Was die Britse Ryk niks meer as die tiranniese regering soos baie moderne historici ons wil wysmaak? Wat ook al geskryf is, feit bly staan dat die na-imperiale organisasie wat daaruit voortgespruit het, ’n model is vir internasionale harmonie. Die Gemenebes van Nasies is nou 60 jaar oud en oorspan die aarde. Die son mag wel ondergegaan het oor die Britse Ryk, maar die opvolger daarvan is ’n ligbaken in ’n wêreld waar ander internasionale liggame dikwels gekortwiek word deur verdeeldheid.

Tans woon een-derde van die wêreld se bevolking binne die Gemenebes. Met 2.1 miljard mense in 54 lande, is dit die grootste internasionale organisasie benewens die Verenigde Nasies. Daar is verteenwoordigende lande van al ses bewoonde kontinente – en met Britse, Australiese en Nieu-Seelandse basisse in Antarktika, word al sewe kontinente verteenwoordig. Die klein Afrika landjie, Rwanda, was die laaste om toe te tree, tot so onlangs as November 2009.

Wat het die lidlande van die gemenebes in gemeen? Vir die meeste is dit die Engelse taal. Deur Engels te kon praat het aan die meeste burgers van Gemenebeslande toegang verleen tot die beste tegnologiese en wetenskaplike inligting. Rekenaarkundiges vanuit die Indiese subkontinent het werk gevind in inligtingstegnologie reg oor die wêreld. Jong Australianers, Nieu-Seelanders en Suid-Afrikaners het na Londen gestroom waar hulle werksetiek waardeer word. Maleiers het werk reg oor die aarde gevind.

Wat is ’n Gemenebes?

Die woord “Gemenebes” dra ’n duidelike betekenis naamlik dat die rykdom van ’n land verdeel word onder al die mense. Die betekenis strek egter selfs verder as dit. Dit impliseer die voorreg van diegene wat binne die voordeel daarvan leef, om vryheid van spraak te beoefen en om ander regte van menswaardigheid te geniet.

Waar kom die woord “gemenebes (commonwealth)” vandaan? Dit was eerste in Engeland gebruik so vroeg as die 15de eeu, as twee woorde: “comen weal”. Dit kan die beste verstaan word as “algemene goed (common good)” en was aangeneem deur die Puriteine, gelei deur Oliver Cromwell as Beskermheer. Koning Charles 1 was deur die Engelse parlement onthoof as gevolg van sy aanspraak op “goddelike reg” om te regeer, wat teenstrydig was met die beginsels wat in 1215 in die Magna Carta verskans was. Dit het gelei tot die instelling van parlementêre regering, waarin die elfjaar-lange tussenregering wat vir ’n deel van die tyd die “Gemenebes (Commonwealth)” in Engeland genoem was. Na die “Glorieryke Revolusie” van 1688, het Willem en Maria die regte van die Engelse hoog gehou om hulself deur die parlement te laat regeer, terwyl hulle terselfdertyd aan die vors trou gesweer het.

Die hedendaagse Gemenebes

Na die Tweede Wêreldoorlog is aan die meeste voormalige Britse kolonies selfregering verleen, en in die meeste gevalle was dit ’n vreedsame oordrag van mag. Die meeste van die nuwe leiers het vrywillig by die organisasie wat nou bekend staan as die Gemenebes van Nasies, aangesluit. Die naam was voorheen die Britse Gemenebes; dit het in 1931 tot stand gekom om voorsiening te maak vir die konsep van ’n groep van onafhanklike Anglo-Saksiese-Keltiese nasies wat ’n eenheid gevorm het in die gesagsgebied van die voormalige ryk.

Lidmaatskap tot die liggaam is vrywillig, maar vereis van lidlande om Koningin Elizabeth II as hoof van die Gemenebes te erken. Elke nasie moet die beginsel van regverdige en openhartige regering deur vrye verkiesings ondersteun. Indien die liggaam bevind dat ’n mede-lidstaat polities teenstrydig met die “algemene voordeel” van sy burgers optree, kan lidmaatskap ingetrek word. Zimbabwe is tans geskors uit die Gemenebes. Sedert die staatsgreep in 2006, is Fiji ook buite die liggaam.

Wat is dit wat so ’n gees van toegeneentheid tussen die lede van die Gemenebes tot stand laat kom het? Ek het as ’n Australianer altyd ’n innige gevoel van eenheid ervaar met diegene wat ek oor die aarde heen ontmoet het. Waar mens ook al reis, neem dit nie lank voor mens iemand uit Sri-Lanka, Suid-Afrika of Engeland ontmoet nie. Die onderwerpe wat eerste opgehaal word, mag krieket of rugby wees, waar die tellings van die jongste wedstryde onthou mag word as geëerde mondelingse geskiedenis. Selfs kriekettoetse wat jare gelede gespeel was, kan onthou word, so asof dit belangrik is om te weet wie die “grotes” in vervloë dae was. Daar is goedige humoristiese mededinging waar wen nie so belangrik is as broederlike respek nie.

Antieke oorspronge

 Dit is fassinerend as mens verstaan dat die Bybel praat van hierdie broederskap van mense in ons tydvak, as gevolg van ’n insident wat meer as drie-en-’n-half duisend jaar gelede in Egipte plaasgevind het.

Persone wat die Wêreld van Môre al lank lees, sal bekend wees met die Bybel se verhaal wat ons in Genesis 48 lees. Hier vind ons die storie van Jakob (Israel) wat die twee seuns van Josef – Manasse en sy jonger broer, Efraim – seën. Josef het ’n regeringspos in Egipte beklee – eintlik gelykstaande aan Eerste Minister onder Farao – en het sy vader Jakob gevra om die jongelinge te seën.

Jakob het sy arms uitgestrek, maar bewustelik sy arms gekruis sodat hy sy regterhand – wat ’n groter seën aandui – op Efraim, die jongere, kon plaas.

Dit het Josef verras en hy het probeer om sy vader reg te help sodat die groter seën op die eersgeborene Manasse geplaas kon word. “Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook ’n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sý nageslag sal ’n menigte van nasies word” (Genesis 48:19).

Baie van Israel se seuns, wat bekend geraak het as die sogenaamde “tien verlore stamme”, het mettertyd langs verskillende roetes na dele van noordwes Europa en die Britse Eilande migreer. Die afstammelinge van Josef, wat hul hoofsaaklik in Engeland gevestig het, was bekend as Saksers – “seuns van Isak”.

Baie van Manasse se nageslag wat neffens hul broer Efraim gewoon het, het hoofsaaklik uit die ooste van Engeland weggevaar om dit wat vandag bekend staan as die Verenigde State van Amerika, te koloniseer. Oostelike Engelse stede soos York, Boston, Cambridge en Lincoln het hul name verleen aan stede in die Amerikas.

Gedurende die laaste 300 jaar het groot getalle Britse setlaars ook oor die oseane gevaar en Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika bevolk, waar hulle ’n “menigte van nasies” geword het.

Onder diegene wat hul in ander dele van die Britse Ryk gevestig het, is daar ook nakomelinge van Efraim. Dink maar aan die Engelse, Skotse, Ierse en Walliese name wat gegee is aan mense in die Karibies.

Sommige van hierdie mense kan hul wortels terugspeur, nie net na Afrika nie, maar ook na die Britse Eilande. Ras en kleur is nie ’n faktor vir lidmaatskap aan die Gemenebes nie. Die apostel Paulus het geskryf van die “gemenebes van Israel” (Efesiërs 2:11-13) as sou dit oop wees vir die nie-Jode, net soos vandag se Christene van alle agtergronde deel word van “geestelike Israel”. Net so sal ’n tyd spoedig kom – onder Jesus Christus se duisendjarige Vrederyk in die Koninkryk van God – wanneer elke afsonderlike nasie, met sy eie, individuele karaktereienskappe en sterk punte, verwelkom sal word as lid van die wêreldwye gemenebes van nasies.

Profesie vertel ons van ’n tyd wanneer God die spesiale talent van toekomstige Efraim sal gebruik om Sy lewensweg uit te dra na die verafgeleë lande van die wêreld, wanneer Jesus Christus op die aarde sal regeer. Mens mag die woorde van “Land of Hope and Glory”, geskryf deur A. C. Benson in 1902, en getoonset deur Sir Edward Elgar, onthou:

Land of hope and glory, mother of the free,
How shall we extoll thee, who are born of thee?
Wider still and wider, shall thy bounds be set; 
God who made thee mighty, make thee mightier yet”.

Om meer te leer oor die glorieryke Koninkryk van God wat Jesus Christus binnekort vir alle mense van die aarde sal vestig, skryf aan die streekskantoor die naaste aan u (soos gelys op bladsy 2 van hierdie tydskrif) of gaan aanlyn op www.wvm.co.za en bestel u gratis kopie van ons boekie: Die Wêreld van Môre: Hoe sal dit daarna uitsien?