U Bybel sê aan ons dat Satan die “god” van hierdie huidige wêreld is (2 Korinthiërs 4:4). Hy word ook die “owerste van die mag van die lug” genoem (Efesiërs 2:2).

Hierdie bose wese het ’n hele raamwerk valse leraars! Hy gebruik duidelik ook baie ander mense om hierdie wêreld te verwar en te mislei en hulle te verblind vir die Waarheid van God. Satan gebruik sy eie leraars maar gebruik daarby ook veral “meningsvormers” in ons verwarde samelewing – die sogenaamde “opvoeders”, sielkundiges en psigiaters, beslis ook die grootbase in die media wat net wil “geld maak”, selfs ten koste van die vernietiging van die algehele morele stelsel van ons samelewing. Hierdie mense is gewoonlik baie slinks. Hulle sal dikwels woorde wat goed klink gebruik vir iets wat verskriklik boos is. Die Almagtige God het ons gewaarsku teen sulke mense: “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is” (Jesaja 5:20-21)!
Dink!

Woordspeletjies

Die hele sogenaamde “gay regte”-beweging het begin om uitdrukkings te gebruik wat “lyk of dit goed kan wees” om op so ’n manier die denkrigtings van die Amerikaners te manipuleer om iets te aanvaar wat heeltemal teenstrydig is met alles wat God en Sy hele skepping voorstel as goed. Dieselfde met die aborsie-beweging.

In The Marketing of Evil, beskryf die outeur David Kupelian ’n hele veldtog oor hoe om hierdie skandelike praktyke goed te laat lyk, deur ’n sentraal beplande “program van onbeskaamde propaganda, stewig gegrond in die lank reeds gevestigde beginsels van die sielkunde en die reklamewese”. Hy skryf:

“’n Eenvoudige punt van belang: Die homoseksuele aktiviste noem hulle beweging ‘gay regte’. Dit bring twee groot doelwitte tot stand: (1) Die gebruik van die woord gayeerder as homoseksueel verbloem die omstrede seksuele gedrag wat betrokke is en beklemtoon eerder ’n vae, maar positief-klinkende kulturele identiteit – gay, wat eintlik vroeër ‘gelukkig’ beteken het en (2) deur van die begin af hulle stryd te beskryf as een wat gestry word vir hulle ‘regte’, dit impliseer ook dat homoseksuele mense die basiese vryhede van burgerskap wat ander geniet, ontsê word ... [Net so, het die] aborsieregte-beweging daardie stryd gewen, juis omdat hulle aanvanklik daarin geslaag het om die debat se uitgangspunt nie oor die kwessie van aborsie nie, maar oor keuse te laat handel. Die voorstanders van aborsie het heel tereg verwag dat dit baie makliker sou wees om ’n abstrakte, positief-klinkende idee soos keuse te verdedig as die onbeperkte slagting van ongebore babas” (bll. 24-25).

Watter soort “liefde”?

Homoseksuele aktiviste beroep hulle voortdurend op “liefde” wanneer hulle hulle verhoudings beskryf, maar die manier waarop hulle egter hulle “liefde” bewys is in wese die misbruik van verskillende dele van die liggaam. Neem in ag dat baie mans wat die vroulike rol in homoseksuele verhoudings vervul, uiteindelik doeke moet dra as gevolg van die permanente skade aan hulle liggame omdat dit op ’n manier gebruik is waarvoor hulle Skepper dit nooit ontwerp het nie!

Dit is hartseer, maar die gebruik van verskillende woorde en uitdrukkings om die publiek te verwar, sal natuurlik uitloop, nie net in ’n toename in “dieselfde-geslag huwelike” nie, maar ook op poliandrie, poligamie en selfs “groep huwelike”. Sommige aktiviste propageer alreeds “man-seun liefde” asof dit normaal en wenslik is. Al hierdie dinge sal tot ongekende fisiese en geestelike lyding lei wat, tensy God ingryp, die mens absoluut sal ruïneer vir die man-vrou monogamiese huwelik, wat die enigste huwelik is wat kinders kan voortbring, soos die Skepper dit bedoel het. Satan is nogtans so slim met sy verskillende “woordspeletjies” dat hy in staat is om die begrip van “liefde” te verdraai en mense so te verwar om feitlik enigiets te beoefen.

Die volgende stap? Bestialiteit! Ja, dit word nou berig dat al hoe meer mense in Duitsland en ander lande bestialiteit beoefen en “beledig voel” omdat mense dit sou waag om hulle te keer om “liefde” te maak met hulle eie diere!
Sjoe! Waarheen is ons op pad?

Hou nie terug nie!

Die ewige God beveel Sy ware leraars: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes” (Jesaja 58:1). In hierdie lang gedeelte in Jesaja waar gepraat word met die “huis van Jakob” – wat, soos die meeste van u weet, die moderne nasies van Amerikaanse en Britse afkoms is – sê God aan ons: “So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie. Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die Here dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie” (Jesaja 59:14-15).

Vir baie jare lank het die volke van Amerikaanse en Britse afkoms ten minste die skyn van “Bybelse” sedelikheid gehandhaaf. Tans gee hulle hulleself egter oor aan hulle onbeteuelde hartstogte. Hierdie neiging sal voortduur onder die invloed van wetteloosheid en groot godsdienstige misleiding, totdat selfs die hele “Protestantse” beweging verdwyn, soos ek in my artikel (“Sal Protestantisme verdwyn?”) in hierdie uitgawe verduidelik.

Gelukkig, net voordat Satan dit kan regkry om die aarde heeltemal te vernietig – deur verwarde en verblinde mense – sal die ewige God ingryp! Die mensdom sal uiterskorrup raak en so gevul wees met geweld dat mense die mensdom heeltemal sal vernietig, tensy God ingryp: “En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mattheüs 24:22). Dit sal uitloop op ’n geprofeteerde tyd wat bekend staan as die “dag van die Here”, waarvan u kan lees in mnr. Richard Ames se artikel in hierdie uitgawe.

God se Koninkryk sal kom!

Wat dan? God se Woord verduidelik: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem” (Miga 4:1-2).

Vir ongeveer 6,000 jaar lank sal die mensdom, onder Satan se invloed en afgesny van God en Sy wonderlike wet, elke denkbare vorm van perversie beproef! Wanneer Christus egter eers hier is as Koning van die konings en Here van die here, sal die wet van God, die Tien Gebooie, aan alle mense geleer word. Hierdie gebooie word dikwels belaster selfs in die sogenaamde “Christendom”, maar dit sal die grondslag wees van die totale regverdige lewenswyse in die wêreld van môre!

Dink! Wanneer mense hulleself begin afsny van God en van ’n gewilligheid om te gehoorsaam wat die Skepper aan ons sê in Sy geïnspireerde Woord, verval hulle inelke denkbare soortsonde en “onnatuurlike” lewenswyse. Daardie pad lei altyd na die “dood” (Spreuke 14:12). Mag God elkeen van u help om “wakker te skrik” en te besef dat ons inderdaad naby aan die einde van ’n beskawing is wat homself afgesny het van God – soveel so dat die mensdom nie eers meer helder kan dink nie! Die uitdrukkings wat gebruik word om alle soorte afwykende gedrag te verduidelik, is so verdraai dat die onsigbare Satan die duiwel, die “god” van hierdie huidige wêreld, dit maklik vind om liggelowige mense te mislei tot ’n lewenswyse wat heeltemal ontaard het, vernietigend is vir die gesin en uiteindelik vernietigend is vir alle menslike lewe, tensy die Skepper ingryp. Mag God ons help om te verstaan en ag te slaan daarop!