U lewenswyse gaan absoluut aan skerwe spat binne die volgende paar jaar. Hierdie artikel verduidelik hoe en waarom!


Werklik verbysterende gebeure lê binnekort voor vir ons wêreld – veral vir die Amerikaners en die volke van Britse afkoms. Mag God u almal help wat hier lees, om wakker te skrik! Na bykans 60 jaar in God se Werk, moet ek aan u hierdie ernstige waarskuwing gee terwyl ek dit nog kan doen.

Baie mense sal spot en verskonings vind om wat ek nou aan u skryf te ignoreer of te verkleineer. Soos die spreekwoord egter sê: “Ondervinding is die beste leermeester”. U salnie baie lank hoef te wag voordat hierdie skokkende dinge sal begin plaasvind nie. Inderdaad is verskeie van hulle alreeds onderweg!

Terwyl ek hier skryf, is ’n groot “gay pride” parade aan die gang in New York City. Hulle vier dat – met ’n skrale vier-stem meerderheid op 24 Junie 2011 – New York se wetgewers dieselfde-geslag “huwelike” wettig verklaar het in hulle staat. Mans “trou” met mans en vrouens “trou” met vrouens. Homoseksuele aktiviste en hul ondersteuners is uitbundig gelukkig oor hierdie omwenteling van ’n lank-bestaande verskansing van tradisionele sedelikheid.

Wat hierdie mense, vasgevang in hul verdorwenheid, nalaat om te erken, is dat die Skepper en Insteller van die werklike huwelik heeltemal geïgnoreer word asook dat Sy Woord onteer word deur hierdie opstand teen ’n eerbiedige instelling wat Hyself ingestel het! Gaan die Almagtige God werklik iets hieraan doen? Wat is Sy reaksie op dieselfde-geslag “huwelike” en ander walglike praktyke wat lynreg teen Sy wil is? Wat gaan met ons mense gebeur omdat ons voortgaan om miljoene ongebore babas tevermoor? Wat sal ons moet verduur as gevolg van ons toenemende onsedelikheid, met miljoene paartjies wat “saamwoon” asof dit glad niks ernstigs is nie? Wat gaan van ons samelewing word namate ons die verdere vernietiging van tradisionele gesinne sien en die opkoms van hedonisme in al sy vorms? Wat sal die gevolg wees van die algehele eiegeregtige, hedonistiese, goddelose benadering van ons mense?

Ek gaan nou aan u kortliks ’n bondige lys gee van verskeie belangrike profetiese gebeure wat binnekort voorlê. Baie meer gebeurtenisse kan tot die lys gevoeg word, maar hierdie profetiese gebeure is van daardie waaroor ons in die Wêreld van Môre u al vir jare gewaarsku het – selfs vir dekades. Dink daaraan, soos ek later sal verduidelik, dat die Bybelse bewyse aangaande hierdie geprofeteerde gebeure reeds telkemale duidelik gemaak is in baie artikels in die Wêreld van Môre-tydskrif asook in baie van ons profetiese boekies – almal gratis beskikbaar op aanvraag. U benodig egter ’n oorsig van die “geheelbeeld” van die dinge wat binnekort voorlê, om u te help om te weet waarvoor om “op die uitkyk te wees” in naderende wêreldgebeure en om u gebede aan die Almagtige God te inspireer.

Wat gaan dus binnekort plaasvind?

Twaalf sleutelgebeure wat binnekort voorlê

Eerstens, Amerika se afwaartse spiraal sal voortduur totdat die nasie vernietig is. Daar sal natuurlik kleinere op- en afwaartse tendense langs die pad wees. Maar, tensy dieAmerikaners hul bekeer, sal die God van die hemel hul nasie se trotse mag “verbreek” – wat sekerlik finansiële mag insluit wat die “Amerikaanse droom” moontlik gemaak en wat so baie mense in die wêreld beny het.

Tweedens, die militêre mag van die Engelssprekende nasies sal toenemend verswak, totdat dit uiteindelik vernietig is. Amerika en Engeland het tesame die Eerste en Tweede wêreldoorloë gewen, asook verskeie ander noemenswaardige konflikte. Tensy ons egter bekeer, is die pad van nou af, net afwaarts en uit! Tensy ons bekeer, sal ons nooit weer ’n noemenswaardige oorlog wen nie. Voordat u begin grynslag, “wees op die uitkyk” vir nog net ’n paar jaar en sien dit gebeur.

Derdens, ’n kombinasie van kragtige “natuur”-rampe sal voortgaan, met toenemende felheid, om die krag van die Anglo-Saksiese-Keltiese afstammende nasies te verswak en te vernietig. Die Almagtige God “beheer die weer egter werklik”. God het ons voorvaders lank gelede gewaarsku: “Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het; en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les – nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here” (Amos 4:7-8).

Vierdens, as gevolg van bogenoemde krisis, sal die Amerikaners en die nasies van Britse afkoms binnekort toenemend hongersnood en droogte ervaar. Met toenemend meer mense wat sonder werk is en nie in staat is om die stygende pryse van skaars kos en water te bekostig nie, sal daar ’n skokkende toename wees in die aantal gesinne wat honger ly. In die toekoms kan nie slegs “werk onluste” verwag word nie, maar ook “voedsel onluste” en massiewe burgerlike onrus as gevolg daarvan!

Vyfdens, siekte-epidemies sal toenemend voorkom! Geslagsoordraagbare siektes soos VIGS, sifilis, gonorree en herpes sal die voortou neem, as gevolg van ons nasies se walglike lewensstyl en goddelose weë. Die Ewige God sal nie toelaat dat ons verdorwe gedrag voortduur sonder dat die strawwe wat sulke losbandigheid regverdig, toenemend voorkom nie. God laat nie met Hom spot nie!

Sesdens, die soewereiniteit van die Engelssprekende nasies sal geweldig verswak en selfs oorheers word deur immigrante wie se waardes teenstrydig is met dié van hul gasheer-lande. Ons sien selfs nou roeringe van die “Reconquista”-beweging in die Amerikaanse Suid-Weste, waardeur sekere voorspraakmakende Spaans-Amerikaanse groepe daarop aandring om groot dele van Kalifornië, Arizona, Nieu Mexico en Texas “herverower” te sien deur Mexico. As gevolg van hierdie politieke druk, asook die maatskaplike druk wat veroorsaak word deur dwelmsmokkel en ander misdade in noordelike Mexico, kan Amerika verwag dat die verskriklike geweld aan sy suidelike grens sal voortduur en toeneem – met duisende mense wat aangerand, vermink, verkrag en vermoor sal word!

Ten sewende, in ’n verskynsel wat voorheen meestal beperk was tot Europa, sal radikale Islamiete begin om, soos nog nooit voorheen nie, hulself te laat geld in Amerika en eis dat hulle Moslemse wette toegelaat moet word om Amerikaanse burgers te regeer. Wees op die uitkyk vir ’n toename in intimidasie – van plaaslike regerings – deur “politieke korrektheid” en selfs openlike geweld – as daardie ekstrimiste nie hul sin kry nie.

Ten agtste, China sal nie die oorheersende mag van die 21ste eeu wees nie. Self geteister deur toenemende finansiële en maatskaplike probleme, sal die Chinese invloed afneem en sal ’n “Europese Ryk”, gelei deur Duitsland, na vore beur in wêreldsake. ’n Verbrokkeling van die huidige struktuur van die Europese Unie en die ondergang of ineenstorting van die euro geldeenheid, sal gevolg word deur die kragtige samesmelting van tien nasies in Europa – wat gelei sal word deur ’n baie charismatiese “leiersfiguur”. Daardie leier sal die geprofeteerde “Dier” wees, wat beskryf word in Openbaring 17 en 18. Dit sal die laaste herlewing van die historiese Heilige Romeinse Ryk wees, wat Europa vir eeue lank oorheers het. Dit sal die heel invloedrykste menslike entitiet op die hele aarde word (sien Openbaring 13).

Ten negende, vandag sien die meeste waarnemers ’n gemoderniseerde, verwarde Rooms-Katolieke Kerk, gewond deur skandale van kindermolestering en ander onsedelike praktyke. Anders as wat baie mense verwag, openbaar profesie dat ’n her-bekragtigde verenigde en magtige Roomse Kerk gedurende die volgende paar jaar sal verskyn as ’n wêreldleidende invloed. Na aan die einde van hierdie tydperk, sal dit lyk of die leier van daardie Kerk wonderwerke verrig. Die Skrif beskryf hierdie man as een wat letterlik “vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense” (Openbaring 13:13). Hierdie leier en sy kerk, wat gesamentlik en gelyktydig sal saamwerk met die herleefde Heilige Romeinse Ryk, sal die ware mense van God vervolg, soortgelyk aan wat dit in die Donker Middeleeue gedoen het (Openbaring 17:6).

In die tiende plek, bevrees vir die mag van hierdie godsdienstig-politieke herlewing van die ou Romeinse Ryk, sal ’n groep Arabiese state in die Midde-Ooste en Noord-Afrika ’n alliansie vorm, gelei deur ’n leier wat in die Skrif beskryf word as die “koning van die Suide” (Daniël 11:40-45). Hierdie koning en sy magte sal die toekomstige Europese “Diermoondheid” uitdaag of aanval. Hulle handeling sal ’n gevaarlike Midde-Oosterse oorlog verhaas, wat uiteindelik die uitbreidende bedreiging van Islam sal verbrysel.

In die elfde plek, God sal meer as ooit tevore letterlik die Amerikaners en die volke van Britse afkoms “skud” met aardbewings. Jesus Christus het geprofeteer toe Hy die eindtydse gebeure beskryf het: “En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees” (Lukas 21:11). Mense wat sinies is sê dat hulle nie enige statistiese bewyse sien van ’n noemenswaardige toename in die getal of graad van intensiteit van onlangse aardbewings nie – maar met die groeiende wêreldbevolking is dit nie te betwyfel dat miljoene meer mense as ooit tevore, daardeur geraak sal word nie. Afgesien van wat die spotters sê, raak daardie skuddings al hoe meer. Dit is nie slegs mense wat die Bybel bestudeer wie in die afgelope jare die groot toename in sterkte van aardbewings, vanaf Haïti en Chili in die Westelike Halfrond, tot Japan, Sumatra en Christchurch en andere in die Oostelike Halfrond, opgemerk het nie. Die grote God – wie nie net die weer beheer nie, maar Sy hele skepping – sê: “Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe” (Hebreërs 12:26). Watter soort “skudding” sal dit verg om die meeste mense wakker te skud? Toenemende miljoene Amerikaners en volke van Britse afkoms begin om God se Wet en Sy verordeninge te “verag” – die hele lewensweg wat die Bybel aan ons voorhou. Presies soos dus voorspel is, begin die Almagtige God nou om Sy ingryping krahtiger te maak om ons tot ons sinne te “skud”!

In die twaalfde plek, die ware Jesus Christus – die Christus van die Bybel – sal finaal terugkeer na hierdie aarde as Koning van die konings (Openbaring 11:15). Skokkend, omdat die nasies van hierdie wêreld so heeltemal mislei is, sal honderde miljoene ontstoke mense letterlik teen Jesus Christus Self veg – asof Hy een of ander gevreesde vreemde invaller uit die ruimte is – wanneer Hy na die planeet Aarde terugkeer om vrede en gesonde verstand in hierdie verwarde wêreld te hervestig (Openbaring 17:14).

Teen die einde van hierdie tydperk sal die grootste deel van die mensdom geweldig verwar word deur Satan die duiwel en sal allerhande soorte verdorwenhede aanhang – met inbegrip van nuwighede soos “dieselfde-geslag huwelike” en selfs erger as dit, tesame met bose godsdienstige gebruike wat laster teen die ware God insluit, selfs tot op die punt van duiwelsaanbidding. Ontelbare verwarde mense sal “God vervloek” wanneer Hy Sy plae oor hulle uitstort in ’n poging om hulle te verootmoedig en hul wakker te skud: “… en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie” (Openbaring 16:11).

Bid vir BEGRIP

My vriende, die aanvoorwerk vir sommige van hierdie vreeslike gebeure is reeds gelê – nou! Oor die volgende paar jaar van u lewe sal u hierdie gebeure sien saamval. Onthou,tensy ons in Amerika en Brittanje asook ander moderne Israelitiese nasies ons waaragtig bekeer en begin om die Skepper-God – die God van die Bybel – te dien en te gehoorsaam, sal ons lewens nooit weer dieselfde wees nie.

Lesers wat hierdie tydskrif alreeds vir ’n geruime tyd lees weet dat ek gewoonlik nie so ’n eenvoudige en duidelike beskrywing aan u, as lesers, gee rakende die skokkende gebeure wat voorlê nie. Namate ons egter ons eie mense sien waansinnig, opgewonde en walglik raak in hulle opstand teen die ware God – soos die afstootlike insident in Junie 2010 toe die homoseksuele agenda hulle sin gekry het in New York met die goedkeuring van dieselfde-geslag “huwelike” – voel ek dit is my God-gegewe verantwoordelikheid om u nog meer as voorheen te help besef waarheen dit alles lei.

Geagte intekenaar, verstaan asseblief mooi! Die Almagtige God is nie beïndruk met die verblinde en verwarde mans en vrouens van die staat New York se Wetgewer nie. Nog minder word Hy geïntimideer deur gemene menslike redenasies van “liberale” regters in ons nasie se verwarde regstelsel. Nog minder word Hy uitgedaag deur enige nietige mens of groep mense. Die waaragtige God van die Bybel sê: “Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen” (Jesaja 46:9-10).

U behoort dus te verstaan waarom hierdie verskriklike dinge binnekort sal plaasvind. Weereens, ons het deur middel van ons tydskrifte en boekies oor die laaste paar jaar ons bes gedoen om dit alles duidelik te maak. Vir diegene van u wat egter nuwe intekenaars is of laat “ingeskakel” het, dink asseblief hieraan: Ons in Amerika en die ander nasies van Britse afkoms het elke geleentheid gehad om die geïnspireerde openbaring wat van God af kom – die Heilige Bybel – te bestudeer en te verstaan. Dit is voor-die-hand-liggend dat ons die God van die Bybel verwerp het. Ons het as’t ware die Tien Gebooie as ’n gids vir Christelike lewenswyse, by die agterdeur “uitgegooi”. Ons verbied toenemend die gebruik van die woorde “God” of “Jesus Christus”, in baie van ons openbare vergaderings.

Dit is eenvoudig verstommend, as u daaraan dink dat, oor die laaste 200 jaar of meer, sodanige uitinge van agting vir die Almagtige, byna altyd ingesluit was! Die meeste van ons belydende “Christelike” leiers is ook in algehele verwarring – hul sluit dikwels aan by “intergeloofs”-konferensies of sluit selfs aan by godsdienstige samekomste waaraanbidding van Buddha of Alla ingesluit is tesame met die aanbidding van hul vervalste weergawe van Jesus Christus! Dit lyk of die meeste belydende Christene geen bewustheid of diepe agting het vir die kragtige leringe van die ware Jesus Christus van die Bybel, Wie onder andere gesê het: “En wat noem julle My: Here, Here! en doen niewat Ek sê nie?” (Lukas 6:46).

Ware Christelikheid is nie slegs een “opsie” tussen baie ander ewe geldige godsdienste nie. Dit is die unieke Waarheid – die Waarheid wat alleen die werklike oorsprong van lewe verduidelik, die ware wette van die lewe, die werklikedoel van lewe en hoe om daardie ontsagwekkende doel te bereik. Maar, weereens, Satan die Duiwel het ’n meesterlike werk verrig deur die hele wêreld totaal te mislei. Die apostel Paulus was geïnspireer om Satan te beskryf as “die god van hierdie wêreld” (2 Korinthiërs 4:4) en as die “owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Efesiërs 2:2). Die geliefde apostel Johannes beskryf hom as die “duiwel en Satan wat die hele wêreld verlei [mislei]” (Openbaring 12:9).

Indien God u verstand open – moontlik deur hierdie einste Werk – dan behoort u te begin om die dinge wat ek nou sê, op een of ander manier te “bewys”. Indien ek reg is, dan gaan u en u geliefdes egter die verskriklikste en mees traumatiese gebeurtenis in die ganse menslike geskiedenis beleef! Toe Hy die jare wat voorlê beskryf het, sê Jesus Christus: “Want daardie dae sal daar ’n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie” (Markus 13:19).

Iewers op hierdie aarde het die Almagtige God wel ’n ware Kerk met ware leraars wat aan u die werklike Waarheid sal leer. Dit berus by u om God te “soek” en noukeurig uit te vind en te bewys waar God besig is om te werk.

Bid vir MOED

My vriende, indien u die agtergrond van die boek Esegiël noukeurig bestudeer in Bybel-woordeboeke en ander bronne, sal u vind dat dit ongeveer 593-571 v.C. geskryf is. U sal ook vind dat die antieke “Huis van Israel” ongeveer 721 v.C. in Assiriese ballingskap geneem is – heelwat meer as 100 jaar voordat die boek Esegiël geskryf is! Nogtans, regdeur die boek Esegiël, beskryf God oor en oor die strawwe wat Hy beplan om oor die “Huis van Israel” te bring. Sy waarskuwing, soos Hy dit so duidelik maak, was nie slegs bedoel vir die “Huis van Juda” (die Joodse volk van vandag), wat destyds ’n heel ander nasie as Israel was, nie (Esegiël 3:1, 17; 4:1-6; 5:4).

Indien u Esegiël noukeurig bestudeer, word dit baie duidelik dat die meeste van die profetiese gebeure wat God beskryf, toekomstige gebeurtenisse is wat na aan die “eindtyd” sal plaasvind wanneer die moderne afstammelinge van antieke Israel weereens in ballingskap sal gaan. Indien u ons insiggewende boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, bestudeer kan u aan uself bewys dat die Anglo-Saksiese-Keltiese volke – dwarsdeur Amerika, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu Zeeland en Suid-Afrika, sowel as die vredeliewende volke van noordwestelike Europa – werklik die afstammelinge van die sogenaamde “Verlore tien stamme” van Israel is. Met daardie kennis sal u besef dat talle groot eindtydse profesieë direk praat met die moderne afstammelinge van antieke Israel. Dit is ’n belangrike “sleutel” om eindtydse profesieë te verstaan.Hierdie profesieë is besig om tans in vervulling te kom – voor ons eie oë!

In Esegiël 33 sê God dat Hy ’n “wag” aangestel het om Israel te waarsku oor wat hulle moet doen in die eindtyd. Kyk wat sê God: “As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ’n siel uit hulle weg – dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis. En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku” (Esegiël 33:6-7).

Ons by die Wêreld van Môre is deel van die Werk van die lewende Christus en volvoer die verantwoordelikheid van hierdie eindtydse “wag”! Ons verstaan dat die boodskap wat ons verkondig vir die meeste mense slegs ’n “getuienis” sal wees en nie gretig ontvang sal word nie. Die feit dat u egter hierdie artikel lees, beteken dat u heel moontlik een van daardie mense is wat God nou roep om die boodskap te verstaan en daarop te reageer! Indien u werklik geïnteresseerd is om meer te leer aangaande die ware profetiese gebeure wat binnekort voorlê asook om dit te verstaan, bestel dan asseblief – en bestudeer dit werklik aan die hand van u Bybel – ons gratis boekies, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?; Veertien Tekens wat Christus se Wederkoms Aankondig; Die Dier van Openbaring; Die Midde-Ooste in Profesie; Openbaring: Die Verborgenheid Onthul en Wie of Wat is die Antichris? Om u gratis kopieë te bestel, nader die Streekskantoor naaste aan u (soos gelys op bl. 2 in hierdie tydskrif), of gaan na ons webwerf www.wvm.co.za om die boekies te bestel of om dit aanlyn te lees.

Ons in hierdie Werk wil baie graag tot u diens wees. U kan uitvind – indien u graag wil – dat ons daartoe verbind is om Jesus Christus se “Groot Opdrag” kragtig uit te voer. Ons besef dat dit kan beteken dat ons ons “gerieflike” lewens in die wêreld moet prysgee. Indien ons die Waarheid van God kragtig verkondig, weet ons dat ons eie vriende en familie ons moontlik sal begin haat, omdat ons ’n boodskap verkondig wat nie gewild is nieNogtans, omrede ons “die vrees van God” het, en omdat ons waarlik weet dat Sy bedoeling met ons is om ’n boodskap te verkondig wat die meeste mense in ons “verblinde” samelewing teen die einde van hierdie verwarde tydperk, nie wil aanvaar nie, is ons gewillig om dit te doen – omdat ons weet dat God ons beveel het om dit te doen!

Dus – vir u beswil – skryf asseblief vir hierdie gratis boekies en ander leesstof wat hierbo genoem is en bewys aan uself dat wat ons sê, die waarheid is! Vra God dan vir die geloof en moed om te handel volgens die Waarheid. Laat ek u verseker dat gedurende die volgende drie tot ses jaar van u lewe, die twaalf mylpale wat ek vroeër genoem het, baie meer intens sal toeneem as wat die meeste mense selfs sal begin besef. Hierdie wêreld-veranderende gebeure sal ’n massiewe uitwerking hê op die sogenaamde “Amerikaanse lewenswyse”. Hulle sal ’n massiewe uitwerking hê op ons lesers wat in Kanada, Brittanje, Australië, Nieu Zeeland en elders woon, deur die hele Engelssprekende wêreld. U behoort God dus te vra vir die begrip en die moed om werklik aan uself die Waarheid te bewys wat nou vryelik beskikbaar is vanaf u Skepper. Hierdie profetiese gebeurtenisse wat binnekort voorlê, sal duisende mense letterlik tot hul sinne “skud” – ek bid hoopvol dat u onder daardie mense sal wees wat deur God geroep word voordat hierdie eindtydse gebeure vernietiging oor ons volke bring.

Mag God aan u die begrip en nederigheid skenk om te reageer op wat ek geskryf het – om uself te onderwerp aan die God van die Bybel. Ons in hierdie Werk van die lewende Christus is inderdaad God se “wagte” om u te waarsku – voor die tyd – aangaande wat binnekort voorlê. Hierdie toekomstige dinge wat ek beskryf het, is werklik en sal u lewe vir altyd verander. Mag God U help om te reageer op Sy Waarheid voor dit te laat is!