Artikel na artikel verskyn nou in tydskrifte, koerante en op die Internet aangaande die wantroue wat toenemende miljoene Amerikaners nou teenoor die Amerikaanse regering voel. Daar is ’n gevoel dat Amerika se regering “buite beheer” is – dat iets werklik verskrikliks besig is om te gebeur – dat die nasie nooit weer dieselfde sal wees nie. Baie ontleders het die “twee Amerikas” beskryf. Hulle ontleed die verdeling tussen verskillende groepe van mense in Amerika – en waarheen dit lei. ’n Paar ontleders maak selfs melding van Jesus Christus se geïnspireerde stelling, “elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie” (Mattheüs 12:25). Hoe lank sal Amerika in ons huidige omstandighede staande bly?

Ons wêreld is seer sekerlik besig om te verander! Ek onthou toe ek en my vrou vanaf Los Angeles na Oos-Texas gery het in die 1950’s en vroeë 1960’s, en ’n paar keer oorgebly het om die besienswaardighede in Juarez, Mexiko te sien – reg aan die anderkant van El Paso, Texas. Reg teenoor die Rio Grande, het ons Juarez betowerend gevind en gehoor van ’n interessante restaurant – met begeleidende Mexikaanse musiek – wat skoon was en goeie kos bedien het. Dit was ’n baie aangename plek om te besoek, en ons het dit altyd geniet en heeltemal veilig gevoel.

’n Toekomsblik, vandag is Juarez feitlik ’n moordhoofstad van die wêreld! Talle mense word gereeld daar vermoor deur die Mexikaanse dwelmkartelle. Dit is reg op die Amerikaanse grens! Duisende trekarbeiders stroom elke maand vanuit hierdie gebied oor die grens, Amerika binne. Namate toenemende getalle mense hulself onwettig vestig, sommige bring gesinne saam en kry kinders in Amerika, hoor ons meer en meer van ’n eersdaagse “reconquista” – die herowering van die Amerikaanse Suidweste deur mense wat van Mexikaanse en Amerikaanse inboorlinge afstam, wat glo dat hierdie deel van Amerika nog altyd “hulle s’n” was!

’n Ander groot probleem wat nou binnekort voorlê, is die massiewe finansiële krisis, wat nie net Amerika affekteer nie, maar ook ’n groot deel van die res van die wêreld. Dit sal egter ’n meer dramatiese uitwerking op Amerika hê as op die meeste ander lande – want Amerika het die wêreld se “grootste skuldenaar” geword – en druk geld vir die vale – skep biljoene dollars van “Monopoly-geld” wat wesenlik deur niks gerugsteun word nie! Ander nasies aan wie Amerika toenemend miljarde dollars skuld – veral China – begin baie bekommerd raak. Hulle kan te eniger tyd hul massiewe lenings afsny – wat die dollar en die hele finansiële stelsel van Amerika byna oornag sal laat tuimel! Soos die ewige God aan ons sê: “... hy wat leen, is ’n slaaf van die man wat uitleen” (Spreuke 22:7).

Lesers wat al vir ’n geruime tyd die Wêreld van Môre lees, verstaan dat Amerika, die nasies wat van die Britte afstam en die demokratiese nasies van noordwes Europa (saam met Juda, die hedendaagse staat van Israel), die hedendaagse afstammelinge van antieke Israel is. Die Bybel voorspel onheilspellend wat sal gebeur as die afstammelinge van antieke Israel hulle distansieer van God en Sy Wette: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak. Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees. En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie” (Deuteronomium 28:43-45).

Waarlik, regoor die wêreld is Amerika se mag en aansien besig om “gebreek” te word. Soos ons dit al baie kere gestel het, voorspel die Skrif dat indien Amerika hulself distansieer van God se gebooie en Sy insettinge (Levitikus 26:15-16), Hy “verskrikking” oor hulle sal beskik – of “terrorisme” soos dit ook vertaal kan word. Verder, as straf vir voortgesette ongehoorsaamheid, waarsku God: “En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie” (verse 19-20).

Wat was die twee primêre simbole van Amerika se mag? Hul oorweldigende militêre sterkte en ongeëwenaarde nasionale rykdomGeen ander nasie kon Amerika ewenaar op daardie sleutelgebiede van nasionale trots en aansien nie. Nou egter – tensy daar nasionale bekering plaasvind – en ’n waaragtige terugkeer na die God van die Bybel, salAmerika se militêre mag verbreek word op die buitelandse slagvelde – van Afganistan en Irak, en binnekort moontlik Iran en elders – omdat Amerika se krygsmag “te yl versprei” is en God se beskermende hand weggeneem word as gevolg van toenemende sonde. Soos verse 19-20 ook uitwys, op hierdie tydstip sal ’n eens welvarende nasie begin om misoeste en voedseltekorte te ondervind – nog later – “plae” of siekte-epidemies! Al hierdie nasionale strawwe, en ander wat soortgelyk is, sal oor die hedendaagse afstammelinge van antieke Israel kom, omdat ons God verwerp het!

Ons hedendaagse Westerse nasies is toenemend ongehoorsaam aan die wette en insettinge van die Ewige God wat ons gemaak het en aan ons lewe en asem gee. Onthou, die God van die Bybel beveel streng: “Jy mag nie doodslaan nie” (Eksodus 20:13). Daardie selfde God beveel ons ook: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Levitikus 18:22). Vandag egter, weens die voortdurende aanslag van wêreldlike propaganda wat aan hulle afgesmeer word, het miljoene jong mense afgestomp geraak vir wat reg en verkeerd is. Hulle verstaan letterlik nie die verskil tussen wat die God van die Bybel streng beveel en wat “Hollywood” en ondersteuners aanmoedig nie. Hul verstande is verhard – sodat hulle nie die afskuwelikheid van sonde begryp nie, of selfs waaroor “sonde” eintlik gaan nie. Dit is verdoemlik!

Kan ons verstaan dat meer as 40 miljoen jong menslike wesentjies se skedels vergruis is of dat hulle breine uitgesuig is in die naam van “voortplantingsregte”?

Nou sien ons ook die belaglike spektakel van mans wat met mans “trou”! So ’n perverse praktyk sou selfs ’n paar dekades gelede bespotting en totale hoon tot gevolg gehad het. Dit sou beskou geword het soos die boer van Pennsylvania wat letterlik na ’n predikant gegaan het met sy donkie en gevra het dat die dienaar hom en sy donkie moet “trou”! Dit was gedoen, tong in die kies, om hierdie boer se uiterste walging te toon vir die idee dat ’n paar homoseksuele, selfs baie jare gelede, die idee bespreek het van mans wat met mans “trou”. Vandag tree ons “opvoeders” en “leiers” egter dikwels so op asof sulke perverse praktyke heeltemal “normaal” is. Hulle is ook vasbeslote om te sorg dat dit “normaal” lyk – en sal daarmee aanhou totdat die God van die hemel ingryp en dit alles stop deur Sy Seun terug te stuur na hierdie aarde as Koning van konings!

Mag God u help om ’n “oorwinnaar” te wees – om die doel te verwesenlik waarvoor God aan u lewe en asem gegee het, en om die ewige lewe gegee te word in Sy toekomstige Koninkryk. “Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees” (Openbaring 21:7). Mag God u egter help om nie in die ander kategorie te val van diegene wat lag en spot vir God se woord en letterlik die wette en weë van hulle Skepper “minag” nie, want God sê in net die volgende vers: “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood” (vers 8).

Mag God help, geagte leser, om wakker te word voordat dit te laat is! Mag God u help om waarlik u Bybel te bestudeer soos nog nooit tevore nie – om aan uself te bewyswaar Christus vandag werk en wat u daaraan behoort te doen. Indien u dit nie alreeds gedoen het nie, kontak die streekskantoor die naaste aan u (gelys op bl. 2) en vra vir ugratis kopie van ons aangrypende boekie, Veertien Tekens wat Christus se Wederkoms Aankondig, wat die belangrikste profetiese gebeure wat eersdaags oor ons gaan kom, uiteensit. Terwyl u besig is, vra ook sommer vir ons insiggewende en besielende boekie, Die Tien Gebooie. Hierdie boekie sal in diepte en in besonderhede God se weg wat ons almal moet uitleef, aan u verduidelik. Hierdie kragtige boekies – wat heeltemal gratis op aanvraag gestuur sal word, soos al ons leesstof – sal u help om beter te verstaan wat vir ons voor die deur lê, en waarom.