Vir baie mense is die Ou Testament presies net dit – oud, verouderd en van min of geen betrekking op ons huidige wêreld nie. As gevolg van hierdie misleide en verkeerd ingeligte perspektief word wesenlike lesse wat in die Skrif opgeteken en deur die feite van die geskiedenis gestaaf is, oorgesien, geïgnoreer en vergeet! In die nabye toekoms sal die tragiese gevolge van ons hedendaagse sosiale en historiese geheueverlies die Verenigde State en ander hedendaagse Israelitiese nasies skok en verras, soos antieke Bybelse profesieë voortgaan om gestalte aan te neem!

Die groot les

Een van die mees belangrikste temas regdeur die Ou Testament is dat gehoorsaamheid aan God se wette seëninge sal bring en dat ongehoorsaamheid ernstige gevolge meebring. Die God van die Bybel beloof dat Abraham geseënd sal wees indien hy God se opdragte gehoorsaam (Genesis 17:1-8). Toe God die kinders van Israel uit Egipte gebring het, het Hy belowe om hulle Sy uitverkore nasie te maak: “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou” (Eksodus 19:5-6). In die sluiting van die verbond met Moses en die Israeliete het God seëninge vir gehoorsaamheid aan Sy wette belowe – en vloeke as hulle ongehoorsaam sou wees aan Sy gebooie en Sy instellings sou “verag” (Levitikus 26:3, 14-16). God waarsku die twaalf stamme van Israel dat, omrede hulle ongehoorsaamheid, Hy “hulle trotse mag sal verbreek” en vloeke en verskrikking oor hulle sal beskik, verterende koors, plae, hulle voor hul vyande verslaan sal word en gevangenskap in vreemde lande oor hulle sal bring (sien Levitikus 26, Deuteronomium 28).

Toe Josua Moses as Israel se leier opgevolg het het God aan hom gesê: “Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het ... sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan” (Josua 1:5-9). Jammer genoeg, na Josua se dood het Israel “die God van hulle vaders, verlaatwat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop ... het die toorn van die Here teen Israel ontvlam ... Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom” (Rigters 2:7-15). Dawid het die koninkryk van Israel aan Salomo oorgedra en aan sy seun gesê: “... wees dan sterk ... onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou ... sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe” (1 Konings 2:1-4). Nogtans, toe dit voorspoedig met Salomo gegaan het het hy hom gedistansieer van God en heidense gode gevolg. Die gevolg was dat God se toorn teen hom ontvlam het – en sy seun Rehábeam het die meeste van sy vader se koninkryk verloor (1 Konings 12:1-33).

Die boek van 2 Konings boekstaaf die geleidelike ondergang van die nasies van Israel en Juda en hulle wegdrywing tot morele verval en afgodediens – soos hulle God vergeet het, Sy wette verwerp en die immorele en perverte lewenstyl van hulle heidense bure aangeneem het. Die gevolg was dat God hierdie “uitverkore volk” verwyder het voor Sy aangesig deur hulle in ballingskap weg te stuur na Assirië en Babilon, nadat hulle verpletterende nederlae aan die hand van hulle vyande gelei het (2 Konings 17:5-11, 25:1-12). Die tragiese les wat reg deur die Ou Testament voorkom, is dat wanneer God se uitverkore volk na Hom geluister het, was hulle geseënd, maar wanneer hulle God vergeet en aan Sy wette ongehoorsaam was, het hulle lyding verduur – siekte, natuurrampe, militêre nederlae – dan uiteindelik, ballingskap. Die gegewens is daar vir almal om te lees – in die Bybel en in die annale van die geskiedenis! Met hierdie gegewens in ag genome, is dit geen verrassing dat Jesus sê: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Johannes 14:15) en dit dan beklemtoon dat die verbreking van God se wette sonde is (1 Johannes 3:4)!

Gevaarlike parallelle!

Wat het hierdie antieke geskiedenis egter te doen met die huidige inwoners van Amerika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika – en ander gebiede, soos Skandinawië en Westelike Europa, waar die hedendaagse afstammelinge van die Israeliete vandag woonagtig is? Is hierdie Ou-Testamentiese lesse vandag nog toepaslik vir Christene?Volgens die Bybel is hulle wel nog van toepassing! Baie belydende Christene ignoreer wat die apostel Paulus skryf: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:1-11). Volgens Paulus is hierdie Ou-Testamentiese gebeure neergeskryf sodat ons dit kan vermy om dieselfde foute te maak as ons voorvaders en dan dieselfde gevolge te ly as wat hulle gely het!

Dit is jammer, maar hierdie baie belangrike lesse word geïgnoreer en vergeet in ons hedendaagse (en veronderstelde verligte) wêreld! Vandag leef ons in ’n tydperk waar geloof in God besig is om ’n onderwerp van bespotting te word. Daar word luidkeels beweer dat die wette van God nie slegs outyds is nie, maar boos, diskriminerend en selfs “homofobies” is! Die heidendom maak weer sy verskyning in die sogenaamde “Westerse, Christelike” wêreld en die getal hekse en Satan-aanbidders groei. Trouens, baie sogenaamde “Christelike tradisies” soos Kersfees, Paasfees en verskeie heiliges se dae kan duidelik teruggevoer word na heidense, voor-Christelike oorsprong – dinge wat die Bybel verbied en verdoem (Deuteronomium 12:29-32; Jeremia 10:1-5).

Alhoewel die Skrif homoseksuele gedrag verbied, is “huwelike” tussen lede van dieselfde geslag nou wettig in baie Westerse nasies. Baie eens-verbode seksuele aktiwiteite (bv. homoseksualiteit, transvestisme, saambly as man en vrou, prostitusie en aborsie) word nou as normaal in skole se klaskamers aangemoedig – en selfs geseën deur sommige kerke – terwyl die Bybel dit verdoem as verdorwe en ’n gruwel (Levitikus 18:22; Romeine 1:25-28). Baie nasies wat eens daarop geroem het dat hulle Christene is, het nie slegs hul morele kompas verloor nie, hulle het die grondliggende waardes wat hulle as die “Westerse Christendom” onderskei het van die “nie-Christelike” wêreld, totaal verwerp. Al hierdie dinge het in die afgelope 40 jaar of so gebeur!

Toekomstige probleme!

Wat gaan die gevolge wees vir nasies wat eens daarop aanspraak gemaak het dat hulle “Christene” is, maar hul nou distansieer van die basiese Christelike leerstellings? Mense wat die geskiedenis bestudeer, weet dat indien nasies nie uit die lesse van die geskiedenis leer nie, gedoem is om dieselfde foute van die verlede te herhaal! Lank gelede het Moses die kinders van Israel gewaarsku: “Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkomomdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom deur die werk van julle hande te terg” (Deuteronomium 31:29). Moses het aan die Israeliete gesê dat, as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, die vreemdelinge in hulle midde meer aanmatigend sal word en dat die Israeliete uiteindelik by vreemde nasies sal leen – wat dan sal begin om beleid aan hulle voor te skryf (Deuteronomium 28:43-44). Hierdie profesieë is ’n raak beskrywing van die toestande waarin die “sogenaamde Christelike” nasies van die Westerse wêreld vandag verkeer. Die profeet Jeremia het ook ’n eindtydse tydperk voorsien waarna hy verwys as “’n tyd van benoudheid vir Jakob”, wanneer God die Israelitiese nasies gaan straf vir hulle sondige weë – wat sê: “... aan die einde van die dae sal julle dit verstaan” (Jeremia 30:5-24).

Die sober les van die Skrif en die geskiedenis is dat wanneer nasies hulle distansieer van die wette van God en Sy opdragte verag, sal daar ernstige gevolge wees! Die God van die Bybel waarsku duidelik: “Het jou verlating van die Here jou God ... jou dit nie berokken nie? ... Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf” (Jeremia 2:17-19). Nogtans sê hierdie selfde barmhartige God: “As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou Godterugkeer en na sy stem luister ... Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie” (Deuteronomium 4:30-31). Hierdie is kragtige lesse van die geskiedenis wat geen nasie kan bekostig om te vergeet nie!