toepassing op ’n moderne nasie (of nasies) aan die einde van hierdie tydvak – kan ons nie werklik die profesieë van die Skrif verstaan as ons nie die moderne nasionale identiteite van Israel verstaan nie.

In Hosea se profesie verwys Israel na die moderne Israelitiese nasies, waarvan die VSA vandag die mees prominente is. Sy verwysing na Efraim dui op Brittanje en haar nasate, die “menigte van nasies” genoem in Genesis 48:19. Wanneer Hosea verwys na Juda, dui sy profesie op die moderne Joodse nasie wat as Israel bekend staan, en nie na die ander moderne Israelitiese nasies nie. Hosea se profesie wys dat die Israelitiese nasies – insluitend die VSA, Groot Brittanje, Australië en Suid-Afrika – gedurendedieselfde tyd sal struikel as wat die Joodse nasie van Israel in die Midde-Ooste sal struikel. Dit is presies wat vandag gebeur!

Gister se profesie; vandag se nuus

Enigeen wat die nuus die laaste paar jaar gevolg het, het baie nuusberigte gesien wat bewys lewer van die afname in die Verenigde State se invloed regoor die wêreld. Artikel na artikel het verkondig “Die einde van Pax Amerikana,” en opname na opname dui op bedenkinge regoor die aardbol dat die VSA nie vertrou kan word om verantwoordelik op te tree in sy omgang met ander nasies nie.

Ontleders beklemtoon dat die Amerikaanse militêre magte gevaarlik baie uitgedun is as gevolg van die Verenigde State se betrokkenheid by Afganistan en Irak, en verklaar: “Om te faal in Irak sal rampspoedig wees vir die Verenigde State”. (Charlotte Observer, 11 Januarie 2007) – dit alles terwyl die Amerikaanse dollar voortgaan om in waarde te verminder teenoor die ander geldeenhede. Ander studies toon ’n onheilspellende “opbouende storm” van gewelddadige misdaad aan wat Amerika bedreig, saam met ’n vloedgolf van onwettige immigrante wat die kulturele aansig van die nasie verander. Brittanje staar soortgelyke probleme van toenemende misdaad en rasse-onrus in die gesig, wat gevoed word deur golwe van buitelandse immigrante, militêre eenhede wat oorbenut word en druk vanaf Europa dat hulle “of in of uit” moet wees. En, terwyl die Verenigde State en Groot Brittanje terroriste op hulle eie drumpel beveg, word die Midde-Oosterse nasie van Israel beleër deur Islamitiese ekstremiste wat daardie klein landjie wil uitwis.

Oorsake van probleme

Waarom oorval groot probleme daardie spesifieke nasies op hierdie tydstip in die geskiedenis? Die profeet Hosea openbaar die oorsaak van die probleme in die Israelitiese nasies. Hy skryf dit is “ ... omdat jy die wet van jou God vergeet het ... want hulle het nagelaat om die HERE te vereer” (Hosea 4:6, 10). Hierdie gewillige onkunde en ongehoorsaamheid het aanleiding gegee tot ’n hele reeks van probleme. “Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak” (Hosea 4:2). Lank voor Hosea se tyd het God die mense wat Hy geseën en uitverkies het om ’n lig vir die wêreld te wees, gewaarsku: “... en jy sal eet en versadig word ... dat jy die Here jou God nie vergeet deur Sy gebooie en Sy verordeninge en Sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie” (Deuteronomium 8:10-11). God het egter die Israelitiese volke se neiging om te vergeet voorsien, dus het Hy Moses geïnspireer om ernstige waarskuwings aan hulle nasate te boekstaaf: “Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom deur die werk van julle hande te terg” (Deuteronomium 31:29).

Dit is geen toevalligheid dat die toenemende probleme wat die Israelitiese nasies nou bedreig, kop uitsteek terwyl hulle die aborsie van miljoene ongebore babas toelaat enbevorder, die wêreld lei in owerspel en egskeidings en homoseksuele verhoudings en dieselfde-seks huwelike besing nie – praktyke wat die Bybel gruwels noem (Levitikus 18:20-22). God openbaar dat Hy hierdie nasies “die gevolge sal dra” van hulle dade (Jeremia 2:17-19; Hosea 4:9-10). Die Skrif toon God Self “maak onheil gereed teen julle, en Ek dink ’n plan uit teen julle” (Jeremia 18:11) – die moderne nasies van Israel, en dat daardie onheil hulle “skielik” sal oorval (Jeremia 6:26; 15:8). Dit is tyd om wakker te skrik en die krag en toepaslikheid van Bybelprofesie raak te sien!