Vraag: In Mattheüs 18:20 sê Jesus: “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde”. Beteken dit dat individuele Christene vir hulself kan besluit wanneer en waar hulle op die jaarlikse Heilige Dae en op die weeklikse Sabbatte kan aanbid?

Antwoord: Om hierdie vers te verstaan, behoort ons dit in die konteks daarvan te lees. Verse 18-19 toon dat die onderwerp onder bespreking gaan oor amptelike bedienaars se bindende beslissings oor geskilpunte, nie oor individuele Christene se samekomste nie. Selfs die uitdrukking “in My Naam” dui aan dat die samekoms Christus moet verteenwoordig. Wat sê die Skrif aan ons oor Christene wat saamkom om te aanbid op die weeklikse Sabbat en die jaarlikse Heilige Dae?

  • Christene behoort nie hul onderlinge byeenkoms te versuim nie (Hebreërs 10:25). Dit is ’n algemene beginsel, maar veral met betrekking tot dae van aanbidding.
  • Ons behoort te aanbid op die dae wat God “heilig” verklaar het (Levitikus 23). Ons word aangesê om te aanbid op ’n plek wat God aangewys het (Deuteronomium 16:13-16). ’n Herder se kudde kan hulself nie voed nie en God se mense behoort byeen te kom op ’n plek wat Hy uitgekies het om hul te voed. Diegene wat om een of ander rede nie byeen kan kom saam met ander Christene nie, moet ten minste seker maak dat hul gevoed word deur God se woord deur middel van die voeding wat Hy voorsien.
  • Die Sabbat en jaarlikse Heilige Dag samekomste moet “vierdae” wees (Levitikus 23).

Mense verstaan dikwels die woorde “uitroeping van heilige vierdae” verkeerd en beskou dit maar net as nog ’n uitdrukking vir “vergadering of byeenkoms”. Kyk nogtans na die definisie van “belê, oproep of saamroep” van Webster’s New Collegiate Dictionary: “Om ’n vergadering byeen te roep”. Hierdie woordeboek lys die volgende sinonieme: Ontbied, dagvaar, afkondig, aansê, belê, byeenroep, saamroep, vergader – wat bedoel, “vereis die teenwoordigheid”. Met ander woorde, iemand moet die uitroeping tot die byeenkoms doen. Aangesien hierdie egter ’n heilige sameroeping is, aan wie het God die outoriteit verleen om so ’n byeenkoms saam te roep?

Die Hebreeuse woord wat in Levitikus 23 vertaal word as “samekomste”, is “miqrâ”. The Expository Dictionary of Bible Words stel dit so: “Die woord beteken letterlik ‘konvokasie’ of ’n ‘uitgeroepte byeenkoms’”. The Theological Wordbook of the Old Testament gee die betekenis van die woord miqrâ as volg aan: “Die mees algemene betekenis word gereserveer vir die sewe spesiale uitgeroepte Sabbatte ... Sodanige dae (asook die weeklikse Sabbatte) het ’n formele sameroeping behels van mense om, met die geskal van trompette, te aanbid”.

Ons sien ’n verder uitgebreide betekenis daarvan wanneer ons lees: “Dit is die feestye van die Here, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd” (Levitikus 23:4). Die woord “uitroep” is vertaal uit die Hebreeuse woord miqrâ, wat ook vertaal kan word as sameroeping in die sin van aankondiging en kom omtrent 80 keer met hierdie betekenis in die Skrif voor.

God werk altyd deur Sy bediening – of dit nou deur die priesterorde in die Ou Testament was, of deur die verordende dienaars in die Nuwe Testament. Dwarsdeur die Skrif was dit nooit aan individue oorgelaat om vir hulself te besluit wanneer en waar die heilige byeenkomste gehou moes word nie. Netso roep die amptelike bediening ons huidig uit om te aanbid en kondig die besondere plek van samekoms aan.

Daar is sekerlik geleenthede wanneer ’n persoon nie in staat is om na ’n aangeduide plek van byeenkoms te reis nie en God maak daarvoor voorsiening. Dit mag byvoorbeeld vir die vrou nie moontlik wees om na die Huttefees te reis nie as gevolg van kindergeboorte, derhalwe het God aangekondig dat ten minste al die mans moet gaan (Deuteronomium 16:16). God is ’n God van liefde en erbarming en verwag nie van Sy mense om te reis wanneer hulle siek of andersyds ongesteld is nie.

Dieselfde beginsels geld vir die weeklikse Sabbat. Indien ’n persoon te ver van ’n heilige byeenkoms woon, kan God se dienaars reëlings tref sodat die verafgeleë gemeentelede klank of video-kopië van preke of aanbiddingsdienste ontvang. Dit is egter noodsaaklik dat ons die Bybelse voorbeeld onthou – dit is God se bediening, nie van individuele gelowiges aan wie magtiging verleen is om die plek van aanbidding te bepaal nie. Om meer te leer oor hierdie onderwerp, vra asseblief ons gratis boekies, Watter Dag is die Christelike Sabbat? en Die Heilige Dae – God se meesterplan, aan.