Wat lê voor vir Amerika en ander Westerse nasies? Geskiedenis en Bybelprofesie gee ontnugterende antwoorde!


Skokkende en amper ongelooflike veranderings is besig om plaas te vind in nasies wat eens verklaar het: “In God vertrou ons”. In die sogenaamde “Christelike” Amerika, waar President Andrew Jackson eenkeer gesê het dat die Bybel die grondslag is van die Republiek, wen ateïste en sekulariste gereeld die stryd om gebed te verban en die Tien Gebooie te verwyder uit openbare plekke. In plaas van die waarheid oor die skepping en Jesus Christus, kan studente in openbare skole nou leer van Mohammed, of Shiva, of oor hoe om ’n heks te word! In Engeland, waar martelare eenmaal gesterf het om hul begrip van die Bybel te handhaaf, leer kinders nou in laerskool hoe om “veilige seks” te beoefen en teoloë skryf oor die dreigende “afsterwe” van Christelikheid in Brittanje. In Holland – eens op ’n tyd die wieg van die Protestantse Hervorming en ’n toevlugsoord vir die Puriteine wat later na Amerika gekom het – is prostitute, afwykende seks en dwelmsalonne nou prominente kenmerke in baie stede. In Australië is flambojante parades deur homoseksuele een van die grootste toeriste-aantreklikhede op die jaarlikse sosiale kalender.

Indien u vyftig jaar gelede voorspel het dat so-iets in Amerika, Brittanje, Kanada of ander Westerse nasies sou gebeur, sou u geloofwaardigheid en selfs u gesonde verstandbevraagteken word, omdat sulke idees toe ondenkbaar sou wees! Tog, die ondenkbare het werklikheid geword! Judeo-Christelike kultuur word doelbewus ondermyn enstelselmatig vernietig deur sosiale veranderings wat duidelike Bybelse leerstellings ignoreer, bespotlik maak en verwerp. In ons dapper nuwe wêreld van sekulêre denke, het geloof in die God van die Bybel, die beoefening van die Christelike godsdiens en die bevordering van Christelike waardes, voorwerpe geword van bespotting en hoon! Vandag het praktyke wat eens oorheersend was in die antieke heidense, voor-Christelike wêreld – aborsie, kindermoord, genadedood, okkultisme en die aanbidding van die natuur –weer na vore gekom om die oortuigings en waardes wat eens ons Westerse nasies omskryf het, uit te daag en te vervang!

Terwyl nuusberigte beskryf en tradisie-gesinde rubriekskrywers betreur wat nou aan die gang is, word uiters belangrike vrae byna nooit aangespreek nie: Waarom vind hierdie dramatiese veranderings deesdae plaas? Wat is die ware betekenis van die skokkende veranderings wat in ons moderne “na-Christelike” samelewings plaasvind? Wat lê voorvir nasies wat eens Christelikheid bely het, maar nou hul erfenis verwerp? Bied die geskiedenis aan ons enige advies oor die rigting wat ons ingeslaan het? Vorder ons regtigna ’n nuwe bestaansvlak, of hou ons ons blind vir die ooglopende lesse van die geskiedenis?

So verrassend soos dit vandag mag lyk, is daar definitiewe antwoorde op hierdie vrae. Daar is ’n bron wat die ware betekenis en onverwagse gevolge openbaar van die veelomvattende sosiale veranderings wat die Westerse wêreld onderstebo keer. Hierdie dikwels bespotte en selde aangehaalde bron is die Bybel – die ontnugterende boodskap word gerugsteun en aangevul deur die aantekeninge van die geskiedenis. Die Bybel, anders as enige ander boek, onthul die ware oorsaak van die mens se probleme en dietoekomstige verloop van ons geskiedenis. Indien dit reg verstaan word, het die Bybel en die geskiedkundige aantekeninge baie om ons te leer – indien ons oë het om te sien – oor die verrassende uitslag van die kulturele veranderings wat die Westerse lande skud. Ons behoort te luister na die waarskuwings van die geskiedenis en die Skrif!

’n Les uit die verlede

Die Bybel haal ’n merkwaardige gebeurtenis aan wat plaasgevind het in 539 v.C. – een met toenemende belang vir ons vandag! Bélsasar, die koning van Babel, het ’n groot fees vir ’n duisend van sy adellikes gehou. Gedurende die feestelikheid het hy heildronke ingestel op die heidense gode met bekers wat uit die tempel in Jerusalem weggeneem was. Net toe die koning begin drink het, het ’n man se hand uit die niet verskyn en verskeie woorde teen die muur van die paleis geskryf – die koning was vreesbevange! Die bejaarde profeet Daniël was geroep om die woorde te ontsyfer – woorde wat die naderende ondergang van Bélsasar en sy koninkryk uitgespel het. Voordat Daniël egter die betekenis van die woorde openbaar het, het hy die besope koning meegedeel dat sy arrogante gedrag ernstige gevolge sou hê. Die Bybel berig dat Babilon op daardie selfde nag geval het en die koning gedood is (Daniël 5).

Griekse historici bevestig die Bybelse verhaal. Ongeveer 450 v.C. beskryf die Griekse historikus Herodotus hoe die Mede en Perse die Babiloniërs verslaan het in ’n geveg net noord van die stad van Babilon. Die Babiloniërs het teruggeval in hul veronderstelde onneembare, dubbel-ommuurde stad. Oortuig van hul veiligheid, het Bélsasar fees gevier terwyl sy vyande laer opgeslaan het buite die stad. Die Mede en Perse wat besef het hoe moeilik ’n direkte aanval teen die mure van Babel sal wees, het die rivier wat deur die Babiloniese hoofstad gevloei het, verlê en die versterkte stad in die nag deur die rivierbedding binnegeval – terwyl Bélsasar en sy adellikes besig was om heildronke op heidense gode te drink uit die bekers wat uit die tempel in Jerusalem geneem was. Herodotus skryf nie van die handskrif teen die muur nie, maar in sy verslag was die stad van Babel ingeneem deur ’n verrassingsaanval – dit het skielik geval (The Histories, boek 1, seksies 191-192)!

U mag wel vra: “Wat het hierdie antieke gebeurtenis met ons vandag te doen?” ’n Skrander verstand kan verskeie belangrike lesse uit hierdie historiese insident aflei: (1) Trots en verwaandheid het gevolge – Bélsasar het die God van die Bybel verag en uitgedaag – gevolglik het hy sy koninkryk en sy lewe verloor. (2) Vergeetagtigheid kan noodlottig wees – Bélsasar het die lesse wat sy voorganger, Nebukadnésar, geleer het, vergeet – dat daar ’n God in die hemel is wat die sake van die mens bestuur en diegene verneder wat in trotsheid wandel (Daniël 4:34-37). (3) Nalatigheid kom mens duur te staan – Bélsasar het die tekens van die tye geïgnoreer – hy was nie waaksaam toe hy deur sy vyande omring was nie – sy stad was oorrompel deur ’n verrassingsaanval! (4) Toe Bélsasar uiteindelik die skrif teen die muur sien, was dit te laat – hy het te vêr gegaan; hy het sy rieme styfgeloop – God het hom en sy koninkryk tot ’n val gebring!

Terwyl kritici hierdie verhale afmaak as ontoepaslik op die nasies in die 21ste eeu, bied skrander denkers ’n ander perspektief! Die Spaanse filosoof, George Santayana, het eenkeer gesê: “Diegene wat nie die verlede kan onthou nie, is gedoem om dit te herhaal” – met ander woorde, indien ons nalaat om die lesse van die geskiedenis te leer, is ons bestem om die foute van die geskiedenis te herhaal! Sosiale kritikus Os Guinness stel dit so: “’n Geslag wat nalaat om die tekens van die tye te lees, kan gedwing word om die skrif teen die muur te lees” (The American Hour, bl. 414). Toe hy vyf eeue na die val van Babilon geskryf het, sê die apostel Paulus dat hierdie gebeure belangrik is, want “al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11). Die Bybel onthul duidelik dat hierdie dinge opgeteken is om aan ons lesse te leersodat ons kan vermy om dieselfde foute te maak – as ons oë het om te sien!

Nogtans, is daar vandag tekens van die tye – wat duidelik sigbaar is – maar wat deur die meeste mense geïgnoreer word? Het die ure wat deurgebring word op Facebook, deur televisie te kyk, of video-speletjies te speel, ons oë verblind vir die betekenis van dit wat rondom ons gebeur? Besef ons die gevare wat ons kultuur en die toekoms van ons nasies bedreig? Is ons bewus van waarskuwings wat tans uitbasuin word?

Waarskuwings is volop!

Vir die laaste paar dekades het joernaliste, onderwysers, teoloë en politici gewaarsku oor die gevaarlike rigting wat eens “Christelike” nasies in die Westerse wêreld besig is om in te slaan. Nogtans, net soos Bélsasar en die mense van antieke Babilon, gaan ons moderne nasies voort op die pad wat lei na vergetelheid en die vuilgoedblik van die geskiedenis – omdat dit lyk of ons nie ag slaan of luister na die waarskuwingsklokke wat lui nie!

In 1988 het die welbekende teoloog, Carl F. H. Henry, ’n boek geskryf met die titel The Twilight of a Great Civilization, waarin hy waarsku aangaande Amerika se neiging totneo-heidendom. Hy skryf: “Die Barbare kom en hulle dreig om die fondamente van die Westerse beskawing te ondermyn” deur die bevordering van ’n “humanistiese verwerping van God en die Judeo-Christelike grondslag van die Westerse kultuur ... die nuwe barbarisme het ’n nuwe heidense mentaliteit aangeneem ... dit verklaar dat daar geen vasgestelde waarheid is nie, niks is beslissend goed nie, daar is geen uiteindelike betekenis en doel nie en dat die lewende God ’n primitiewe illusie is ... dit is ’n voorstander vir die mistieke, okkultiese kragte en magte, gemeenskap met die natuur en eksotiese gelowe ... waar hierdie heidense impulse die septer swaai is die gevolge morele en intellektuele verval gelykstaande aan slegs dié van Pompeii en Sodom ... Begryp ons Christene duidelik en verstaan ons die tragiese koers wat ons kultuur inslaan?” (bl. ix). Twee dekades gelede, het Henry gesien waarheen tendense lei – hy het korrek voorsien waar ons eintlik vandag is – maar hoeveel mense het geluister?

In The Marketing of Evil, vertel joernalis David Kupelian hoe radikale liberaliste die media oorgeneem het, asook die universiteite, howe en politieke partye, om sekulêre waardes te bevorder wat Amerika besmet – wat leer dat homoseksualiteit prysenswaardig is, dieselfde-geslag huwelike ’n reg is, seks in die laerskool gesond is, die huwelik uitgedien is en dat aborsie en genadedood gewettig moet word in ’n volwasse en verdraagsame samelewing. Alhoewel die meeste Amerikaners nog onversetlik gekant is teen hierdie sosiale en kulturele veranderings, word dit afgedwing deur die howe, op ’n wyse wat ons samelewing gevaarlik verdeel. Soortgelyke dramatiese veranderings vind ook plaas in ander Westerse lande (lees The Abolition of Britain deur Peter Hitchens en The Death of Christian Britain deur Callum Brown).

Moontlik die ernstigste veroordeling van die wyerkringende sosiale veranderings wat plaasvind in Amerika en die Westerse “Christelike” wêreld, kom van ’n voormalige Duitse soldaat, nou woonagtig in die Verenigde State as sy aangenome land. Die tagtigjarige Hilmar von Campe waarsku in Defeating the Totalitarian Lie (2008), aangaande diegevaarlike ooreenkomste tussen wat vandag in die Westerse nasies gebeur en wat in Nazi Duitsland gebeur het – die rampspoedige gevolge wanneer God en Christelike waardes uit ons kultuur verwyder word. Hy skryf: “Die Nazi-regering het God buite rekening gelaat tydens hul oorwegings. Om God en Sy Gebooie uit te sluit van menslike regering, is ’n dwaalleerwat deur goddelose mense bevorder word ten einde hul eie mag te verkry” (bl. 114). Hy gaan voort: “Die Nazi-filosofie en die Nazi-staat was op leuens gebou ... Hulle was oneerlik oor wie hulle was ... Die volgende leuen was dat daar geen God is nie ... dat menslike waardes subjektief is, met sommige mense wat van meer waarde is as ander” (bll. 46-47). Hy raai ernstig aan dat “die enigste verstandige weg vir Amerika en die mensdom is om God se gebooie te gehoorsaam ... indien u God uit die politieke proses hou, lok u ’n ramp uit” (bl. 221). Hy sluit af: “Ons in Amerika is vandag getuie van ’n herhaling van die tragedie van 1933 toe ’n hele nasie hulself soos ’n lam na die Sosialistiese slagpale laat lei het. Hierdie keer is die einde van vryheid onvermydelik, tensy Amerika die uitdaging van haar missie en lotsbestemming aanvaar” (bl. xvi).

Wat die toekoms inhou

Terwyl hierdie ontnugterende "skrif" reeds al vir ’n paar dekades aan die muur iswat lê regtig voor vir Amerika, Brittanje, Kanada en ander Westerse nasies wat hul Christelike erfenis verwerp? Wat onthul Bybelse profesieë?

Toe God die kinders van Israel uit Egipte uitgelei het, het Hy hulle Sy “uitverkore volk” gemaak en aan hulle Sy wette gegee om hulle af te sonder, sodat hulle ’n lig en ’n voorbeeld vir die wêreld kon wees (Exodus 19:5; Deuteronomium 4:1-10, 7:6-11). Die verbond wat God met die Israeliete aangegaan het, het seëninge ingesluit indien hulle Sy wette sou gehoorsaam, maar dit sou ook ernstige gevolge inhou indien hulle sou verkies om ongehoorsaam te wees aan Sy opdragte. God het gewaarsku: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het ... dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag ... julle haters sal oor julle heers ... Ek sal julle trotse mag verbreek ... Ek sal julle stede puinhope maak ... Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek ...” (Levitikus 26:14-33). Al hierdie dinge het met die Israeliete van ouds gebeur toe hulle hul gedistansieer het van die God wat hulle verlos het van slawerny in Egipte. Daardie selfde God bestaan egter nog steeds en Hy het nie verander nie (Maleagi 3:6)!

Moses het ook oor die toekomstige afstammelinge van die Israeliete geskryf – wat nou woon in noordwestelike Europa, die Britse Eilande, Skandinawië, Suid-Afrika, Noord-Amerika, Australië, Nieu-Seeland en die moderne staat van Israel (lees ons gratis boekie: Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?). Moses het profeteer: “Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom deur die werk van julle hande te terg” (Deuteronomium 31:29) – ’n kommerwekkende beskrywing van die toestand waarin ons vandag verkeer!

Die profeet Hosea het ’n soortgelyke waarskuwing gerig, dat God teen sy eie mense sal optree. “Soos ’n arend skiet dit neer op die huis van die Here! Omdat hulle my verbondoortree het en teen my wet gesondig het ... Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf ... Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai ... Ek het hom tienduisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag ... Omdat Israel sy Maker vergeet ... het ... daarom sal Ek ’n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer” (Hosea 8:1-14).

Die profeet Jesaja waarsku ook die Israeliete: “... húlle het teen My oortree ... Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai ... Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank ... Hoor die woord van die Here, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra! ... Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak ... Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter” (Jesaja 1:2-10, 3:12, 5:20). Deesdae is dit die leiers in die Westerse “Christelike” wêreld wie die Judeo-Christelike waardes verwater en die aanvaarding van homoseksuele aktiwiteite en dieselfde-geslag huwelike bevorder – net soos Jesaja geprofeteer het!

Die profeet Jeremia waarsku: “Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi ... hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel ... hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners ...” (Jeremia 23). Jeremia voorspel ’n toekomstige tyd van “benoudheid vir Jakob” (verwysend na al die afstammelinge van die Israeliete) wanneer hulle in ballingskap verspreid sal wees in ander nasies, “... omdat julle sondes ... verhoog [het]” (Jeremia 30:15). In albei hierdie profesieë, toon Jeremia aan: “... aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan” (Jeremia 23:20, 30:24). Met ander woorde, aan die einde van hierdie tydperk, net voor Jesus Christus se wederkoms, sal al hierdie profesieë begin sin maak! Moontlik is dit waarom Thomas Jefferson in 1782 geskryf het: “Ek sidder vir my land wanneer ek daaraan dink dat God regverdig is, dat Sy geregtigheid nie vir ewig kan slaap nie” (Notes on Virginia, Query XVIII). Die Romeinse filosoof Seneca – ’n eerste eeuse tydgenoot van Jesus Christus, het ’n soortgelyke waarneming gemaak: “Die tyd sal kom wanneer ons opvolgers sal wonder hoe ons dan so onkundig kon wees oor dinge wat so ooglopend is”.

Amerika, en die voorheen “Christelike” nasies van die Westerse wêreld speel met vuur deur hul te distansieer van God en die Christelike beginsels waarop ons nasies gegrond is. Terwyl moderne progressiewe leiers poog om Goddelik geïnspireerde Bybelse waardes met sekulêre humanistiese geloof te vervang, dui Bybelse profesieë en die aantekeninge van die geskiedenis duidelik aan dat hierdie ydel en kortsigtige poging om ’n alternatiewe kultuur, gegrond op mens-uitgedinkte waardes, as ’n volslae mislukkingsal eindig – ten gronde gebring deur dieselfde God wat die skrif teen die muur – wat Bélsasar se ondergang asook dié van antieke Babilon uitgespel het, geïnspireer het! Vandag is die skrif weer aan die muur – hierdie keer vir die sogenaamde “Christelike” nasies van die Westerse wêreld. Is ons waaksaam? Luister ons? Sal ons ag slaan op die waarskuwings? Sal ons terugkeer na God, voordat dit te laat is?