Op 20 Januarie 2025 het president Donald Trump, die vyf-en-veertigste en tans die sewe-en-veertigste president van die Verenigde State, sy tweede termyn begin na ’n onderbreking van vier jaar. President Trump het tydens sy verkiesingsveldtog tot sy inhuldiging beloof om die Verenigde State in ’n “goue era” in te lei – ’n tyd van grootsheid en voorspoed soos geen ander nie. Na ongeveer 100 dae van sy tweede termyn blý sy ondersteuners en teenstanders passievol. Sommige mense vind die vooruitsig skrikwekkend dat die nasie se stelsel van kontroles en balanse tussen die drie takke van die regering wat lank reeds bestaan sal kan verswak. Daar is ook diegene wat verheug is om vinnige vordering in die rigting van hulle lank verwagte doelwitte vir die nasie te sien. Wie is reg? Is die nasie op die rand van ’n rampspoedige afgrond of is dit besig om “weer magtig” te word?
Baie mense wonder tereg of enige regering onder toesig van feilbare mense met beperkte tyd, bekwaamheid en toekomsvisie ooit so ’n tyd kan bewerkstellig soos president Trump beloof het. Kan enige leier die groterwordende sneeubal wat al dekades lank teen die nasie se ekonomiese en kulturele berghelling afstuur, tot stilstand bring of selfs vertraag? Menslike swakheid en soos wat die geskiedenis aandui, maak die antwoord duidelik: Nee. Die Bybel openbaar tragedie en onrus wat voorspel is om nie net oor Amerika te kom nie, maar oor al die hedendaagse afstammelinge van antieke Israel in die laaste dae. Wat sal gebeur met hierdie nasies wat spesifiek in die Bybel voorspel is deur die Ewige God in Jeremia 30:7: “... dit is ’n tyd van benoudheid vir Jakob”?
Die Skrif voorsien ’n reeks van kragtige waarskuwings sowel as die beskrywing van ernstige gevolge vir die oortreding van God se Wette. God het duidelik deur Moses gewaarsku dat Hy die trots van die Israeliete se mag sou breek (Levítikus 26:19). Bykomend tot president Trump se veldtog was die oproepe om Groenland te koop en om die Panamakanaal te herower. Dreigemente van kompetisie van China, magsvertoon van Rusland en eindelose negatiewe druk oor die impak van president Trump se optrede, blyk net sy vasberadenheid te versterk.
’n Profesie beskryf die seëninge wat aan die afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob verleen is: “En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem” (Génesis 24:60)! Rebekka sou die moeder wees van ontelbare afstammelinge wie die poorte van hulle vyande sou “besit”. Hierdie poorte, met inbegrip van seepoorte soos die Panamakanaal, is noodsaaklik vir strategiese beheer en ekonomiese voordeel – en hulle, tesame met ontsaglike hulpbronne en die militêre en finansiële invloed om dit in stand te hou en te ontwikkel, is werklik die “trots” van Amerika se mag, indien enigiets ooit was.
Hierdie seëninge het nogtans mettertyd verdwyn en is weggeneem as gevolg van nasionale rebellie teen die Ewige God. Dit stem direk ooreen met nasionale sondes – oortreding van God se groot geestelike Wet – die Tien Gebooie – wat die invloed en mag van die V.S., die Verenigde Koninkryk en ander hedendaagse afstammelinge van antieke Israel beïnvloed. Hulle gesamentlike morele agteruitgang het gelei tot die verlies van strategiese seepoorte en selfs die verkoop van hulle natuurlike hulpbronne – net soos God beloof het toe Hy gesê het Hy sou “die trotse mag” van hulle mag verbreek.
Die ware Verlosser
Is daar enige moontlikheid vir ’n “goue era” wat gereed is om te materialiseer? Nee – of in elk geval nie op die manier wat deur die Amerikaanse bevolking en die immer oplettende nasies van die wêreld nagestreef word nie. Terwyl ’n “goue era” wat bekend staan as die Millennium binnekort sal aanbreek, is dit nodig dat ander profetiese tendense nog ontwikkel wat alle nasies in ’n finale groot krisis sal dompel voordat die ware Verlosser terugkeer.
Terwyl ons die verlies van seëninge en die vervulling van God se getroue waarskuwings asook die gevolge van sonde sien, laat ons al nader aan ons God beweeg en nou al voorberei vir die duisendjarige heerskappy van Jesus Christus – wanneer God se regering blywende vrede en voorspoed aan alle nasies sal bring.
Indien u meer wil leer oor die Bybelse identiteit van Amerika en Groot-Brittanje en die profesieë met betrekking tot hulle lotgevalle in die nabye toekoms, lees Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? Om meer te wete te kom oor Jesus Christus se komende “goue era”, lees Die toekomstige wêreld: Hoe sal dit wees? Albei is gratis beskikbaar by die streekkantoor die naaste aan u. Die lys verskyn op bladsy 2 van hierdie tydskrif. Albei kan ook aanlyn gelees word by wvm.co.za.


