Kanadese leiers wat vir lang tydperke die amp van eerste minister beklee het, tree selde op positiewe terme uit. Aangesien daar geen vasgestelde ampstermyn is nie tree hulle gewoonlik nie uit voordat hulle ongewild raak nie. Jean Chrétien het die amp tien jaar lank beklee voordat verdeeldheid binne sy eie Liberale Party veroorsaak het dat hy bedank het – eerder as om ’n amptelike uitdaging van sy status as partyleier in die gesig te staar. Stephen Harper het minder as vier maande oor gehad om ’n volle dekade die amp as eerste minister te beklee, maar hy het misluk in sy 2015-aanbod vir herverkiesing, aangesien sy Konserwatiewe Party byna 38 persent van die parlementêre setels verloor het wat hulle voorheen gehad het.

Wat veroorsaak dat voorheen gewilde leiers die steun verloor van kiesers wat beloof het om hulle leiers te dien?

Op Maandagoggend 6 Januarie 2025, het premier Justin Trudeau na ’n klein podium voor sy Rideau Cottage-woning in Ottawa gestap om ’n toespraak te lewer waarin hy bevestig het dat hy sou bedank uit die amp van premier asook as die leier van die Liberale Party sodra ’n plaasvervanger gevind kon word.

Justin Trudeau se eerste termyn as premier het in 2015 begin toe sy Liberale Party ’n meerderheidstem in die Laerhuis gewen het. Trudeau het toe die leier in die minderheidsregerings na die 2019 en 2021 verkiesings gelei. Hy was in staat om die uitdagings van minderheidsleierskap te bestuur waartydens mosies van wantroue dikwels die regering met ontbinding gedreig het deur ooreenkomste met die Nuwe Demokratiese Party (NDP) te sluit. Trudeau sou verskeie NDP-inisiatiewe ondersteun en in ruil daarvoor sou die NDP sy regering ondersteun wanneer dit ookal ’n wantrouestem in die Parlement in die gesig sou staar.

 

Verlies aan selfvertroue

Dit het egter nie lank gehou nie. Soos wat die steun vir die liberale regering in die verkiesings gedaal het, het sy eie party se parlementslede openlik begin twyfel aan Trudeau se vermoë om die party sowel as die land te lei. Op ’n koukusvergadering in Oktober 2024 ná die verlies van setels in Montreal en Toronto, het 24 parlementslede ’n brief onderteken waarin hulle versoek het dat Trudeau bedank.

Ná die November 2024-verkiesing van Donald Trump van die Verenigde State, het die vooruitsig van verhoogde tariewe die toestand van Kanada se ekonomie weer op die voorgrond geplaas. Die regering se 2024 Federale Ekonomiese Verklaring het beloof om ’n punt van twis en intrige te wees. Dit was beloof dat die geprojekteerde tekort nie $40 miljard sou oorskry nie. Slegs ’n paar uur voor die vrystelling van die verklaring op 16 Desember, het die Minister van Finansies en Liberale Parlementslid, Chrystia Freeland, bedank en ’n brief gepubliseer waarin belangwekkende kommer oor Trudeau se hantering van besteding uiteengesit word en sommige uitgawes beskryf is as “foefies” wat bedoel was om steun van kiesers te koop ter voorbereiding vir nog ’n verkiesing.

Freeland se bedanking, tesame met die bekendmaking dat die tekort die beloofde $40-miljard-limiet oorskry het – wat ’n enorme $61,9 miljard bereik het – het gelei tot hernude oproepe vir bedanking. Gedurende die volgende paar weke het ’n toenemende aantal Liberale Parlementslede openlik geëis dat die premier bedank. Die Liberale koukusse van Ontario, Quebec en Atlantic Canada het formeel gevra dat Trudeau uittree. Die NDP-leier Jagmeet Singh, wat Trudeau se minderheidsregering in staat gestel het om drie wantroue-stemme te oorleef, het Kanadese beloof dat hy nou sal stem om ’n verkiesing te hou.

Net soos Jean Chrétien voor Tredoux, het gebrek aan vertroue van sy eie politieke party gelei tot Trudeau se besluit om te bedank, eerder as om ’n omstrede leierskapswedloop te trotseer.

 

Wat het verander?

Is die verlies aan vertroue die onvermydelike lot van enige leier wat die amp vir ’n beduidende tydperk beklee? Politici wen dikwels gewildheid en mag wat hulle begeer deur diegene aan te val wié ook al op daardie stadium die magsetel beklee. In teorie waarborg die demokratiese proses die verkiesing van ’n leier wat deur die mense goedgekeur is – iemand wat deur die mense vertrou word. Soms word veldtogbeloftes nagekom, wat veroorsaak dat ’n leier se gewildheid gedurende sy of haar eerste paar jaar in die amp toeneem. Menings verander met verloop van tyd, gewildheid is van verbygaande aard en kiesers verloor vertroue, wat daartoe lei dat die mense ’n ander persoon soek om as leier te dien.

Trudeau se saak is interessant omdat die kwessie wat tot sy bedanking gelei het, ’n begrotingskwessie was. Destyds in 2015, tydens sy eerste verkiesingsveldtog as partyleier, het opponente hom uitgekryt as naïef ten opsigte van nasionale begrotings. Trudeau se opposisie het die aandag gevestig op ’n terloopse opmerking wat hy gemaak het, waarin hy gesê het dat “die begroting sal vanself balanseer”. Blykbaar was hierdie filosofie goed genoeg vir drie verkiesings in die loop van tien jaar – ’n lang lewe wat die meeste wêreldleiers afgunstig sou maak. Hierdie selfde filosofie blyk egter nou ’n deurslaggewende rede te wees vir Kanadese se gebrek aan vertroue in hulle eerste minister.

Mededingers in enige verkiesingsiklus het ’n voordeel deurdat hulle nie ’n rekord het in die amp waarvoor hulle hulleself beywer het nie, terwyl die posbekleër ’n rekord het wat ontleed en veroordeel kan word. Baie mense wat probeer om huidige leiers te ontsetel, het een of ander vorm van hierdie argument gebruik: Is u nou beter daaraan toe as toe hulle die amp aanvaar het? Heeltemal te veel kiesers beland in die strik om te glo dat die verkiesing van die regte amptenaar ál hulle probleme sal oplos. Dit is ’n natuurlike neiging om na ons eie situasie te kyk in plaas daarvan om te vra: Wat het ek gedoen om in hierdie situasie te beland – vra, indien ek u kies, hoe sal u dit regstel?

Dit blyk dat Kanada binnekort ’n algemene verkiesing gaan hê - een waarin die kiesers ’n nuwe leier sal kies om die nasie te lei. Meningsopnames dui nou daarop dat hierdie leier nie van die Liberale Party van Trudeau sal kom nie, maar heel waarskynlik van die opposisie se Konserwatiewe Party. Watter verskil sal ’n nuwe leier egter maak? Gaan ’n nuwe premier daarin slaag om positiewe, sistematiese veranderings teweeg te bring?

 

Voortdurende vertroue

Wat Kanada, asook elke ander nasie van die wêreld, broodnodig het van sy leiers, is ’n oproep – persoonlik sowel as nasionaal – om hulle te wend tot die Gebooie en beginsels wat deur God in die Bybel uiteengesit word en wat lei tot sukses, oorvloed en sterker verhoudings. Die voortgesette verwerping van hierdie beginsels het ons as ’n kollektiewe samelewing en in baie gevalle as individue, laat wankel.

Die woorde wat in die eerste hoofstuk van Jesaja aangeteken is en wat geskryf is aan ’n volk wat hulle Skepper vergeet het, behoort as ’n sterk vermaning vir Kanada se bevolking, sowel as dié van baie lande regoor die wêreld te dien: “Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee” (Jesaja 1:16-17).

Die Bybel profeteer van ’n tyd wanneer regte beginsels deur ’n eerlike en regverdige regering onderrig sal word. Na Jesus Christus se Wederkoms sal hy die regering saamstel waarmee Hy die mensdom vir ’n duisend jaar sal regeer (Openbaring 20:4). Daardie regering sal eers deur sommige mense met skeptisisme begroet word (Sagaría 14:16-19), maar vertroue sal toeneem namate daardie volmaakte Leier vir die mense Sy volmaakte lewenswyse sal leer – ’n wyse wat nie deur die wispelturige aard van die openbare mening beïnvloed word nie. Mag God daardie dag bespoedig.