Traumatiese gebeure is besig om plaas te vind soos wat die jaar na ’n einde snel! Dit behoort duidelik te wees vir almal wat oë het om te sien, dat wrede terrorisme, wydverspreide droogtesfinansiële omwenteling en die toenemende moontlikheid van siekte-epidemies met ons is. Terwyl ek skryf, groei die bedreiging van ’n algehele Midde-Oosterse oorlog – en so ’n oorlog mag selfs reeds begin het voor u hierdie artikel lees!

Soos duisende van u wat die Wêreld van Môre lank reeds lees moontlik teen hierdie tyd besef, is daar een bron van inligting oor eindtydse gebeure wat “in die kol is”. Ons by die Wêreld van Môre “veralgemeen” nie oor Christus se Wederkoms na hierdie aarde, as sou dit “eendag” of “op een of ander wyse” kan wees nie. Ons delf diep in die geïnspireerde woord van God sodat as lesers werklik ’n hele panorama van profetiese gebeure kan verstaan – insluitend wanneer en waar en waarom daardie dinge sal gebeur. Ons vra u gereeld in hierdie tydskrif en op die Tomorrow’s World beeldsendings om “te kontroleer” wat ons sê en hierdie dinge direk uit u eie Bybel te bewys.

Nou, terwyl die crescendo van eindtydse profesieë al hoe hewiger word, is dit dalk “besluitnemingstyd” vir u en u gesin? Kan u dit waarlik bekostig om aan die kantlyn te staan en toe te laat dat “die wêreld maar sy gang gaan” wanneer hierdie gebeure na hulle groot finale klimaks beweeg? Of, as u sien dat hierdie spesifieke gebeure waaroor ons geskryf het met toenemende felheid plaasvind, sal u begin om waarlik u Bybel te bestudeer, die basiese waarhede as juis te bewys en dan die moed hê om te reageer op wat God duidelik openbaar?

Vir u eie beswil en die beswil van u geliefdes, dink ernstig na oor die beroemde waarskuwing wat deur Sir Winston Churchill gegee is: “Mense struikel soms toevallig oor die waarheid, maar die meeste van hulle staan op en haas voort asof niks gebeur het nie”.

Ek hoop almal van ons kan besef, daardie vorm van “ontvlugting” is intellektueel en geestelik oneerlik en lafhartig!

Lees asseblief die artikels in hierdie einste uitgawe van die Wêreld van Môre-tydskrif oor Christus se Wederkoms baie deeglik, oor die onhulling van die geheimenisse van die boek Openbaring, en oor begrip van eindtydse profesieë. Slaan die Skrifgedeeltes na en kyk of dit “toepaslik” is. Bid dan vir begrip en die moed om gewillig te wees om die Skepper wat u lewe en asem gee, gehoorsaam te wees, die Skepper wat die geheelbeeld van profetiese gebeure en die opkoms en val van nasies lei. God se woord sê duidelik aan ons dat antieke koning Nebukadnesar vir baie jare van sy troon verban was, “met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel” (Daniël 4:17).

Ongelukkig sal u binnekort hierdie profesie “sien” gebeur met die Amerikaanse nasie en die nasies van Britse afkoms in hierdie “eindtyd”. Mans – of vrouens – met middelmatige verstandelike vermoëns en korrupte motiewe sal meer en meer ingestem word deur ’n verwarde kieserspubliek – meestal mense wat nie die “minste omgee” of die persoon vir wie hulle stem werklik ’n goeie persoon is wat ongeag politieke oorwegings sal doen wat reg is nie. Sulke moedige politici was nog altyd yl gesaai. Hulle wordbaie selde verkies omdat die meeste mense stem vir die politici wat aan hulle die meeste beloftes maak – ongeag die gevolge.

Dus, soortgelyk aan die val van die Romeinse Ryk, sal ons binnekort ons geliefde nasies stadig maar seker sien verval en ten gronde gaan oor die volgende aantal jare. Sal die “val” van Amerika en die nasies van Britse afkoms binne die volgende sewe tot sewentien jaar – of miskien langer – plaasvind? Ek weet nie. Net die Ewige God weet die presiese tydsbepaling. Maar, na 58 jaar wat ek die ware God van die Bybel dien en hierdie gebeure fyn dopgehou het, voel ek persoonlik dat die val van ons geliefde nasies nader gaan wees as wat die meeste van ons besef!

Waarom moet dit gebeur?
Dit sal gebeur tensy ons – as ’n nasie – opregte berou tot bekering betoon voor die God van die Bybel, die ware God wat nou begin om in te gryp in menslike aangeleenthede!

Sal hierdie opregte bekering werklik plaasvind?
Gebaseer op ons nasionale en indiwiduele gedragspatrone oor die afgelope paar dekades, dink ek u ken die realistiese antwoord! Die meeste mense voel “gemaklik” waar hulle is. Hulle voel op hulle gemak in hulle sosiale kring, in hul kerk en met hul basiese “manier van lewe”. Hulle wil nie werklik enige van hierdie dinge verander nie. Inderdaad, die oorgrote meerderheid van mense sal nie verander tensy hulle uit hulle geestelike en intellektuele laksheid “geskud” word nie!   

Natuurlik weet God dit. Dus is Hy – die Skepper van die mensdom – op die punt om in te gryp in menslike aangeleenthede en die nasies te skud soos hulle nog nooit tevore geskud was nie! God “praat” met diegene wat verstaan: “Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie. Hulle wat Hom afgewys het toe Hy sy Goddelike woord op aarde laat hoor het, het nie ontkom nie. Hoeveel minder sal ons ontkom wanneer ons nie ag slaan op Hom wat van die hemel af met ons praat nie? Destyds het Sy stem dieaarde laat wankel, maar nou het Hy aangekondig: Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel” (Hebreërs 12:25-26 NV).

Met verwysing na hierdie “laaste dae” – net voor Sy Wederkoms – sê Jesus Christus: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mattheüs 24:21-22).

Ek is persoonlik baie dankbaar dat God my oë bykans 60 jaar gelede geopen het vir die werklike Waarheid van die Bybel. Vir die eerste 19 jaar van my lewe was ek opgevoed in ’n “hoofstroom” Protestantse kerk. My hele familie en ek was sekerlik “hoofstroom” in elke moontlike opsig – betrokke by plaaslike publieke funksies, brug- klubs, danse, partytjies, sportaktiwiteite en dies meer.

’n Reeks van gebeure het my egter werklik “geruk”. Ek het begin om ernstig en opreg na God te soek. Ek het Hom ernstig versoek om Sy wil aan my te openbaar. Vir die eerste keer in my lewe het ek begin om die hele Bybel waarlik te bestudeer. Ek is toe deur God se genade en deur Sy Gees ware insig gegee van die Bybel en van die fundamentele “sleutels” wat die betekenis van omtrent 90 persent van eindtydse profesieë ontsluit.

Die res is geskiedenis.
Dus skryf ek nou aan u – en smeek u in die naam van Jesus Christus – om gewillig te wees om “God waarlik te soek” soos nog nooit tevore nie! Ek versoek u dringend om u Bybel te bestudeer, en om gewillig te wees om die Waarheid te aanvaar wanneer dit aan u gebied word uit die Bybel. Dan spoor ek u aan om te handel volgens daardie Waarheid – sodat u en u geliefdes gespaar mag word tydens die Groot Verdrukking wat Jesus Christus beskryf. Want, in Lukas se weergawe van Jesus se Olyfbergprofesie oor die eindtyd, skryf hy dat Jesus Sy profesie afsluit met hierdie geïnspireerde woorde, “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:36).

As waarlik wil “deurdruk” en wil handel volgens wat u Bybel werklik verkondig, sal u sekerlik ander mense wil ontmoet wat ook die Waarheid glo en met hulle geestelik samesyn wil beoefen. Soos God se woord aan ons sê, “en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom” (Hebreërs 10:24-25).

Ons het almal die samesyn, die hulp en onderskraging nodig wat voortspruit uit die samesyn van ware gelowiges – daardie mense wat werklik glo en toepas wat die Bybel verkondig. Indien graag navraag wil doen oor hoe om ander te ontmoet wat waarlik die Bybel glo, skryf gerus aan die adres van ons Streekkantoor naaste aan u, soos op bladsy 2 in hierdie tydskrif. U mag dalk ook verkies om ons te skakel by die nommers soos gelys. U kan ons ook op die Internet kontak by ons Webtuiste www.wvm.co.za. Een van ons leraars of opgeleide verteenwoordigers sal graag met u in aanraking kom indien u dit verkies. Niemand sal u egter probeer besoek sonder om eers ’n afspraak met u te maak vir ’n tyd en plek wat vir u gerieflik is nie!

Vir baie van u mag dit u eerste werklike geleentheid wees om ’n ware verteenwoordiger van Jesus Christus te ontmoet en om vrae oor Bybelaangeleenthede te kan vra. Ook verwante vrae oor die doel van die lewe en om die hele aangeleentheid te bespreek van hoe om die God van die Bybel gehoorsaam te wees op ’n manier wat u nog nooit vantevore gedoen het nie. Die apostel Jakobus vertel aan ons, “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie” (Jakobus 1:22).

Indien God werklik nou u verstand vir Sy Waarheid open, mag dit “besluitnemingstyd” vir u wees. Mag God u die insig en moed gee om daarop te reageer.