Wat sal verander met die afskaffing van Roe v. Wade en wat sal nie verander voor Christus se Wederkoms nie?

“Aborsie bring ’n diepgaande morele vraag na vore”. So het die Hooggeregshof van die Verenigde State (SCOTUS) gesê in die uitspraak op 24 Junie oor Dobbs v. Jackson Women’s Health Organization, wat die vorige hofbeslissings Roe v. Wade and Planned Parenthood v. Casey tersyde gestel. Met die uitspraak, het SCOTUS tog verkies om nie daardie “diepgaande morele vraag” te beantwoord nie. Dit behoort liewer, soos wat die meerderheidsopinie te kenne gegee het, beantwoord word deur “die mense en hulle verkose verteenwoordigers” (SupremeCourt.gov).

Hoe kan ons dus die SCOTUS-meerderheid in Dobbs beskryf? Ironies genoeg was dit pro-keuse – wat elke staat toegelaat het om oor sy eie wette van aborsie te besluit! Indien u slegs na televisie nuusprogramme gekyk het of net die opskrifte van koerant- en webwerf-berigte gelees het, sou u dalk dink SCOTUS het ’n “pro-lewe” standpunt ingeneem en aborsie verbied, wat eenvoudig nie waar is nie. Tog, ná byna 50 jaar van nasionaal bevestigde wetgewing, sal die beskikbaarheid van aborsie weer van staat tot staat verskil, soos voor Januarie 1973 toe die hof met ’n 7-2 meerderheid sy Roe-uitspraak gelewer het.

Hoe het dit gebeur? In 2018 het 75 persent van nasies regoor die wêreld aborsie ná twaalf weke verbied, tensy die swangerskap die moeder se lewe in gevaar gestel het. Die V.S. was een van slegs sewe lande wat aborsie op aanvraag toegelaat het na 20 weke van swangerskap. Baie staatswetgewers van Mississippi het hulle land se wette as onnodig toegeeflik beskou en het die Mississippi Gestational Age Act aanvaar, wat aborsies na 15 weke van swangerskap verbied het. Alhoewel dit beskikbaarheid tot aborsie op ’n later stadium moontlik gemaak het soos wat algemeen in ’n groot deel van die wêreld is, het voorstanders van aborsie die beperking as te ingrypend beskou en die hofsaak aanhangig gemaak wat nou informeel as Dobbs bekend staan.

’n Nuusontleding van die Washington Post in Mei 2022 het opgemerk dat ongeveer 7 persent van die V.S. aborsies in 2019, ná die vyftiende week van swangerskap plaasgevind het. Deur sy uitspraak op die 1970’s se mediese kennis te baseer, het Roe dit verbied om ’n gesonde swangerskap na 26 weke te beëindig op die veronderstelling dat “fetale lewensvatbaarheid” teen daardie tyd bereik is. ’n Uitdaging was onafwendbaar, aangesien mediese tegnologie sedert die 1970’s, lewensvatbare geboortes na net 21 weke van swangerskap toegelaat het. Soos die hof se meerderheidsmening in Dobbs inderdaad erken het, “die ouderdom van lewensvatbaar maak geen sin nie”. Roe kon nie die vooruitgang van die mediese wetenskap teenstaan nie.

Terug na die state

Met die wete dat Roe nie as ’n vaste presedent sou voortduur nie, het baie state die afgelope paar jaar “kitswette” aangeneem wat ontwerp is om in Roe se afwesigheid in werking te tree. Twintig state en die distrik van Colombia het wette ingestel wat beduidende post-Roe-beskikbaarheid tot aborsie behou, terwyl nog 13 wette aangeneem is om aborsie verder te beperk indien Roe omvergewerp sou word.

Veral in die Suidelike en Midwestelike state, waar anti-aborsiebeperkings oor die algemeen die strengste is, sal die koste van aborsies op ’n latere termyn swangerskappe met die koste van bustariewe styg tot die naaste aborsievriendeliker staat. Selfs diegene wat aborsie meer algemeen beskikbaar wil sien, gee toe dat nuwe beperkings nie ’n groot struikelblok sal wees vir ryker vroue wat ’n dokter sal kan vind wat bereid is om die gevaar van ’n swangerskap te bevestig, of wat bloot na ’n buurstaat kan gaan vir die prosedure nie. Dit is die miljoene lae-inkomste vroue vir wie aborsie ’n laaste uitweg van geboortebeperking is wat waarskynlik nuwe druk sal ondervind om hulle kind na geboorte te vir die volle 9 maande te dra.

Is daar enige ander presedent wat so ’n belangrike saak aan individuele state oorlaat? Oorweeg die huwelik – sonder twyfel die heel belangrikste instelling vir die stabiliteit van ’n nasie. In ses state – Delaware, Minnesota, New Jersey, New York, Pennsilvanië en Rhode Island – word huwelike verbied vir enigiemand jonger as 18. In Nebraska moet paartjies wag tot ouderdom 19, tensy hulle ná die ouderdom van 17, die ouers se toestemming het. In Mississippi moet paartjies wag tot die ouderdom van 21, tensy hulle ouerlike toestemming het, seuns na ouderdom 17 en meisies na die ouderdom van 15. In Alaska kan ’n egpaar met ouerlike toestemming en regsgoedkeuring op die ouderdom van 14 trou. Sommige state laat huwelike toe op ouderdom 16 of 17 met ouerlike toestemming. Ander state vereis beide ouers en regstoestemming. Verwarrend? Miskien. Ons vind egter nie pro-huwelikaktiviste wat geld insamel om busvervoer te finansier vir jong paartjies wat na state wil reis waar tienerhuwelike wettig is nie. Ons het ook nie gesien dat die Federale Regering ingryp om plaaslike voorkeure oor huwelikouderdom uit te skakel nie.

Gevolge van Dobbs?

Die meerderheidsmening van die hof het verklaar dat daar nêrens in “die grondwet na aborsie verwys word nie en geen sodanige reg word indirek deur enige grondwetlike bepaling beskerm nie”. Dit maak dit dus ’n saak waaroor elk van die land se 50 state self moet besluit. Die drie andersdenkende regters het nogtans in hulle menings aangedui dat “geen woord in vandag se besluit die Federale Regering keer om aborsies landwyd te verbied nie”. Wat hierdie regters egter nie gesê het nie, is die ontnugterende realiteit dat die Federale Regering ook landwyd aborsies kan toelaat. Ten spyte van die uitroepe van pro-aborsie aktiviste, het die V.S. Kongres besluit om dit nie te doen in die byna 50 jaar sedert Roe nie. Die situasie het eerder berus op ’n uitspraak van die Hooggeregshof, nie ’n Federale wet nie.

Indien die Kongres sy eie aborsiewet uitgevaardig het, sou ons dalk nie nou te staan gekom het voor die twispunt en stryd wat aan die broei is terwyl state voorberei om die nuwe Dobbs-standaard te toets nie. Opmerkings deur regter Clarence Thomas, dui reeds aan dat vorige “behoorlike proses”-presedente in SCOTUS-sake Obergefell v. Hodges, Lawrence v. Texas en Griswold v. Connecticut – wat landwye goedkeuring vir dieselfdegeslag “huwelike”, dieselfdegeslag intimiteit en metodes vir voorbehoeding – vir hersiening oorweeg behoort te word. Die meerderheidsopinie het tog verkies om Thomas te weerspreek en daarop gewys dat “regte met betrekking tot voorbehoeding en dieselfdegeslag verhoudings inherent verskil van die reg op aborsie omdat laasgenoemde (soos ons beklemtoon het) uniek behels wat Roe en Casey genoem het ‘potensiële lewe’”.

In reaksie hierop het die drie andersdenkende regters, ironies genoeg, Thomas se kant gekies deur die meerderheid se mening aan te val, wat volgens hulle natuurlik sou lei tot die heroorwegings waarvoor regter Thomas gehoop het. In plaas daarvan om te erken dat verskillende regters hulle opregte verskillende regsperspektiewe op hierdie omstrede aangeleenthede kan toepas, om verskillende gevolgtrekkings te bereik, het die andersdenkendes hulle oortuigende argumente nog verder uitgebrei met ’n gewaagde beskuldiging: “Die opinie van die meerderheid is skynheiligheid, óf addisionele grondwetlike regte word bedreig. Dit is die een of die ander”.

Selfs die drie regters wat die meerderheid teëgestaan het, het tog hulle verskillende opinies verduidelik dat “die staat vanaf die begin van die swangerskap wettige belange het om die ‘lewe van die fetus wat ’n kind kan word’ te beskerm”. Ja, u lees dit korrek. Nie een van die nege regters het ontken dat die individu wat in die baarmoeder ontwikkel ’n “lewe” is nie. Selfs volgens die drie andersdenkende regters was hierdie nie ’n besluit oor die beskerming of die bedreiging van lewens nie; dit het gegaan oor die vraag of besluite oor daardie lewens op Federale vlak afgedwing behoort te word of deur die individuele state opgelos behoort te word.

Wat kom volgende?

Kan ons verwag dat regter Thomas se perspektief sal seëvier? Sommige betrokkenes het hulle vrees uitgespreek dat ander jarelange presedente omvergewerp kan word. Wat die vuur van partydigheid aangeblaas het, was dat verskeie senatore wat aan Justice Brett Kavanaugh se bevestigingsverhore deelgeneem het nou na verdere oorweging hulle kommer uitgespreek het oor die rigting wat die regter se stellings nou ingeslaan het met betrekking tot Roe as “gevestigde wet” en bevraagteken nou Kavanaugh se bevestiging as regter. Ondersteuners van die Dobbs-besluit haal die berugte Plessy v. Ferguson-saak aan wat in 1896 rasse-segregasie gewettig het, maar deur Brown v. Board of Education in 1954 afgeskaf is. Albei partye stem saam dat hofpresedente nie absoluut is nie – slegte besluite kan verander word – maar stem nie saam dat Roe of Dobbs ’n gepaste voorbeeld van ’n slegte besluit is nie.

Laat ons inderdaad nie vergeet dat, of mense nou sorgvuldig hulle woorde tel of nie – soos wat ’n mens van ’n regter van die Hooggeregshof sou verwag – mense wel hulle opinies mettertyd kan verander. Het die Demokrate van die Senaat gehoor wat hulle wou hoor in die beoordeling van Kavanaugh se getuienis wat Roe as vasgestelde wet erken, of het hy moontlik die feite in Dobbs opnuut ondersoek en van plan verander? Hoe ver behoort ons te gaan om individue te oordeel op grond van menings wat hulle in die verlede uitgespreek het? Selfs president Biden het toe hy as ’n senator van Delaware gedien het in 1981 by ’n groep Republikeinse senatore aangesluit ter ondersteuning van ’n voorgestelde grondwetlike wysiging wat aborsie sou verbied. Daar het egter niks van die wysiging gekom nie. ’n Jaar later het Biden van standpunt verander en sy vorige keuse toegeskryf as ’n uitdrukking wat verband hou met sy “Rooms-Katolieke agtergrond”. Wie kan dus sê wat die regters sal doen indien hulle gevra word om vorige SCOTUS-uitsprake te heroorweeg rakende ander besluite wat aan die Federale Regering toegewys was en wat voorheen aan die state oorgelaat is.

Wat die partydige verdeeldheid betref waarin die V.S. hom nou bevind, kan ons in gedagte hou dat Kavanaugh met ’n klein meerderheid van 50-48 in die senaat bevestig is, met 49 van daardie 50 stemme wat van Republikeine gekom het. Die enigste demokratiese senator wat Kavanaugh ondersteun het, was Joe Manchin van Wes-Virginië – dikwels ’n “hardekop” onder sy mede-demokrate. Die dae is verby toe konserwatiewe senatore liberale aanstellings op grond van hulle geregtelike meriete geëvalueer het en liberale senatore, konserwatiewes op grond van hulle geregtelike meriete geëvalueer het. Niemand in Washington verwag om nog ’n regter te sien wat bevestig word deur ’n 78-22 aantal stemme soos hoofregter John Roberts (aangestel deur George W. Bush in 2005) of deur ’n 87-9 aantal stemme soos regter Breyer (aangestel deur Bill Clinton in 1994) nie. Selfs in die hof het ’n atmosfeer van wantroue ontstaan in die nasleep van die lekkasie van regter Samuel Alito se konsep-opinie in Mei 2022 wat klaarblyklik (behalwe latere byvoegings wat kommentaar gelewer het op ander regters se menings) verskil het van die finale dokument, hoofsaaklik op die vlak van proeflees, nie inhoud nie.

Terloops, wat betref die veiligheid en vertroulikheid van SCOTUS-beraadslagings, behoort ons daarop te let dat, aangesien hierdie artikel vroeg in Augustus ter perse gaan, die identiteit van die fluitjieblaser onbekend bly.

U staat en u regering?

Ons behoort ook daarop te let dat die regters – ten minste teoreties – se taak nie is om te besluit wat reg en wat verkeerd is nie, maar eerder om te besluit wat die V.S. grondwet vereis of toelaat. Selfs die drie andersdenkende regters wat in Dobbs verskil het, het die hof se belang erken om die lewe van wat hulle die “fetus” in die baarmoeder genoem het, te beskerm. Die meerderheid se opinies het nogtans nie ’n grondwetlike rede gevind vir die Federale Regering om daardie lewe te beskerm nie – dit het eenvoudig individuele state toegelaat om te besluit hoe en wanneer burgers hulle babas kan doodmaak.

Is dinge nou “beter” of “slegter” vir swanger moeders en die lewens in hulle baarmoeder? By die Wêreld van Môre verstaan ons aborsie as ’n Skriftuurlike vraag, nie ’n politieke een nie. Ons kan nie die onomstootlike waarheid vermy dat ’n aborsie ’n mensie doodmaak nie – geneties verskillend van sy of haar moeder – wat gemaak is na die beeld van die Goddelike Skepper. ’n Gedeelte uit die boek Spreuke kan moontlik by u opkom: “Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel ’n gruwel: trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai” (Spreuke 6:16-19). Hoeveel goddelose beplanning en leuens gaan steeds aan namate die aborsie-debat voortgaan? Hoeveel bloed is al vergiet van onskuldige nuwe lewens wat wag om gebore te word?

Die politieke twispunte illustreer nogtans die twispunte rondom die SCOTUS-besluit baie goed, een rede waarom God Sy volk as “lewende ambassadeurs” beskou in hierdie huidige wêreld. As Christene is dit ons plig om te groei in Sy regverdige karakter – om nie toe te laat dat ons aandag afgelei word om die een of ander partydige perspektief te ondersteun nie. Selfs die mees kundige opgestelde wetgewing wat deur die mensdom ontwerp is, kan nie voldoen aan God se volmaakte Wet nie, wat geregtigheid en barmhartigheid aan almal bewys en Sy geregtigheid handhaaf. Die dag sal kom – binnekort – wanneer Sy Koninkryk en Sy volmaakte Wet van liefde op planeet Aarde sal heers.