Die Bybel beskryf ’n tyd van massiewe misleiding wat vir ons voor die deur lê. Wêreldtoestande en spesifieke profesieë dui daarop dat ons nou werklik in die Bybelvoorspelde “laaste dae” is – die laaste paar jaar van hierdie wêreld se beskawing. Die apostel Paulus was geïnspireer om ons tyd as volg te beskryf: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Timotheüs 3:1-5).

Die meeste mense “keer ... [hulle nie] af” van kerke en godsdienstige leiers wat die outoriteit van God misken nie. Veel eerder verkeer die meeste mense in hulle “gemaksone”. Hulle het hul naasbestaandes, familie en vriende – en die “kerke in hulle buurt”. Hulle sal dit nie verlaat tensy hulle werklik geskud word nie. Hierdie mense dryf maar saam met watter vorm van godsdiens ook al aangebied word in die gerieflike omgewing van “hulle” kerk. Hulle word baie maklik mislei omdat hulle nie werklik die Bybelmet ’n oop gemoed bestudeer en die moeite doen om regtig die godsdienstige idees wat deur hulle kerk of kerkverband verkondig word, te “bewys” of om dit te weerlê nie.

“Wat is verkeerd daarmee?” mag u vra.
Alles!
U Bybel openbaar egter duidelik ’n baie werklike Satan “die duiwel loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8).

Die apostel Johannes beskryf ook Satan as “die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei” (Openbaring 12:9). Johannes beskryf ook ’n toekomstige polities-militêre sindikaat genaamd die “Dier”, wat die hele wêreld gaan oorheers gedurende hierdie einste tyd van die einde – “al die bewoners van die aarde sal hom aanbid” (Openbaring 13:8). ’n Paar verse voor dit, verduidelik Johannes hoe die wêreld “die draak [Satan!] aanbid wat die dier mag gegee het” (vers 4). Dan beskryf Johannes ’n “ander” dier wat soos die “draak” praat en veroorsaak dat die wêreld die eerste dier aanbid. Hierdie tweede dier – ’n magtige godsdienstige leier wat binnekort gaan kom – “Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens” (Openbaring 13:13-14).

Sal u tussen diegene wees wat mislei word deur die valse profeet wat binnekort sal verskyn?

Ongelukkig mag die antwoord ’n dawerende “ja” wees vir baie van u! Dit is mos so maklik om maar net “saam te dryf” en toe te laat dat uself deel word van hierdie wêreld, ongeag waarheen dit gaan. Dit is menslike natuur. Almal van ons het dit! Ons moet dit almal beveg en oorkom! Selfs toe Jesus Christus op die aarde was, was die einste mense wat veronderstel was om die Bybel die meeste te bestudeer, dikwels mislei. Die apostel Johannes vertel ons: “Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God” (Johannes 12:42-43).

Dit is baie maklik vir predikers om daarop aanspraak te maak: “Die Bybel sê” dit of dat – en stellings te maak wat dikwels heeltemal teenstrydig is met wat die Bybel werklik sê! Hoe kom hulle daarmee weg? Die gerespekteerde godsdienstige skrywer, Stephen Prothero, Voorsitter van die Departement van Godsdiens aan die Universiteit van Boston, herinner ons: “Meningsopnames wat meer wetenskaplik is, het bevind dat slegs een uit elke drie burgers van die Verenigde State in staat is om die vier Evangelies op te noem, en een uit tien dink dat “Joan of Arc” Noag se vrou was. Geen wonder dat meningsopnemer, George Gallup, tot die gevolgtrekking gekom het dat die Verenigde State “’n nasie van Bybelongeletterdes” is nie (Charlotte Observer, 18 Maart 2007). Dit is hoekom mense dikwels verward is oor wat die Bybel leer aangaande aborsie, homoseksualiteit en ander sogenaamde omstrede onderwerpe.

Ek het vir baie jare op ons beeldsending ’n $1000 beloning aangebied aan enigeen wat aan my uit ’n gerespekteerde vertaling van die Bybel – nie ’n omskrywende of verklarende vertaling nie, maar ’n gesaghebbende vertaling – enige skriftuur kon wys wat sê dat dit die beloning van die verlostes is om “hemel toe te gaan”. Vanselfsprekend het geeneen dit opgeëis nie. Daar is glad nie so ’n vers in die Bybel nie! Jesus Christus sê wel: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is” (Johannes 3:13). Hierdie stelling moet Abraham insluit – “die vader van die gelowiges”, asook Dawid, “’n man na God se hart” – al die groot heiliges en dienaars van God in die Ou Testament.

Jesus sê egter wel: “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe” (Mattheüs 5:5). Jesus sê herhaaldelik, op verskillende maniere, in die boek Openbaring: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf” (Openbaring 2:26-27). Vanselfsprekend is hierdie nasies nie in die hemel nie maar hier op die aarde. Weereens lees ons die “lied van die heiliges” in Openbaring 5:10 dat Christus, wat ons verlos het, “het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. Weer ’n keer was Johannes geïnspireer om aan ons te sê: “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank” (Openbaring 20:6).

Nee, Jesus Christus kom nie om ons weg te neem hemel toe nie! Inteendeel, Hy sal na hierdie aarde terugkeer om die probleme hier op aarde uit te stryk – met die hulp van die Gees-gebore heiliges wat weer opgewek en ’n werk gegee gaan word om Christus by te staan om ware vrede en geluk na ’n baie verwarde wêreld te bring.

Dit alles sal plaasvind tydens die “sewende trompetgeskal” met Christus se wederkoms: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15). Dit is dus oor die koninkryke van hierdie aarde – nie bo in die hemel nie – waaroor Christus en die opgewekte heiliges gaan heers wanneer Hy binne ’n paar jaar terugkeer as Koning van konings.

Nogtans mislei en verwar belydende Christelike dienaars mense wanneer hulle die indruk skep dat al wat hulle [die mense] hoef te doen, is om “in Jesus te glo” – watter Jesus hulle ookal in gedagte mag hê – om dan “na die hemel te dryf” met niks om te doen nie! Dit berokken mense baie skade, deurdat dit hulle gedagtes aflei van die ware doelvan ons Christelike roeping en die doelwit wat ons almal behoort te hê om onsself, die wêreld en Satan te oorwin – om opreg voor te berei om Christus by te staan om oor hierdie wêreld te regeer, hierdie wêreld wat nou so ’n groot behoefte het aan die regte soort regering, soos ek verduidelik in my artikel elders in hierdie uitgawe.

Gedurende hierdie tyd van die jaar volg baie mense ’n “Goeie Vrydag/Paas-Sondag” tradisie wat inderdaad ’n verskriklike dwaalleer is. Die basiese identifikasie “teken” van Sy eintlike Messiasskap wat Jesus Self gegee het, vind ons in Mattheüs 12:39-40: “’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Want, soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees”. Dit behoort vanselfsprekend te wees vir enige persoon wat vir homself kan dink, dat mens nie “drie dae en drie nagte” kan inpas tussen Vrydagmiddag en Sondagmôre nie! U kan meer hieroor lees elders in hierdie einste uitgawe in ons artikel “Die teken van Jona”.

Mag God u almal wat hier lees help om die enormiteit van Satan se houvas oor hierdie verwarde wêreld te verstaan! Mag God u help om waarlik die Bybel te bestudeer – die geïnspireerde woord van u Skepper wat u lewe en asem gee! Die Bybel gee ons tog duidelik die opdrag: “ jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Timotheüs 2:15).

Ons moedig u almal aan om in te skryf vir die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus en om dit werklik te bestudeer. Dit sal absolute gratis, op u versoek, aan u gestuur word. Leer om die artikels in ons tydskrifte en ons boekies deeglik te lees – maak seker datdie skrifgedeeltes wat ons aanhaal, in u eie Bybel is. Leer om werklik te bewys dat ditwat u glo, dieselfde is as wat die Bybel werklik sê.

Die apostel Petrus skryf: “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 1:10-11). Namate u dit doen, met die ware Christus wat sal begin om Sy lewe binne u te leef deur die Heilige Gees, sal u ’n manier om die toekomstige Verdrukking te ontsnap en ’n posisie van eer en diens in daardieewigdurende Koninkryk van Jesus Christus – wat op hande is – gegun word.