Terwyl ek ’n jongeling was het ek en my gesin naby ’n smidswinkel gewoon. Die smid was ’n man wat opgelei was om ’n stuk metaal te neem, dit te verhit, te klop en te verkoel – om sodoende nuttige en handige artikels te vervaardig. Sy gereedskap was eenvoudig, sy krag was baie en sy oog was skerp. Die smid se gereedskap was min: ’n Hamer, aambeeld en vuurherd. Sy vuurherd was gebruik om hitte te produseer, sy aambeeld was ’n groot stuk soliede metaal om met die hamer daarop te slaan. Hy het ’n noodsaaklike diens verrig vir die plaaslike gemeenskap. Wat hy ons geleer het, is vandag steeds toepaslik.

Die proses om goeie produkte van metaal te vervaardig kom baie ooreen met die proses om goeie karakter te bou. Een is ’n fisiese proses, die ander ’n geestelike proses. Die “materiaal” waarmee gewerk word is verskillend, maar die proses is baie dieselfde. Smedery maak ’n volmaakte Bybelse vergelyking.

Die apostel Paulus het aan die Christene in Korinthe gesê: “En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is” (1 Korinthiërs 3:12-13).

Die grondslag wat hier beskryf word, is karakter, die soorte materiaal wat Paulus opnoem beeld eienskappe wat wissel van die beste tot die swakste uit. Goeie karakter, soos goud, kan getoets word, maar dit sal suiwer en vlekkeloos bly. Swak karakter, daarenteen, soos strooi, sal nie staande bly in die hitte nie.

Teenspoed soos siekte, dood, werkloosheid, gesinsprobleme en “die vuurgloed van vervolging” kan nodig wees om ons karakter te toets (1 Petrus 4:12-13). Hoe ons ons gedra te midde van die hitte en druk van ons beproewings, bepaal ons karakter. Om karakter te bou wat aan God welgevallig is, moet ons getoets en beproef word. Dink aan die Bybelse verhaal van Job, ’n ryk man wat ’n goeie pa was en God erken het, maar wat in sy eiegeregtigheid trots was op sy prestasies. God het Satan toegelaat om Job te stroop van sy aardse besittings (Job 1:12) en om hom later te teister met fisiese siekte en ander lyding.

Dit was nodig dat Job ’n les moes leer, teen die einde van die boek wat sy naam dra, het hy ’n verandering van gesindheid ondergaan: “Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien” (Job 42:5). Job het geleer om ’n meer realistiese en nederige siening van homself te hê, hy het geleer om op God te vertrou, wat hy voorheen nie gedoen het nie.

Op ons eie manier gaan ons almal deur weergawes van Job se ondervindings. Wanneer ons dit doen, wil God hê ons moet verstaan dat ons beproewings geleenthede is om heilige en regverdige karakter te bou deur die wyse waarop ons reageer. Niemand is vrygestel nie; God gebruik selfs “vurige beproewings” om die karakter en geloof van Sy diensknegte op dramatiese maniere te toets. In die boek van Openbaring gee die apostel Johannes aan ons die vergelyking van fyn goud om God se dienaars wat “lou” en nie “aan die brand” is vir Sy werk nie, te vermaan: “Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien” (Openbaring 3:18).

Die smid van vergange se dae het artikels vervaardig wat sal bly bestaan. God gebruik ’n soortgelyke proses om karakter te bou in sy dienaars. Die Bybel beskryf die vinnig naderende Koninkryk van God, waarin vandag se Christene – wie se karakter vervolmaak is deur beproewings en toetse dwarsdeur hulle lewens – onder Jesus Christus, sal regeer as geestelike wesens. Hierdie veredeling sal nie net uithouvermoë tot gevolg hê nie, maar ook skoonheid: “Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ’n mens silwer louter. U het ... ’n swaar las op ons heupe gelê ... ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed” (Psalm 66:10-12).

God is besig met die vervolmaking van diensknegte deur hulle Sy lewenswyse te leer. Leer meer hieroor deur die lees van ons boekies soos: Hervestig oorspronklike Christenskap, en Wat is ’n ware Christen? U kan dit aanlyn lees, dit aflaai, of u eie gedrukte kopieë bestel, alles absoluut gratis.