Van Wêreldoorlog tot Koue Oorlog tot Oorlog teen Terreur; van polio tot VIGS tot Ebola, waarom lyk dit asof dit van erg na erger in ons wêreld gaan? Sal die planeet Aarde ooit ’n tyd van vrede sien? Die Skrif gee die antwoord!

Van droogtes tot oorstromimgs, van hongersnood tot siekte-epidemies, van geweld in skole tot nasies in oorlog, is daar ’n rede vir die rampe wat ons wêreld in die gesig staar? Is daar enige hoop vir die toekoms?


Baie min mense glo deesdae in ’n werklike God. Selfs nog minder mense glo in die ware God van die Bybel. Dekades van beklemtoning van die evolusieteorie, menslike redenasies en die beweging vir “self-vervulling”, het die opdrag dat ons ons Skepper behoort te dien, byna heeltemal vervang. Eindelose boeke, artikels, goed vervaardigde films en TV-programme het slim “gekgeskeer” met die idee van ’n ware God, die Skepper en Regeerder van die heelal. Dit het sy tol geëis op ontelbare miljoene mense. Wat van u?

Is u persoonlik daarvan bewus dat belangrike profetiese gebeure, soos voorspel in die bladsye van u eie Bybel, op hierdie oomblik besig is om vervul te word? Is u bewus daarvan dat die bestendige afname in die mag en aansien van die nasies van Britse afkoms en Amerikaanse volke spesifiek in u Bybel geprofeteer is? Is u persoonlik bewus daarvan dat die einde van hierdie huidige menslike beskawing dalk nog in u leeftyd mag kom?

Nou, op hierdie oomblik, terwyl ek skryf, is ’n massiewe oorname van groot dele van die Midde-Ooste deur die sogenaamde “Islamitiese staat” ’n groeiende bedreiging vir Europa en selfs vir die Verenigde State! Die onlangse hoof van die CIA, afgetrede generaal Michael Hayden, het onlangs aan CNN vertel dat ’n aanval deur hierdie terroristegroep op die VSA of Europa, net ’n kwessie van “tyd” is. Let op wat sê hy: “ISIS [Islamitiese staat in Irak en Sirië] is ’n baie magtige plaaslike terroriste-organisasie en waarskynlik ’n redelik magtige terroriste-organisasie in die streek, maar dit is een wat wêreldwye ambisie het. Dit het ook die middele ... Amerikaanse paspoorthouers asook die Europese paspoorthouers. Hulle voorneme is bekendgemaak (om die Weste aan te val) ... Dit sal waarskynlik eerder vroeër as later geskied” (25 Augustus 2014).

Die moorddadige terroriste van ISIS wat amok maak is reeds verantwoordelik vir die moorde op duisende mans, vroue en kinders. Hulle onthoof, kruisig en martel dikwels hulle slagoffers verskriklik. Duisende vroue en dogters is deur hierdie goddelose mans verkoop as seksslawe of vir ander bose doeleindes gebruik. Regdeur die Midde-Ooste word ’n gevoel van terreur geskep deur hierdie organisasie. Amerika behoort regtig wakker te word om op ’n kragdadige manier op te tree, of hierdie tipe terreur sal weer en weer sy kop uitsteek reg hier binne-in die Verenigde State.

In die Oekraïne is daar voortdurend berigte van Russiese troepe en tenks wat in die stilligheid hulle invloed uitbrei oor dele van daardie land en dit kom voor of baie min deur die Westelike magte gedoen word. ’n Stille Russiese “oorname” is duidelik aan die gang – net soos wat onlangs in die Krimoorlog die geval was. Aan die anderkant van die wêreld is China baie aggressief besig in die Suid-Chinese See. China teister voortdurend vloot-eenhede van die Filippyne en ander nabygeleë nasies, neem klein eilande oor waarop die ander regerings aanspraak maak en is duidelik besig om voor te berei vir oorlog, tensy iemand dit keer.

In Afrika is die Ebola-virus besig om ’n totale gruwelike bedreiging vir die hele mensdom te raak. Selfs sommige noodlenigingswerkers is besmet en ’n paar is reeds teruggeneem na die Verenigde State. Hoe lank sal dit neem voor die Ebola-virus na ons gebiede, in die VSA, Brittanje of Kanada versprei?

Terselfdertyd bring byna elke dag meer nuus oor verskeie regters in die Verenigde State wat probeer om die idee van “mans wat met mans trou” te wettig! Dit is iets waarteen ons vir dekades reeds gewaarsku het. Dit is iets wat ’n paar jaar gelede heeltemal ondenkbaar sou wees. Byna elke godsdienstige leier van daardie tyd sou hierdie skandelike praktyk heelhartig veroordeel het. Vandag egter, as gevolg van ’n “vloedgolf” van homoseksuele druk en aktiwiteite, verkrummel die een na die ander sektore van die samelewing onder die druk van hierdie seksuele perverte. Die Almagtige God noem steeds hierdie praktyke ’n “gruwel” (Levitikus 18:22). Selfs in die Nuwe Testamentwas die apostel Paulus deur die Almagtige God geïnspireer om die intellektuele manne van sy dag so te beskryf: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword” (Romeine 1:22). Dan verklaar hy: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang” (verse 26-27).

In die nabye toekoms, hoofsaaklik as gevolg van hierdie veragtelike praktyke, sal duisende of tienduisende meer mense met verskillende seksueel-oordraagbare siektes, dikwels VIGS, te voorskyn kom. As gevolg van al hierdie dinge sal die tradisionele huisgesin – wat die ware fondament en die krag van ons samelewing is – al hoe meer verkrummel. Kinders sal handuit ruk. Namate al hoe meer veragtelike praktyke oorneem en mans en vroue afgesny word van God deur hulle eienaardige gedagtes en dade, sal mense toenemend ’n gevoel van leegheid ervaar, sonder enige doel om voor te leef.

Dus, as gevolg van al hierdie dinge, sal die Almagtige God binnekort ingryp, nog in die meeste van u se leeftyd!

Ontsaglike veranderings gedurende my leeftyd

Ek het grootgeword gedurende die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorlog. Gedurende my jeug was daar patriotisme, ’n gevoel van eenheid regdeur Amerika en ’n lewensvreugde was ooglopend onder die meeste mense. In die Wes-Sentraal Grade-skool in Joplin, Missouri, het ons onderwyser dikwels die skooldag geopen met gebed. Gewoonlik was die “Eed van Getrouheid” aan die vlag en die Grondwet van die Verenigde State van Amerika ook opgesê. Die respek en eerbied vir die Tien Gebooie as ’nlewenswyse was voor die hand liggend en was dikwels deur ons ouers, skole en die gemeenskap as geheel versterk. Daar was ’n diepe respek vir die huisgesin, vir die Bybelen vir die idee dat “God ons Vader is”.

Destyds was die blote vermelding van mans en vrouens wat saamwoon sonder dat hulle getroud is, ’n verleentheid. Egskeiding was beskou as ’n skande. Selfs die idee van mense wat afwykende seksuele dade met mekaar beoefen het, was walglik en byna ondenkbaar. Byna almal het verstaan dat God ons manlik en vroulik geskape het vir die doel van die huwelik en die huisgesin. Miljoene mense was bekend met Jesus se geïnspireerde opdrag: “En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hullegemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie” (Mattheüs 19:4-6). Ook het die meeste mense in beginsel sekerlik verstaan en saamgestem met die opdrag wat God aan ons voorvaders in antieke Israel gegee het: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Levitikus 18:22).

Nou egter, ná “opleiding” in baie van ons liberale kweekskole, of miskien behoort ons te sê teologiese “begraafplase”, is duisende belydende “Christelike” predikante voorstanders van die teorieë van die homoseksuele aktiviste. Oënskynlik, sonder veel nadenke of enige sin van verantwoordelikheid het honderde van ons wetgewers in verskeie state en stede – selfs Washington, DC – besluit om God se Wette te verwerp en sake in hulle “eie hande” te neem. Hulle het “meegedoen” aan die moderne gesindheid om die “spot te dryf” met God en Sy geïnspireerde Woord. Hulle het toenemend deur hulle optrede en wette en uitsprake, die insettinge en die verordeninge van die God van die Bybel “geminag”! Dan wonder baie mense nog: Waarom loop so baie dinge verkeerd vir Amerika en die volke van Britse afkoms? In plaas daarvan om duidelik die dominante nasies van die hele wêreld te wees – soos wat ons tot onlangs was – stort ons nou die afgrond in. Ons daal al hoe laer in ons nasionale mag en aansien. Dele van die suidweste van die VSA wil afskei van die res van die land. Baie mense in Skotland het onlangs ’n referendum ondersteun wat vra vir onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk. Mense is ontevrede. Regoor die wêreld verloop so baie dinge “verkeerd” vir ons volke.

Weereens, waarom?

Die Almagtige God se dekreet

Die Skepper het voorspel dat hierdie dinge oor ons volke sou kom indien ons ons distansieer van Hom en van Sy Wette en insettinge: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefsjulle saad saai, want julle vyande sal dit opeet” (Levitikus 26:14-16).

God het gewaarsku dat indien ons Sy “wette en insettinge” verbreek, hierdie oordele oor ons as ’n volk sal kom. Die eerste ding wat sal gebeur is “verskrikking”, wat ook vertaal kan word as terrorisme! Dit het alreeds begin. Dit het met die aanval van Islamitiese fanatici op die Wêreld Handelsentrum en die Pentagon op 11 September 2001 begin. Dit gaan nog veel erger word indien ons voortgaan om God se Wette en insettinge te verbreek.

Die volgende is “verterende siektes”. Een van die heel gevaarlikste siektes van hierdie aard is natuurlik VIGS, wat direk versprei word deur homoseksuele kontak en verwante praktyke. Soos Levitikus 26 dan beslis aandui, sal ons ’n hele vloedgolf van siekte-epidemies, droogtes en hongersnood beleef. Kragtige aardbewings en baie ander “natuurrampe”, sal oor ons volke kom indien ons ons nie opreg bekeer en ons tot God wend nie. Indien u graag ’n volledige verduideliking wil hê van die belangrikste gebeure wat binnekort sal plaasvind, skryf gerus aan ons of skakel ons vandag nog en vra u gratis kopie aan van ons kragtige boekie, Veertien Tekens wat Christus se Wederkoms Aankondig. Bestudeer asseblief hierdie boekie – vergelyk dit met die wêreldnuus wat elke dag plaasvind – dan sal u besef dat die Skepper nou werklik begin om in te gryp in die mens se sake!

Jesus Christus het Self baie van die “Groot Prentjie”-gebeure beskryf wat binnekort sal plaasvind – meer en erger oorloëwêreldoorloëhongersnoodsiekte-epidemies (of pessiektes) en “groot aardbewings” (Lukas 21:7-11). Na aan die einde van hierdie profesie, sê Jesus: “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid” (verse 25-27).

Diegene van u wat begin het om werklik te glo dat daar ’n ware God is, kan baie dankbaar wees, want Hy sal ingryp. Hy sal die mensdom uiteindelik “red” van sy sondes en probleme. Aan die einde van hierdie profesie gee Jesus ons hierdie opdrag: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:36). Ons word dus deur Jesus Christus Self aangesê om te “waak” [op die uitkyk te wees] vir hierdie wêreldgebeure en om altyddeur te bid dat ons “waardig” geag mag word en gespaar te word van hierdie gebeure wat binnekort sal kom!

DOEN iets!

Is u persoonlik besig om te begin waak en bid? Berei u persoonlik u hart voor om God met u hele hart en u hele siel te soek? Soos die meeste van u weet, doen ons baie selde hierdie soort persoonlike beroep op u lesers. Die tyd is egter min. Met my hele hart wil ek hê dat u “die prentjie” snap en oorgaan tot aksie! U hele lewe is op die spel. U ewigheid is op die spel.

Onthou asseblief my vriende, wanneer u God se profesieë wat Sy strawwe en beproewings oor Sy volke deur die geskiedenis heen betref bestudeer, God altyd sê dat indienons beskerm wil word van enige tragedie, ons met ons hele hart tot God moet uitroep! Let op hoe God Sy volk opdrag gegee het toe die sewentig jaar van “Babiloniese ballingskap” tot ’n einde gekom het: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart” (Jeremia 29:11-13). Hy sê dat Hy na Sy volk sal luister “wanneer julle na My vra met julle hele hart”!

Geagte Lesers en Vriende, ek en u behoort dít waarlikwaar te doenHoe dikwels bestudeer u, persoonlik, met ’n oop gemoed, intens en aandagtig, die Bybel en mediteer oor sy ware betekenis? Hoe dikwels roep u uit tot God en smeek Hom met woorde soos hierdie: “Vader, ek is regtig baie keer nie seker wat om te doen nie, maar wys my asseblief! Help my asseblief om wakker te word! Gee my asseblief die geloof en moed om op te tree!”

In ’n kragtige waarskuwing aan ons voorvaders, wat sekerlik ook op ons van toepassing is, het die Almagtige God hulle gewaarsku dat hulle in die “laaste dae” van God sal afdwaal en “die Here sal julle onder die volke verstrooi, en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die Here julle sal drywe” (Deuteronomium 4:27). Dan sê die Almagtige God: “En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind asjyHommetjou hele harten jouhelesielsoek. As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na sy stem luister” (verse 28-30).

Dus, aan die “einde van die dae” begin hierdie dinge gebeur! Dit sal baie gou oor ons volke kom, tensy ons ons werklik bekeer. God se Woord dui aan dat die meeste mense hulle nie sal bekeer nie totdat hierdie dinge werklik oor hulle kom. U persoonlik, kan egter tot bekering kom indien u gewillig is. Ons behoort gewillig te wees om te erken dat ons menslike weë verkeerd is, dat ons onsself gedistansieer het van die God van die Bybel, dat ons as volk weggesink het in toenemende vorms van plesiersoekery en absolute genotsug. Ons gesinne word uitmekaar geskeur. Die sedelike waardes in ons openbare skole en kolleges verval. Ons hele nasie word vernietig omdat ons weier om God en Sy weë te vereer. Dan sê God in hierdie tyd, in hierdie situasie: “Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek” (vers 29).

As Hoofredakteur van hierdie tydskrif en as die geroepe en uitverkore kneg van God, die Almagtige, doen ek nou ’n beroep op elkeen van u om tot die daad oor te gaan!Moenie aanneem dat u vorige godsdienstige idees en gebruike die Almagtige God behaag nie. Die ware Jesus Christus van u Bybel het die godsdienstige leiers van Sy dag kragtig gewaarsku: “Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?” (Mattheüs 15:3). Daarna: “So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (verse 6-9).

My vriende, die meeste van u wat hier lees is natuurlik opreg, anders sou u nie bereid gewees het om enigiets anders as “hoofstroom” godsdienstige opvattings te oorweeg nie. Net soos ek vir die eerste 19 jaar van my lewe was, het die meeste van u nog steeds in u gemoed allerhande vorms van onbybelse en selfs “heidense” opvattings ingegraveer. Dít is wat die meeste van u u lewe lank geleer is. God beveel al Sy mense: “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thessalonicense 5:21). Leer om die voorbeeld van die Bereaanse Christene wat deur God geprys is na te volg, want hulle was “edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11).

U Bybel sê: “Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7). Iewers op hierdie aarde het die ewige God nog altyd ware dienaars gehad. Op die een of ander manier, deur Sy genade, het God u in aanraking gebring met Sy ware dienaars en Sy ware Werk op die aarde in hierdie laaste dae van ons menslike beskawing. Wees asseblief om u eie onthalwe,  gewillig om te oorweeg en te bewys wat ons te sê het!

Byna almal van ons jarelange lesers weet dat ons nooit druk uitoefen om “geld uit u te kry” nie! Al ons leesstof is absoluut gratis vir u om te ontvang en u word hoegenaamd onder geen verpligting geplaas nie. Dus, in die lig van wat ek hierbo geskryf het, is dit lewensbelangrik dat indien u nie alreeds hierdie boekies het nie, u ons dadelik behoort te kontak om u gratis eksemplaar van die boekie wat ek reeds genoem het, aan te vra, naamlik: Veertien Tekens wat Christus se Wederkoms Aankondig, saam met nog twee ander belangrike en werklik “insiggewende” boekies: Hervestig die oorspronklike Christenskap en Satan se Vervalste ChristendomIndien u gewillig is om uself te wy aan ’n bietjie ernstige studie en te bewys wat die Skepper werklik in Sy geïnspireerde Bybel sê, kontak ons asseblief om ’n gratis Wêreld van Môre Bybelstudiekursus, wat uit 24 lesse bestaan, aan te vra.

Doen u deel

Indien u ook ’n opregte begeerte het om deur te druk met God se waarheid en ons persoonlik wil “ondersoek”, behoort u seker te maak dat u een van ons predikers of verteenwoordigers vra om u te besoek. Ons sal nie ongenooi na u huis kom nie – of ’n ontmoeting moontlik in ’n koffiewinkel of ander openbare plek sal u dalk beter pas. Indien u ’n vrou is, kan ons u verseker dat ons nooit net ’n man sal stuur om u te ontmoet nie. Ons verteenwoordiger sal bly wees om u te kan ontmoet – dalk saam met sy vrou of dalk saam met ’n ander leraar om met u te praat oor die ware betekenis van die lewe. Hy sal u vrae oor die Bybel beantwoord en indien u sou verkies, u in besonderhede alles oor hierdie Werk vertel en wanneer en waar u ander ware Bybel-gelowige Christene kan ontmoet. Hy sal op geen manier druk op u uitoefen nie – dis ’n belofte.

Dus, weereens, ter wille van uself, gaan oor tot aksie! Ek dring byna nooit so sterk daarop aan soos ek nou doen, deur u te vra om oor te gaan tot aksie nie. Namate hierdie profetiese gebeure egter byna daagliks oor ons pad kom, word ek genoodsaak om in hierdie tyd na u uit te reik en te bid dat God u sal help om te verstaan en om gewillig te wees om daardie dinge te doen wat u behoort te doen, sodat u God se beskerming kan verkry gedurende hierdie laaste dae van menslike geskiedenis en om in God se ewige Koninkryk te wees.

God keur nie “halwe” Christene goed nie! In Sy geïnspireerde Woord waarsku Hy spesifiek dat die laaste era van Sy Kerk op hierdie aarde gekenmerk sal word deur wat ons noem, die “Laodiceaanse” gesindheid. God het die mense van ons tyd gewaarsku: “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm. Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug” (Openbaring 3:15-16). Ons behoort nie daardie gesindheid te weerspieël in ons eieChristelike lewens nie!

 My liewe vriende en medewerkers, God help ons almal om waarlik te leer om “Hom” met ons hele hart en ons hele siel “te soek”. Laat ons nie “halwe” Christene wees nie. Laat ons tot Hom “uitroep” en ons bekeer – laat ons verander en die ander rigting inslaan. Laat ons begin om Hom van ganser harte te gehoorsaam, ook met ons dade,sodat ons na ’n werklike plek van veiligheid geneem sal word tydens die komende Groot Verdrukking. Mag ons leer om geestelik te groei “tot die mate van die volle grootte van Christus" (Efesiërs 4:13). Aan die einde van sy lewe het die apostel Petrus sy lesers beveel: “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 1:10-11).

Weereens, mag die Almagtige God elkeen van ons aangryp om oor te gaan tot aksie, sodat ons waarlik Sy wil kan “soek” en “hierdie dinge doen”, sodat ons werklik toegang kan kry tot die “ewige Koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.”