Waar kom die druk vir dieselfde-geslag huwelike vandaan en watter uitwerking sal dit op die samelewing hê? Moet uself nie laat mislei nie!

In ’n skaamtelose poging om die menslike ras te vernietig, het Satan die duiwel miljoene mense beïnvloed om die idee van mans wat met mans “trou” en vroue wat met vroue “trou” te aanvaar!

Intelligente mense word mislei deur slim argumente en taktiek wat hulle laat dink dat hierdie eens ongehoorde praktyk ’n “burgerlike reg” behoort te wees.


Ons wêreld is vinnig besig om te verander! Dit is ongelooflik om te sien hoe vinnig so baie mense ’n nuwe lewenswyse, wat vir eeue lank ondenkbaar was, begin aanvaar het. Selfs so onlangs as 40 jaar gelede in 1973, het die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging nog steeds die praktyk van homoseksualiteit as ’n “geestelike versteuring” beskou. Dit is nie iets uit die verre donker eeue nie. Hierdie is moderne mans en vroue van wie baie vandag nog leef. Nogtans het hulle toegekyk hoe die APV swig voor die druk van homoseksuele aktiviste en hoe hulle amptelik homoseksuele praktyke as “normaal” verklaar.

’n Mens wonder of hierdie sielkundiges begin begryp wat Jesus Christus bedoel het toe Hy die liste van Satan die duiwel beskryf het? Jesus beskryf Satan só: “Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Johannes 8:44). Satan wil hê dat die mens ’n leuen moet glo!

Daar is baie dokumentasie oor Amerika se onbesonne opmars na ’n nuwe lewenswyse, verwyderd van God se Woord. Die navorser David Kupelian sit die verandering só uiteen:

“Inderdaad, in vyftig jaar het ons gevorder van ’n nasie wat verenig was deur tradisionele Judeo-Christelike waardes na een waarin daardie selfde waardes meer en meer verag, verwerp en as duiwels afgemaak word.

Wat gaan aan? Is die hedendaagse Amerikaners inherent sedelik meer verward en onsedeliker as vorige geslagte?

Natuurlik nie. Ons word op groot skaal ’n rat voor die oë gedraai deur van die vermetelste en mees briljantste bemarkingsveldtogte in die moderne geskiedenis.

Die eenvoudige waarheid is dat binne die bestek van ons leeftyd, baie dinge wat die Amerikaners nog altyd verafsku het, nou verpak, gegeur, mooi toegedraai en aan ons verkoop word asof van groot waarde. Deur vernuftig te speel op ons diepste gevoel van nasionale waardes van eerlikheid, vrygewigheid en verdraagsaamheid, het hierdie bemarkers ons oorreed om alles wat die vorige geslagte sedert Amerika se stigting as uiters selfvernietigend en as boos beskou het, nou te aanvaar as verlig en edel” (The Marketing of Evil, bll. 11-12).

Hierdie transformasie het nie net toevallig of spontaan plaasgevind nie. Dit is deur diegene beplan wat die samelewing radikaal wou verander. Kupelian beskryf een van die talle openbare demonstrasies wat beplan is om die publiek se aandag te trek en simpatie vir hulle saak te werf:

“Een berugte voorval was die aanval op New York se beroemde katedraal van St. Patrick op 10 Desember 1989. Terwyl kardinaal John O’Connor die 10:15 Sondagoggend Mis gelei het, het ’n klomp ‘voorstaanders’ en ‘gay-regte’-aktiviste verwoed buite geprotesteer. Party van hulle, geklee in goudkleurige togas soortgelyk aan kerklike drag, het ’n pornografies-gewysigde vooraansig portret van ’n naakte Jesus opgehys.

Een van die betogers het geskreeu: ‘Jou skynheilige O’Connor, jy maak ons dood!’ terwyl plakkate [van die aktiviste] die aartsbiskop ‘Moordenaar’ genoem het!

Dit het toe regtig lelik geraak. Talle betogers het die kerk binnegekom en dit het uitgeloop op wat baie van die gemeentelede in die volgepakte gebou beskryf het as ’n ‘nagmerrie’.

Die New York Post het berig: “Die radikale homoseksuele het ’n viering van die Heilige Nagmaal verander in ’n gillende gebabbel van ontheiliging deur tussen die banke te staan, te skree en hulle vuiste te swaai terwyl hulle kondome in die lug gegooi het. Een van die betogers het ’n gewyde wafelkoek gegryp en dit op die grond gegooi.

Buite het betogers, baie van hulle lede van die ACT-UP, plakkate gedra wat hulle gevoel teenoor die Rooms-Katolieke Kerk opgesom het: ‘Hou jou kerk uit my lendene’. ‘Hou jou rosekrans van my eierstokke af’. ‘Die ewige lewe NOU vir kardinaal John O’Connor!’ ‘Beteuel jou dogma’” (ibid., bll. 22-23).

Nog ’n belangrike dokument om ons te help om hierdie transformasie te verstaan, is ’n boek wat in 1990 deur twee Harvard-opgeleide aktiviste geskryf is. Hulle het ’n openbare veldtog geloods om die “gay-regte”-beweging te bevorder. Hulle boek is getiteld: After the Ball: How America Will Conquer Its Fear and Hatred of Gays in the ’90s.Kupelian verduidelik:

“Die deurslaggewende faktor van Kirk en Madsen se meesterplan? ‘Die veldtog wat ons in hierdie boek omskryf, hoewel ingewikkeld, hang hoofsaaklik af van ’n program van onbeskaamde propaganda, stewig gegrond in lank-gevestigde beginsels van sielkunde en reklame’ ...

Eenvoudig gestel: Homoseksuele aktiviste noem hulle beweging ‘gay-regte’. Dit bereik twee belangrike doelwitte: (1) Die gebruik van die woord gay eerder as homoseksueel verbloem die omstrede seksuele gedrag wat betrokke is en beklemtoon eerder ’n vae, maar positief-klinkende kulturele identiteit – gay, wat tog voorheen ‘gelukkig’ beteken het en (2) deur hulle stryd van die begin af te beskryf as een wat handel oor ‘regte’, wat impliseer dat homoseksuele persone die basiese vryhede van burgerskap wat ander geniet, ontneem word” (ibid., bl. 24).

Satan se slim leuen

Satan die duiwel gebruik dikwels menslike instrumente om sy doel te bereik – dikwels baie geleerde en slim menslike instrumente. Satan die “opperste bedrieër” wilresultate hê. Hy weet dat mense empatie het met ’n onderdrukte slagoffer, want dit laat hulle beter voel oor hulleself. Hy vestig dus mense se aandag op die idee dat gaymans en vroue “so gebore is” en dit glo nie kan verhelp nie.

Een fokuspunt van sy aanval behels die idee van ’n “gay”-geen – ’n deel van die oorgeërfde samestelling van ’n mens wat veronderstel is om as homoseksueel gebore te wees. Betroubare wetenskap wat geen verband het met die “gay-agenda” nie, het egter getoon dat die bestaan van hierdie geen ’n mite is. In sy tegniese verhandeling:Male homosexuality: Absence of linkage to microsatellite markers at Xq28, gepubliseer in die gerespekteerde tydskrif Science, het kliniese neuroloog, George Rice en sy mede-navorsers bevestig dat geen bewys gevind kon word vir die verband tussen die veronderstelde “gay-geen” en ’n neiging tot homoseksuele oriëntasie nie. Nadat dr. Dean Hamer gedwing is om op die vraag te antwoord, het die voormalige “gay-geen” advokaat, wie se aktivisme 20 jaar gelede heel eerste hierdie idee gepropageer het, toegegee dat: “Daar is nie ’n enkele meester-geen wat mense gay maak nie ... Ek dink nie ons sal ooit kan voorspel wie gay gaan wees nie” (Science of Desire, Salt Lake Tribune, 28 April 1995).

Die idee van ’n “gay-geen” – wat beslis die hele tyd beïnvloed en gelei word deur Satan die duiwel – word steeds deur die homoseksuele aktiviste gebruik om liggelowige mense te oortuig dat hulle behoort te glo homoseksuele persone kan “hulleself nie help nie”. Uit ervaring weet ons dat mense ’n neiging tot alkoholisme mag hê as gevolg van die oorgeërfde samestelling van hulle familie, net soos die neiging om vet of maer te wees, of ’n neiging om ’n geweldige humeur te hê, ens. Indien u die Woord van God se duidelike stellings glo, sal u weet dat daar absoluut geen manier is dat die God van die Bybel sal toelaat dat enigiemand op enige tyd so “gebore” sal word en so verplig sal wees om sonde te doen nie – sodat hy teen God se duidelike voorskrifte móét optree nie! Die Almagtige God het die apostel Paulus geïnspireer om te skryf: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).

God sal nooit iemand dwing om te sondig nie. Dit behoort baie duidelik te wees uit hierdie en soortgelyke verse wat dieselfde sê. Dit is nie net ’n paar woorde uit die Skrif wat so sê nie, daar is nog ’n paar dapper leiers in die gemeenskap wat onthou wat ons almal slegs ’n paar dekades gelede geweet het.

Waarom die verandering?

Vir party aktiviste is dit eenvoudig: Hulle begeerte om “persoonlike bevrediging”, ongeag die verskriklike uitwerking wat dit moontlik op die gemeenskap kan hê, is al wat saak maak. Om duisende jare se tradisie of siviele wette wat lank reeds bestaan te verander is vir hulle van geen belang nie. Al het elkeen van hierdie aktiviste ’n ma en ’n pa gehad, wil hulle ’n samelewing sien waar die biologiese werklikheid plek maak vir die "polities korrekte" afdwinging van “twee mammas” of “twee pappas” in huishoudings wat daardie leefstyl verkies.

Wie dink aan die verskriklike gesondheidsgevolge? Navorsing het getoon dat – selfs afgesien van die verskriklike lyding van VIGS – mans wat seks met mans bedryf, ’ndramaties korter lewensverwagting as ander mans het. Die hoër selfmoordsyfer onder homoseksuele mans dra hiertoe by, asook ander siektes wat verband hou met sindelikheid. Sommige selfmoordsyfers behels alkohol- en dwelmmisbruik wat so ’n algemene deel van die “gay-leefstyl” is.

Die aktivis het die toneel verlaat en die massa-media huiwer nie om die baie werklike en kommerwekkende gevolge van rook uit te wys wat ’n roker se leeftyd met ’n dekade kan verkort nie. Hulle is egter stil – keur dit selfs goed – wat baie dokters geëien het as ’n leefstyl wat ’n man se lewe met 20 jaar of meer kan verkort!

Uiteindelik maak dit nie saak wat die media sê, of wat gesondheidsamptenare bevind nie. Die “sleutelfaktor” waarna ons werklik bereid moet wees om na te luister is: Wat sê die Almagtige God, die Skepper van hemel en aarde, oor hierdie idee van dieselfde-geslag “huwelike”?

Wat God sê

Die Almagtige God het antieke Israel beveel: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Levitikus 18:22). In die Nuwe Testament het God die apostel Paulus geïnspireer om te beskryf hoe die “groot denkers” van sy tyd eintlik gesien word in die oë van die Almagtige God: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword” (Romeine 1:22). Paulus gaan voort: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang” (verse 26-27).

Is Paulus se woorde moeilik om te verstaan? Dit lyk of selfs baie belydende Christelike predikante dit moeilik vind om te erken dat God hierdie soort gedrag ten sterksteveroordeel. Hoekom sal iemand graag gedrag wil bevorder wat die Almagtige God Self ’n gruwel noem?

Almal van u wat werklik die Bybel bestudeer weet dat dit baie direkte opdragte en voorbeelde bevat wat duidelik aandui dat ons Skepper die huwelik bestem het om ’n verbintenis te wees tussen een man en een vrou. God het nie “Adam en Adam” geskape nie! Hy het Adam en Eva geskape. Jesus Christus Self het baie duidelik gesê: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees” (Mattheüs 19:4-5).

Die apostel Paulus is geïnspireer om aan ons te sê dat die voorgenome verhouding tussen ’n man en sy vrou die verhouding tussen Christus en die Kerk versinnebeeld. Paulus skryf: “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het” (Efesiërs 5:22-25). Die apostel Paulus gee geïnspireerde voorskrifte aan die weduwees en skryf: “Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie” (1 Timoteus 5:14). Dit is God se bepaalde doel vir die huwelik.

Paulus is geïnspireer om te skryf: “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus ... Want ’n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man. Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man” (1 Korinthiërs 11:3, 7-9).

Mans behoort te verstaan dat die ewige God ons vroulike maats geskape het om die pragtige metgeselle en helpers van ons manne te wees. Hiervoor behoort ons almalbaie dankbaar te wees! Wanneer ek na ’n dag se werk my huis binnestap, is ek dankbaar dat ek ’n pragtige kameraad het wat my met ’n baie liefdevolle omhelsing groet. Ek is dankbaar vir haar vroulike skoonheid, haar sagte vel en die reuk van haar hare. Vir my kan geen ander man ooit hierdie rol vervul nie – nog minder as wat ’n muil of ’n kangaroe dit kan doen! Ek is diep dankbaar vir God se gawe van die man-vrou verbintenis!

God die Skepper sê aan die mans: “Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees” (Spreuke 5:18-19). God verheug Hom in die natuurlike liefde tussen ’n jong man en sy vrou in die huwelik. Hy is tog die Outeur van die huwelik – nie enige man of die howe van mense nie! God het aan die Israeliete gesê dat Hy hulle offers om een rede nie sal aanneem nie: En julle vra: Waarom? “Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond. Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ’n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie” (Maleagi 2:14-15).

Die verbond van die huwelik

Die “verbond” van die huwelik is deur ons Skepper ingestel om ’n “goddelike nageslag” voort te bring! Hoe kan ’n verbintenis wat deur mans wat die Bybel verwerp het, ’n “goddelike nageslag” tot gevolg hê? Hoe kan hierdie onbybelse gebruik van die menslike liggaam, verstand en persoonlikheid ooit welgevallig wees voor die Skepper-God wat aan ons lewe en asem skenk?

’n Paar jaar gelede het ek en my gesin my moeder in Joplin, Missouri besoek. Aangesien my kerk in daardie dae geen plaaslike gemeente in Joplin gehad het nie, het ek ons hele gesin in die stasiewa gelaai en na Springfield gery om daar dienste by te woon. Omdat my ouma wat ’n Metodis was, my graag wou hoor preek, het ons haar sowel as my dogter Elizabeth, saamgeneem. Hoewel die idee op daardie oomblik nog nie by my opgekom het nie, het ons plaaslike leraar in Springfield, toe hy my vir die preek bekendstel, ewe bedagsaam opgemerk: “Broers en susters, ons het vandag vier geslagte Merediths saam met ons! Mnr. Meredith het vandag sy moeder en sy ouma en sy dogter Elizabeth saam met hom gebring”.

Deur die dekades heen het my pa se ouers, my eie ouers, verskeie ooms en tantes almal melding gemaak van die betekenisvolle ooreenkoms tussen elkeen van ons: “Jy lyk net soos jou ma” of, “Jy het hierdie eienskap net soos oom John”. Ons het gedeelde herinneringe van hoe my “oupa Meredith” sy jong vrou, Elizabeth Cunningham Meredith, in ’n tentwa na Oklahoma gebring het, voordat Oklahoma as ’n staat erken is. Dit het toe nog bekend gestaan as Indiaanse gebied. Ek sal altyd die vreugdevolle familie-byeenkomste met ooms, tantes, neefs en niggies onthou – sowel as ons ouers en grootouers – wat liefdevol baie stories oor ons gemeenskaplike erfenis vertel het. Elkeen van ons was die dankbare produk van die verbintenis tussen ’n moeder en ’n vader. Ons het seëninge ervaar wat God begeer vir al die gesinne en families wat Sy geïnspireerde patroon van familie en gesinslewe volg!

Die gesin is die sleutel!

My vriende, ons Skepper word self “Onse Vader wat in die hemele is” genoem (Mattheüs 6:9). Hy het ons na Sy beeld geskape. Hy is van voorneme om ’n gesin te bou deur Sy Gees-verwekte kinders, deur ons te “verwek” met ’n deel van Sy Goddelike natuur deur middel van die Heilige Gees (2 Petrus 1:3-4). God se voorneme is dat die menslike gesin ’n “tipe” van Sy Goddelike gesin moet wees, met die liefdevolle vader as die hoof van gehoorsame kinders wat ’n gemeenskaplike erfenis deel – want hulle spruit direk uit die “saad” van God die Vader (1 Johannes 3:9). Op hierdie wyse, as ons eers ten volle “uit God gebore” is, sal ons die werklike aard van God weerspieël op ’n manier wat slegs moontlik is as ons hierdie gemeenskaplike erfenis deel.

Wanneer die gesinstruktuur wat deur God ingestel en deur Hom ontwerp is en wat die mensdom vir duisende jare gedien het, vernietig word– sal die gehalte van die nasies, stede en gesinne nooit weer dieselfde wees nie! Ons vra dat God ons almal help om wakker te word! Mag God ons almal help om “uit te roep” dat Christus se Koninkryk gou moet kom. Dit is die enigste ware en permanente oplossing. Dit is die enigste krag om Satan se leuens te weerstaan, namate hy al hoe meer mense beïnvloed om “dieselfde-geslag huwelike” te aanvaar. Indien ons dit nie weerstaan nie, kan ons verwag om nie net veelwywery te sien nie, maar ook veelmannery en “groepshuwelike”, wat alreeds deur sommige mense bespreek word, asook baie ander nuwe planne sal ook na vore kom om dit wat God beoog het te vervang.

Verstaan asseblief! Niemand hoef “vasgevang” te voel in homoseksualiteit nie, of bang te wees dat dieselfde-geslag huwelike die beste vir hulle mag wees nie. Hoewel homoseksuele aktiviste “terapie om te herstel” as omstrede beskou en sommige behandelings meer effektief kan wees as ander, is daar baie voorbeelde van gelukkige mans en vrouens wat die “gay”-lewenswyse laat vaar het, wat ontslae geraak het van hulle vroeëre aangetrokkenheid tot dieselfde geslag en nou getroud is met ’n liefdevolle eggenoot van die teenoorgestelde geslag! Sommige mense het hulp gevind by wêreldse terapeute soos dié wat verbonde is aan die Nasionale Vereniging vir Navorsing en Terapie van Homoseksualiteit. Andere het hulle tot beraders verbonde aan hulle godsdienstige geloof gewend. Dit is ’n feit dat God niemand dwing om ’n homoseksuele lewenswyse te leef nie. Vir diegene wat uit daardie lewenswyse wil kom sal God die wil en die weg voorsien. Vir Christene wat die Heilige Gees het, is God se direkte krag beskikbaar om te help om hierdie en enige ander menslike swakheid te oorkom!

Ons moet die leuens van Satan die duiwel weerstaan. Waarlik, as ons hierdie dinge voor ons eie oë sien ontplooi, behoort dit die uitdruklike betekenis te gee aan wat Jesus ons aangesê het om eerste te vra wanneer ons bid: “laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde” (Mattheüs 6:10).