Die grootste gedeelte van die mensdom het geen idee waarmee God in ons wêreld van vandag besig is nie. In die Bybel openbaar God Sy plan vir ons toekoms en die ewigheid!

Het ons Skepper ’n Meesterplan waarvolgens Hy Sy hoogste doel vir die ganse mensdom uitwerk? Dit wil voorkom of baie min mense bewus is van daardie doel. Dit is nogtans nie net baie sinvol nie, maar absoluut inspirerend wanneer u werklik begryp waarmee ons Skepper besig is!


Soos duisende van u Wêreld van Môre-intekenare sonder twyfel weet, het die oorgrote meerderheid belydende Christene baie min kennis van wat die Bybel werklik sê. Baie gerespekteerde, onafhanklike meningspeilers het jare lank reeds duidelik getoon dat die meeste kerkgangers baie selde hulle Bybels bestudeer. Sommige mense lees gereeld ’n toevallige Psalm of “inspirerende” gedeelte uit die Bybel. Baie minder mense bestudeer egter werklik die Bybel op soek na begrip van wat God se doel is, wat Sy lewenswyse is en wat Sy wil is oor hoe ons behoort te lewe.

Omdat hulle nie God se plan verstaan nie, het miljoene belydende Christene ongelukkig geen idee dat wanneer Jesus Christus na hierdie aarde terugkeer alles gaanverander nie. Eerstens – soos ons herhaaldelik in hierdie tydskrif bewys het – die uiteindelike beloning vir ware Christene is nie “om vir ewig hemel toe te gaan” met niks om te doen nie. Wanneer Jesus Christus se wederkoms beskryf word, sê u Bybel: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15).

Christus sal dus binnekort oor “die koninkryke van hierdie wêreld” regeer – nie bo in die hemel nie! Tweedens, Sy heiliges sal Hom bystaan in die onderwysing en heerskappy oor die nasies hier op hierdie aarde. Openbaring 5:9-10 stel dit só: Christus het ons verlos deur Sy bloed “... en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. Daarom sal die hele wêreld kort na Christus se wederkoms begin leer hoe om God se lewenswyse uit te leef.

Let op na wat u eie Bybel beskryf aangaande hierdie toekomstige vreugdevolle tydperk. Na die beskrywing van hoe Jerusalem tydens ’n geveg ingeneem sal word en “... die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap ...”, sê die Bybel aan ons dat Christus sal uitgaan om teen die nasies te veg en “... in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg” (Sagaria 14:1-4). In vers 9 gaan die beskrywing voort: “En die Here sal Koning wees oor die hele aarde” en ook in vers 16 waar die Almagtige God aan ons in Sy geïnspireerde Woord sê: “En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare, te aanbid nie – hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die Here die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie” (Sagaria 14:16-19).

My vriende, kan ons werklik glo wat die Bybel Dink! Die meeste van u wat hier lees het grootgeword in die “tradisioneel” Protestantse en Katolieke kerke wat Kersfees en Paasfees vier. Nogtans word daardie dae – net soos baie ander godsdienstige feeste op kerkkalenders, nooit eers in u Bybel genoem nie!

Hoe kan dit wees? Waarom ignoreer die meeste mense vandag die sewe feeste wat God in Sy woord ingestel het en wat die Skrif aandui binnekort weer deur die hele wêreld in Christus se komende Koninkryk onderhou sal word – ’n tyd van “wederoprigting van alle dinge” (Handelinge 3:20-21)?

 Die verstommende waarheid is dat God se plan vir die mensdom geopenbaar word in die sewe jaarlikse feeste wat Hy in die Bybel aan Sy volk gegee het. Indien u wat hier lees nou gewillig is om te doen wat God sê, sal u uiteindelik “pioniers” wees in gehoorsaamheid aan u Skepper en sal u beslis onder daardie konings en priesters wees wat Christus sal bystaan om oor die hele wêreld te heers en om ’n hele wêreld vol vrede, voorspoed en vreugde tot stand te bring; dit waarna die wêreld nog altyd gesmag het, maar nog nooit in staat was om te bereik nie. God se eie kalender openbaar Sy Meesterplan vir ons wêreld, só ook vir u!

God se kalender: Sewe verpligte feeste

U vind in die Bybel dat Jesus Christus en die Apostels die godsdienstige feeste, wat in die Ou Testament beskryf is, wel onderhou het. Dit is nie “Joodse” feeste nie, maar godsdienstige onderhoudings wat aan alle mense beveel is. Ons sien in Sagaria 14 dat wanneer Christus se voete binne ’n paar jaar weer op hierdie aarde is, die hele wêreld die feeste verseker sal onderhou. Trouens, die Nuwe-Testamentiese Kerk van God het op een van hierdie feeste, naamlik Pinkster, begin (Handelinge 2:1-4).

Pinkster was nie bloot ’n “eenmalige gebeurtenis” nie. Later in die boek Handelinge vertel Lukas se geïnspireerde weergawe aan ons dat Paulus op ’n ander plek Pinkster gaan onderhou het: “Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees” (Handelinge 20:16).

Vroeër in Handelinge 20 het Lukas oor sy reise saam met Paulus geskryf: “Maar  die dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom, waar ons sewe dae deurgebring het” (Handelinge 20:6). Paulus en sy metgeselle het dus die “dae van ongesuurde brood” in ’n heidense stad onderhou – net soos hulle al God se heilige dae regdeur die boek van Handelinge werklik onderhou het.

Interessant genoeg, Paulus, die apostel vir die heidene, het in die heidense stad Korinthe, die Christelike gemeentelede beveel: “Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid” (1 Korinthiërs 5:6-8).

Hier is dus ’n Nuwe-Testamentiese opdrag aan die heidene in Korinthe: “Laat ons dan feesvier” – beslis die fees van ongesuurde brood wat God in die Ou Testament beveel het en wat onderhou is totdat dit en ander apostoliese gebruike uitgeroei is deur ’n belydende Christendom wat die feeste wat deur die Almagtige God beveel is al hoe meer met die heidense feeste vervang het. Die gerespekteerde Protestantse geskiedkundige Jesse Lyman Hurlbut het gedurende die tydperk 313 n.C. en 476 n.C. geskryf en erken: “Die gebruike en seremonies van die heidendom het geleidelik in die aanbidding ingekruip. Sommige van die ou heidense feeste het kerkfeeste geword met slegs ’n verandering van naam en aanbidding. Teen ongeveer 405 n.C. het beelde van heiliges en martelare in die kerke begin verskyn, eers as gedenktekens en toe in die volgorde van eerbiediging, verering en aanbidding” (The Story of the Christian Church, bl. 79).

Hoewel die vroeë “Christelike” leiers dus tegemoetkomend teenoor die heidene rondom hulle was, het God ons geestelike voorvaders gewaarsku teen die aanleer van die gewoontes van die omliggende heidennasies, deur te sê: “... neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? – dat ek ook so kan doen. So mag jy nie handel met die Here jou God nie; want alles wat vir die Here ’n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode” (Deuteronomium 12:30-31).

Jesus Christus het die godsdienstige leiers van Sy dag gewaarsku: “Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (Markus 7:9). Let noukeurig op Jesus se opmerking aangaande die verwerping van die gebod van God deur mensgemaakte tradisie na te volg. Dit is beslis die geval wanneer ons dink aan watter dae God heilig gemaak het. Feitlik niemand vier die dae wat deur die heidene ingebring is en ook die Bybelse heilige dae wat God beveel en wat Christus en die Apostoliese Kerk onderhou het nie – dae wat, wanneer dit onderhou word, sal verstaan word en Sy “Meesterplan” vir die mensdom openbaar.

In werklikheid behoort u te kies. Selfs in die middel van die Middellandse See in onstuimige weer, het die apostel Paulus gekies om die Versoendag te onderhou (Handelinge 27:9). Baie Protestantse kommentare erken dat “die vas” waarvan hier gepraat word, die Versoendag moes wees wat deur God in die Ou Testament beveel is. Paulus was nie in enige sinagoge nie. Hy was uit op die see op ’n Romeinse tronkskip, met hoofsaaklik heidene rondom hom. Soos ons almal behoort te doen, het hyChristus se voorbeeld gevolg deur die heilige dae wat God heilig gemaak het heilig te hou.

In 1 Korinthiërs 11:23-26 sê Paulus aan ons hoe om die Pasgadiens te hou. Weereens, die “Pasga” is een van God se sewe jaarlikse feeste wat Hy Sy mense beveel het om vir ewig te onderhou.

In Johannes 7 word aan ons vertel hoe Jesus Christus – wat ons voorbeeld is – “... in die geheim” opgegaan het om die Huttefees te onderhou, selfs al het dit Sy lewe in gevaar gestel! Vroeër het Hy Sy broers beveel: “Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie” (Johannes 7:8). Sou Jesus Sy eie broers beveel het om iets teenstrydig met God se wil te doen? Natuurlik nie. Weereens het Christus egter aan ons ’n voorbeeld gestel van wat dit beteken om ’n ware Christen te wees en gehoorsaam te wees aan God se weë. Jesus het dus die Huttefees onderhou soos ons binne ’n paar jaar sal sien wanneer diehele wêreld dit doen!

Regdeur die Nuwe Testament vind ons dat Jesus Christus en Sy ware volgelinge die sewe jaarlikse feeste wat deur die Almagtige God gegee is, onderhou. Sewe, so tussen hakies, word regdeur die Bybel gebruik as ’n getal vir voltooiing of volmaaktheid. Soos die meeste van u weet, val God se weeklikse Sabbat op die sewende dag, niesommer op enige dag van die week of ’n dag wat deur die mens uitgedink is nie.

Weereens, onthou dat Jesus Christus na hierdie wêreld gestuur is as die “lig” van die wêreld om vir ons ’n voorbeeld te stel. Ware Christene sal daardie voorbeeld volg. Soos die apostel Paulus die Christene van sy dag beveel het: “Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is” (1 Korinthiërs 11:1). Elkeen van ons behoort dus diegeloof en die moed aan die dag te lê om die voorbeeld van Jesus Christus en die oorspronklike Kerk van God na te volg. Selfs al is God se feeste slegs volledig gelys in die Ou Testament, is dit baie duidelik dat dit beveel is as ’n ewige instelling vir God se ware mense en die voorbeeld van Christus en Sy ware volgelinge toon dat dit onderhou behoort te word.

Elke fees het ’n bepaalde betekenis

My vriende, Satan die duiwel het ’n meesterlike werk verrig deur die meeste mense te mislei om te glo dat alles wat “Joods” is sleg is! Regdeur die Bybel is dit egter duidelik dat God Sy basiese leerstellings in vervloë eeue uitgestuur het en dit tot op die letter aan Sy volk Israel gegee het – maar Hy het nog nie die volle betekenis van wat Hy hulle aangesê het om te doen, bekend gemaak nie. Jesus het aan die heidense vrou wat Hy by die put van Jakob ontmoet het gesê: “Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid” (Johannes 4:22-24).

Redding het inderdaad ontstaan en kom “van die Jode” nadat God Sy basiese leerstellings deur antieke Israel gegee het en ten volle uitgelê het deur Jesus Christus en Sy Apostels. Onthou, Jesus was ’n JoodMoet nooit in ’n “anti-Joodse” gesindheid verval nie. Dit sal u direk uit God se Koninkryk en die ewige lewe lei!

Een van Jesus se eerste opdragte is in Lukas 4:4 gegee: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God”. Die enigstegeskrewe “Woord van God” wat in daardie tyd bestaan het, word die Ou Testament genoem. Dus is die basiese fundamentele leerstellings sekerlik so uiteengesit in die Ou Testament en het Jesus Christus – net soos Sy Apostels regdeur die Nuwe Testament – gereeld uit die Ou Testament aangehaal as die “Skrif”.

’n Volledige “lys” van God se heilige dae en Sy feestye word in Levitikus 23 gegee. U behoort hierdie hele hoofstuk deeglik te bestudeer en daarop te let dat hierdie feestye verklaar is om “insettinge” te wees wat vir ewig onderhou behoort te word. Wanneer die Almagtige God ’n beskrywing van Christus se wederkoms en die herversameling van Sy mense aan die begin van Christus se heerskappy op aarde gee, sê Hy: “Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen” (Esegiël 36:27). God se mense sal dus geleer word om in Sy “insettinge” te wandel gedurende daardie tyd wanneer Christus in die Wêreld van Môre op hierdie aarde sal regeer.

Verstaan asseblief! Ons bedoel sekerlik nie om aan te dui dat elke “letter van die wet” in hierdie Ou Testamentiese gedeeltes deur Nuwe-Testamentiese Christene uitgevoer behoort te word nie! Soos Paulus dit regdeur die boek van Hebreërs baie duidelik maak dat die diere-offers, wassinge en ander rituele net gegee is as ’n “tugmeester” vir ’n beperkte tyd. “Omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling” (Hebreërs 9:10). Sekere offers en wassinge is dus byna elke dag van die week gedoen. Spesiale offers was inderdaad bepaal vir God se weeklikse en jaarlikse Sabbatte. Hierdie offers is egter slegs opgelê vir daardie tyd – “tot op die tyd van herstelling”.

Die voorbeeld van hoe Christus en die Apostels hierdie heilige dae onderhou het, toon sekerlik dat daar nie met die dae self weggedoen is saam met die diere-offers nie. Die geïnspireerde opdrag in Sagaria 14 dui aan dat daar beslis met die onderhouding van God se dae voortgegaan sal word en uiteindelik deur alle mense onderhou sal word sodra Christus terugkom en die “tye van die wederoprigting van alle dinge” inderdaad aanbreek met Sy wederkoms. Soos duidelik aangedui word deur die kragtige gedeelte wat ons hierbo in Sagaria 14 gesien het, wat die insettinge van God se godsdienstige feeste beskryf, is daar nie op enige wyse, metode of vorm mee “weggedoen” nie. Hierdie wonderlike godsdienstige feeste beeld die manjifieke plan van ons Skepper uit.

Dus, laat my nou weereens ’n uiteensetting gee van ’n oorsig oor al sewe God se jaarlikse godsdienstige feeste, sodat ons Sy Meesterplan soos daardeur geopenbaar word, beter kan verstaan. Heel eerste kom die plegtige onderhouding van Christus se lyding en dood ter wille van ons. Die Bybel noem dit die “Pasga”. Dit beeld ons aanvaarding van Christus se gebroke liggaam en gestorte bloed uit, wat Hy as ons Verlosser aan ons geskenk het. Onthou egter, dit is slegs die eerste stap in God se plan vir ons! Hierna behoort ons te groei in genade en kennis (2 Petrus 3:18) en begin om ons ou sondige weë en gewoontes heeltemal uit ons lewens te verwyder. Hierdie proses van “oorwinning” word uitgebeeld deur die dae van ongesuurde brood. Dit is ’n fees van sewe dae wat begin met een jaarlikse heilige dag en eindig met ’n ander heilige dag.

God se meesterplan onthul dat ons in die Gees-verwekte Kerk is – die “klein kuddetjie” (Lukas 12:32) – slegs die “eerstelinge” van die groot geestelike oes wat sal plaasvind na Christus se wederkoms. God se derde jaarlikse fees, die fees van Pinkster of die fees van “eerstelinge” beeld uit dat slegs ’n baie klein geestelike oes in hierdie tyd deur God ingesamel sal word. God probeer nie nou om die hele wêreld te red nie. Hy sou dit dan alreeds gedoen het. Die miljoene ongelowiges uit vorige eeue en selfs in ons huidige tyd in China, Indië en ander nasies sou gou tot volle begrip van die ware God gekom het en van ware aanvaarding van Sy Seun as hulle Here en Verlosser!

Die sewende maand beeld EINDtydgebeure uit!

Die volgende stap in God se Meesterplan word uitgebeeld deur die fees van basuine (Levitikus 23:24). Hierdie fees beeld die rampspoedige gebeure uit aan die einde van hierdie huidige tydperk en met Christus se wederkoms. Basuine is letterlik in antieke Israel gebruik om alarm te maak vir oorlog. In ons tyd, tydens die hoogtepunt van ’n reeks oorloë en wêreldwye ontwrigtings, sal “die laaste basuin weerklink” en Jesus Christus sal terugkeer en die dooies sal opgewek word (1 Korinthiërs 15:51-52).

Na hierdie dinge sal Satan bonatuurlik deur God gebind en in die afgrond gewerp word, “sodat hy die nasies nie meer sou verlei [mislei]” nie (Openbaring 20:3). Ten slotte, met Satan gebind, kan die mens “een word” met God [at-one-ment]. Dit word duidelik uitgebeeld deur die vyfde jaarlikse fees – die Versoendag.

Na Christus se wederkoms sal God Sy Gees uitstort en die hele mensdom begin verlig met die ware begrip van Sy grootse plan. God beskryf daardie tyd as volg: “... die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek” (Jesaja 11:9). Dit word uitgebeeld deur ons vreugdevolle onderhouding van die sesde jaarlikse fees in God se plan – die sewedaagse huttefees of “fees van die insameling” (Exodus 34:22).

God se kalender is gebaseer op die oes-seisoene van Israel. Dit beeld vir Christene die geestelike oes uit wat God beplan om in te samel – eerstens, die klein lente-oes, uitgebeeld deur die fees van eerstelinge en daarna, aan die einde van hierdie tydperk, word die massiewe herfsoes uitgebeeld deur die fees van insameling.

Na al hierdie dinge mag u wonder watter deel van God se Meesterplan daar nog steeds weggelaat kon wees in die uitbeelding? Die antwoord word gevind in die sewende en laaste fees wat God aan Sy mense gegee het. Wat gaan gebeur met die onberekenbare miljoene mense uit die vorige eeue wat nooit enigiets verstaan het van die ware God, van Jesus Christus, of van God se doel vir hulle lewens nie? Wat gaan gebeur met hierdie miljoene “ongeredde” mense want “daar is geen aanneming van die persoon by God nie” (Romeine 2:11)?

Die antwoord vind ons in die fees bekend as die Laaste Groot Dag (Johannes 7:37). Hierdie fees beeld die tyd uit wanneer God vir die eerste keer die denke van miljoene mense sal open om Sy Woord te verstaan en om aan hulle ’n ware geleentheid te gee om hulle name geskryf te kry in die “boek van die lewe” (Openbaring 20:11-12).

Hierdie Godgegewe, God-geïnspireerde feeste openbaar die manjifieke plan van God – vanaf ons eerste aanvaarding van Christus as Verlosser, tot met die uitbeelding van Sy wederkoms, dwarsdeur tot by die laaste groot dag, wat die tyd uitbeeld wanneer alle mense uiteindelik ’n ware geleentheid tot redding sal hê. Die heidense godsdienstige feeste wat Satan aan ’n misleide mensdom afgesmeer het, is inderdaad ’n goedkoop plaasvervanger. In werklikheid beeld dit ’n valse beeld van God en ’n valse Christus uit en lei dit tot die aanvaarding van ’n valse evangelie wat direk in stryd is met die ware boodskap wat Christus en die Apostels verkondig het!

God se kalender word VANDAG onderhou!

Die sewe godsdienstige feeste wat deur die Almagtige God aan Sy mense beveel is, beeld werklik die Meesterplan uit wat God hier benede uitwerk. Indien u graag meeraangaande hierdie feeste wil leer en die besonderhede en volledige beskrywing daarvan in die Bybel aan uself wil bewys asook hoe om dit te onderhou, maak seker dat u dadelik aan ons skryf of ons skakel en u gratis kopie van ons waarlik inspirerende en insiggewende boekie, Die Heilige Dae – God se Meesterplan, aanvra. Hierdie boekie sal werklik “u oë oopmaak” vir die waarheid wat baie min belydende Christene op aarde verstaan. Satan die duiwel het inderdaad sy “meesterplan” en hy mislei “die hele wêreld” volgens u Bybel (Openbaring 12:9).

God se Meesterplan
Sewe jaarlikse feeste

Fees

Levitikus 23

Hebr Kalender

2015

Pasga

vers 5

14 Nisan

3 Apr*

Dae van onge-suurde brood

vers 6

15-21 Nisan

4-10 Apr

Pinkster

verse 15-16

word getel

24 Mei

Fees van basuine

vers 24

1 Tishri

14 Sep

Versoendag

vers 27

10 Tishri

23 Sep

Huttefees

vers 34

15-21 Tishri

28 Sep-4 Okt

Laaste Groot Dag

vers 36

22 Tishri

5 Okt

* Onderhou vanaf die vorige aand

 

Gaan dus oor tot aksie! Skakel of skryf vandag nog aan ons om u gratis kopie van hierdie kragtige en lewensbelangrike boekie aan te vra, om sodoende God se groter doel te verstaan. Indien u belangstel om God se heilige dae met dié van ons in hierdie werk te onderhou, skryf aan of skakel u naaste Lewende Kerk van God se kantoor. Wees verseker dat niemand u sal besoek nie, tensy u dit versoek. Indien u dit verkies, sal een van ons verteenwoordigers met u ’n afspraak maak op ’n tyd en plek wat u pas. U sal onder geen druk geplaas word om by enige iets “aan te sluit” nie. Om die waarheid te sê, ons leraar of plaaslike verteenwoordiger mag selfs voorstel dat u meer lees en u tyd neem en seker maak dat u werklik volgens elke woord van God wil leef.

Indien u begin handel volgens die Waarheid, sal u verheug wees om mense met ’n soortgelyke geloof te vind met wie u gemeensaam kan gesels, studeer en leer en dan saam God se lewenswyse beoefen. U sal deel wees van ’n vreugdevolle geestelike “gesin” en ’n geleentheid hê om geestelike insig en waarheid direk uit die Bybel te verkry, op ’n manier wat u nog nooit voorheen gedoen het nie. Deur u Skepper te gehoorsaam – deur te handel volgens die Waarheid – sal u waarlik voorberei word om een van daardie konings en priesters in die Wêreld van Môre te wees. U sal dan u rol in God se Meesterplan vir u lewe vervul.

God se Meesterplan
Betekenis van die feeste

Ou Testament

Nuwe Testament

Pasga

 

Bloed van offerlam gesmeer rondom deure van Israeliete se huise. God het hulle oorgeslaan toe Hy Egiptiese eersgeborenes laat sterf het (Levitikus 23:5)

Beeld Christus se bloed uit wat gestort is vir die mensdom se sondes

 

 

Dae van ongesuurde brood

 

’n Sewedag fees waartydens suurdeeg uit wonings verwyder word en nie geëet word nie (Levitikus 23:6-14).

Beeld die Christen se plig uit om af te sien van sonde in ’n lewe gewy aan Christus

 

 

Pinkster

 

Feesdag ter viering van eerste en kleinste van 2 jaarlikse oeste, gevier 50 dae na vasgestelde punt in vorige fees (Levitikus 23:15-22)

Beeld uitstorting van Heilige Gees oor Christene uit

 

 

Fees van basuine

 

Rosh Hashana vir Jode; dag van vreugde, gekenmerk deur die blaas van basuine (Levitikus 23:23-25)

Beeld ’n tyd van oorloë en plae uit wat eindig met Christus se wederkoms

 

 

Versoendag

 

Dag van vas en verootmoediging vir Jode Yom Kippur (Lev. 23:26-32)

Beeld binding van Satan uit aan begin van Millennium en ’n wêreld wat een word met God

 

 

Huttefees

 

Sewedaagse onderhouding van groot herfsoes, terwyl in tydelike huisvesting gewoon word vir duur van fees (Levitikus 23:33-43)

Beeld Millennium uit wanneer Christus en die heiliges oor die aarde sal heers

 

 

Laaste groot dag

 

Volgdirek na huttefees maar hierdie agtste dag is ’n aparte fees (Levitikus 23:36, 39)

Beeld die “Wittroon Oordeel” uit waartydens almal wat nie voorheen geroep is nie, hulle kans sal kry om die Ware Evangelie te hoor en gered te word