Jesus Christus het vir Sy dissipels gesê dat Hy Sy Kerk sou bou en dat die poorte van die dood dit nie sou oorweldig nie. Indien ons Hom glo en óns by Die Wêreld van Môre glo dit, moet daardie Kerk vandag tog êrens op aarde bestaan, maar wáár? Ons kan simpatie hê met mense wat net moed opgee wanneer in ag geneem word dat daar ’n menigte denominasies met teenstrydige leerstellings en praktyke bestaan. Hoe kan almal van dieselfde bron af kom?

Hierdie uitgawe van Die Wêreld van Môre werp lig op twee verskillende rigtings wat die Christendom in die vroeë eeue ná Jesus Christus se opstanding geneem het. Sewentienhonderd jaar gelede het die Raad van Nicea vergader om sekere leerstellings te standaardiseer en uiteindelik die pad gedefinieer wat as hoofstroom beskou is, hoewel aanhangers op daardie pad vandag nouliks dieselfde mening huldig. Diegene wat ’n ander rigting inslaan, verskil ook in hulle oortuigings en praktyke, maar enigeen wat nie ooreenstem met die hoofstroom is nie, is as ketters beskou en het dikwels groot vervolging verduur.

Die Raad van Nicea, soos dit verduidelik word in Wallace Smith se artikel elders in hierdie uitgawe was ’n waterskeidingsgebeurtenis wat plaasgevind het in die stad Nicaea in noordwes Klein-Asië (hedendaagse Turkye). Ses ander belangrike “ekumeniese rade” het oor die eeue gevolg om eweneens te identifiseer watter leerstellings die hoofstroom sou definieer. My artikel elders in hierdie uitgawe, “Die Kerk agter die Wêreld van Môre” beskryf een van die klein, vervolgde groepies gelowiges wat die minder gewilde rigting ingeslaan het – maar enige Bybelstudent behoort te weet dat die gewilde pad selde, indien ooit, die een is wat goed eindig (Matthéüs 7:13-14, 21-23).

 

Die Rots van verlossing

Die Kerk wat Jesus gebou het, is nie – soos baie Bybelstudente geleer is om te glo – op die apostel Petrus gebou nie. Dit is in werklikheid op Christus Sélf gegrond. Let op wat Jesus gesê het: “En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, [van die Griekse petros, ’n stuk rots of ’n klein stukkie rots], en op hierdie rots [van petra, ’n massiewe rots, verwysend na Homself] sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matthéüs 16:18). Jesus het Sy Kerk “op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” gebou (Efésiërs 2:20). Ja, Jesus – nie Petrus of Paulus nie – is die rots van ons heil (Psalm 95:1). Hy is die steen wat die bouers verwerp het (Matthéüs 21:42). Hy is ’n steen des aanstoots vir die wat nie glo nie (1 Petrus 2:7).

Die Raad van Nicea was deur die Romeinse keiser Konstantyn byeengeroep om geskille op te los wat oor vorige eeue ontstaan het. Die doel daarvan was om Christelike praktyke te standaardiseer, maar dié doel om praktyke en leerstellings in ooreenstemming met mekaar te bring, het jammerlik misluk. Eenheid is nouliks ’n term wat ’n mens kan gebruik om die Babelse verwarring te beskryf wat in die belydende Christendom gevind word. Nicea en die daaropvolgende rade het die hoofstroom begin definieer, maar wat presies beteken dit? Is dit enigsins die vraag wat ons behoort te vra?

Behoort die hoofstroom, sonder inagneming van duidelike Bybelse steun, ons gids te wees? Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse gelowiges kyk na tradisie, buite-Bybelse geskrifte, heidense filosowe en kerkrade as gidse tot die waarheid, terwyl Protestantse hervormers aanspraak maak op sola scriptura. Het daardie betogers egter werklik hulle aansprake nagekom dat slegs die Bybel alleen hulle gids sou wees? Die waarheid is dat selfs Protestante voortgegaan het om baie onbybelse tradisionele leerstellings en praktyke na te volg wat as hoofstroom oorgelewer was deur biskoppe en pouse wat hulle kwansuis verwerp het.

Familie, vriende, bure, kollegas en kulturele tradisies kan invloed kragtig uitoefen. Meer dikwels as nié, soos dit wel dikwels die geval is, oorweldig hulle mense met sogenaamde feite en waarhede. Dit is opvallend hoe min Christene bereid is om in die voetspore van hulle erkende Meester te volg. Hulle aanvaar liewer onbybelse tradisies wat van geslag tot geslag oorgelewer is. Dit is niks nuuts nie. Wanneer die Fariseërs vir Jesus en Sy dissipels gekonfronteer het omdat hulle nie hulle hande volgens menslik bedinkte tradisies gewas het nie, kan ’n mens die frustrasie in Sy reaksie aanvoel:

“En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor hulle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (Markus 7:6-9).

Min mense is bereid om hulle opvoeding te ondersoek en eerlik te bevraagteken of hulle wérklik Bybelse praktyke volg en of hulle in werklikheid heidense gebruike onderhou. Die menslike verstand is meer daarin geïnteresseerd om ander mense tevrede te stel en hulle selftrots te verdedig as om na die Waarheid te soek.

 

Die voetspore van Jesus

Die Raad van Nicea, hoe belangrik dit ook al was, het nie die twee verskillende denkrigtings voortgebring nie. Die skeuring het baie vroeër gekom. Jesus het gewaarsku dat baie mense Sy Naam sou gebruik, selfs sou erken dat Hy die geprofeteerde Messías is, maar hulle volgelinge in ’n ander rigting sou lei as die een waarop Hy geloop het (Matthéüs 24:4-5). Die apostel Paulus het die ouderlinge in Éfese gewaarsku dat daar wrede bedrieërs van binne sowel as van buite sou wees. “Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julleself sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te lok agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie” (Handelinge 20:29-31).

Wallace Smith se artikel oor die Raad van Nicea en my artikel oor die Kerk agter die Wêreld van Môre verduidelik albei hoe vandag se Christendom in feitlik al sy vorms ’n radikale afwyking is van dié van die eerste eeu. Paulus het opgesom hoe maklik die broeders in Korinthe op drie hoofpunte mislei is: “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Korinthiërs 11:3-4).

Judas, die halwe broer van Jesus, weerlê die ketterse idee dat Bybelse Waarheid en praktyk mettertyd tot ’n hoër orde sou ontwikkel. “Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is” (Judas 1:3).

Die afwyking van die oorspronklike Christenskap het voortgeduur ná die dood van die Apostels met die geskrifte van diegene wat vandag as die vroeë “kerkvaders” beskou word. Een van hulle wat ’n groot invloed op die latere Niceaanse besprekings gehad het, was Origenes. Hy het Bybelse leerstellings vanuit ’n agtergrond probeer verduidelik wat deurdrenk was met heidense filosofie. “Griekse Christelike teologie het steeds gemoeid gebly met die probleem wat Origenes aangepak het – die verhouding tussen filosofie en die Christelike tradisie” (Eerdman’s Handbook to the History of Christianity, 1977, bl. 104). Origenes was ’n “Christelike Platonis” wie se idees oor geeste en die materiële wêreld gevorm was deur die idees van Plato en ander menslike filosowe.

Die jaar 2025 was ’n mylpaal-herdenking vir een van die belangrikste gebeurtenisse in die geskiedenis van die hoofstroom-Christendom. Ek hoop u sal Wallace Smith se uiteensetting oor die Raad van Nicea lees en ek hoop u sal ook my artikel oor die Kerk agter die Wêreld van Môre, insiggewend vind.